Gerrie Nel pak ʼn Zuma in eerste saak

afriforum-mugabe-konferensie-gerrie-nel

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se private vervolgingseenheid. Skermskoot: AfriForum

Duduzane Zuma, seun van pres. Jacob Zuma, blyk al weer in die sop te wees en dié keer het AfriForum se private vervolgingseenheid en sy hoof, adv. Gerrie Nel, hul visier op hom ingestel.

Dit is egter nie gerugte van sy betrokkenheid by staatskaping of sy goeie verhouding met die Gupta-broers wat Nel op sy spoor het nie, maar ʼn noodlottige ongeluk.

Maroela Media het in 2014 berig dat Zuma op 1 Februarie met sy Porsche in Graystonrylaan in Sandton teen ʼn minibustaxi gebots het. Phumzile Dube (30) is dood en nog twee mense, ʼn 72-jarige vrou en die taxibestuurder, is kritiek in dié ongeluk beseer.

Business Day het in Julie vanjaar berig dat Zuma ʼn prokureur sowat R700 000 betaal het om ʼn private konsultant aan te stel om drie spoedboetes van R7 000 te vereffen voordat ʼn ondersoek na die noodlottige ongeluk ingestel is. Die boetes was nooit deel van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se ondersoek teen hom nie.

Die NVG het besluit om Zuma nie verder te vervolg nie al het landdros Lalitha Chetty in haar uitspraak bevind hy was nalatig en dat sy optrede Dube se dood veroorsaak het. Daar is toe aangevoer daar is nie genoegsame bewyse nie en geen vooruitsig vir suksesvolle vervolging nie.

“As Gerrie Nel dié ongeluk veroorsaak het, sou hy na alle waarskynlikheid vervolg gewees het, maar noudat dit mnr. Duduzane Zuma is, is hy nie vervolg nie, al is daar feite en omstandighede wat ons laat dink suksesvolle vervolging is moontlik,” het Nel in ʼn eksklusiewe onderhoud met Maroela Media gesê.

Nel het verduidelik waarom AfriForum se private vervolgingseenheid besluit het om aansoek te doen om Zuma privaat te vervolg op ʼn aanklag van strafbare manslag.

“Ons stem natuurlik nie met die NVG se besluit in Augustus 2015 saam nie. Dit was ʼn ongeluk wat na my eenheid se mening veroorsaak is deur mnr. Zuma op die snelweg om 22:00 toe dit baie hard gereën het. Ons glo, en dit is ook waarom ons aansoek doen, daar is wel kanse vir ʼn suksesvolle vervolging,” het Nel gesê.

Kallie Kriel, Gerrie Nel en lede van Dube se familie. Foto: Maroela Media

Dube se ma, wat nou die voog van die oorledene se vyfjarige dogtertjie is, en haar oudste broer sal deur die burgerregte-organisasie se eenheid bygestaan word in die proses van private vervolging.

“Die proses is reeds van stapel gestuur en die familielede het aangedui hulle het ʼn reg tot private vervolging. Sou die aansoek toegestaan word, sal ons namens hulle vervolg. Ons wag nou net om te hoor wat die NVG gaan sê en vir hulle om ʼn nolle prosequi-sertifikaat uit te reik,” het Nel gesê.

Dié sertifikaat sal ʼn bevestiging van die NVG wees dat hulle nie die saak verder wil vervolg nie en dit sal Nel se eenheid die geleentheid gee om die vervolging binne 90 dae in te stel.

Nel twyfel ook of die saak enigsins buite die hof geskik kan word. “Die NVG kan wel besluit om sy beslissing hieroor te heroorweeg en self te vervolg, wat goed sal wees.

“Daar is baie werk wat vir ons voorlê, maar ons is gereed daarvoor. Ons het aanvanklik toe ons hierdie kantoor gestig het, gesê die enigste doel van hierdie kantoor is gelykheid voor die reg sodat daar geen selektiewe vervolgings is nie,” het Nel bevestig.

Vir Nel en sy span gaan dit bloot oor gelykheid voor die reg: “As daar selektiewe vervolging is, kan daar nie geregtigheid wees nie.”

Nel, wat voorheen die bynaam Bulhond verwerf het, se span is oorgehaal om die Suid-Afrikaanse reg se waghond vir dié soort geregtigheid te wees.

  • Gerrie Nel het met Esté Meyer Jansen in Maroela Media se ateljee kom gesels oor AfriForum se private vervolgingseenheid se eerste saak. Luister na die gesprek bo-aan hierdie berig om uit te vind hoe die eenheid beplan om die saak teen Duduzane Zuma van stapel te stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

Goeie begin ·

Wel gedaan Gerrie en Afriforum, regte plek om te begin, word die stem van gewone burgers wat geen reg of sê het as dit by regering en regeringsfamilie kom nie.

Johannes ·

En hoe gaan hierdie aanklag die volgende blanke boer teen ‘n aanval en moord beskerm? Het dit nie tyd geword om hierdie hofsake te los en eerder die geld en tyd te gebruik om ‘n private veiligheidsmag of kommando op die been te bring nie?

Ons mense word uitgemoor terwyl Afriforum speletjies in die hof speel…

LMF ·

Johannes presies wat ek gedink het waar pas die Boer se bydrae wat by my per debiet order afgetrek word nou in die prentjie regtig Gerrie het eintlik nie meer as dit van jou verwag nie

Guy ·

Ek verstaan nie hierdie mense wat so onkundig wil wees nie, dis moedswillig en diekoppies raas. Toe Gerrie aangestel was het hy gese dit gaan nie oor eie mense nie, dit gaan nie oor politiek maar oor die wat dink hulle is buite bereik van die howe. Hierdie saak gaan een van daai tronk toe stuur mins geregtigheid seevier. Dit is ‘n wen vir Suid afrika nie net vir daai van julle wat so oe is soos ‘n kleios se … nie. Gerrie werk vir ‘n beter Suid afrika, en ons wen almal as hy wen, Ek wil lelike woorde gebruik maar julle sal dit nie kan verwerk nie. Hou op om julself te ontrek van die land, hou op om julself te sien as minderwaardig of meerwaardig, Jy pie nie eu de cologne nie, werk saam met Suid Afrika, Kom uit die blik***se laer,

Jack ·

Johannes, jy mors jou tyd en asem, want Afriforum/Solidariteit doen net dinge waaruit hulle genoeg aandag/bemarking kan kry.

Fires ·

Julle mors julle tyd. Zuma’s en Gupta’s is “untouchable”!

B-man ·

Ek kan nie wag om te sien wat gebeur nie. Gaan hierdie saak beslis volg. Hoop julle is suksesvol!

Siek ·

LMGA en ek neem aan die DUBE’s is lede van Afriforum? As ek nou nog nooit iets gesien flop het nie, is dit die privaatvervolgings gesag van Gerrie Nel en Kie. Eers die Engels saak (van nie lede) nou die Dube saak (van nie lede). Lyk my die lede is net goed genoeg om sy salaris te betaal. Waar krap hulle hierdie saak uit? Is daar nie belangriker sake nie? Kom ek wed jull 100% julle gaan onsuksesvol wees, net soos met die 735 sake teen Zuma.

Anoniem ·

Ek is bereid om my hele maand se sjokelade voorraad te wed (want ek gaan springmielies nodig hê vir hierdie drama.)

Loeis ·

Jy mis die punt, Siek.

Wat het die Duduzane saak en die Engels saak in gemeen? Een ding, naamlik dat Zumas en Mugabes (van ‘n ander land hier ook hier) REGTIG bo die wet verhewe is. Nie amptelik nie, maar in die praktyk is hulle. As Gerrie dit regkry om hier suksesvol te wees, seevier geregtigheid. Het jy ‘n probleem daarmee? Dan het ek ‘n probleem met jou. Ook sal ‘n Gerrie-oorwinning die aandag daarop vestig dat mense in die algemeen die regstaat moet beskerm. Dis nodig. Hy sal hierna ook ander sake aanpak.

@ Loeis ·

Is jy ooit ‘n lid van Afriforum of praat jy sommer net saam namens die ander wat bydra.? As jy ‘n probleem met my het gee ek regtig nie om nie, ek het nie jou “like” nodig om my eie opinie te hê nie. As Gerrie dit NIE regkry nie, soos die DA en al die ander grootkoppe dit drie keer nie reggekry het om van Zuma ontslae te raak nie, is daar ‘n Kimberley se gat in die regstelsel waarin almal tuimel.

Loeis ·

Siek, ek dra maandeliks geldelik tot Afriforum by, en dit is my druppel in die emmer dat geregtigheid moet seevier. Doen jy? Maak nie saak nie, Afriforum sal waarskynlik sonde rjou “like” klaarkom.

Jy is heeltemaal reg oor een ding: jy het regtig nie my “like” nodig nie, dit is nie relevant tot enigiets nie. Ek kan dieselfde van jou opinie hierbo se. Maar kom ons kyk wat Gerrie regkry, voor ons oor die vervolging ‘n opinie uitspreek. Die feite het ‘n manier om vir hulself te spreek, en wel sonder my of jou goedkeuring daarvan.

Zumie ·

Siek, al wat vir my siek is is mense wat verloor het voor hulle nog begin het….. en nie eers die moed het om te probeer nie. As jy Voortrekker was het jy nog op Kaapstad se strand gebly…
Wen of Verloor – dit wys ten minste iemand staan op en probeer.
Los dan die wat wel teen onreg wil opstaan –

Adriaan ·

Die lewe is soos sport. Jy kry ouens wat op die veld speel, hulle ondersteuners langs die veld en dan die kantlyn lawaaiers. Die lawaaiers maak asof hulle n span ondersteun al is hulle enigste “bydrae” om die spelers af te kraak. Dit laat hulle beter voel want hulle was nooit goed genoeg om self te speel nie. Gerrie en Afriforum is die span, hier is ook baie ware ondersteuners. Ongelukkig ook n paar lawaaiers.

RB ·

Ek dink hierdie saak is goed gekies, met die die doel om die bal aan die rol te kry i.t.v die privaat vervolgings.

@ Loeis ·

Jy praat al in die rondte, oor wie wie like, as jy mooi kyk is jy alweer in die minderheid. En JA ek betaal my lidmaatskapgeld by Afriforum en ek is NIE gelukkig dat hulle Engels en Dube sake aanvat terwyl van der Merwe en Koekemoer se sake op die tafel lê nie.

Marita Froehlich ·

Ek is ook baie ontsteld oor die werkswyse van Mnr Nel. Hy is die hoop van baie van ons volk, nou probeer hy reg kry vir ander, seker om ‘politis korrek’ te wees. As die mense van ons volk eindelik agterkom, sal hulle nie meer Afriforum ondersteun nie.

janas ·

Thumbs up Gerrie!!!
Glo jou span Sal oorwin.
Tyd dat dat iemand iets doen teen die misdadigers, korruptes. Hulle kom weg met moord en omkopery.
GO BULLDOG GO!!!

Oom Doug ·

Go Gerrie Go. Ek hoop en bid dat jy n paar lyfwagte het. Daar is n handvol Zaptoids daar buite wat die wet nie so lekker kan volg nie..
Dit gaan n baie interesante saak wees vir Suid Afrika.

Andries ·

Hulle will nommer Een deur sy seun bereik . Ek glo nie hy gaan werklik omgee nie .

Anoniem ·

As jou voorspelling waar is, gaan dit heelwat onmin in die Zuma familie saai. En as Zuma se maters sien hy voel so min vir sy eie bloed-egte seun, sal hulle hopelik snap hy sal hulle ook vir die wolwe gooi sonder om ‘n oog te knip

janee ·

Slim Gerrie – ek dink hulle het verwag julle gaan hulle oor Staatskaping probeer vastrek.
Nou vat julle hulle waar hulle nie verweer het nie tensy dit hulle persoonlik baie geld gaan kos.

Daan Erasmus ·

Hier kom ‘n ding. Gerrie en Afriforum weet hul moet begin met ‘n saak wat hulle moet wen. Volgende is die Mugabe’s.

BOLANDER ·

Kan nie wag om die uitspraak te sien nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Sterkte Gerrie

Anoniem ·

Baie, baie slim keuse in vele opsigte.

(1) Daar is ‘n groot kanse op sukses, wat gaan bou aan die reputasie van Afriforum se private vervolgingseenheid.
(2) Dis nie ‘n swart/wit saak nie. Dis ‘n swart oortreder, en ‘n swart slagoffer. Kleur is dadelik nie ‘n issue nie.
(3) Die oortreder is onse Prez se seun en hand om die blaas met die Guptas. Tot sy groot ontsteltenis is al sy bankrekeninge in Augustus 2017 gesluit.
(4) Die saak gaan wys die Zumas is nie onaantasbaar nie.

rafel ·

Ek stem saam. En niemand ken die wet soos Gerrie nie. Alle sukses v hom en sy span.

Theresa ·

Fantasties! ‘n Man met ‘n ruggraat! – want ja, dit sal nie sonder handskoene aangepak kan word nie. Groot vertroue in Gerrie Nel se intelligensie, kennis en Afriforum daarmee saam.
BAIE sterkte en voorspoed. Dit kan die begin van goeie goed wees.

Loeis ·

Ek stem 100% saam met jou Anoniem.

MAAR. Verwag wel ‘n voorafgeveg: hoe dit werk is dat Gerrie nou ‘n sertifikaat vanaf die vervolgingsgesag (NVG) moet kry om privaat te kan vervolg. Zuma het die hoof van die NVG aangestel, en mens vermoed hy sal dalk die Zumas probeer beskerm. As die NVG dan weier om die sertifikaat uit te reik sal Afriforum die hof moet nader om die NVG te dwing om dit te doen. Na Landdros Chetty se uitspraak is kanse baie goed dat die hof hieroor in Afriforum se guns sal beslis, maar natuurlik sal die Zumas appelleer. Die Zumas se kanse op sukses is waarskynlik wel nul.

Om enigisins hierdie vervolging moontlik te maak mag dalk ‘n lang uitgerekte proses wees, afhangende van ‘n paar goed, wees maar gereed daarvoor.

Loeis ·

Skuus, dit sal nie die Zumas wees wie appelleer nie, dit sal die NVG wees. Met ons belasting geld, natuurlik.

Anoniem ·

Loeis, jy is heel waarskynlik reg dat hierdie ‘n lang uitgerekte proses gaan wees. Nogtans wil ek nie soos sommiges moed opgee nog voor daar begin is nie. Ons moet probeer so goed ons kan.

RB ·

en,
(5) Die NVG het reeds gesê dat hul nie gaan vervolg nie!

In ‘n ander geval sou hul waarskynlik sê hul is “nog besig”. Sal interessant wees om te sien watter verskoning hul uitdink om nie die sertifikaat uit te reik wat Afriforum sal in staat stel om te vervolg nie.

Johan. H. ·

Ek sluk my woorde en loop stert tussen die bene,, As hierdie suksesvol vasgevat word, Verdubbel ek my bydrae, Belowe,, Hulle dink mos hulle is beter as enige ander landsburger,, Moet net nie te lank var nie ek kan nie wag nie,,,,,

Verstaan nie? ·

Asb sonder om my aanteval wil ek net graag verstaan waarvoor staan AgriForum? Is hul ‘n politieke party? Is hul ‘n Landbou organisasie? Is daar lede gelde aan verbonde? Vra uit vir interesantheid.

annelize ·

Afriforum, nie agriforum:(
Kan nie wag om te sien wat gebeur nie, sterkte julle en Gerrie.
Opgewonde

Theresa ·

Twee heeltemal verskillende plekke.
AFriforum = Instansie vir burgerregtelike belangstellendes
aGri – soos in agriculture = landbousake.

Dirk01 ·

Afri forum confuse my nou , met seker versoeke van gemeenskappe tot hulp vereis hulle bydraes tot regshulp wat verskaf word.Ek persoonlik as n lid sal nie die saak as betekenisvol of ondersteun nie alleenlik indien n Afri forum lid betrokke die slagoffer sou wees .

Rina Kotze ·

Wel gedaan Gerrie Nel en Afriforum.

Dis omdat almal aanvaar die Zumas en Guptas onaantasbaar is, en dit maar los, dat ons land in die gemors is!

Mag dit die begin van baie suksesvolle afhandelinge wees van sogenaamde “cold cases” weens sekere mense se betrokkenheid.

Rox ·

Stem saam jou Rina. Ek wil ook byvoeg dat ons wittes kon nog nooit saamstaan nie . Dankie Afriforum. Trots om lid te wees.

geen einde ·

aaaaag asseblief! welgedaan waarmee? hulle kan en sal niks regkry nie. dink jy gerrie nel kan enige iemand tronk toe stuur of daar uithou! hoekom dink jy takel hy nie die doodskis duo se uiters onregverdige saak nie? of die brits manne se belaglike moordaanklag nie?

Adriaan ·

Die vervolgingeenheid se funksie is nie om betrokke te raak by sake wat nog verhoor word nie.

Annetjie ·

En al wen Gerrie hulle ni, sal mense wat dink hulle is verhewe bo almal twee keer dink voor hulle net links en regs mense betaal om stil te bly of om saam met hulle te lieg en te bedrieg……..GO GERRIE ……..

Swart Piet ·

Geen Einde, ek stem saam met jou. Hierdie saak is ‘n mors van tyd en geld. Zuma is in beheer van die reg stelsel. DIe saak sal jare lank uitgerek en geskuif en vertraag word want hulle gebruik sommer die staat se geld vir die saak. Gerrie Nel moet eerder die arme boere se sake vat. Ons boere is ook net goed genoeg om geld te gee.

wynand ·

Cit is ‘n goeie roep want die Guptas sal ook moet getuig en hulle gaan dan teen klein zumamoet getuig om hulself te beskerm en dit gaan so hulle verhouding versuur!!! Hulle sal ook natuurlik uitgevang word sou hulle nie die waarheid praat nie! Em dit is ook sooo goed!
Kan nie wag nie!!

Leon de Vries ·

Ek is ‘n lid van Afriforum en ondersteun hierdie poging van Afriforum en G N. Ons moet in gedagte hou dat die Nas Verv nou kan besluit om te vervolg. Indien nie moet daar nog n sertifikaat uitgereik word om die priv vervolging toe te laat. Indien die pr verv daarna voortgaan (selfs al misluk dit), gaan dit n baie belangrike boodskap uitstuur. Die gereg kan n mens na jare inhaal. Nazi-misdadigers is 40 – 50 jaar na die beëindiging van WO 2 nog steeds opgespoor en vervolg. (Soos ek die Grace Mugabe aangeleentheid verstaan, is dit nog net die begin van Afriforum en G N se regsaksie teen haar. Ek mag verkeerd wees, maar ek dink sy gaan nog vir jare en jare vervolgingsprobleme hê. Afr en G N is met n regsproses besig om die amnestie wat aan haar toegestaan is, ongeldig te laat verklaar. Gee maar kans …)

blom ·

Die mense se altyd iemand moet iets DOEN.
Gerrie gaan nou iets DOEN, nou word daar weer gekla.!!!!!!

Eish ·

Julle moet maar vir Gerrie n paar stewige lyfwagte kry. Die keiser speel vuil en hy het n onuitputlike bron van staatsinstellings tot sy beskikking.

Mielie ·

Hoe lank het die NGV om die sertifikaat uit te reik? Wat as hulle besluit om hom wel te vervolg maar dan sloer met die aanklag?

Eish ·

Dan wag ons maar n bietjie. Dink ook nie dis in belang van geregtigheid om vir ewig te sloer nie.

Johannes ·

En, hoe presies gaan Zuma se seun se hofsaak die volgende blanke boer of blanke gesin beskerm teen ‘n aanval, marteling, verkragting en moord?!

Hou verdomp op speletjies speel in die hof en gebruik die geld om ‘n gewapende beskermingsmag op die been te bring wat ons eie mense beskerm!

Loeis ·

Ek stem saam dat die selfbeskermingseenhede baie belangrik is – oral.

Maar nou het ek ‘n vragie vir jou wie so kla, Johannes. Is jy lid van een van Afriforum se buurtwagte? Indien nie, het jy in alle respek nie die reg om ‘n vinger te wys nie, want dan doen Afriforum meer as wat jy kan se jy doen!

Anoniem ·

Johannes, my hart gaan uit na die boere wat letterlik elke dag in lewensgevaar verkeer. Dis ‘n krisis van enorme afmetings, en ‘n simptoom van ons siek land. Ek hoop en bid dat Afriforum se vervolgingseenheid uiteindelik die wortel van die boere se gevaar kan aanspreek (met ander woorde, die mense wat dit aanhits en toelaat). Ja, die boere het beskerming nodig, MAAR op die lang termyn moet ons die siek land begin regtrek van ‘n kant af.

Eps ·

Ek wonder net of enige van die negatiewe mense enige regs kwalufikasie of kennis het. Gerrie is bekwaam genoeg om goeie besluite te neem. Ek vertrou sy oordeel en glo in Afriforum. Dit is onmoontlik vir Gerrie om aandag aan al die onvervolgde sake op te los. Onthou dat die privaat vervolging baie duur is en die koste van die beskuldigde moet ook betaal word. Dit is miljoene keer makliker om mens af te kraak as wat dit is om verhoudinge en vertroue op te bou. Moet asb. nie een van daardie mense woed wat alles wil afbreuk en vernietig nie. Dit is tyd dat mense verantwoordelik optree gedurende alle omstandighede. Verstaan ook asb. dat baie gesiene besigheids mense ‘n paar keer misluk het voordat hulle suksesvol was. Ons moet mekaar ondersteun deur dik en dun. Help asb. eerder dat geregtigheid geskiet voordat jy negatiewe opmerkings maak.

Afrikaanse Knaap ·

Go oom Gerrie go! Ek staan bank vas agter oom.
As die Zuma knapie onskuldig is kan hy dit mos maklik bewys.

Pierre ·

Weereens lees ek die kritiek van blanke Afrikaners, dieselfde gees wat daar was jare terug staan nog steeds brandend in ons midde. Steeds kan ons nie tot vergelyk kom nie en steeds sal ons mekaar ry tot in die afgrond toe. Tereg kan ek ook nou vra waarom gaan dit so sleg met ons as ‘n minderheid in hierdie land, die antwoord eenvoudig ons het nog nooit geleer om saam te staan nie, as ons eerder ons kritiek wil laat vaar en vir eens en vir altyd hande vat en net vir ‘n slag een saak wil ondersteun sal daar ‘n helse bom bars en sal ons ongeag ons minderheid ‘n standpunt kan stel. Kom ons maak ‘n begin al is dit hoe gering want elke saak wat ons sou wen is ‘n stap in die regte rigting. Kom ons wees vir ‘n slag positief.

Nosh ·

Meerderheid blankes sal nooit saam staan nie want ons is gebaster…Engelse Ma en Boere Pa…Od Portugese Ma en Boere Pa…of Grieks en Boer…of Rooinek En Boer…oor en weer gekruis.

Melanie ·

Daar is beslis belangriker sake as die een wat gekies is of hoe ?

trollie ·

Sien dit as genoegdoening vir apartheid. Daarom word julle geld gebruik tot voordeel van swartmense.

Alete Muller ·

Ek kan nie glo dat die meeste mense wat kommentaar lewer, nie die storie agter die storie sien nie. Gerrie Nel is briljant en hy gaan sy doel bereik wat hy nie nou uit kan spel nie……
Fantastiese skuif om by die kern van die eintlike probleme uit te kom!!!!
Elke sent wat ek bydra is die morite werd.

Anoniem ·

Ek stem 100% saam met jou, Alete. Hierdie is ‘n briljante skuif. Die mense wat so daaroor kla, het nog nie tussen die lyne gelees nie.

Stormrider ·

Met apologie redaksie, want julle verskaf ‘n gratis diens – hoe kan hierdie artikel na bykans 24 uur steeds die hoof voorblad artikel wees?
Daar is ontsaglik baie ander nuus waaroor daar ingrlig moet word.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Stormrider
Dankie vir jou kommentaar! ʼn Nuwe artikel is inderdaad Woensdagoggend vroeg as hoofnuus gelaai. Onthou – sou jy nog nuus wou lees, kan jy só maak by die “ander nuus”-afdeling wat gereeld opdateer word. Lekker lees!
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

GENUGTIG ·

Genade maar julle kan kla…doen niemand iets aan n saak nie….kla julle….doen iemand WEL IETS kla julle ook…ek dink dis wonderlik en ek spreek net my seenwense oor Gerrie Nel en Afriforum uit. Ons hou die saak dop behoort interessant te wees.

Nel ·

Dankie Gerrie dat jy bereid is om te probeer.

“The only thing necessary for the triumph of evil is that good men do nothing.”
– E. Burke

Boerseun ·

Ek het nie ‘n probleem dat Gerrie Nel kleurlinge en swartes ook verdedig nie, maar is hy nie primer deur “ons” geld aangestel om “ons” mense wat verguis en vermoor word, te verdedig nie!? Probeer hulle om polities-korrek te wees met hulle vervolgings? Intussen bloei die Boerevolk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.