Gesiene Bloem-man koelbloedig vermoor

Louis Siemens. Foto: Facebook

ʼn Sakeman van Bloemfontein is Donderdag in die parkeerarea van ʼn winkelsentrum in dié stad koelbloedig doodgeskiet.

Konst. Wendy Nkabi, woordvoerder van die polisie, het gesê Louis Siemens is kort na 15: 00 in die kelderparkeerterrein van die Prellerplein-winkelsentrum doodgeskiet.

Siemens, besturende direkteur van die CityMed-daghospitaal, is glo in die nek en kop geskiet en is op die toneel dood. Volgens Nkabi is niks tydens die voorval gesteel nie.

Nkabi het bevestig ʼn saak van moord word ondersoek. OFM berig intussen Siemens is in ʼn oënskynlike sluipmoordaanval doodgeskiet. Hy het glo net uit die hysbak gestap in die kelderparkeerterrein toe hy geskiet is.

Volgens Nkabi is ʼn verdagte later Donderdag in hegtenis geneem in verband met die voorval en is die polisie op soek na nog verdagtes. Daar was vermoedelik twee mense by die skietery betrokke, maar Nkabi sê die moontlikheid word nie uitgesluit dat daar nog verdagtes betrokke was nie.

Medelye stroom intussen op sosiale media in vir Siemens, ʼn pa van twee. Hoërskool Sentraal in die stad het gesê hy het met leedwese kennis geneem van Siemens, ʼn voormalige voorsitter van die skool se beheerliggaam, se dood.

“Ons innige meegevoel aan sy familie en vriende. Ons dink aan julle in ons gebede,” lui dié skool se inskrywing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Terrible ·

Maar MISDAAD is heeltemal binne beheer ne ME SISULU? Ons het net wetsgehoorsame burgers in SA. die WITTES het niks om te vrees nie . kan ek vir jou op my twee hande optel hoeveel WITMENSE Is al hierdie week vermoor vir NIKS?? Verder is die MOSKEE aangeval en ek sien nie eers die polisie op die fotos nie, die PRIVAATSEKERHEIDSFIRMA mos kom help? REGTIG en julle het alles onder beheer?? MY INNIGE SIMPATIE aan sy familie en vriende . dit is inderdaad RASSEMOORD en niks anders nie … En die PERPS weet hulle kom met alles weg .. hulle lag lekker vir die polisie en die regters en howe . hulle het GEEN VRESE Nie …

rollie ·

Terwyl 50 swart mense elke dag vermoor word. Neem tog net diep asem en sien dinge in perspektief. Die algehele moordsyfer is onaanvaarbaar en swartes word teen ‘n agtkeer groter tempo as blankes afgemaai. Die moordsyfer onder wit Suid-Afrkaners is LAER as die wereldgemiddeld.

Ek vra ·

Ek vra Rollie, waarom is die moordsyfer minder onder SA wittes as ander lande? Die antwoord is doodeenvoudig dat ons minder wittes is as in ander lande.

@Ek Vra ·

‘n Moordsyfer word as ‘n getal per 100 000 mense uitgedruk, dus maak dit nie saak hoeveel mense daar in die land of bevolkingsgroep is nie.

Motief ·

Dius belangrik dat die publiek moet weet wat die motief was, weet iemand dalk?

Mvn ·

Ek het net n voeltjie hoor fluit dat hy dalk n getuie van n hofsaak is/sou wees….weet nie of dit waar is nie.

Wonder ·

Goeie genade hoe hartseer! Wat nog? Kyk die mensdom te veel moordverhale? Sterkte aan die familie.

kas ·

As dit ‘n sluipmoord was moet daar ‘n motief wees.Wie sou die man wou dood h
he en hoekom.Die man wat gearresteer is sal inligting kan verskaf.Is daar ‘n derdeparty betrokke in sy huwelik,ek sal nie weet nie en vra maar net.Baie sterkte aan sy familie en mag julle troos vind in hierdie hartseer tyd.

neeman ·

En dit is hoe gerugte begin… Moenie bespiegel nie! Sy familie verdien nie dat stertjies nou bygelas word nie, dit is reeds ‘n moeilike tyd vir hulle. Daar was tot dusver nie eens sprake van so iets nie

Gesiggie ·

My innige meegevoel aan die Familie… die Moord in ons land raak net erger, en ja as gelukkig word die wat moor gevang? maar n mens hoor nie altyd wat daarna gebeur…. sterkte aan die Familie

JoeV ·

Tragiese.

Dit raak maklik om lewens te neem, mens sal dit moet terug draai… maar hoe?

Henk du Toit ·

Sjoe mense, dit is darem maar rof o m te bespiegel dat dit liefdes driehoek kon wees. Nee regtig hoor. Wat van ‘n persoon sy waardigheid gun in lewe en in die dood. Hoewel ek nie mnr Siemens se naasbestaandes ken of vir hom nie wil ek my medelye betuig. Ek wil ook om verskoning vra daarvoor dat daar mense is met geen waarde of persoonlike etiek nie en derhalwe dan stertjies aanlas en sulke bespiegelinge maak. vergewe hulle want hulle onkunde en armoedigheid van gees skreeu ten hemele.

Naas Vermaak ·

Henk, dankie, stem saam met jou. Die gemiddelde vlak van kommentaar hier op maroela is rerig betreurenswaardig en ek weet nie hoekom ek nog my tyd hier mors nie…mense se negatiwiteit en onsensitiwiteit krap my baie meer om as die nuusgebeure self.

Heidi ·

Ons woon naby Preller waar dit gebeur het. Pragtige buurt, goeie skole. Sterkte vir familie en geliefdes.

Dot ·

Moet asb nie bespiegel nie. Die man wat groot dinge en die regte ding gedoen het is dood. Respekteer sy vrou en gesin en vriende. Aan die planmakers: dis alles goed en wel, maar medelye is welkom as ons geliefdes se gedenkdiens moet bywoon of help reël. En ja ek ken hom.

Ben ·

Die armes van gees was nog maar altyd tussen ons. Hulle skinder dat die spuug wit in hulle mondhoeke sit en het skaars tyd vir ‘n asemteug voor die volgende hou. Gaan staan ‘n oomblik voor die spieël en wonder wie jy nou eintlik is en watter bydrae jy tot die samelewing lewer. Goed gestel Henk.

Dot ·

Dis waar baie dankie.
Wie de hel is enige iemand om oor ‘n vreemdeling se huwelik te bespiegel??? Hierdie goed maak my bitter vies.
En terloops aan die ou wat so statistiek aanhaal: die statistiek is glad nie van toepassing op individue nie. Maar dankie daarvoor. Ek’s seker almal kry groot vertroosting daaruit om te hoor watter ras word die meeste vermoor.
Voel soms soos ‘n onding dat kommentaar op hierdie berigte toegelaat word. Van julle sny te naby aan die been.
Dankie wat wel ondersteuning bied of iets positief bydra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.