Gerugte dat Panayiotou se ‘minnares’ swanger is, is ‘absurd’

Christopher Panayiotou in die Port Elizabeth-landdroshof. Foto: Twitter

Christopher Panayiotou in die Port Elizabeth-landdroshof. Foto: Twitter

Christopher Panayiotou, wat beskuldig word van die moord op sy vrou, Jayde, het glo ʼn aan-en-af-verhouding met sy werknemer Chanelle Coutts gehad.

Dit is volgens sy regsverteenwoordiger, Alwyn Griebenow, het Netwerk24 berig. Griebenow het in reaksie op bewerings dat Coutts swanger is, gesê: “Indien sy swanger is, weet Christopher nie daarvan nie.”

Danie Coutts, Chanelle se regsverteenwoordiger, het die bewerings van swangerskap en toetse as “absurd” afgemaak. Chanelle, die personeelbestuurder van die OK Grocer in Algoapark, was nie Woensdag by die Port Elizabeth-landdroshof waar Panayiotou om borgtog aansoek doen nie.

Panayiotou, Thando Siyoli (31) en Sizwezakhe Vumazonke (30) is dae ná die moord op Jayde in hegtenis geneem. Jayde is die laaste keer lewend gesien op 21 April waar sy buite ʼn veiligheidskompleks in Kabegapark vir ʼn saamrygeleentheid gestaan en wag het. Haar liggaam is die volgende dag naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind.

Panayiotou staan tereg op aanklagte van sameswering tot moord, moord, ontvoering, roof met verswarende omstandighede en regsverydeling. Landdros Abigail Beaton het Panayiotou se borgtogaansoek Woensdag uitgestel weens verwarring oor sy regsverteenwoordiger. Die saak gaan vandag voort.

News24

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Theresa ·

Ag hou nou net op met die verdomde gerugte. Kry hierdie spul se saak afgehandel en agter tralies waar hul heeldag op hul beddens kan lê en in die binneplaas in die son kan sit. Verwyder hulle net uit die samelewing uit.

Eliza-beth ·

WIE begin sulke skinderstories?? Dit maak my siek. Daar staan nie verniet in die Bybel ” ‘n Skinderstorie is soos lekker kos – mense sluk dit so maklik.” Dis wraggies waar, al die bespiegelinge, gerugte, stories en snert iriteer my. Laat die polisie nou die saak reg en klaar ondersoek en dan met alles hof toe gaan en dat die regter (hopelik) agter die waarheid kom en die regte straf aan wie ookal skuldig is gee. Terloops, al SOU dit waar wees – wat daarvan?

Marin ·

Almal wat nou vir die minnares so opkom. Het julle nou nuus geluister. Sy was saam met hom toe die geld oorhandig is. Baie onskuldig nê.

Eliza-beth ·

Ek kom vir niemand op nie. Lees mooi. Laat die gereg sy pad loop. Al was sy by met geld oorhandiging het dit steeds niks met ‘n swangerskap/geen swangerskap te doene nie. Ek glo beslisl nie enige stories voor daar nie BEWYSE is nie en selfs dan het dit NIKS met my te doene nog minder met ander hier. Waaroor ek ‘n broertjie dood het is ‘n ewige geskinder en vingerwysery!

Eish! ·

Kyk, al wat ek se is: Die ongetroude lewe is die veiligste lewe. Die oomblik wat jy getroud is, is jou lewe niks meer werd nie. Die eggenoot/te sorg dat hul alles kry.

Sune van Heerden ·

Dagsê Peet

Dankie dat jy ons daarop gewys het, die wysiging is aangebring.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.