Gerrie Nel wil Malema vervolg

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, en Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, tydens die mediakonferensie (19 April 2018). Foto: Rozier van Tonder

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, het Donderdag by ʼn mediakonferensie in Centurion aangekondig dat hy beplan om EFF-leier Julius Malema en sy medebeskuldigdes privaat vir bedrog en tenderkorrupsie te vervolg, indien dié persone nie deur die staat vervolg gaan word nie.

Nel het gesê die vervolgingseenheid sal Malema en kie vervolg indien die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) nie toegee aan AfriForum se eis dat die saak teen Malema, rakende die destydse korrupte bedrywighede van die maatskappy On-Point Engineering in Limpopo, heringestel word nie.

On-Point, waarby Malema se familietrust ’n belang het, is aangestel om die Limpopo-  departement van paaie en vervoer in 2009 met infrastruktuurontwikkeling, ‑onderhoud en -beplanning te ondersteun en het omkoopgeld ontvang van suksesvolle tenderaars wat vir hierdie doel aangestel is.

AfriForum het reeds op 24 Julie 2011 kragtens die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede, 2004 (Wet no. 12 van 2004) ’n saak in verband met On-Point se korrupte bedrywighede teen Malema by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria ingedien.

Nadat die Valke die klag ondersoek en bewyse van korrupsie gevind het, het die NVG begin om Malema te vervolg. Die saak teen Malema is egter op 4 Augustus 2015 van die rol van die hoë hof in Polokwane geskrap, nadat een van Malema se medebeskuldigdes weens siekte nie die verhoor kon bywoon nie. Die NVG het versuim om die saak weer op die rol te plaas gedurende die twee jaar en agt maande wat sedertdien verloop het.

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, en Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, tydens die mediakonferensie (19 April 2018). Foto: Rozier van Tonder

Weens die NVG se versuim om verder op te tree, het AfriForum op 19 Maart 2018 ’n skrywe aan die NVG gerig waarin die saak se herinstelling geëis word. Die NVG het AfriForum in reaksie hierop skriftelik ingelig dat die herinstelling van die klagte teen Malema tans oorweeg word en dat ’n finale besluit teen Augustus 2018 geneem sal word.

Volgens Nel sal AfriForum Malema privaat vervolg, sou die NVG besluit om die saak teen Malema en sy medebeskuldigdes nie weer in te stel nie.

Nel het aangedui dat dit onaanvaarbaar is dat die NVG meer as 30 maande laat verloop het sonder om die korrupsiesaak teen Malema verder te voer. “AfriForum se privaat vervolgingseenheid is juis gestig om te help toesien dat gelykheid voor die reg geskied en dat die NVG sy werk doeltreffend doen. Die NVG het sy plig versuim deur die saak teen Malema te laat sloer,” het hy gesê.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, meen al dink Malema skynbaar hy is onaantasbaar, is hy beslis nie bo die reg verhewe nie. “AfriForum sal daarom toesien dat Malema tot verantwoording geroep word. Iemand soos Malema wat voorgee dat hy die arm mense verteenwoordig en dan die staatskas plunder om homself te verryk ten koste van dienslewering aan arm mense, moet ontbloot word vir wie en wat hy is,” het Kriel gesê.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, tydens die mediakonferensie (19 April 2018). Foto: Rozier van Tonder

Malema het in reaksie op AfriForum se aankondiging getwiet: “Bring it on bloody racists, you don’t scare me at all. I’m born ready! No white man will decide my destiny, the poor masses of our people will.” [sic]

Kriel wys daarop dat AfriForum benewens dié korrupsiesaak tans ook met twee ander sake teen Malema besig is. AfriForum tref tans in samewerking met AfriSake voorbereidings vir ’n saak van minagting van die hof teen Malema. Dit volg nadat ’n hofbevel gedurende 2017 teen Malema bekom is om hom te verbied om mense aan te hits om grond te beset. Met sy jongste uitsprake oortree Malema egter dié hofbevel en maak hom sodoende skuldig aan minagting van die hof.

Die ander saak teen Malema is die klag van aanhitsing om misdaad te pleeg, wat deur AfriForum ingedien is en in die Bloemfonteinse streekhof aangehoor word. Dié saak is deur die hof tot 27 Julie 2018 uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

Paul ·

Die medebeskuldigde van Malema wat destyds te siek was om te getuig, gaan nou weer siek raak. Dalk speel hy nie gholf soos Shabbir nie.

Christo ·

Net soos met Zuma gaan die NVG vervolg,hulle beste onbevoegde ondersoek en vervolging doen en die mense vry laat loop.
Julle moet eers wetgewing verander dat jy weer vervolg kan word .
Jan publiek het hulle vertroue in die SAPD en die juristuksie verloor.

LR ·

Malema moet seker die mees destabiliserende faktor in die land wees. Daar is nou vermoedelik baie bedreiginge teen hom. Dit sal goed wees as hy op een of ander wyse permanent uit die samelewing verwyder word. Mag Gerrie Nel suksesvol wees met sy vervolging.

Lunsriem ·

Doen liewer iets meer konstrukstief en vervolg hom en oudregter Motata vir rassisme. Wat gebeur met die vervolging van Jiba?

Riemruk ·

Luns ou riem
Is daar enige iets wat verhoed dat jy ‘konstruktiewe’ dade by jou kritiek kan/wil voeg?

Mooiso ·

UITEINDELIK stem ek saam met ‘n vervolging. die Mugabe en Zuma episode en Bizos het nou stilgeraak .. doen asb iets aan hom en WERK HOM >>

Make him pay ·

Moet asb tog net nie weer ‘n VERSKONING aanvaar as hy skuldig bevind word nie . julle doen so baie moeite dan aanvaar julle ‘n FLOU verskoning van die oortreders … laat hom BETAAL …

Eish ·

n Skuldigbevinding van die aard teen die knaap sal voorwaar opnuut ongebreidelde haat teenoor al wat wit is loslaat.
Ek bewonder jul durf en konsekwente optrede teen die staatskapers. Dit sal wondere verrig indien die eenheid sy eerste suksesvolle vervolging agter die blad het.

marous ·

Sterkte …. hoop dit vorder net so goed soos al die ander sake wat al op die hofrol is.

Marina ·

Dankie adv Gerrie Nel. Ons bid dat geregtigheid geskied teen Malema. Ek het baie respek vir adv Nel en ek staan 100% agter hom en ek glo hy gaan suksesvol wees in hierdie saak. # Gerrie Nel for president#

jaco ·

As die NVG nie wil saamwerk nie en ook nie die polisie en die howe nie, wat word dan eintlik met privaat vervolging bereik? Dis ‘n mooi speletjie, maar uiteindelik word niemand “gevang” en opgesluit of beboet nie.

zoon zoom ·

As dit nou eers beplan word, in watter jaar gaan daar ‘n saak in die hof aangehoor word. As die NVG niks in al die jare teen malema gedoen het nie hoe gaan Gerrie dit doen?????????

Josua Keys ·

Die verskil hier is, die NVG wou hom nie vervolg nie maar mnr Nel wil en hopelik doen!

jaco ·

As gerrie nou vir malema privaat vervolg, hoe gaan hy hom dan vang en aanhou en verhoor? Dis tog net die Staat, deur middel van die NVG, die polisie en die howe wat so iets kan doen. Iets maak nie sin nie. Iewers gaan baie geld en baie tyd gemors word op iets waarvan niks sal kom nie.

Anoniem ·

nee, Jaco…
hy gaan hom nie vang, aanhou en verhoor nie..
Hy gaan privaat en persoonlik klagtes indien vir sy vervolging, dit is maar net dat dit nie deur die NVG gedoen word nie. Hy moet dan in hof verskyn en himself verdedig.

JH ·

Ja wat van die rasistiese uitlatings wat hy maak? Hy en sy volgelinge.

Cherokee ·

Gerrie Nel het tydens die Pistoors-saak kritiek ontlok vanaf sowat 50% van die kommmentators. Wed jou hierdie berig sal die laaste daarvan smoor. Dit is goeie nuus.

Casper Labuschagne ·

Interessant hoedat daar een stel wette vir ons minderheid is, en ‘n heel ander manier van wetstoepassing teen mense soos Malema. Ek sou verseker nie die voorreg gehad het dat ‘n saak van die rol geskrap word nie, sou ek ooit in Malema se posisie wees. En hier is juis die probleem dit is nie net Malema (of Zuma) wat korrup is nie, dit is die stelsel wat korrup is.

Hermann ·

Daar sal niks van kom. Mors van geld. Gebruik eerder die geld vir arm blanke mense.
Uhuru is naby. Word wakker!

Kobie ·

@Hermann, is dit nou dieselfde Uhuru wat in ’92, ’94, ’95, ’96, ’01, ’03, ’06, ’07, ’09, ’12, ’13, ’15, ’17 sou gebeur het?

Buffel ·

Nou gaan Malematjie aangaan sien hy skree al klaar rassisme….binekort skree mense vir hom “pay back the money”!! ….dalk is die die teken waarvoor hy gevra het by die begrafnis…….

Jan Britz ·

Al wat ek nie verstaan nie hoekom altyd die groot nuus aankondigings waaarvoor die geld mors met dit en tyd…doen dit net dan sal dit dalk gebeur praat en waarsku werk nie gaan net aan met vervolging in 30 maande niks gebeur nou weer kans tot Augustus vir wat? Maak saak en gaan aan sonder al die aankondigings…dit gee hom net meer publisiteit…Hy maak staat daarop…

Kudu ·

great gerrie – sluit hom toe – en nou wil hy tweet jy is n rassis???? shame hy moet daai rooi “overall” ruil vir n oranje een… LOL kry vir jou my bra

Pieter ·

Wat van Floyd Shiwambo waneer kom sy saak van aanranding voor.???

Afrikaanse Knaap ·

Dankie manne.
Julle maak my trots en gee my hoop.

corne ·

En soos al die ander sake gaan wat gebeur ??? o ja ( ) iemand sal weer n stokkie daarvoor steek kyk maar

Judge Dredd ·

……en ons howe bly Malema se sake maar net uitstel – “judiciary capture?”………..

Al ·

Hou op negatief wees. Baie mense sit en kla maar is passief. Elke hou wat teen ñ muur geslaan word, maak die muur weerloos. Moet nooit die groter prent uit oog verloor nie.

Marita ·

Dus die waarheid! So het die muur in Berlyn ook geval! Ek is n trotse lid v Afriforum

Landi ·

MAN GERRIE NEL BEGIN EERDER OM MALEMA AAN TE KLA VIR AL SY UITLATINGS EN OPSWEPING TEEN BLANKES EN DAN DOEN IETS DAARAAN OM DIE BOERE OP PLASE TE BESKERM!!!!!!!!!!!!!!!!!

Josua Keys ·

Gerrie wil Malema vervolg????? Dit moet lees, hy gaan Malema vervolg!!!!! Hy is die enigse parlements lid wat haatspraak in die land tussen rasse aanblaas en dit nog op Nasionale televisie ook waar die wereld dit kon sien, hoeveel meer bewyse het Gerrie nog nodig om te vervolg, Malema moes lankal toegesluit gewees het, dan sal hy dalk leer op die harde manier wat werklik reg en verkeerd is. Hoe gouer dit gebeur hoe gouer kan die land weer begin vooruit gaan. EK kry ‘n “kamera boete” en kan hof toe gaan as ek dit nie betaal nie , Malema dryg witmense met die dood en hits dit nog aan ook maar kom daarmee weg terwyl ‘n wit dame ‘n andeskleurige ‘ n Antichrist noem wat die “K” woord beteken en word vir drie jaar tronkstraf gegee. Al wat ons vra is regverdigheid en regverdige wetgewing vir almal se belang, dan sal haatspraak beslis metter tyd begin verdwyn en alle rasse soos in die verlede weer oor die weg kom. Ja ons almal weet apartheid was verkeerd maar vir die hoeveelheid mense wat in SA vermoor was vandat die ANC oorgeneem het is die mense wat tydens die “struggle” gesterf het nie eens ‘n druppel in die emmer nie. So Mnr Nel, soos Momberg ‘ n geskiedenis statistic geword het kan jy ook van Malema dieselfde doen, die verskil hier is sy het nie moord aangehits nie en die een wat dit wel verdien word werklik regterlik vervolg.

leon ·

Nou gaan ons weer oproepe en SMSe kry om by te dra. En niks gaan gebeur nie. Dis net `n geldmakery – dreig om n hoe profiel persoon aan te vat – en vorder dan die geld in. Nee wat , hou verby.

Patriot ·

Jy is soooo reg! En as ons almal nou bygedra het, gaan alles doodloop.

Theresa ·

Ag nee wat. Ten minste doen hul iets!! Die sms manier van vra is wonderlik. Sake vat lank. Jul kan nie wondere verwag nie. Nie een vd mense kan dit aanjaag soos hul graag sekerlik sou wou doen nie. Nee – moenie so negatief wees as iets goeds ten minste gedoen word nie!

DewaldS ·

Jip. Die Afrikaner het hulle-self mos nou al bewys as die volk wat hulle-self oor-en-oor in dieselfde strikke laat vang. Terminaal onnosel as dit by politiek en geld kom. Afriforum doen maar wat enige goeie opportuniste sal doen,

Msp ·

Kyk, ek haal my hoed af vir AfriForm en Solidatiteit. Hulle werk en onophoudelike hulp is uit die boonste rakke. Ek sal lid bly van die 2 groepe, kom wat wil. Mag God julle wysheid en mag daagliks vermeerder.

jakes ·

Ditsem Gerrie, looi hom in die hof. Sal goed wees om die nar in oranje klere te sien ipv rooi.

Helene Heyns ·

As julle dit kan regkry om daardie rooi pakkie te verruil vir n oranje enetjie sal jul my die gelukkigste vrou in die land maak. Ry hom bloots.

Sê maar net ·

Julius….klink vir my….bang..bang..bangelang…:-)

Fundraising ·

Gerrie Nel ek is in op fundraising vir die projek!!!!!!

Blouwillem ·

Soos Lunsriem tereg vra: wat het geword van die saak teen Jiba?
Zuma se seun?

Nee man, doen eers een en doen dit goed.

Malema kry hopeloos te veel aandag en krediet.

Wie uit daai lotjie is al werklik vervolg deur Bulhond? Niemand nie.

En ek is ‘n groot van van Gerrie Nel bygesê.

Louse ·

@blouwillem, die NVG vervolg zuma, dié is net geldmaak en druk op die staat, niks gaan kom van die nie.

Gerrit ·

Nou voel ek baie beter oor my bydra wat ek maandeliks maak??

Andre ·

Dit is tyd dat daar nou aksie moet wees. Al wat ‘n mens hoor is Gerrie Nel gaan dit en dat doen maar sover gebeer daar niks. Dit raak nou erg afgesaag.

Elle ·

Ek voorspel daar gaan nou ‘n erge toename in Plaasaanvalle wees.

Elle ·

Iemand het nou aan die Rooi-Snorbaard getrek. Met reg so,maar…
Moenie vir Julius onderskat nie,ook nie waartoe sy ondersteunings-basis toe instaat is nie.

Rynhardt ·

Afriforum en Gerrie Nel julle gaan nie vir Malema agter tralies kry nie!In 2016 en 2017 het ek vir Maroela gese:”Malema sal met n bang ?uitgaan,maar n tronksel gaan hom nie sien nie”.In die verlede kon Afriforum nie Malema suksesvol vervolg vir haatspraak nie,hy gaan nog steeds voort!Afriforum gaan kyk die videos oor sy toesprake!Gerrie Nel,nie eens SARS kon Malema agter tralies kry vir belastingontduiking nie!????Daar staan sterk magte agter Malema!!???Tien Gerrie Nels en kragtige wetgewing is nodig vir Malema-vervolging.?????????Intussen gaan ek my springmielies,drinkgoed en lekker skyfies ?????gereed kry vir n lekker sirkus wat voorle!???

Niemands ·

en tog verdedig die armes hom, die wat 13mense in n vertrek bly, 1 badkamer deel sonder lopende water, waar hy in sy multimiljoen blyplek rustig is, westerse selfoon het, westerse karre ry, maar skreeu “rasis” dan is hul daar. “colonialism” maar ons soek julle geld.

Anoniem ·

Ek was so nuuskierig om te sien wie volgende vervolg gaan word. En was ek nou bly toe ek Malema se gesiggie herken by die aankondiging!

Ek gee my maandelikse bydrae aan Afriforum met ‘n blye hart, want ek weet Afriforum kies hierdie sake haarfyn.

Johan. H. ·

Skuus man!! Ek hou nie my asem op nie, Ek sal graag my Maandelikse bydrae verdubbel as ek die eerste een in n Oranje oorpakkie sien , tot dan !!! Wat het geword van daie zuma se seun wat iemand dood gery het,,, Ek is nou 100% oortuig al die instansies en die NVG is in die terroriste se sak,,,,BEWYS MY VERKEERD,, In teendeel ek sal dalk binne kort my bydrae stop want ek sien geen suksesvolle bevindings nie,,

Casper Labuschagne ·

Ek sien elders dat Malema se kommentaar hierop is “Bring it on bloody racists … I am born ready.” Darem merkwaardig hoe dat een persoon se misdadigheid in terme van die landswette, ‘n ander persoon se ervaring van rassisme is, suiwer op grond van die verskillende rassegroep van die tweede party asook die gevolglike slagofferstatus van die tweede party.

Patriot ·

JohaN. H… ek het reeds my en my man se dubbelle maandelikse bydrae en lidmaatskap gestop toe hulle Gabriella Engels verdedig het. Daar het ook dadels van gekom. Soos al die ander sake wat hulle BEPLAN maar nooit gebeur nie. Van hierdie sogenaamde sake is al ingedien voor Vicky Momberg se insident en sy sit al in die tronk en appel is geweier. Hoe lank nog gaan hulle beplan en smse stuur en geld vra….

Hannetjie Harvie ·

Ag asseblief niks kom van Gerrie Nel se beloftes nie, noem my een positiewe ding wat hy reggekry het vandat hy by Afriforum is???

Willem ·

Baie duidelik volg jy nie wat werklik gebeur nie, wanneer die sake op die hofrol verskyn nie, sekeres word uitgestel na ‘n latere datum. Sommer nou die dag het Afriforum ook terugvoer oor die sake gegee. Almal is nog aktief. En verseker sleep Afriforum nie voete nie. Jy kan altyd direk met Afriforum skakel, dalk vir hulle ‘n e-pos stuur om te verneem wat die stand van elke saak is, hul kontak besonderhede is op hul webwerf, dalk sal Maroela jou ook behulpsaam wees. Hul kontakinligting is hier onder op die blad.

Willem ·

Van al die Afriforum projekte die afgelope paar jaar is hierdie een (en ook die tydsberekening daarvan) waarskynlik die heel kortsigtigste. Natuurlik sal die getroue Afriforum volgelinge almal juig en krul van lekkerkry, maar ek is bevrees dat die gevolg van hierdie aksie bloot verdere polarisasie tussen wit en swart sal veroorsaak. Verseker moet mense verantwoording doen voor die reg, maar die manier waarop Afriforum voortgaan skets ‘n prentjie van bevoorregte (Afrikaanse) witmense wat swartes (aan die teenoorgestelde kant van die politieke spektrum) teiken omdat die (swart) staat te onbevoeg/korrup is om dit te doen. Ek is bevrees dat hierdie pad (wat Afriforum/Solidariteit duidelik vasberade is om te loop) beslis nie na ‘n stabiele, geïntegreerde Suid Afrikaanse samelewing kan lei nie.

Paul ·

As jy vanaand Afrikaanse se nuus gekyk het, sal jy weet watter keuse om te maak. In effek het die ANC-regering, ook Julius, dit reeds vir jou gemaak.

1+1 ·

Geregtigheid geld nie net nou nie. Hierdie konsep is vir alle eeue op die landbewoners van toepas-sing.

Eben ·

Gerrie is ‘n bekwaande mense men’s en weet presies wat hy doen. Ek het vertroue in Gerrie en kan ongelukkig nie dieselfde sê van ons regering nie.

Willem ·

Dit is goeie nuus. Dit het niks met tasisme uit te waai nie. Dit gaan oor geregtigheid. Malema as jy wit was moes jy ook jou straf kry….

Chrisjan ·

Hou Malema besig met voorbereiding vir sy verdediging. Dit sal hom minder tyd gee om nonsens aan te jaag …

Herman ·

Die meerderheid IS die Hof en Hulle bepaal die Uitkoms. Hoe moeilik kan dit wees. Wit sal nie weer wen in die howe nie. Gaan kyk rondom jou. Majoor Mohlala se haatspraak kom niks van nie. Malema kom niks oor nie – elke keer as hy op sy toesprake haat spreek word boere voor die voet vermoor. Zuma Jr se kamma vervolging van moord kom niks van nie. ens ens ens so gaan ons aan en aan. Hier gaan niks van kom nie! Net die rasse konflik verdiep..

Reguit ·

Tydmors. Daar sal niks van kom nie. Die untouchables regeer. Beste opsie is om die hool te verlaat en te emigreer.

anton ·

Reguit…………….jy is deesdae een van bitter min wat waarheid spreek in die kommentaar kolomme.
Ja ons volk gaan tengronde a.g.v n gebrek aan kennis.

HONOURABLE MEMBER ·

Sterkte Mr Nel hierdie is n baie glibberige vent en gaan elke trick in die boek probleer om niedie hofsaak te he nie…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.