Gerugte van koronavirus in SA onwaar – owerhede

Foto: (AP Photo/Koji Sasahara)

Die departement van gesondheid en die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (Nios) het verskeie gerugte rondom die uitbreek van die koronavirus in ’n hospitaal in Pretoria ontken.

Philani Mhlungu, woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, sê hulle het dié gerugte met die Pretoriase hospitaal geverifieer en kan bevestig dat die gerugte onwaar is.

Sinenhlanhla Jimoh, woordvoerder van die Nios, sê hulle is bewus van talle gerugte wat beweer dat pasiënte met dié gevreesde virus in verskeie hospitale reg oor die land behandel word. Jimoh sê egter dié gerugte is van alle waarheid ontbloot.

Jimoh waarsku die publiek teen sulke misleidende gerugte wat onnodig paniek veroorsaak. “Ons sal die publiek onmiddellik in kennis stel indien daar enige ontwikkelinge rondom die verspreiding van die virus in Suid-Afrika is. Ons sal die nodige voorsorgmaatreëls tref en die publiek voorberei,” sê Jimoh.

Hy het bevestig nog geen gevalle van die virus is tot op hede in Suid-Afrika aangemeld nie.

Jimoh sê enige gerugte kan op die Nios se webtuiste aangemeld word by http://www.nicd.ac.za/.

Een van die gerugte sirkuleer op WhatsApp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Boeremeisie ·

Is daar nie informante van laboratoriums (Ampath, Lancet, ens) wat wel kan bevestig of daar positiewe gevalle is nie? Het toevallig vandag ‘n boodskap ontvang van iemand wat glo al verlede jaar positief was, en dat China die nuus tot die laaste nippertjie gehou het.

Riaan ·

Ek het n bewys van n vrou wat positief getoets is daarvoor in September verlede jaar…

Lolla ·

My seun werk vir Lancet en kan bevestig daar is nog nie so iets nie, en hy werk in ‘n groot lab.

Jr ·

Hulle het gun maniere in plek om dit te bepaal. Gaan weer ” volstruis sindroom ” gebruik om te HOOP dit is nie hier nie. Volstruis sindroom – kop onder die vlerk en as ek nie dit kan sien nie is dit nie daar nie.

nikkicck ·

Ons hospitale is reeds so agter die tyd, dat hulle nie eens die gevalle sal raakdiagnoseer nie. Of hulle sal dit stil hou om hulle eie selfsugtige redes. Ek vat nie kanse met my gesin nie. Gaan solank maskers, oogbeskerming en handskoene aanskaf..net vir ingeval. Lw. die virus kan 3-5 dae in jou wees voor hy eers simptome wys, so al toets hulle by lughawens vir koors, kan jy dalk nie dan koors hê nie maar wel 3 dae later. Hierdie is n krisis.

Martin ·

Is dit net ek wat opgelet het dat maroela die naam uit blur maar die nommer net so los vir almal om te sien.

Die Swartkat ·

Hospitaal wat in die boodskap genoem is, is Eugene Marais.

Blommie ·

Met die huidige klimaat regoor SA sal die uitbreek van die virus katastrofies wees. Kom ons hoop die ding bly weg.

Misky ·

Dit was nou net op ons plaaslike radiostasie en dis bevestig dat iemand met die virus gediagnoseer is in Tygerberg hospitaal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.