‘Gerugte oor gestrande Ebola-boot onwaar’

Dokters Sonder Grense neem 'n ebola-slagoffer in Guinee weg Foto: thewestsidestory.net

Dokters Sonder Grense neem ‘n ebola-slagoffer in Guinee weg Foto: thewestsidestory.net

Die Transnet Nasionale Hawe-owerheid sê gerugte dat ‘n skip aan die kus by Richardsbaai gestrand is en dat daar mense aan boord is wat met die Ebola-virus besmet is, is onwaar.

“Daar is nie so iets nie…daar is nie ‘n skip wat by Richardsbaai gestrand is nie,” het Transnet gesê.

JacarandaFM het vroeër Dinsdag berig dat ‘n skip wat van Liberië af gevaar het, naby Richardsbaai gestrand is en dat daar mense aan boord die skip is wat glo met die Ebola-virus besmet is.

Transnet sê prosedures om te verseker dat die virus nie deur middel van hawes die land binnekom nie, die werk van die departement van gesondheid is en dat hulle ‘n kantoor by elke hawe het.

“Wanneer ‘n skip by ‘n hawe aankom was dit nog altyd ‘n vereiste vir die skip se kaptein om die gesondheidsowerhede by die hawe in kennis te stel indien daar ‘n siek persoon op die skip is.”

“Dit is die verantwoordelikheid van beamptes en dokters om te besluit of die skip dan die hawe mag binnekom. Die besluit word aan hawebeheer gekommunikeer waarna die skip die hawe mag binnekom.”

Rufus Lekala, hoofhawemeester, sê indien daar kommer bestaan dat ‘n bemanningslid met ‘n oordraagbare siekte besmet is, sal die gesondheidsowerhede by die hawe maatreëls in plek stel om dit te beheer.

“Indien ‘n kaptein aanmeld dat ‘n bemanningslid moontlik aan ‘n oordraagbare siekte lei, sal die skip buite die hawe vir sewe tot 14 dae onder kwarantyn geplaas word tot daar bevestig is dat daar geen gevaar is nie,” het Lekala gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.