Gesig uit Solidariteit se staatskapingbord gesteel

Die bord met gesigte van vermeende staatskapers wat onlangs beskadig is. (Foto: Verskaf)

’n Bord met gesigte van vermeende staatskapers wat Solidariteit opgerig het om druk te plaas op die staat om hulle te vervolg, is onlangs beskadig.

Die gesig van die voormalige uitvoerende hoof van Denel, Zwelakhe Ntshepe, is uit dié bord langs die N1-snelweg in Gauteng gesny. Dit is een van vele borde in hierdie verband wat langs snelweë opgerig is.

Die gesigte van nog grootkoppe pryk op die bord, onder wie oudpresident Jacob Zuma, Dan Mantsha, voormalige voorsitter van Denel, Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, en Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL).

“Plunderaars het iewers in die nag ons bord gaan plunder. Wel, ons dink ook sy (Ntsepe) se finale plek is nie op ‘n bord nie, maar in die tronk,” sê dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit.

Solidariteit het in Maart kriminele aanklagte teen 19 beweerde staatskapers, onder wie die vier genoemdes, ingedien. Dit kom na aanleiding van die aanbevelings wat in die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping se verslae gemaak is.

Volgens Hermann lyk dit asof die vandalisme doelbewus en fyn beplan was. “Die regte toerusting is gebruik. Dit is nie dat die gesig net afgeskeur is nie; dit is netjies uitgeknip.”

Hermann meen dit is duidelik dat iemand wou hê dat Ntshepe se gesig nie op die bord moes wees nie, omdat dit aandag trek en ’n groot verleentheid vir hom moet wees. “Hierdie spesifieke bord is verreweg die grootste bord wat opgerig is en skep die meeste ongemaklikheid. Sy wagters moet dalk meer diskreet wees en moes dalk maar almal gesteel het, aangesien almal daarvan aangekla is dat hulle steel. As jy net vir Ntsepe steel, lyk hy heel skuldig.”

Met betrekking tot Denel het Solidariteit reeds met advokaat Gerrie Nel gepraat oor privaatvervolging. “Meneer Ntshepe, jy kan van ons bord af vlug, maar dis nie so maklik om van die gereg te vlug nie.”

Solidariteit het egter besluit om die bord net só te los omdat dit ’n sterk boodskap na buite stuur van “plunderaars se bord wat geplunder is”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jacques ·

Aan die anderkant is die stuk bord dalk net die regte grootte om as dak vir vir iemand se mkukhu te dien – baie nuttiger vir ‘n arm persoon, wat in elk geval nooit ‘n sent van daardie herwonne geld sal sien nie…..

JohanR ·

Lyk my niemand wil Jacob Zuma uit sny om ‘n deur vir hulle shack meer te maak nie.

Windhond ·

Kan dit altyd aanwend as n skietbaan teiken, groot genoeg vir die 800 of 1000m

Swerwer ·

Hy hou seker nie daarvan om sy gesig in die opelug te sien nie, of dit is solank “gehijack” vir die volgende verkiesings veldtog. Ag miskien was dit vir hom mooi en wou hy dit laat raam. Daar is soveel moontlikhede.

Misky ·

Die feit dat hulle dit gedoen het, maak dit net weereens nuuswaardig en meer advertensie. Die boodskap is duidelik.

Althes ·

Trots op jul ongelooflike deursettingsvermoë, en om ñ sterk boodskap uit te stuur. Dis ook ons land Suid-Afrika, ons hoort hier en ons gaan saamstaan. Met die genade van die Hoër Hand gaan ons die stryd oorwin en sukses behaal. Die Here het al soveel vir ons gedoen.
Baie dankie ook aan die onverskrokke joernaliste wat staatskaping blootgelê het.

Sêmanet ·

Hy het dalk ‘n geheime bewonderaar. Ons het ook as kinders by die OK gaan posters koop van ons gunsteling sanger of groep. Nou kan jy dit net langs die pad verniet kry.

Kaptein ·

Niemand wil Jakob Zuma se foto vir n dakkie hê nie want as dit reen gaan die stortkop lek en met al die reen gaan hy sink ook.

Wielspore ·

Ons het vandag deur Gauteng gery en kon net vier van die ANC se groot 5 staatskapers sien, verstaan hy hou nie van publisiteit en het die bord verlaat.

Hasie ·

“I want to decorate my house ,Djou Honor Wanted Zuma but do not know how he looks so I took the one I though it was him …. Maybe he will give me money for his profile picture…”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.