Gerugte oor beurtkrag is fopnuus, sê Eskom

Argieffoto

Eskom het Saterdagaand boodskappe op sosiale media verwerp dat beurtkrag Sondag sal plaasvind.

“Eskom wil graag lede van die publiek waarsku dat boodskappe wat die ronde doen op sosiale media oor beurtkrag wat Sondag, 18 Junie, vir ses ure gaan plaasvind, vals en moedswillig is,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

“Eskom bedryf ʼn stabiele kragstelsel met ʼn surplus kapasiteit van tussen 3 000 MW en 4 000 MW op ʼn daaglikse basis. Eskom het die afgelope 22 maande nie enige beurtkrag geïmplementeer nie en ons beplan ook nie enige beurtkrag in die toekoms nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

danie ·

Ek weet darm nie of dit heeltemal fop nuus is nie, die skelms steel darm maar opbdie uur kabels deesdae

Vrystaat ·

Waar n rookie is, is n vuurtjie? Miskien stilte voor die storm…. of in SA n lieg voor bedrieg?

John ·

Begin sommer nou om Eskom te privatiseer. Ons kan nie meer hul nonsens absorbeer nie, wat nog ‘hul’ (ja, hul eiendom, so glo die verwaande spul) duur krag betaal. Die hele bende kort ‘n koue stort, ‘n laaste payslip en koebaai…

JP vd Merwe ·

Blote toeval sal Eskom seker sê maar byy is die krag vandag, Sondag al vanaf 10: 00 af. Al die plase en dorp word geraak. Dink nie dia toeval nie.

Johann Marx ·

Dat Eskom stabiel is, met goeie top bestuur, wat teen optimum produktiwiteit ‘n suksesvolle kragnetwerk bedryf teen die beste moontlike pryse vir die verbruiker…..is ook fopnuus.

SARIE VAN HEERDEN ·

ESKOM, DIE KRAG WAS DIE GROOTSTE GEDEELTE VAN SONDAG AF IN MAMELODI, PRETORIA !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.