Gesin dakloos ná brand in Pta

‘n Gesin in die Moretele- informele nedersetting se huis het Sondag afgebrand. (Foto: Verskaf)

Vier mense is Sondag dakloos gelaat nadat ʼn brand in die vroeë oggendure in die Moretele- informele nedersetting in die noorde van Pretoria uitgebreek het. Die huis het tot op die grond afgebrand en amper alles daarin verwoes.

Volgens Victoria Maimela, die gesin se buurvrou en ooggetuie, is duisende rand se skade aangerig toe Lucent Molofo (26) se huis afgebrand het. Molofo bly saam met haar twee kinders, Mpho (9) en Oratile (3), en ʼn meisie van 11 wat sy onder haar vlerk geneem het.

“Die gesin is ongedeerd en het vanoggend reeds berading by die munisipaliteit se kantoor ontvang,” sê Mothupi Malebye, woordvoerder van die Moretele- plaaslike munisipaliteit. Kospakkies is ook Maandagoggend vir Molofo en haar kinders uitgedeel.

Malebye het intussen bevestig dat Masango Manyike, burgemeester van die Moretele- plaaslike munisipaliteit, reeds in gesprek is met ʼn plaaslike kontrakteur wat aangebied het om die huis te help herbou.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.