Gerrie Nel in hof oor Ford Kuga-sage

jimmy-ford-kuga

‘n Foto van Reshall Jimmy (33) se uitgebrande Ford Kuga wat in Desember 2015 in Wildernis, Wes-Kaap gevind is. Foto: Kaveen Jimmy/Facebook.

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se private vervolgingseenheid, sal Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof in Kaapstad verskyn in ’n geregtelike ondersoek na die dood van Reshall Jimmy in die Ford Kuga-sage.

Hesti Steenkamp, mediaskakelbeampte van AfriForum, het gesê Nel sal môre namens die Jimmy-gesin in die hof verskyn waartydens deskundige getuies van albei partye die getuienis sal lei.

Jimmy het in Desember 2015 doodgebrand toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het. Dié ondersoek sal bepaal of die Ford-motormaatskappy vir Jimmy se dood vervolg kan word.

Reshall Jimmy (Foto: Kaveen Jimmy/Facebook)

Andrew Leask, ondersoeker by AfriForum se private vervolgingseenheid, het vroeër gesê hulle is tevrede met die verrigtinge tot dusver. “Bewyse dui daarop dat die brand deur ’n meganiese fout veroorsaak is en ons vertrou dat hierdie geregtelike ondersoek die waarheid aan die lig sal bring,” het hy gesê.

Lees alle vorige berigte oor die Ford Kuga-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johan ·

Daar het te veel Kugas aan die brand geslaan om toevallig te wees. Daar is beslis ‘n fabrieksfout op hierdie voertuie.

Pieter du plessis ·

Ek het die wêreld se respek vir Afriforum en hulle swaargewig regskenners, maar waneer gaan julle die diskriminerende wette teen die huidige benaadeelde minderhede in die hof toets na 25 jaar dink ek dit is tyd en die buitelandse media en lande sal dit met groot aandag dophou.

Nettie ·

Mense, gaan lees op oor die terme “nolle prosequi”. Afriforum het slegs ‘n mandaat vir privaat-vervolging in laasgenoemde gevalle.

Ellisras ·

Natuurlik is daar fout. FORD maak dit dan reg. Maar vir iemand om dood te brand. My dogter was laas week in ‘n kar wat gebrand het. Jy stop en klim uit. Dit is net in Amerikaanse films waar karre ontplof. Daar is ‘n ander rede hoekom die ou dood is.

Karlahari ·

Ford het dit probeer lap en plak nadat hulle die probleem ontken het. As hulle dit reg gemaak het het hulle al die motors vervang.
Plastiek wat brand en ander produkte onder die enjin kap stel giftige gasse vry as dit smeul. So moontlik het die man sy bewussyn verloor?
Die voertuig het nie ontplof nie.
Was jy daar?

JWC ·

Ellisras… jy praat van ‘n ander soort brand as hierdie… Jy moet die tegniese details eers gaan lees en verstaan ou maat! Hierdie is nie ‘n brand wat net stadig begin en vir jou kans gee om soos ‘n akteur deure oop te skop nie – jy het hier basies GEEN kans nie. Die spesifieke olielekkasies uit die silinderkop, spuit op die gloeiwarm uitlaat en maak ‘n uiters vlambare gas. Vir oomblikke voor ontbranding dring die gas ook na binne die kajuit voordat dit ontvlam. Die geweldige hitte en snelheid van die ontvlamming, kan in een asemteug jou longe verbrand en dit vir jou onmoontlik maak om asem te haal…. en dit is heel moontlik wat hier gebeur het. Dink maar weer!!

Gerhard ·

Geen vervaardiger vervang net ‘n voertuig wat terug geroep word as dit ‘n probleem het nie. Dit is die uitsondering en net in gevalle waar dit nie herstel kan word deur die handelaars nie. Die voorval waaroor die saak gaan is op YouTube geplaas nadat iemand dit opgeneem het. Daar was baie tyd voor die brand erg geword het en ek is oortuig daar is iets anders wat ‘n rol gespeel het. Jy kan selfs sien dat daar op ‘n stadium op die rem getrap word. Enige voertuig word so ontwerp dat die metaalplaat tussen die enjin en die kajuit ‘n seker mate van beskerming gee as die enjin aan die brand raak om jou tyd te gee om uit die voertuig te kom. Dit is waarom dit ‘n “fire wall” genoem word.

? leser ·

ford is net soos die aaaan-cheeeee, wil en sal altyd iemand anders die skuld gee, dalk is dit ook apartheid se skuld

Pieter du plessis ·

Dit great ek sou die kundiges gebruik het om die wettigheid te toets van diskriminerende wette teen minderhede veral na 25 jaar.

Boerboel ·

Stem saam Johan. Die goed moet nie eers langs my parkeer nie. Nou nou brand my voertuig.

Ellisras ·

As daar soveel Brande was, maar net een ou dood. Geen ander geval van ernstige brandwonde eers nie. Iets aan hierdie geval is anders. Baie anders.

Wattie ·

Ek stem saam met Pieter. Dit is baie vreemd dat Afriforum se sake voor die hof niks met minderhede te doen het nie. Ander saak tans voor hof is namens n Rwandese familie. Ander saak teen Mugabe se vrou is nie namens n Afrikaner of Afrikaans sprekende. Hoewel ek waardeer vir wat hulle probeer doen, gebruik hulle tans die minderheid se finansiele bronne om meederheid se regte te beskerm.

Boerseun ·

Jy is korrek – dit lyk eerder of hulle polities-korrek probeer wees met al hierdie vervolgings, dit ten koste van hulle “aandeelhouers”.

Siener ·

So word my ledegeld gemors. Daar is 1000de ander sake wat meer belangrik is

Karlahari ·

Siener met oogklappe aan.
Afriforum neem Ford Amerika na n Suid Afrikaanse hof om ons verbruikers regte te beskerm.
Wen hulle die saak word AfriForum n swaar gewig en alle motor maatskappye in Suid Afrika sal met ander oë na hul kliënte kyk.
Die SA motor industrie se ombudsman word deur die vervaardigers betaal. Jou kans as verbruiker om n saak te wen teen n vervaardiger is skraal.
Ek was 25 in die vervaardigings bedryf.
Ek ek het n saak verloor om rem stelsel wat gefaal het binne 10,000 km verloor nadat daar n safety recall in Japan was.

Arno van Rooyen ·

Afri Forum sou definitief nie so n saak sonder meriete hof toe vat nie.
As jy iets geweet het van koolstofmonoksied het jy die kommentaar vir jouself gehou.

Realisties ·

Ja wel, as jy bietjie gaan delf oor die geskiedenis van fords wat aan die brand slaan, sal jy verstom wees. Ford Pinto bv. Rangers het ook al ann die brand geslaan.

En wat doen ford? Hulle ontken net eenvoudig alles todat die media dit verder vat en selfs dan wil hulle nie verantwoordelikheid vat vir hulle uiters swak produkte nie.

Wat my verstand tebowe gaan is dat enige regdenkinde mens vandag nog ford karre koop ! Hulle is pure evil man, hulle stel net belang in geld en mense lewens is peanuts werd ! Swak Swak Swak ! Ek hoop Gerrie laat hulle baie baie miljoene betaal vir hulle nonsens. As julle my nie glo nie, gaan google maar net ford en hulle issues …..

JK ·

Het hulle nie op ‘n stadium beweer die deure kon nie oop omdat die electronics ook bebrand het nie?

Attie. ·

Ford se dae getel. Die heel klein outo Ford Eco met net 3 silinders het Landbouweekblad getoets en die een het gesukkel om 10 Lit per 100 km te kry. As ek my 3 Lit Hilux rustig ry kry ek meer. Ford….hou verby in SA.

marous ·

Dit is ‘n formele geregtelike doodsondersoek . Dit het niks met private vervolging te doen nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.