Gerugte oor koalisie tussen VF Plus en ANC ‘kwaadwillig’

Die brief wat op sosiale media versprei word.

Die brief wat op sosiale media versprei word.

Die Vryheidsfront Plus het geen ooreenkoms met die ANC of enige ander party aangegaan oor koalisies soos allerlei kwaadwillige gerugte dit wil hê nie, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Volgens Mulder word die gerugte versprei deur individue wat die VF Plus wil benadeel. “Die party se standpunt oor koalisies, soos voor die verkiesing gestel, het nie verander nie. Dit behels dat besluite oor koalisies nie op plaaslike vlak geneem sal word nie, maar deur die VF Plus se hoogste beleidsliggaam.”

Gerugte doen op sosiale media die ronde dat die ANC die VF Plus in ʼn brief versoek het om dringend met hulle te vergader oor ʼn moontlik koalisie in twee Limpopo-munisipaliteite.

In die Modimolle/Mookgopong-munisipaliteit (Nylstroom, Naboomspruit en Vaalwater) het die ANC 47,58% van die stemme en 13 setels gekry. Die DA het 24,11% van die stemme en sewe setels gekry. Die EFF het 19,44% van die stemme en ses setels gekry terwyl die VF Plus 5,88% van die stemme en twee setels gekry het.

In die Thabazimbi-munisipaliteit (wat Amandelbult, Thabazimbi en Northam insluit) het die ANC 45,3% van die stemme en tien setels gekry, die DA 22,21% van die stemme en vyf setels, die EFF 20,24% van die stemme en vyf setels en die VF Plus het 2,7% van die stemme en een setel gekry.

Dr. Mulder het gesê teoreties moet finale besluite binne 14 dae geneem word. “Die hoofriglyn in onderhandeling sal wees hoe die belange van die VF Plus se kiesers die beste in ʼn munisipaliteit bevorder kan word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

jaco ·

as ek die een in die vf-plus was om daardie finale besluit oor n koalisie met die ANC te maak EN as die ANC regtig desperaat is vir n koalisie met die VF-plus, sal ek se ja kom ons doen dit. MAAR dan maak julle soos ek se: vergeet van agteroorsit in jou lekker huis en lekker rondry met jou luukse kar. vergeet van kaderontplooiing en regstellende aksie suiwer op velkleur en geen bevoegdheid in die raad se administrasie, gebruik die raad se begroting vir dienslewering en nie luukse motors en daaglikse etes by nandos nie – kortom: WERK vir al die mense wat binne die munisipale grense bly.

Anti DA ·

Ek dink die minderheid wat vir die VF+ gestem het het hulle nie ‘n mandaat gegee om met die ANC of Eff in ‘n koalisie te gaan nie, die DA is aanvaarbaar en ons het dit altyd voorsien maar sou hulle voortgaan en die anc of eff ondersteun sou dit die doodsklokke wees vir die VF+

Wim Kotze ·

AntiDA, wat maak ‘n koalisie met die DA meer aanvaarbaar as met die ANC in die geval? Dink jy die DA het meer lakens om uit te deel aan die Afrikaner? Lees gerus Jaco se baie sinvolle komentaar hierbô.

Kobus ·

Nico, jy het ons in hierdie tyd onbaatsugtig op hoogte gehou van die verkiesing, dankie.

Nou wat koalisies aanbetref, kan dit gebeur en is dit moontlik dat die ANC, om PTA, JHB ens te behou, vir Malema en dalk sy adjudant ministersposte in die Nasionale Regering sal aanbied. Is dit moontlik? Indien wel, wat is die konsekwensies, lang- en korttermyn? Sal Malema daarvoor val?

snoefie ·

na my beskeie meaning kan n koalisie tussen die anc en die vf+ n goeie ding wees. dink aan al die opleidingswerk wat die vf+ in sogenaamde koalisie kan doen.

jaco ·

die ANC se graag dat swartes in die DA lakeie van wit mense is. hulle word ook n baie lelike naam genoem. ek sal dit hier maar weergee as ja-baas swartes. uit ANC monde hoor ek egter n ander woord wat nie hier gebruik mag word nie…
nou wonder ek maar net: as die ANC so desperaat is vir hierdie twee koalisies en dit nogal saam met die “Afrikaner-boere” in die VF-Plus, dan gaan hulle mos die ja-baas swartes wees???

Arina ·

Hoe kan die VF+ saam met die ANC in ‘n koalisie ingaan, as hulle dan op alles trap wat Afrikaans is. Glo nie dit sal gebeur nie, ek luister gereeld praat saam op RSG, en Dr Mulder gee gereeld goeie eerlike toepaslike kommentaar, hy sal nie dit waarvoor hy staan vir 30 stukke silwer verkwansel nie.

Chris Ws ·

Koalisies met die anc of eff is glad nie aanvaarbaar vir die VF+ nie want hulle hele beleid druis heeltemal dwars in teen ALLES waarvoor die VF+ staan en hom beywer.Dr. Mulder is nie ‘n gek nie.

Columbiana ·

Sou die VF+ in koalisie gaan net ANC sal dit hulle in regte hans kakies verander.
Die ANC is korrup en sonder enige siel. As die VF by hulle aanklank vind eerder as by bv die DA is daar ernstig fout. NEE MOENIE. ASB MOENIE SKEINHEILIG WEES EN SAAMWERK MET DIE ANC

Cherokee ·

As so storie kwaadwillig versprei word het ek dit nog nie gehoor nie en sou dit afgelag het.
Wat egter ‘n feit is, is dat die DA met die EFF wil vereenselwig en dit sal waarskynlik gebeur.

danie ·

Al is dit waar het die anc nog n paar seats nodig die vf+ se seats is nie eers n druppel in die emmer nie

Rupert Ashford ·

Wel feite is iemand gaan met iemand in koalisie moet gaan in al hierdie munisipaliteite waar daar nie ‘n volstrekte meerderheid behaal is nie. Die ander alternatief is om saam met die DA en EFF die ANC uit die kussings te probeer lig. Maar wat dien die gemeenskap en die VF se saak die beste en wat kan stabiele regering verseker?

Herman ·

Dit is in sulke tye wat n leier se karakter bepaal. Gaan Mulder saam met die ANC smelt en seker maak hy kry n stukkie soustrein en laat sy party verdwyn soos die NNP en ID partye of gaan hy ten minste by sy mense wat vir hom gestem het hoor wat om te doen. ” Die besluit sal op die hoogste vlak geneem word” klink fishy.

Wim Kotze ·

Herman, daar is ‘n groot verskil tussen ‘n koalisie en saamsmelting.

Frik Lotz ·

VF Plus sal nooit in koalisie gaan met ANC nie. Ook nie EFF nie. VF Plus sal nie sy eie beginsels verraai en sy ondersteuners in die rug steek nie. Gaan kyk gerus na verklarings op VF Plus se Facebookblad. Dankie aan almal wat VF Plus gestem het!

Columbiana ·

Moenie vergeet oompie Pieter was ‘n lid van Zuma se kabinet as deputy minister. Was dit nie maar ook ‘n vorm van koalisie van sy kant af nie? Hy is dan mos gewoond daaraan om na oompie Zuma se puipe te dans. Vermoed hy sal dit ook weer doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.