Gesiene boer, dogter kry swaar ná plaasaanval

Christa Markram, en haar bejaarde pa, Tom Markram, is Sondag ná kerk vasgebind, aangerand en beroof. Foto: Facebook

“Oom Tom probeer baie sterk wees, maar ek dink hy en sy dogter, Christa, het albei ʼn redelik knou gekry. Fisiek het hulle sleg daarvan afgekom, maar die emosionele skade is ook daar.”

So het ds. Anton Kemp, medeleraar van die NG Moedergemeente Middelburg, Mpumalanga, Maandag vertel van die wrede aanval op Tom Markram, ʼn gesiene lid van die plaaslike boerderygemeenskap en leierouderling van die gemeente se Kranspoort-wyk.

Die bejaarde Markram, wat volgens die gemeente se webtuiste “diep spore in die landbou- en sakegemeenskap van Middelburg getrap” het, en sy dogter het Sondagoggend van die wyksdiens in die Kranspoort-kerk, naby aan hul plaas, Polfontein, gekom toe drie mans, gewapen met pangas, hulle op die plaaswerf inwag, vertel Kemp.

“Hulle het oom Tom en Christa eers rondgepluk en -gestamp en hulle toe vasgebind,” vertel Kemp, wat Sondag uitgery het om die voorsitter van die gemeente se ondersteuningsdienste (die ou finansiële komitee) ná die rooftog by te staan.

“Oom Tom is met ʼn panga gekap en het ʼn lelike wond teen sy kop opgedoen en sy hand is ook redelike oopgekap. Hy is vol blou kolle. Sy neus is nerfaf en sy een oor is ook beseer.”

Tom Markram is leierouderling van die Kranspoort-kerk en ‘n gesiene boer. Foto: Facebook

Kemp sê die aanvaller het Christa (52) met die plat kant van ʼn panga bygedam nadat hulle haar vasgebind het. “Sy was die heeltyd bewerig toe ek gister daar by hulle was.”

Die drie het weggekom met die kollektegeld van die wyksdiens, wat Markram huis toe geneem het om vandag op die dorp, sowat 30 km van hier af, te gaan inbetaal, juwele, rekenaars, kameras, selfone en tablette.

Kemp vertel hulle het nie belanggestel in Markram se jaggeweer nie, want hulle was op soek na handwapens. Hulle het die huis en voertuie se sleutels geneem, maar die voertuie net so gelos.

Markram se seun wat in Pretoria woon, het kort ná die aanval Middelburg toe gekom om sy pa en suster te ondersteun. Nog ʼn seun woon in Ghana, vertel Kemp. Markram en sy dogter is na ʼn plaaslike hospitaal vir behandeling gebring, maar albei gister reeds ontslaan.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, sê die vermoede bestaan dat een van die aanvallers ʼn werknemer van Markram is wat in Junie of Julie ontslaan is.

“Plaaslike boere het vinnig gereageer nadat oom Tom om hulp op die radio geroep het,”  het Cameron gesê. Inwoners van omliggende plase het ʼn soekgeselskap op die been gekry wat die aanvallers gesoek het tot die polisie by hulle oorgeneem het.

Kol. Mtsholi Bhembe, polisiewoordvoerder van Mpumalanga, vra enigeen met inligting oor die aanval moet kapt. Shadrack Nkosi by 072 320 3247 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Johan H. ·

Julle moet nou begin minder kla,,, WAAR was jou vuurwapen?????????????????????????????

AW ·

Who are / is responsible to teach and empower the farmers about:

“Defensible Space”

“Situational Crime Prevention (SCP)”

“Crime Prevention Through Environmental Design (CPTED)”

When it comes to farm security??

IK ·

Netso AW, daar is skynbaar nie terugvoering oor wat reg of verkeerd gedoen is tydens ‘n aanval. Tog is die dra van ‘n vuurwapen (selfs kerk toe) ‘n vereiste en ek kan raai oor wat sou gebeur het indien ook in hierdie geval. Tog staan ons op die kantlyn en soms oningelig oor omstandighede.

Herman ·

Dis asof die boosdoeners iewers opdrag gekry het om nie te moor nie maar vir nou eers ernstig te beseer……

TP ·

@Herman, ek dink ons almal weet waar hierdie ‘opdrag’ vandaan kom…

Marie ·

CR wil net gou eers geld leen,dan sal hulle weer moor.Dis vir my ? persent duidelik dat plaasaanvalle bestuur word deur die politiek.

Johann ·

Ek laat my nie vertel hierdie barbaarse, lafhartige boosheid is nie georganiseerd nie!

Lana ·

Net so. ‘n Mens lees “die opdrag” duidelik in wat hulle doen.

Afrikaner ·

Nogal net na kerkdiens. Die NG Kerk en Afrikanerbond neem met leedwese kennis dat soveel van ons lede die slagoffers word van ‘n bose land.

Werner ·

Die storie dat hulle nou opdrag kry om net te beseer is nonsens duidelik het die ander aanvallers dit nie gekry wat die boere dood geskied het nie

Sieg ·

Nou moet daar geskiet word, julle kon dood gewees het! Wees gereed asseblief mense!

Gerda-Marie ·

Die booswigte is besig om ‘n skrikbewind te voer teen ons mense, en ongelukkig kom diegene op landelike gebiede die slegste daarvan af. Ek kan nie vir jul beskryf hoe brand die WOEDE hier binne my, witwarm verby!!!

Maak ons ons stemme daaroor dik, word daar gese ons oordryf en/of is rassiste. Maar ek weier om agteroor te sit, dra my vuurwapen aan my ten alle tye, veral as ek alleen tuis op die plaas is saam my kinders. Ek SAL NIE agteroorsit en statistiek word nie – ek sal baklei vir my en my familie ten alle koste.

Baie dankbaar Christa en haar pa het die aanval oorleef – mag hul ten volle herstel en die trauma verwerk. Ek bid vir julle.

Ek is SIEK en sat vir hierdie sinnelose geweld!

Landi ·

Die NG Kerk wat so graag grond hervorming wil laat gebeur…. Werk kastig al van die negentigs af so vreeslik hard daaraan.

HP ·

Joh! Landi… Laatweet bietjie jou inligting dat MM sommer vir ons n berig daaroor kan doen asb?

Andrea van Vuren ·

Landi, jy slaan die spyker op die kop. Ek het ook al my vertroue in die NG Kerk verloor met hul ongekwalifiseerde uitsprake en al.

Brutus ·

Die wiel gaan eendag wel draai vir die gewetenlose barbare wat onskuldige mense so aanval . Dit is anargie en die onbevoegte regering ontken mos alles, hulle sal nog ontbloot word en ek hoop dit is gou.

Y ·

Is dit nou regtig nodig om weer die kerk hierby in te sleep. Maak nie saak watter geloof , geweld raak almal in hierdie land. Ek is seker die oortreders het nie n lys van alle NG kerk lede en val hulle uitsluitlik aan nie. Fokus op die probleem: korrupte land wat deur kriminele “ge rule” word. Sterkte aan die oom en sy dogter.

Johann M van Heerden ·

So word ons mense aangeval. En CR se dit is nie die geval nie. Wie kan die man vertrou?

My mening ·

Ja, en hy praat geduring van die 10% van die bevolking wat 90% van die welvaart besit, maar hy en sy kamerade is van die top besitters van welvaart- meestal op korrupte wyse bekom.

Koos de Meyer. ·

Die boere moenie sonder ‘n vuurwapen eers kerk toe gaan nie. Ons leef nou in ‘n siek barbaarse land so mens moenie vir ‘n sekonde onwaaksaam wees nie. Ons bly in die stad maar dra maar ‘n wapen terwyl ons buite die huis is, hou ook ons hekke gesluit. Die kriminele loop buite rond so jy kan nooit genoeg versigtig wees nie.

Jerry ·

Tesame met boere en hulle gesinne wat hulle lewenswyses moet aanpas na n meer bewuste en parate lewenswyse moet gemeenskapsveiligheid se ingesteldheid ook aangepas word om sterker klem te le en te fokus om aanvalle te verhoed eerder as om net bloot te reageer. Die gevalle wys daarop dat hulp nie betyds opdaag nie en dat die boere en hulle gesinne tydens aanvalle op hulle eie aangewese is en eintlik maar aan hulle eie genade oorgelaat word!

GP ·

Probleem is dat niemand na voorstelle luister nie, sal eerder ure redeneer hoekom die voorstel nie sal werk nie. Mense is heeltemal te slim.

Dis party keer meer eenvoudig as mens dink. Kry jou onmiddelike omgewing so veilig moontlik. Loop om jou huis en maak al die swak punte die sterkste punte, beplan aanval op jouself en kyk wat gedoen moet word om dit af te weer, oorweeg verskillende scenarios en hoe om op te tree.

Sodra jy tevrede is met eie omgewing, kring uit. Raak betrokke by bure, sluit aan by omgewings WhatsApp groep, later sluit aan by gemeenskaps polisie. Ons moet moeite insit hierdie is letterlik ‘n saak van lewe en dood.

Deon Koegelenberg ·

Kibboets stelsel soos in Israel meer mense voete op die plaas

GP ·

Weet nie of die geplaas sal word nie, maar my seining is dat die boere te sag is. Deur so sag te wees moedig hulle plaas aanvalle aan. Boere roof is makliker as geld trek by OTM, kry sommer klomp gewere saam om onskuldige mense te gaan moor.

Kry gekoppelde alarms, sit ordentlike diefwering op, kry cctv kammeras. In die artikel se geval hou honde aan en ken hulle optredes. As jy by die hek stop leer hulle om hek toe te hardloop as hulle dit self nie doen nie. As jy daar stop en die honde kom nie, ry weg en bel die polisie.

Gevalle wat ek al gelees het kon groot hartseer baie maklik voorkom wees, maar almal maak staat op die buiteland wat nie gaan gebeur nie. Begin met huis verharding, oefen drills, analiseer verskillende scenarios, lees boeke soos oorwin plaasaanvalle, minder DSTV en double cabs en meer sekuriteit.
Dankie MM vir plasing van die plaas aanval gebeure.

GM ·

GP, baie van wat jy sê is waar, maar ‘n boer kan nie met ‘n Yaris op sy plaas rondry om sy werk gedoen te kry nie.
Ek dink ook dis moeilik om nie ‘n sagte teiken te wees nie. Diewe/moordenaars sal inkom as hul wil inkom, maak nie saak hoe pro-aktief ‘n boer probeer wees nie. Sekuriteitssisteme wat goed sal werk, is duur, en dit is nie ‘fail proof’ nie. Die kriminele ken al die truuks in die boek.

GP ·

Dankie vir die kommentaar GM.
Ek dink deel van ons as volk se problem is dat ons nie na raad luister nie. Ons sal eerder ure lank redeneer waarom dit nie sal werk nie en more lees ons maar net weer van nog ‘n moord, en al wat almal se is dis so jammer of dis so onnodig of laat weet vir Amerika.

As ons weer oe uitvee is dit ‘n jaar later met nog 300+ moorde en al wal almal se is dis so jammer of dis so onnodig of laat weet vir Amerika.

Elke keer as voorstelle gemaak word is die kostes die problem, onthou doodskiste kos ook geld, so ook begrafnisse, berading vir die wat agter bly en aanvulling vir verlies van broodwinner, dalk verlies agv van verlies van ‘n plaas.

Ek se glad nie my voorstelle is reg nie, al wat ek se is mense doen nie genoeg om die situasie te beveg nie. Op die einde is dit elkeen se eie keuse. My keuse is om my en my familie te beveilig so ver ek kan. Hoop meer mense doen ook so.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.