Gesin beseer in huisbrand

Argieffoto

Argieffoto

Twee jong kinders het ernstige brandwonde opgedoen in ʼn huisbrand in Lephalale (Ellisras) in Limpopo.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die brand het laat Vrydagaand ontstaan, maar dit was reeds geblus met paramedici se aankoms op die toneel.

Bodasing het gesê twee volwassenes het ligte tot matige brandwonde opgedoen in die brand. Die beseerdes is na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling. Die presiese oorsaak van die brand word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.