Gerrit Schoonhoven sterf

Gerrit Schoonhoven (Foto: Facebook)

Die regisseur en akteur Gerrit Schoonhoven is Dinsdag in die ouderdom van 62 oorlede.

Dít nadat kanker ’n paar maande gelede by Schoonhoven gediagnoseer is.

Lizanne Barnard, musikant en vriendin van Schoonhoven, het die hartseer nuus Dinsdagmiddag aan Maroela Media bevestig.

Schoonhoven was wyd bekend in die rolprent- en televisiebedryf. Hy het onder meer die Afrikaanse fliek Twee Grade van Moord (2016) geregisseer.

Schoonhoven was ook betrokke by die regie van Binnelanders, Hartland, Orion en Plek van die Vleisvreters, waarvoor hy in 2006 die Erepenning vir Afrikaanse Televisiedramas ontvang het.

“Ek gaan daardie bos hare van hom onthou. Ek gaan hom onthou as ’n mens wat altyd besig was om sy mense op te bou en te onderskraag. Hy was altyd positief,” sê Barnard.

“Hy het altyd gesê: ‘Die lewe is kort, jy kan net sowel skitterend wees’.

“Hy was enig in sy soort.”

Medelye stroom sedertdien in op sosiale media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Alta Alleman

R.I.V.

Kokerboom

Dki Gerrit vir u bydrae om ons lewens te versier. Rus in vrede

Pieter

Dminie Tienie- Jy was oulik in dit. Gaan jou mis en in Sweet and Short.

Kalla

Rus in vrede.

Casper

Voorwaar slegte nuus.Sterkte aan sy familie.Die oroduksies waaraan hy gewerk het was altyd ‘n sukses.