Gerugte van Ramaphosa-aankondiging is fopnuus

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/ GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa gaan nie vanaand die land toespreek en ʼn staat van inperking (lockdown) aankondig nie.

“Hou op fopnuus versprei,” het Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, gesê in reaksie op die stemboodskap wat op sosiale media en WhatsApp die rondte doen dat die president ʼn staat van inperking gaan aankondig weens die nuwe koronavirus (Covid-19).

“Die nasionale bevelraad het môre ’n geskeduleerde vergadering om die implementering van die noodmaatreëls wat die president verlede Sondag aangekondig het, te evalueer.”

Volgens Diko sal die raad aanbevelings oor ekonomiese verligtingsmaatreëls oorweeg ten einde die impak wat die uitbreking van Covid-19 op die ekonomie het te probeer versag.

“Daarna sal die president die land op hoogte van sake bring – die tyd sal na afloop van die vergadering aangekondig word,” het Diko gesê.

Dit is Saterdag deur die departement van gesondheid aangekondig dat die getal bevestigde Covid-19-gevalle in Suid-Afrika tot 240 gestyg het.

Pres. Ramaphosa het Sondag ʼn ramptoestand afgekondig waarna talle regulasies ingestel is. Dit sluit in dat byeenkomste van meer as 100 mense verbied word, ʼn verbod op buitelandse vlugte van hoërisikolande en ʼn verbod op die verkoop van drank tussen sekere ure. Alle skole en universiteite is ook gesluit.

Mense wat die regulasies oortree, kan ʼn boete of tronkstraf opgelê word. Dit geld ook vir mense wat fopnuus oor die virus versprei.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ann ·

Ag weet jy. Dis hoekom ek alles wat ek hoor nie onmiddellik glo nie. Daar is so baie fopnuus en vals gerugte wat versprei word. Ek sal dit glo as ek dit:
1) Op die nuus hoor
2) Op Maroela media lees

Ek glo nie:
1) Enige Whatsapp voice notes nie
2) Vreemde nuus-webwerwe nie
3) Enige “word-of-mouth” nie

As dit bevestig word, dan eers sal ek dit glo.

Norman ·

Nou maar hou dan asseblief die land op hoogte van sake. Hou asseblief op ons Intellegensie onderskat.

Cherokee ·

Lol.. Jan Seerot, ek geniet die diplomasie wat jy toepas :-)

Gawie ·

Hoekom versprei mense sulke nuus? Al wat WhatsApp-groep is, is vol van sulke nonsens.

Michael ·

Die meerderheid van dinge wat hy of van sy minister kwytraak klink vir my altyd soos fobnuus .

Werner ·

Sien daar was gister 629 sterfte gevalle in Italië as dit hier so begin lyk dan is dit nie meer fopnuus nie die hoofstroom media is 90% fopnuus jammer ek sien nou op RT dit was 793 mense dood in Italië in een dag

Jan ·

Ja ou mense van 80 en ouer wat reeds ander mediese probleme gehad het…

Stof ·

Het sopas besluit om maar weer Jacob’s Kroning te begin drink. Hierdie Cyril’s Kroning, het ‘n bitter nasmaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.