Gesiene sakeman wat kleinkind ‘verkrag’ in hof

ʼn Gesiene sakeman in die finansiële bedryf het Woensdagoggend in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting van sy kleindogter.

Die beskuldigde se naam mag nie bekendgemaak word nie om die identiteit van die vermeende slagoffer in die saak te beskerm.

Hoewel die beweerde oortredings glo reeds meer as twee jaar gelede gebeur het toe die kind drie jaar oud was, is die beskuldigde nooit deur die staat vervolg nie. Hy is uiteindelik nou voor die hof geroep nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid ʼn nolle prosequi‑sertifikaat bekom het om die man privaat te vervolg.

Die hofverrigtinge het begin met die beskuldigde se regsverteenwoordiger, Anel Jacobs, wat ʼn aansoek gebring het om te versoek dat die hofverrigtinge in camera gehou word. Jacobs het aangevoer dit is in belang van die vermeende slagoffer in die saak dat haar identiteit beskerm word en aangesien die beskuldigde direkte familie van die slagoffer is, sal dit in belang van die kind wees indien die getuienis agter geslote deure aangehoor word.

Adv. Gerrie Nel, wat die vervolging namens AfriForum lei, het Jacobs se aansoek teengestaan en aangevoer dat daar geen rede is hoekom die saak nie in ʼn ope hof aangehoor kan word nie.

Nel het verwys na die sogenaamde Dros-verkragtingsaak waar verskeie media die naam van die beskuldigde gepubliseer het voordat hy gepleit het. “Die beskuldigde in die Dros-saak is ʼn man wat geen hulpbronne tot sy beskikking het nie. Hoekom moet hierdie man nou anders behandel word as enige beskuldigde in enige ander saak?” het hy gevra.

Landdros Adriaan Bekker het gelas dat die publiek en die media die hofverrigtinge mag bywoon, maar geen inligting mag gepubliseer word wat die beskuldigde of vermeende slagoffer direk of indirek kan identifiseer nie. Van die getuienis in die saak sal wel in camera aangehoor word.

Die beskuldigde het deurentyd tydens die hofverrigtinge telkens omgekyk na waar sy ondersteuners agter in die openbare galery gesit het. Hy het ontspanne voorgekom.

Nel het daarna ʼn aansoek gebring om te versoek dat die hof gelas dat die beskuldigde nie enige kontak, direk of indirek, met die vermeende slagoffer mag hê nie. Nel het aangevoer dit is in belang van die kind om nie in kontak met die haar vermeende verkragter te wees nie en dat dit die hof se plig is om die kind te beskerm.

Jacobs het hierdie aansoek teengestaan en aangevoer dit sal oorbodig wees vir die hof om so bevel te maak. Sy het aan die hof gesê ʼn kurator is reeds aangestel om na die kind se belange om te sien en het die hof daarop gewys dat die kurator nooit gesê het dat dit in belang van die kind sal wees om nie kontak met die beskuldigde te hê nie.

Sy meen deur ʼn hofbevel te maak wat kontak tussen die twee partye verbied, sal oorbodig wees aangesien die kind se belange reeds deur ʼn kurator beskerm word. Sy het ook bevraagteken hoekom Nel en sy span nie die kurator genader het oor die kwessie voordat hulle die aansoek gebring het nie.

Nel het in antwoord hierop ʼn e-pos aan die hof voorgehou waarin AfriForum die kurator versoek het om met haar te praat, maar sy geweier het.

Bekker het met Nel saamgestem dat dit in belang van geregtigheid sal wees om die vermeende slagoffer te beskerm en het ʼn bevel gemaak dat die beskuldigde nie met sy kleindogter mag kontak hê nie.

Die partye het ook in die hof ooreengekom dat die beskuldigde se vingerafdrukke geneem sal word om AfriForum in staat te stel om sy ondersoek na die saak af te handel.

Jacobs het aan Bekker gesê dat adv. Barry Roux as die beskuldigde se advokaat sal optree. Die saak is daarna tot 13 Junie uitgestel, wanneer Roux saam met sy kliënt in die hof sal verskyn.

Maroela Media het vroeër berig AfriForum het besluit om tot die saak toe te tree nadat die betrokke kind se ma die organisasie genader het. Nel het verlede jaar tydens ʼn mediakonferensie gesê die beweerde verkragting en/of seksuele aanranding het in die dogtertjie se grootouers se huis gebeur. Nel beweer hoewel die kind die beweerde verkragting by haar ouers aangemeld en ook ʼn sielkundige en onderwyser daarvan vertel het, het daar niks van die saak gekom nie.

Hy het gesê die polisie het nooit verklarings by die onderwyser of sielkundige afgeneem of belangrike selfoonbewyse bekom nie. Volgens Nel is die dossier na net ʼn maand gesluit en gevolglik is die dogtertjie se oupa nooit vervolg nie.

Daarom het AfriForum besluit om tot die saak toe te tree en aansoek te doen om die man privaat te vervolg. “As dié saak die aandag geniet het wat dit verdien, sou die vervolging van die aangeklaagde hoegenaamd geen probleem gewees het nie,” het Nel destyds gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Genieve ·

Ja Gerrie wat maak hom so spesiaal en nogals gesien hoohehehe

Lo ·

Kom ons kyk of Gerrie iets hier kan gedoen kry. Dan begin die sms geld insameling weer

Mariska Spoormaker ·

Ek lewer geen kommentaar op die huidige saak nie, want die beskuldigde moet nog verhoor word. Uit ander molestering- en verkragtingsake binne familieverband, het verskeie ander gevalle deur die jare duidelik gewys dat die menswaardigheids-ontnemer, selfs na skuldigbevinding, geen gewete het en daarom geen berou toon nie. Een van die vroue wie se mens/vrouwaardigheid jare lank deur haar ” gesiene” oom ontneem is, kon nie eers na skuldigbevinding vir haar se hy is jammer nie. Vir haar sou ” ek is jammer” genoeg gewees het. Mettertyd het sy besef hy sal nooit kan jammer se nie, want in die eerste plek het hy geen gewete gehad toe hy haar eers begin molesteer en toe later verkrag het.

Antie ·

Ongeveer 5jr oud, het 2jr terug gebeur toe sy ongeveer 3jr oud was volgens berig

M ·

Hoe ‘gesiene’ ook al…. watter SWAK familie …. wie se dogter by hul die inligting deel ; doen niks daaraan nie!?

Idiot bestryder ·

Dis nie die familie wat niks gedoen het nie – dis die gereg – word tog net wakker asseblief!

GM ·

Ek verstaan nie hoe mens ‘n kind kan verkrag nie, nog minder hoe jy jou eie kleinkind kan verkrag. Watse ‘kick’ kan mens daaruit kry?
Daar is soveel vroue daarbuite wat gratis gunsies sal uitdeel, hoekom ‘n kind se onskuld van hul af wegneem?

Sulke mense moet in plekke toegesluit word waar hul die heeldag van hul eie medisyne kan kry. Hulle moet ook so magteloos voel soos hul slagoffers gevoel het.

Hoe vergewe jy jou pa as hy so iets aan jou kind gedoen het? En hoekom het die ouers niks daaromtrent gedoen nie? Hulle verdien nie om kinders te hê nie.

Dom ·

Kan jy nie lees nie. Hoekom attack jy die ouers. Jys vuil man!!

Ouma ·

Dis nog tragieser e skokkend as die pa vd dogtertjie ter wille van geld e aansien sy pa se kant vat! Boonop nog toelaat dat die oupa die kind mag sien. Hy is volgens my net so skuldig!

Wielspore ·

Ek en my vrou het sowat 6 jaar terug Oupa en Ouma geword en op 1 Feb 2019 nog ‘n keer. Hierdie twee soldate is omtrent alles in ons lewe, ons is hulle beskermers, hulle ouers weet dit.
Met ons eie kinders uit die huis word hulle bederf met liefde en kwaliteit tyd.
Bewaar die een wat hulle leed aandoen, wie dit ook al is, kinders moet beskerm word.
Met so ‘n beweerde aanklag teen die Oupa, moet daar ‘n spoor van vorige oortredings wees, ek dink dit is hoekom die vinger afdrukke gevra is.
Krap so bietjie rond!

Phillie ·

Kan nie verstaan dat advokate onderneem om sulke sake te neem as verdediging nie gaan Barry die 5 jarige onder kruis verhoor neem en haar oordonder om te sê sy lieg. Kan advokate regtig so laag daal vir geld

Heksie ·

Jacobs is nie ‘n wonderlike litigasie prokureur ook nie … dink sy moet maar by boedels hou

Lala Land ·

@Heksie – Anel Jacobs is n fantastiese litigasie prokureur. Ek stem saam liefie dit is nie nodig om haar te beledig nie.

LOL ·

@Heksie, ken jy ooit vir Anel? Ek dink nie so nie, want indien wel sou jy nie sulke roekelose bewerings gemaak het nie. Anel is ‘n fantastiese prokureur! Iets waarvan jy sekerlik net van kan droom. Dis laag en gemeen van jou om iemand so sleg te sê terwyl jy absoluut geen feite het om jou bewerings te staaf nie. Jaloesie is ‘n lelike ding!

Michelle leR ·

Wat my pla: die beskuildigde het telkemale omgekyk na sy ONDERSTEUNERS.

Weet hulle iets wat die hof nie weet? Ondersteun hulle hom omdat hulle dink hy is werklik onskuldig of omdat hulle nie ‘n probleem het met die aantygings nie?

leke lag ek ·

Hy eil sien wie glo hom en wie nie… en wie nie weer n sent uit hom kry ni haha

Johan ·

Michelle, dis my vraag ook. Watter kinderverkragter het “ondersteuners” ?

Letitia ·

Ondersteuners… daar is niemand so blind soos die wat nie wil sien nie! Dit is ‘n skande wanneer mense hul familie bo die woord van ‘n onskuldige kind sal vertrou.

Alida ·

Ag Nadia Roux kies nie sy kliente nie hy word genader. Of hierdie man nou gesiene is of nie dit maak hom niks beter as enige ander verkragter nie. Dit is siek verby.

Phillie ·

Presies Barry Roux word genader en hy aanvaar te gretig
Hoe kan advokate sulkes beskerm vir geld
Kon dit nog nooit verstaan

$ ·

Sommige van die leunstoelregters noem dat die familie ´sleg’ is en ´nie verdien om kinders te hê nie ´.

Lees die berig weer – die MA het Afriforum genader, die STAAT het die man nooit vervolg nie, die POLISIE het nooit verklarings afgeneem nie en die dossier is na ´ n maand gesluit.

Soos ek dit lees, is daar dus wel iets aan die saak probeer doen maar die ma (en familie) het hul teen ´n muur vasgeloop toe hulle geregtigheid probeer verkry het – moontlik oor die man so ´gesiene ´ is?

Dis juis die mamma wat steeds nie gaan lê het nie en steeds vir haar dogtertjie veg – in my oë dus ´n GOEIE MA.

Mag geregtigheid geskied.

nannie ·

my kleinkind is gemolesteer op 3 jaar deur haar ma se kerel. Saak is so paar jaar terug gesluit aangesien kleinkind dit wat gebeur het geblok het. Ma is nou nog by kerel want volgens haar het die kind nonsens gepraat en ek wat ouma is het haar voorgese. Alle reporte vanaf die terapeute ens het gese op daardie ouderdom kan niemand voorgese word nie want hy sou dit vertel het. Nou is sy groot en alles kom terug. En ouma moet met die verskillende emosies ens ens. Ma het daardie tyd nie eers haar kind bygestaan of geluister wat sy te vertel het nie. Haal my hoed af vir daardie mamma.

Rina ·

Dankie tog iemand lees die berig en lewer n intellegente kommentaar.

Denise ·

Walglik ek het geen simpatie met enige iemand wat n ander leed aan doen nie hy is HAATLIK !!!

ChrisE ·

My bloed begin kook as ek na sulke “sake/gevalle” kyk. Ek kry eerstens die slagoffer erg jammer. Die beskuldigde het ek geen simpatie mee nie. Ek wens hom die ergste straf toe wat hedendaags heel onvanpas sal wees nl steniging. Wat ook as riskant kan wees of dit werklik gebeur het. Wat het intussen gebeur. Ongelukkig is dit so dat die publieke menig onmiddelik gevorm word en die beskuldigde dadelik verhoor vervolg en straf. Mens moet baie versigtig wees.

TIPIES ·

As die SLAGOFFER n volwasse vrou was, sou meeste mense haar nie glo nie, en nog se alles gaan oor geld!!!!! Dis hoe dit is in ons GESIENE WIT NASIE, die vreeslike GESIENE SAKEMANNE wat so erg GESIENE is dat hulle wegkom met alles, hier is die kind se lewe verwoes! TEN MINSTE GLO ALMAL HAAR! Die man sou homself TOG TE LEKKER kon beskerm as die slagoffer volwasse was want kyk dan is die verdediging vinnig om allerhande dinge uit te dink TEEN DIE SLAGOFFER WAT SO VREESLIK LIEG TEEN DIE VREESLIKE GESIENE BESIGHEIDSMAN!!!

GESIENE ·

Vreeslike GESIENE besigheids man kon jare hiermee wegkom dis BESLIS nie sy enigste slagoffer nie, maar omdat hy so gesiene wit besigheids man is, was dit tog nie ‘n opsie om hom te vervolg nie, net soos BAIE ANDER.
Bravo moeder dat jy gaan hulp vra het vir jou kind!!!!!!!
MOENIE STIL BLY TEEN DIE VREESLIKE GESIENE MENSE NIE

Rina ·

M indien jy die berig gelees het, sou jy gesien het. Die kind het aan haar ouers en sielkundige en onderwyser vertel wat gebeur het. Die saak was aangemeld. Die polisie het nie verklarings by die sielkundige en onderwyser geneem nie. belangrike selfoonrekords is nie na gegaan nie. Die saak is na n maandbgesluit. Die ma van die kind het Afriforum genader vir hulp omdat niks gebeur nie . Moenie sommer mense beledig sonder om seker te wees van die feite nie. Dit laat jou dom klink. Dit dryf my teen die mure uit as mense onnosele dinge sê.
Dit lyk na n toesmeerdery, geld wat stom is…

A ·

Ons ou nasie is net soos die res van die wêreld. Dink mos as hulle sondae met hul vroomgesigte die kerk sit is hulle ontasbaar. Hulle vergeet God sien alles

A ·

Ek glo ook dit was nie eerste keer nie of kind nie weet ook van geval ek dit probeer aanmeld by sapd pretoria wes aan my gese ek mag nie die ma of kind moet (kind was toe ongeveer 14) ma het geweier om saak te maak (wie gaan vir haar en ander kinders sorg ) hoewel sy self gewerk het maar dink is n geval van oupa ook een so is seker warom nie Seker maar in gene wens net ek kon haar (kind ) help

wilma ·

So jammer dat die “gesiene sakeman” se naam nie bekend gemaak mag word nie.

Stripes ·

My oorle Ma het altyd gesê: Geld wat stom is maak reguit wat krom is. As die saak geregistreer was moes die destydse speurbevelvoerder, Distrikskommandant en staatsaanklaer betrokke wees. Hulle moes tog gesien het dat die saak swak ondersoek was tydens ondersoeke voordat die saak gesluit is. Ek ruik ‘n rot.

Schalk ·

Lekker ou spieelbeeld van skewe samelewing .Immoraliteit en leuens is mos ok.Wie het het besluit dis n gesiene sakeman diesulkes is stok blind en doof.Jy kannie sê enige een is goed sleg of gesiene ,want jy weet nie.Niemand weet van n ander maar diegene wat dink hul weet raai ,want wat gebeur in donkerte.Al wat ek weet verkragting en moord is onverskoonbaar.Ag maar volgens vandag se”standaarde” is dit ok en aanvaarbaar.Hierdie is maar net statistiek.24 uur van nou het 95 persent van kommentaar leweraars vergeet van die gemors.Ons het n blinde gevoellose arrogante verwaande nasie geraak.So onnosel dat ons onsself onderwerp aan korrupsie .Die reg sisteem is net so siek soos soos ons nasie.Geregtigheid is n illusie.Mense kom ons dink n slag ernstig met n sagte harte en suiwer skoon gedagtes objektief.Dit wat hier gebeur het en nie gebeur het nie is nou weer n geld aangeleendheid. Wat dink jy is die oplossing ?Het moordenaars en verkragters regte.Het die vermoorde en verkragting slagoffer regte.Die gevangene maak aan spraak op alles .Miskien het dit tyd geword dat hierdie fasiliteite n afskrik middel raak en hotel status verloor.Ek is seer vir die slagoffers.Dink geslag en ge offer verstaan ons wat dit beteken.Geen trane of jammerte kan herstel.groetnis.seerhart.

LK ·

Schalk, ek stem 100% met jou saam. Ons moet wakker word en besef hoe siek ons samelewing is en begin betrokke raak.

Leaza ·

Hoekom altyd die adv uitkryt vir die saak wat hy doen? Hy doen n werk! Mag n dr weier om n rower of verkragter medies te behsndel – NEE dit se nie hy glo in die beskuldigde se onskuld nie hy stel bloot sy saak op instruksie van n PROKUREUR wat dan skynbaar minder sleg is?

MW ·

Jip Piet As ALMAL maar net die geskiedenis sover terug as Nimrod se dae geken het …. niks maar niks nuuts nie

Willempie ·

Dis absoluut vreeslik, mag reg en geregtigheid geskied.

GM ·

Rina, as jy vir iemand wil sê hulle is onintelligent na aanleiding van ‘n menslike fout, sorg dan ten minste dat jy intelligente kommentaar kan reg spel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.