Gesin aangeval by Wildtuin-hek

Numbi-hek (Foto: TripAdviser.com)

’n Gesin is Maandag helder oordag buite die Krugerwildtuin deur vier verdagtes oorval, net nadat hulle die Numbi-hek verlaat het.

Volgens sers. Nanikie Nonyane, polisiewoordvoerder, het vier verdagtes die pa, ma en twee kinders omstreeks 15:00 by die Numbi-hek in hul motor genader. Die verdagtes het ’n vuurwapen op die pa gerig en hom beveel om stil te hou.

“Polisiebeamptes wat die gebied gepatrolleer het, het gesien daar is moeilikheid en het gaan ondersoek instel,” sê Nonyane.

“Die verdagtes het die polisie gewaar en ’n skoot op hulle afgevuur voordat hulle van die toneel gevlug het. Hulle het met ’n selfoon van die gesin gevlug.”

Niemand is tydens die voorval beseer nie. Die polisie is steeds op soek na die verdagtes wat soos ’n groot speld verdwyn het.

’n Saak van gewapende roof is aanhangig gemaak.

Isaac Phaahla, woordvoerder van die Krugerwildtuin, kon nie kommentaar lewer oor die voorval nie omdat dit buite die hek plaasgevind het.

Dit is die soveelste aanval wat vanjaar by die Numbi-hek aangemeld is.

Melani de Beer (39) en haar twee kinders is in Januarie deur vermeende kapers voorgekeer nadat hulle die Numbi-hek verlaat het. Die mans het tussen 12 en 15 skote op hul gesinsmotor afgevuur en De Beer se tienerdogter in die been getref.

Talle toere is ná hierdie voorval gekanselleer.

Phaahla kon ook nie kommentaar lewer op die skynbare toename in misdaad naby dié hek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

marius ·

Die soveelste aanval buite die hek . Sluit die hek en kry klaar .

Sarel ·

Help nie sluit hek.nie..
Gebied moet gefynkam word vir skuldiges.

Swerwer ·

Gaan al jare der jare so, dit bly ‘n gevaar zone. Waarom dink jy ry mense maar liewer die lang pad van Nelspruit na die Kruger Wildtuin in pleks om die nabye hek te gebruik om die Wildtuin te besoek.

Suzette ·

Ek het al baie gewonder oor die hobbels wat nou oral op paaie aangebring word, selfs op besige paaie. Hier by ons in Natal is daar amper nie ‘n pad sonder hobbels nie. ‘n Mens ry deesdae hop-hop en dis nie ‘n grap nie. Dit veroorsaak dat mens stadiger moet ry om nie jou motor te beskadig nie en dan word jy ‘n maklike teiken vir enige een wat jou wil aanval. Ek verstaan dit is wat in hierdie geval gebeur het. Kan daar nie iets aan gedoen word nie?

Deon ·

“Sigbare” polisiering, dit het hier n baie traumatiese insident verhoed. Vang hulle nou net

Wat op dees Aarde ·

Gaan soek die blikskottels ander kant die grens. Daar is mos gesê onwettige immigrante moet “kreatiewe maniere vind om die land binne te dring.”

Grassie ·

Ons het in die verlede al hier op MM kommentare gehad oor Numbi hek. Die laaste 10 km voor die hek kan as ‘n gops woonbuurt beskryf word wat onveilig is vir reisigers – bly weg. Selfs die pad het meer as 30 spoedwalletjies wat verkeerd gebou is en veral jou woonwa kan beskadig. Ry liewers tot in Hazyview en gaan dan by Pabeni hek in. Die pad is mooi en veilig. Numbi hek behoort permanent gesluit te word.

Renier johannes ·

Waarom het hulle nog nie polisie daar geontplooi nie

Martin ·

Ons weet almal “wie” betrokke is by 99,9% van ons land se misdaad… Ons regering is onbevoeg.

Louis ·

Ek was Desember 2020 in die wildtuin en het by die Numbi hek, die wildtuin verlaat. Ek sê dit met groot hartseer, maar ek is klaar met die wildtuin en Oos-Transvaal. Mens ry kilometers deur die onveiligste omgewing tot in amper Nelspruit. Nagmerrie ondervinding. Die pragtige pad na die Lone Creek waterval buite Sabie is totaal vervalle. Ek kon nie glo hoe agteruit alles gegaan het nie. Was omtrent 30 jaar gelede daar. ????????????. Oral word mens vertrap. By Bourkes luck Potholes hang daar ‘n muwwe stank rond. Dit is ook nie meer nodig om dit te besoek want jy kan potholes besoek in die straat voor jou huis. SA is een groot pothole!

Di ·

NET SO! ALS het verval in totale gemors nes die ANC en hulle mense. Wil alles HE maar verwoes als wat hulle op ‘n skinkbord gekry het. Wanneer jy nie vir iets WERK nie, het jy geen begeerte om daarna om te sien nie. Terug bos toe met die hele spul waar hulle hoort

Cherokee ·

Donald Trump het mos gesê Suid Afrika is een groot hole country.

N ·

Ons land brand. Besoek die wildtuin maar nou, oor n paar jaar is dit soos Jhb se middestad.

Casper ·

Kom ek waarborg julle dit is waarskynlik Mosambiekers.Dit is hoe hulle operate die gemors.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.