Gesiene professor voor sy vrou, vriende doodgesteek

Cobus Naudé. Foto: Linkedin.

ʼn Emeritus professor aan die Universiteit van Johannesburg is Vrydagmiddag in sy huis ten aanskoue van sy vrou en drie vriende doodgesteek.

Kapt. Balan Muthan, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 13:00 in Cobus Naudé, vermoedelik in sy sewentigs, se huis by Ysterhoutstraat in Randparkrif plaasgevind.

Twee aanvallers het volgens Muthan deur die badkamervenster toegang tot die huis verkry.

Een van die aanvallers het in die sitkamer op een van Naudé se vriende afgestorm. Naudé het tussen hulle ingetree en is doodgesteek.

“Die ander aanvaller het die huis geplunder. Hulle het van die toneel gevlug in die egpaar se wit Mercedes-Benz, met ʼn gesteelde selfoon, kontant en ʼn Ipad,” het Muthan gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Rachel ·

Hoeveel moorde moet nou nog gepleeg word voordat ons wakker skrik. Die skrif is aan die muur.

My innige meegevoel aan die familie. Mag julle getroos word in die verskriklike stryd.

Nina ·

Ek word nou moeg vir mense wat sê “skrik wakker”. Ons weet wat aan die gebeur is, ons is wakker, maar wat kan ons daaraan doen. Ons is uitgelewer aan die dood. Vanaand dalk ek, more dalk jy.

Klaargeskrik ·

Ons moet nou die grondgrypgesprekke gebruik om beslis en versekerd te onderhandel vir selfbeskikking, ons het nie n keuse meer nie. Ons moet onsself nou deur ons eie regering beskerm want die ANC is lief vir misdaad. Dis nou tyd.

Sue ·

Rachel, wat stel jy voor maak dies wat wakker geskrik het en die skrif teen die muur sien? Daar is nie veel opsies as ek die storie so kyk nie? Enige daadwerklike voorstelle?

Tanzie ·

@Rachel, mense soos jy maak my siek. Mens hoor elke dag “wanneer skrik ons wakker” of “hoelank gaan ons dit toelaat” maar kom jy nou met ‘n slim plan aangesien dit klink asof jy al die antwoorde het. Toe, begin lei en ons almal sal jou volg.

ferdi ·

Dis oorlog teen misdaad dis waar wat BCele gese het dis onaanvaarbaar di polisie kanni meer orals keer nie. Dan sit di polsie nog met misdadigers in homself

Pop ·

Rachel ons is almal wakker. Wat stel jy voor moet ons doen. Begin jy met n plan dan sal ons volg.

Haan ·

Gaan doen aansoek vir jou vuurwapenlisensies. Raak vertroud met die wapen en treë in kontak met jou buurt/plaaswag. Sorg dat jou siel gered is, dat jy geestelik sterk is, en bid gedurig, want die stryd is nie teen vlees en bloed.
Dis my plan.
Sterkte aan die Naudé gesin

Cherokee ·

Haan, as jy die volgorde van belangrikheid in jou instruksies verander, sal ek meer as net 100% met jou saamstem.

Sputnik ·

Ek stem heelhartig saam met Pop. Wat is jou plan van aksie, Pop?

Pieter ·

Dit is hartseer en hierdie voorval sal net Maroelamedia haal. Want sien, dit was nie ‘n polisiestasie wat aangeval is nie. Dus sal geen spesiale taakmag saamgestel word om die varke te vang nie. Die minister van polisie weet 10 @10 nie eens van nog een onnodige moord nie. …..

Pieter ·

Watter polisie ,het ons dan polisie ? En as ons sou hê sal my volgende vraag wees waar is hulle en wat doen hulle??

Dirk ·

Polisie moet miskien konsentreer om daai ipad op te spoor. As find my iphone aan is, kan dit gevind word.

Mariaan ·

So word hy net nog ń statistiek.
Oor ń week is hy vergete want daar is te veel om te onthou en die lys word net langer.

RM ·

Teken elke liewe Petisie wat jy kan. Stem vir die wat jou ondersteun en onderhandel vir selfbeskikking want ons is en was nog altyd die minderheid. ‘n Tyd van vooruitgang sal weer kom en dit is hoekom jy “wakker” word. Praat met jou mense wat nie wil besef dat ons almal gejag en geslag word nie. Ek kyk na ‘n moordenaar op ‘n video wat ‘n huis BETER besluip as ‘n luiperd. Die Voortrekkers was so min in getalle dat net families saam getrek het. My Oupa en Ouma vlug al van Zambia, na Zimbabwe en dan na Suid-Afrika toe. Hulle ouers het dit net betyds uit Zimbabwe gemaak. Dit is tyd om dele van hierdie land te beveilig. Ek HOOR Malema as hy op my witvel skree en my hart weet stil dat hy my haat.
Ons verdien beter as net om te wag om vermoor te word. Almal verdien ‘n kans om ‘n hemel te skep.

Andrea ·

Ek voel ook pro-selfbeskikking. Ek dink gereeld daaraan, is bereid om opofferinge daarvoor te maak. Die probleem is egter dat daar nie n Afrikaner leier is wat ons om hom kan verenig en daadwerklik die proses aan die gang kan sit nie. Daarom sal dit nie gebeur nie. Anders was daar sekerlik lankal iets in die pyplyn.

Anton ·

Ok Maroela julle publiseer nie my vorige kommentaar nie so al wat ek wil se is my innige simpatie aan die familie.

Jollies ·

Joël 2 is n profesie, die gebeure is presies wat in SA gebeur. Hulle is uitvoerders van God se Woord! Die volk het God verlaat daarom sal daar n strafgerig oor ons kom en sal afgewend word as ins terug keer met ons hele hart. Net n oorblyfsel sal oorbly wat opreg is.

Paul ·

Hartseer. Kobus Naudé goed geken en hy het vir my baie beteken. Troos toegebid aan die familie.

Mors van tyd ·

Wat het verander vandat jy laas gestem het? Dinge is net erger! Wat gaan verander na die volgende stemmery? Dinge sal net vererger! Mors van tyd

Marius ·

Sulke brutaliteit, is skrikwekkend. Ek hoop daai mense kry berading..

Selfbeskikking ·

Regtig dis tyd om druk te onderhandel om onsself te regeer en ons self te beveilig, die anc kan NIKS reg doen nie en sal nooit.

PJC ·

Flemming ek stem saam met jou. Ek het ń familielid wat sê die tipe diefwering wat ek het ontsier die huis maar ten minste kan die inbrekers nie sommer net inkom sonder baie moeite en en ń helse geraas nie en dan wag daar nog ń groot verrassing vir hulle binne.

AJ ·

Skep netwerke en veiligheidsbuurte rondom die Afrikaanse kerke en skole.

Koop kollektief al die naburige huise op en vestig Afrikaanse gesinne daar.

Dan kan so ‘n gemeenskap homself verdedig en ontwikkel.

Klein veiligheidsbuurte kan soos Israel se kibboetse georganiseer word.

Dis tog eenvoudig!

Doen dit net!

vergelding ·

Hierdie is die direkte gevolg van Malema se kriminele haatspraak. Hoekom is skynheilige Cyril so stil?

DHK ·

Nina, Sue en anders enersdenkendes soos julle – Rachel is reg, ons volk moet wakkerskrik. Wat moet ons doen, vra julle. Ons Afrikanervolk moet eerstens in berou oor ons sondes teen die lewende God verootmoedig en ons toewyding aan die Gelofte herbevestig. Hoe gaan ons by hierdie punt kom? Begin intussen in jou daaglikse volkskring ernstig met mense hieroor te praat en bid in jou stiltetyd tot God om vir ons die regte volksleier te stuur wat ons sal lei na ‘n verootmoedigings- volksbyeenkoms. Nie ‘n “showman-potpourri” Bloemfontein tipe byeenkoms waar andere saam met Afrikaners was nie (die Gelofte is nie bindend tot diesulkes nie), maar een waar Afrikaners wat erns in hulle harte het met die Gelofte asook die ja-stemmers van 92 wat berou daaroor het dat hulle met hul ja-stem eerder ‘n terroristebende i.p.v vir God met hul toekoms vertrou het bymekaar kom. Daar lê ‘n geweldige stryd voor ons volksdeur en dis ‘n stryd wat ons alleen kan stry as die volksfondasie op die Drie-enige God gebou is. Julle kán nou al iets doen as julle ernstig is oor God, ons Gelofte aan Hom, en ons volk se voortbestaan. Besluit julle maar sélf of julle werklik bereid is om iets te doen. Die sand in die uurglas loop vinnig uit…

Deon Koegelenberg ·

Dit wil my voorkom of ons nou al gewoond geraak het aan plaas moorde [Wit mense moorde] dat ons nie meer eers veel notisie van dit neem nie . Mens sal graag wil sien dat daar n persoon sal leiding neem in hierdie land en met n voorstel kom , Die beste wat sommer gou die moorde met ongeveer 90 % sal verminder is bring die doodstraf terug . Mens sal graag n referendum daaroor wil sien want dan sal ons sien dat ook vele swart mense daarvoor sal stem

Faried De Bruyns ·

Nee, hierdie pos kan baie mense bereik, as ons whatsapp ook gebruik. Vir my lyk dit so: ons moet almal bereik wat Afrikaans wil bewaar. Die taal word ook aangeval. Ek is besig met n vertaling van die Qur-aan in Kaapse Afrikaans, om ons Kaapse Iemams aan te moedig om met ons mense in hul ons eie taal gevoel te praat. Dan moet ons, klein groepie byeenkomste reël, om te die taal lewendig te hou, en hier by ons, om n onafhanklike Kaap te kry. Dis n nodige begin. Ons kan dan praat oor ons geskiedenis, wat belangrik is, want almal weet al wat ons elke dag verloor.

Patriot ·

Reg, aan almal wat wil weet watter planne is in plek, en die wat kla oor die wakker skrik storie. Kom ons begin met `n massa bywoning van die rou diens. As daar verdagtes gevang word, dan daag ons op in massas by die hof en dring aan op geen borg. Ons dans en sing ook teen die rasse moord. Oh.. ek vergeet, ons gaan nie wil afvat by die werk vir dit nie. jammer, daar is 1 aksie plan ook na die maan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.