Gerugte oor nóg chaos by hospitaal ontken

Stakende werkers het verlede week glo chaos by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg veroorsaak. Foto: ANA

Die National Education, Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) het gerugte ontken dat sy lede dreig om Woensdag bedrywighede by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg tot stilstand te bring.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder van gesondheid in Gauteng, het Dinsdag gesê hy is “uiters bekommerd” oor dreigemente om bedrywighede by die hospitaal te ontwrig.

“Personeel en pasiënte het vir my gesê die dreigemente word wyd in die hospitaal verkondig en dit veroorsaak angstigheid,” het Bloom gesê.

Dit volg nadat sommige stakende werkers by dié hospitaal verlede week vullis, waaronder mediese afval, in die gange van die hospitaal uitgegooi het.

Volgens Bloom is die meeste betogers lede van Nehawu, onder wie verpleegsters, skoonmakers en portiere, maar daar was ook mense van buite betrokke.

Hy het gesê die protesoptrede hou moontlik verband met die niebetaling van oortydgeld en prestasiebonusse en die werkers beweer dat die bestuur nie met hulle oor dié kwessies beraadslaag nie.

Gracia Rikhotso, Nehawu se adjunksekretaris in Gauteng, het egter Woensdagoggend ontken dat die vakbond se lede vandag gaan staak. Sy het ook die vakbond gedistansieer van die voorval waar vullis in die hospitaal gestrooi is. Rikhotso het “kriminele elemente” hiervoor blameer wat “voordeel getrek het” uit die vakbond se “middagetebetoging”.

ʼn Woordvoerder van die hospitaal het bevestig die hospitaal is oop en bedrywighede verloop glad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

karin ·

Hospitale is veronderstel om higiënies te wees. Dié wat al die Rommel daar strooi opsetlik, hoort na my mening glad nie eers op die perseel toegelaat te word nie.

Matt ·

Mens kan eintlik nie kla oor die diens nie, want daar IS geen diens nie. Jy kan amper in enige hospitaal die agteruitgang van dienste opmerk. Personeel staan rond of n klompe en gesels. Maar dit gaan oral so, die mense doen nie hul werk soos ooreengekom in hul dienskontrakte nie, maar bonusse wil hulle hê want Bestuur wat amper minder doen, kry dan bonusse.

marous ·

En as dit gebeur – “Not owar membas” Neem videos en stuur dir vir die WGO dat hulle kan sien wat gebeur met hul hard verdiende donasies.

Hannetjie Harvie ·

Hierdie is n skreiende skande, ek gee nie om wat jou rede is nie, maar om rommel in hospitaal gange te strooi is nie aan nie!!! Hierdie mense is nie verpleegsters of susters omdat dit hulle passie is nie, dis net nog n werk, wat hulle nie hoef te doen as hulle nie lus het nie. Geen wonder mense noem hulle name nie, hulle vra daarvoor,want hulle gedra hulle so.

Tammy ·

Sies, dis n skande, en hier is hospitaalpersoneel betrokke!!! Sies dis vieslik man, fire hulle, hulle hoort nie daar nie. As ek dit by my werk waag is ek dadelik gefire, dis nie eers onderhandelbaar nie. Die departement van gesondheid versuim hulle plig skandelik deur nie hierdie mense in hegtenis te laat neem nie. Wat n skande!!!! Waar le die plig van die department van gesondheid. Geen wonder die plasings van afgestudeerde, ordentlik opgevoede studente het verlede jaar in chaos plaasgevind nie. Dit was absoluut belaglik swak hanteer, mense julle sal nie glo hoe hulle dit handteer het nie!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.