Gesiene sakeman UV se nuwe kanselier

Bonang Mohale. (Foto: Verskaf)

Bonang Mohale, voorsitter van die Bidvest-groep en voormalige uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa (BLSA), het sy werksaamhede as nuwe kanselier van die Universiteit van die Vrystaat (UV) Donderdag begin. Hy volg dr. Khotso Mokhele op wie se termyn as kanselier op 3 Junie verstryk het.

Mohale is tydens ʼn spesiale vergadering van die universiteitsraad op 20 Maart in dié posisie aangestel.

“Mohale is ʼn suksesvolle en gerespekteerde sakeleier wat al as voorsitter of hoof van verskeie van die land se top-ondernemings gedien het,” het die universiteit Vrydag in ʼn verklaring gesê. Mohale dien tans op die rade van verskeie groot ondernemings, insluitend die Outomobiel Assosiasie (AA) en Rand Aksepbank. Hy het ook tot en met Junie 2017 as die voorsitter van Shell Suid-Afrika gedien.

Mohale is die skrywer van Lift As You Rise, ʼn boek oor leierskap, en is plaaslik en internasionaal vir sy sakevernuf vereer en het verskeie toekennings hiervoor te ontvang.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JohanR ·

Is dit ‘n BBE aanstelling? Mag ‘n wit persoon nou eintlik kanselier van ‘n universiteit wees, of enige
instelling in SA? Soos die ou wat hoof van die vloot gemaak is, en die naaste wat hy aan boot en water gekom het is toe hy sy rubber eend op drie jarige ouderdom in die bad geseil het! Nou net mooi siek, sat en dik vir BBE en die ANC!

minnie muis ·

jip en tog sluit daar so baie bidvestbank takke regoor die land , en staff word afbetaal

OW ·

Leierskap is ‘n woord met verskeie fasette en betekenisse.’n Goeie sakeleier is nie noodwendig ook bv ‘n goeie uitvoerende leier nie.Goeie leierskap het baie te doen met ‘n persoon se persoonlikheid in ‘n spesifieke leierskap situasie.As jy wil weet hoe goed ‘n leier in enige onderneming is,gaan vra die juniorste persoon in die onderneming en jy gaan ‘n goeie beskrywing van die leier kry.

Burgermeester ·

Genugtig, ‘n universiteit het ‘n akademikus nodig aan die stuur van sake. Alhoewel ‘n universiteit ‘n besigheids sy het, is dit belangrik dat iemand wat die akademiese wêreld verstaan die universieteit bestuur. Ek stem saam met Johan se kommentaar dat dit net nog ‘n mislukte BBBEE is. ‘n Universiteit het iemand nodig wat sy / haar volle aandag aan die instansie kan gee. ‘n Kanselier kan nie verdeelde belange hê nie, want êrens gaan die pap op die grond val.

JM ·

Wittes het die UV begin. ANC kan net oorneem wat ander tot stand gebring het. Wat het hulle tot stand gebring anders as agteruitgang en plundering?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.