Gerrie Nel in hof teen Ford

Adv. Gerrie Nel. Foto: Reint Dykema

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, verskyn vandag namens die Jimmy-gesin in die Wes-Kaapse hooggeregshof in die geregtelike ondersoek na die dood van Reshall Jimmy.

Jimmy het in Desember 2015 doodgebrand toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het. Die Ford-motormaatskappy is ook ’n party in die verrigtinge.

Adv. Nel het vroeër gesê indien die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) besluit om nie strafregtelike vervolging in te stel ná die geregtelike ondersoek nie, sal AfriForum se vervolgingseenheid met private vervolging voortgaan.

Hy het gesê daar sal tydens die ondersoek getuienis gelei word van al die relevante partye, hetsy in die vorm van beëdigde verklarings of mondelinge getuienis van die betrokke partye en kenners.

Die NVG het vroeër besluit om Ford nie te vervolg nie, maar het die gesin ’n nolle prosequi-sertifikaat (wat private vervolging moontlik maak) geweier aangesien hulle op die uitslag van die ondersoek wag.

Volgens Nel is dit onaanvaarbaar vir internasionale “korporatiewe boelies” soos Ford om hulself as verhewe bo die reg te beskou: “Ons was verbaas dat Ford alle kommunikasie met die slagoffers gestaak het en tydens gesprekke met die gesin stellings soos ‘We have deep pockets,’ gemaak het.”

Reshall Jimmy (Foto: Kaveen Jimmy/Facebook)

Sedert AfriForum se betrokkenheid het Ford twee private regsverteenwoordigers aangestel om “die dialoog voort te sit” maar die burgerregte‑waghond sê hy het tot dusver, nes die gesin oor die afgelope drie jaar, geen werklike poging tot kommunikasie ervaar nie. Volgens Nel is hierdie saak ’n verdere stap in AfriForum se strategie om die beginsel van private vervolging te vestig.

Renisha Jimmy, Reshall se suster, het gesê haar broer se dood het haar familie gebreek.

“Dit is regtig ʼn baie, baie moeilike pad wat ons gestap het. Ons hoop dit kan tot ʼn einde kom sodat ons kan rou aangesien ons nog van dag een af net baklei vir ʼn vorm van geregtigheid.”

Volgens Jimmy het Ford haar broer se naam deur die modder gesleep. “Dit is gesê hy is geskiet; toe word dit beweer hy het selfmoord gepleeg. Ons is al deur só baie en het só hard baklei. Ford moet verantwoordelikheid neem vir wat hulle gedoen het. Hulle mag nie daarmee wegkom dat hulle ʼn bespotting maak van iemand wat soveel gehad het om te bied en soveel gehad het om voor te leef nie.

“Ons het alles opgeoffer en baklei al vir die afgelope drie jaar. Ons sal nie ophou voor Ford verantwoordelikheid neem dat hulle Reshall van sy lewe beroof het nie.”

Rod Montano, die Jimmy-familie se regsverteenwoordiger, het gesê in die familie se pogings om Ford die stryd aan te sê oor wat met Reshall gebeur het, is hulle van bakboord na stuurboord gestuur. Hy het gesê die familie is dankbaar vir Nel en AfriForum se hulp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Corne ·

Dit is reg tyd dat iemand die groot name tot verandwoording roep.Tragiese dinge gebeur maar dit hoe mens dit hanteer en oplossings kry wat ook n groot rol speel.

B ·

Met deernis, maar wie se Ford is nie dalk reg in hierdie SPESIFIEKE geval? (Veral omrede Ford nie die ander Kuga insidente ontken het nie.)

Domvraag ·

Het die ander Kuga’s dan ook nie gebrand nie? Hier brand iemand dood in n Kuga en nou wil Ford nie verantwoordelikheid aanvaar nie.
Ford maak biljoene en om te gesik het sou Ford nie veel gekos het nie.
Ford se reputasie is onherroeplik geskaad. Ek sal nie weer n Ford koop nie, dis verseker.

HPV ·

Domvraag jy is reg, ‘n skikking in die geval van lewensverlies kan astronomies wees en Ford weet dit. Ek ry steeds ‘n Ford bakkie en glo my Ford weet van ontkenning as iets verkeerd gaan. Dit is nooit hulle skuld nie!

zack ·

Domvraag—Jy verdien seker ‘n dom antwoord. Nie elke kuga wat gebrand het het iemand doodgebrand nie. Ek stem 100% saam met B. Ek glo Ford en NVG se besluit was reg om nie voorttegaan met die saak nie. Ek dink ook die Ek sal more weer my Ranger vervang met ‘n nuwe een want ek is gewoont aan die beste. Geniet jou ou toyota wat uitmekaar val.

Vraagteken ·

Almal wat op B se vraag kommentaar lewer weet nie wat die dinamika van die voorval is nie. In die einste geval van Mnr Jimmy het die brand onstaan van agter die voertuig en nie voor in die voertuig by die enjin nie. In al die Kuga’s wat geaffekteer was het die brand voor in die engine onstaan omdat olie op die ‘manifold’ beland het. Ford het, in hierdie geval, ‘n goeie saak.

Terloops Zack, daar is ‘n rede hoekom Ford’s nie hulle waarde goed hou nie. Hulle moet gereeld (selfs nou nog) ratkaste en aanjaers vervang – veral op die uitstekende Ranger. Sê wat jy will, daar is ‘n rede hoekom Toyota reg oor die wêreld (selfs in die VSA) verkies word.

Gerhard ·

Vraagteken

Ford verkoop veel meer bakies in die VSA en ookvwêreldwyd as Toyota.
Groete

Chris Ws ·

Gerhard,daar is ‘n hemel bree verskil tussen die Ford bakkies wat in Amerika gebou word en die Suid Afrikaanse Rangers.Mens kan eintlik nie eers vergelyk nie.En dis interressant dat Toyota Hilux 40,000 verkoop het teen Ford se Ranger met 30,000 in 2018. Ek kies nie kant nie – ek ry ‘n Isuzu diesel D/C wat 17 jaar oud is en ek ruil hom vir NIKS.Hy is so betroubaar soos jy kan kry en baie lig op diesel.

Gerhard ·

Almal is Fords maak nie saak watter model dit is nie. Jy kan ook n Ranger in die VSA koop wat presies die selfde lyk as die een in SA.

Johan ·

Aan die gesin, jul het my empatie. Aan Ford julle het my ook van bakboord na stuurboord gestuur om verantwoordelikheid te vermy. Na 4 engines wat jul herstel het onder waarborg en 4 de engine gegaan het toe hy by julle was en my toe beskuldigheid van modifikasies … My verlies kan nie vergelyk word met jul verlies nie maar die handeling deur julle is dieselfde. Adv. Nel mag jy suksesvol wees.

Countryboy ·

Gaan kyk die vliek ” A Brilliant mind” ..hoe Ford jare terug n entrepeneur geroof get vanbsy uitvindsel automatiese ruit vieers…hulle het basies die hele boek na die ou gegooi net om tyd te koop want hulle het geweet hulle gaan die saak verloor…10 jaar later wen die man die saak en kos dit Ford miljoene aan die man terug betaal…hulle maak goeie voeruie maar het nog nooit respek vir Ford gehad nie…

HPV ·

Domvraag jy is reg, ‘n skikking in die geval van lewensverlies kan astronomies wees en Ford weet dit. Ek ry steeds ‘n Ford bakkie en glo my Ford weet van ontkenning as iets verkeerd gaan. Dit is nooit hulle skuld nie!

Louis le Roux ·

Diep sakke of te nie. ‘n Produk van Ford het die dood van ‘n persoon gekos. Dus moet hulle verduidelik waarom hulle nie verantwoordelik gehou kan word nie. Die feit dat die NVG nie vervolg het nie lyk vir my na ‘n geval waar die diep sakke gepraat het.

Vraagteken ·

Louis, jy weet nie vir ‘n feit wat daar gebeur het nie. Weet jy dat die brand van agter die voertuig ontstaan het? Is dit moontlik die NVG nie ‘n geldige saak gesien het i.p.v. jou teorie nie?

siestog ·

Le die fout nie by jou nie Johan? Na 4 engine’s wat foutief gaan begin almal twyfel aan jou mail. O ja dieselfde het bebeur met my by Toyota met my 5 de engin. Strekte ou maat.

Vraagteken ·

Siestog, almal sal jou mail ook twyfel as jy deur 5 enjins is. Of was jy nou sarkasties?

Vraagteken ·

Willie, jy weet nie eers wat gebeur het nie. Hoe kan jy dan nou so oordeel? Die brand het nie by die enjin onstaan nie…

jaco ·

Hoe help dié saak die ernstige negatiewe gevolge op wit mense van goed soos regstellende aksie, BEE, plaasaanvalle en plaasmoorde?

Blaarman ·

Ons almal, insluitende Afrikaners, word geraak as die regstelsel nie funksioneer soos dit moet nie. As ‘n mindherheid in die land staan ons net ‘n kans as ons magte saamsnoer met ander minderhede en na mekaar se blange omsien.

Afriforum is in beide opsigte besig om hierdie funksies te verrig. Ook is hulle besig om alles wat hulle kan te doen in hulle vermoë ten opsigte van plaasmoorde – die een is nie eksklusief van die ander nie.

Die Jimmy’s is ordentlike mense, in dieselfde bootjie as die res van ons Afrikaners. Ek het geen, maar geen probleem daarmee, indien Afriforum barmhartigheid teenoor hulle betoon en hulle bystaan nie.

Maar voor jy verdere kritiek loods teenoor Afriforum wil ek jou net graag iets vra: Wat het jy al vir die Afrikaner se saak gedoen?

jaco ·

eks geen handyman nie, so ek gebruik NET wit meestal werkloses met handyman ondervinding vir sulke werk op my eiendom.
twee wit werklose vroue maak my huis skoon.
op n tweemaandelikse basis gee ek kos, ou klere ens aan Solidariteit Helpende Hande
En laastens is ek by ‘n plaaslike buurtwag betrokke.

Blaarman ·

Nou ja toe, dan behoort jy te weet dat Afriforum nie op hulle hande sit nie.

Maar as dit jou soveel pla wanneer hulle Indiër mense uithelp wat ons goedgesind is, moet jy jouself miskien ‘n paar ernstige vrae vra.

Elna ·

Elkeen is geregtig op sy smaak. Niemand kan niemand aanvat oor hulle keuse van smaak nie. Adv Gerrie Nel sal nie n saak aanvat as dit nie nodig is nie. Hy is immirs baie goed met sy sake en hy ken sy wette baie beter as ek en jy. Los hom sodat hy geregtigheid kan laat see vier. Jammer vir die gesin se verlies agv n Ford Kuga. Hiers net te veel mense in hierdie land wat dink hulle is onaantasbaar!! Elkeen van ons het ons regte in hierdie ” demokratiese” land.

Thys ·

Dit slaan my dronk as jou kar brand dan klim jy mos uit, jy bly mos nie in hom sit nie. Die voertuig was nie in ń ongeluk gewees dat hy vas gekeer was nie. Voertuig brand nie so vinnig uit dat jy nie ń kans het om uit te klim nie. Hoekom is daar niemand anders beseer in die ander voertuie wat gebrand het nie.

Gerhard ·

Dit is een van die probleme wat Adv. Nel het. Jy kan dood eenvoudig die deur oopmaak en uitklim al is die deur gesluit. Die ander is dat die voertuig in ‘n ander deel begin brand het en dit moontlik die nagevolg van “aftermarket” installasies is, iets wat baie gebeur. Ek vermoed Ford het na die saak gekyk en gesien hulle is nie hierdie geval verantwoordelik nie. Ek hoop net AfriForum kry nie ‘n baie openbare loesing in die hof a.g.v. ‘n onoordeelkundige besluite nie.

Justice ·

Dit is hoogtyd dat onaantasbare instansies met “diep sakke” strafregtelik aangevat word. Gewoonlik is so iets finansieel buite bereik van die meeste slagoffers.

SjN ·

Kom ons wag en sien, daar moes n lykskouing gedoen gewees het om oorsaak van dood te bepaal, as ek tussen die lyne lees is daar n skietwond betrokke, mag die waarheid seevier en sterkte aan die familie in die verband.

Hennie ·

Manne manne manne aneea kom ons stop nou weereens om die een die ander sleg te sê of om die ander een af te kraak oor wat se voertuig jy ry dit is ongevraagd . Dit gaan hier oor n man wat in sy voertuig dood gebrand het en die vervaardiger wat nie na wense kon of wou luister of onderhandel nie. Genade die man is dood en soos die familie sê hulle is stukkend . Bewys darem net n bietjie respek en integriteit asb .Dit kon jy gewees het wat sou dan gebeur het .laat ons liewer Gerrie Nel ondersteun om die saak terwille van die familie uit te sorteer sodat daar nate van berusting kan wees.
Ek hoop julle verstaan en los die menings verskil nou maar uit.

Zack ·

Hennie. Hy het nie in sy voertuig dood gebrand nie want hy was al klaar dood. Ek het Afriforum geldelik ondersteun tot nou toe maar stop dit na hierdie saak.

Gerhard ·

Die probleem wat ek het met die hele ding is, as die daar nie iets anders fout was met die ou nie waarom het hy nie net uitgeklim nie. Al wat ek kan dink is, hy was of reeds dood of hy was a.g.v. ander redes nie in staat om uit te klim nie.

WIEBO ·

So bly ek het my grootse probleem verkoop. En die probleem was my Ford. ALTYD fout met die engine, en dit op 93000 km begin. Ek loop nou vir 18 waar ek wil wees. Loop is baie beter as om n Ford te ry!!!

Siestog ·

Jou Ford het begin probleme gee op 93 000kM. Hoeveel Km’s het jou skoene nou op? Jy kla ook seker oor jou Nike tekkies wat nie km ‘s gee nie.

Gaitsigubib ·

In die kol Wiebo, ek neem aan jy het n Ford Ranger bakkie gery. Jy kan bly wees jou dif het nie ‘n 1000 keer gebreek nie, of het hy? Laaste goeie Ford wat gebou was is die model T.

Albatros ·

Ek verstaan nie hoe hierdie n saak is vir AfriForum nie.

marco polo ·

So hierdie familie het n regsverteenwoordiger wat niks kon uitrig nie. Wat gaan anders wees vir Gerrie Nel?

Blaarman ·

Jou stellings is sterk betwisbaar, maar selfs al was jy reg…. ten minste probeer hy om reg en geregtigheid te laat geskied. Wat het jy al gedoen, mnr. Sleutelbordkryger?

marco polo ·

Blaarman, mede sleutelbordkryger, ek is ook n voorstander van reg en geregtigheid, maar my punt is dat die familie reeds n regsverteenwoordiger het wat niks kon uitrig nie. Wat laat jou dink dat Gerrie Nel beter kanse het, of is dit nie maar vir die publisiteit nie?

Blaarman ·

Marco Polo

Jammer – het jou kommentaar misinterpreteer as dat Gerrie Nel nog niks kon uitrig nie.

Daar is baie faktore wat daartoe kon lei wat niks met die meriete van die saak uit te waai het nie. As jy al ooit by so ‘n saak betrokke was sal jy dit goed verstaan.

Afriforum is ‘n sterk organisasie en Gerrie Nel is ‘n diknek in terme van vervolgings.

Blaarman ·

My innige simpatie aan die familie. Dankie aan Afriforum en Gerrie Nel dat julle hierdie saak aanpak.

Julle het my ondersteuning.

Ford Fan ·

Simpatie aan almal en hoop geregtigheid geskied maar ek het al Ford en Toyota voertuie gehad en sal albei ondersteun afhangend van my behoefte en my begroting. Ek het nog nooit ooit ‘n probleem met enige Ford voertuig gehad nuut of tweedehands. Dalk net gelukkig maar dan is ek bly my geluksgodin doen haar werk. Ry nuwe Eco Sport en sal hom vir niks verruil.

Johan ·

Wat van al die toyota Fortuner s wat so omval op n reguit pad. Die toyota doodstil oor dit.

Ig ·

Ek was onlangs op besoek by die Toyota Fabriek en met skok n Ford naamplaat daar gesien en met totale skok navraag gedoen en is toe meegedeel dit staan vir From Our Reject Department.

dasAuto ·

kyk ek is in die motor bedryf en kom ek deel julle mee daar is nie een vervaardiger wat nie probleeme het nie. kyk die hele toyota ding nie net in vsa nie maar wereld wyd met airbags dit raak nie net een nie maar in ons land 6 vervaardigers. yes geregtigheid moet geskied maar dit is n ernstige saak, en ford weet wat die gevolge kan wees. ek gee nie om wie jy is nie maar van toyota tot n perdekar is daar issues. want hoekom massa produksie word gevolg en nie n durable produk soos in die ou dae nie. yes baie is gelukkig met van hulle voertuie ja maar wat se % is dit. iewers along the line het iemand sy poppe gegooi oor sy hilux se vere so so raas of oor hy sy ford se engine ruil vir die 5de keer nie. royota het meer as 5 ongelukke gehad en lewens geeis in vsa dit was die grootste hofsaak in die geskiedenis van die bestaan van die motor bedryf. en hulle word vandag nog gehaunt deer daai gebeure. akio toyoda het gesê dit sal nooit weer gebeur nie, maar n kar word gebou deer mense en robot so iewers gan daar iewers n probleem insluip dit belowe ek julle of dit merc ford of vw is maak nie saak nie.

Johan ·

As berigte korrek is …
80 gevalle van Kuga’s wat “onverklaarbaar” gebrand het. 4000 Kuga’s toe herroep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.