Gerugte dat Zuma staatskaping-verslag wil daag

Foto van pres. Jacob Zuma: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

Foto van pres. Jacob Zuma: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma het Woensdag gesê hy wou die bekendmaking van die openbare beskermer se staatskaping-verslag verhoed, omdat hy verkeerdelik onder die indruk was dat dit onvolledig is, en hy sal, nadat hy die inhoud bestudeer het, besluit of hy die inhoud wil daag.

Die presidensie het gesê Zuma is hof toe om ʼn interdik te bekom teen Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, om haar te verhoed om ʼn interimverslag oor haar ondersoek of Zuma en ander staatsamptenare onbehoorlike verbintenisse met die Gupta-familie het en of die etiese gedragskode oortree is.

“Toe die aansoek ingedien is, was dit nie duidelik of die ondersoek afgehandel is nie,” het Zuma se kantoor gesê. “Die openbare beskermer het intussen dit duidelik gemaak dat die verslag op 14 Oktober 2016 afgeteken en gefinaliseer is.”

Die presidensie het gesê Zuma het sy hooggeregshofaansoek teruggetrek “in die belang van geregtigheid en ʼn vinnige oplossing in die saak”. “Die president sal die inhoud van die verslag oorweeg om te bepaal of hy na die hof sal terugkeer en versoek dat dit hersien moet word.”

Die ANC het intussen gesê hy sal Donderdag kommentaar lewer oor die verslag. “Die ANC sal die verslag bestudeer en môre, 3 November 2016, kommentaar lewer.”

Die Pretoriase hooggeregshof het beslis dat die verslag Woensdag voor 17:00 bekendgemaak moet word.

Lees die staatskapingverslag op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

PJ ·

Ai ou zumpie met jou graad vyf sal jy mos nooit iets kan bestudeer nie hoe gaan jy dit doen as jy nie eers getalle kan uitlees wat vir jou neergeskryf is nie? Ai tog ou maat sterkte

Alida ·

Nog geld mors. Ek hoop hy betaal die regskostes uit sy eie sak dan sal hy vinnig shurrup

Jan ·

Een of ander obskure bank wat voorheen vet wins gemaak het uit ANC verbintenisse gaan seker nou weer ‘n “lening” aan stortkop toestaan om sy regskostes te delg.

Petro ·

Ons is nie almal onnosel nie…jy lieg…en hopelik is jou dae getel…jou luis…

Uys ·

jz Jy lieg soos n tande treker
Waar het jy vor dit bekend gemaak is jou aansoek terug getrek, het jy inside info gekry.
jz Wat is jou regskoste van dag een af wat jy op die kassie verskein het.
Jy mors ons geld verder.
Jammer jou vrou wat jy nie wil skei nie, maar die staat nog steeds onderhou het nie geslaag nie nie.

Sê net ·

SNERT! Leuens en verskonings. Hy sal aanhou onskuldige slagoffer probeer speel. Die hof het reeds beslis dat hy verantwoordelik is vir kostes. Daar is geen eerbaarheid in sy handelinge nie

Lala ·

Zuma sal net een oggend weg wees en moontlik in die Sudan opduik met al sy miljoene. Hy het mos nie sy vriend, die Sudanese president, aan die internasionale hof uitgelewer nie.

Anoniem ·

Waarskynlik. Was daar nie gerugte dat JZ vroeër vanjaar 6 biljoen rand uitgeneem het Arabiese Emirate toe nie? Miskien daar aftree soos Idi Amin destyds…. ?

Fliss ·

Wat doen mense deesdae in Sudan? Moor of le op n sandduin met n cocktail??

Jan ·

Hierdie karakter het behalwe vir die monetêre skade, onmeetbare verliese vir die land en sy mense teweeggebring. Daar sal wel n dag kom waar hy nie langer die amp sal beklee nie. Die vraag is net wat gaan hy en sy aanhangsels dan nog steeds uit die staatskas ontvang – pensioen medies noem dit maar op – . Die regte ding sou wees dat hy alle verdere voordele verbeur, wat maar n druppel in die emmer sou wees teen wat hy verbras het.

Jakobus ·

Maar hy het mos nie ‘n ander keuse as om dit te doen nie, anders is dit so goed soos om skuld te reken.

John ·

Die arrogansie en selfversekerdheid van Zuma en sy travante slaan mens asem weg. Oosterse tentakels is reeds ingebed in al ons landsake en ‘gullible’ Afrikane word maklik ‘n rat voor die oe gedraai. Op die BBC-webwerf word vertel die Guptas was glo vreeslik verbaas oor hoe maklik besigheid in SA gedoen kan word. Die skuif van die parlement na die noorde is heel moontlik ook ‘n besluit van ons nuwe ‘base’ wat soos ‘n neut sal klou aan die lekkerlewe. Suid-Afrika is aan die slaap gevang. Die ANC se beleid om soos een man blindweg te volg, word liederlik misbruik. Onrus sal gestook word sodra die hart van die parassiet aangevat word… Die stryd teen sulke kankers is pynlik en duur…

Johann ·

Net nog meer absurd en bedrieglik. En hy en sy Zumaikies dink ons glo sy snert? Hys besig om sy G middel A T te sien en nou steel hy tyd om soveel moontlik te skep om sy selfsug sakke vol te pak voor hy of wegloop of weggejaag word. Ek sien en hoor al in my geestes oog en oor die dreuning van vreugdes sange die dag wat Jacob Zuma finaal onttroon word! Hehehe

willie ·

Die vent moet oneervol onslaan word… Nkandla moet verkoop word om gedeeltelike gesteelde geld te verhaal.

neelsie ·

As jy op kwaad uit is ,doen jy dit omdat jy vals is.!!
Die wat beraadslaag vir vrede , sal dit met openlikheid doen.

Sê maar net ·

Ek voel, na alles wat al gebeur het, na wat alles al gese was, na alles wat hy aan al skuldig is, hoekom wil en kan die ANC hom nie “fire”nie? Is daar iets meer? Beskerm al die hoog geplaastes hulleself want hulle weet as Zuma moet uit gaan ‘n paar van hulle ook val? Daar moet ‘n rede wees hoekom hy so beskerm raak deur hulle. Want hy is nie ‘n president se agterent werd en/of ‘n voorbeeld vir ons pragtige land en sy mense nie

Fluffy ·

Ek stem saam met almal. As daar van sy kant ‘n eerbare uitweg is sal hy bedank. Maar eerbaarheid is seker nie een van sy vele kwaliteite waarop hy kan roem nie. Bedanking moet gepaard gaan sonder enige verdere vergoeding van enige aard, want hy het reeds meer ontvang as waarop hy geregtig is. As dit wel gebeur………….is daar ‘n volgende probleem vir die volgende leier. Hoe gaan hy ons land vanuit die diep donga lei tot voorspoed wat daar vir al die landsburgers beskore sal wees? Wie sal hierdie dilemma op sy skouers wil laai? Ek wonder maar net.

Alida ·

Hy kan nie eers lees nie en sy raadgewers is ook nie baie skerp nie want hulle het toegelaat dat hy op TV se hierdie plundering en verwoesting by die Universiteite is demokrasie. Die een blinde lei die ander. Hoe gaan hy uit 784 bedrogklagtes kom. Ek wonder maar net.

martin ·

Nou hoekom het hy nie van die begin af dit gesê nie? Dis nou om hom in sy gesig uit te lag.
Ek hoop al die geld wat hy en sy seun so gesteel het, word gevries en teruggevat. Hulle moet kaalstert die land uit vlug.
Arrogante spul.

mariaan ·

Met sy intellegenie en redenasie vermoë kan niks wat hy sê ons verras nie.
Hy dink sekerlik Suid-Afrika is sy land en hy is die koning.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.