Gesin dood in Bloemfontein-huis gekry

Die huis in Bloemfontein waar die gesinslede dood aangetref is. (Foto: SAPD)

Vier gesinslede is Donderdag vroegoggend dood in hul huis in Bloemfontein aangetref nadat ’n brand by die huis ontstaan het.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê die pa (56), ma (50) en hul twee kinders, onderskeidelik 17 en 14 jaar oud, is omstreeks 05:00 in die huis in Victoriaweg gevind nadat die Parkweg-polisie inligting oor ’n brandende huis ontvang het.

Die liggame is aangetref nadat die brandweer die vlamme geblus het.

Die man en vrou het geen sigbare beserings gehad nie. Die twee tieners het steekwonde aan hul liggame en snywonde aan die keel gehad.

Die polisie ondersoek nou ’n saak van moord en brandstigting terwyl ’n geregtelike doodsondersoek ook gedoen word.

Mbambo sê die voorlopige ondersoek dui daarop dat daar geen gedwonge toegang tot die huis was nie. ’n Ondersoek duur egter voort om vas te stel wat presies gebeur het.

Nadoodse ondersoeke word ook gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rosie ·

Die brand is natuurlik gestig om die moord te verbloem. Dis goddeloos verby om kinders se kele af te sny. Die bloed roep van die aarde af. Die oordeel sal skielik kom.

LANA is ELANè ·

Grusaam en tragies is nie die woord nie. Die arme mense, die arme kinders. Die wêreld is boos.

Erika ·

Brand vernietig mos bewyse..sodat skuldiges nie aan die pen moet ry nie…en boonop met n kultuur van onbevoegtheid.. & Ignorance gaan sekeres nie mos juis haastig wees nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.