Gesin eers gewurg, vasgebind voor huis afbrand

Kayla McKenna, Ethan Julyan en Jeffery Shaun Julyan. Foto’s: Facebook.

Die vier mense wat vroeër vandeesweek dood aangetref is nadat hul huis in Mtwalume in KwaZulu-Natal afgebrand het, is geïdentifiseer.

Die polisie het bevestig Jeffrey Shaun Julyan (34), Ethan Julyan (9), Kayla McKenna (16) en Peter McKenna (73) se liggame is in die huis gekry.

Lt.kol. Zandra Wiid, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die slagoffers is gewurg en vasgebind. Al vier liggame is in die slaapkamer aangetref. Volgens Wiid is die nadoodse ondersoek reeds afgehandel.

Wiid het gesê ʼn man is buite die huis aangetref. “Hy is hospitaal toe geneem vir rookinaseming maar is intussen weer ontslaan.”

Maroela Media het vroeër berig Pat Symcox, legendariese krieketspeler, oud-Protea en voorsitter van die Mtwalume-huiseienaarsvereniging, het sy skok en hartseer uitgespreek nadat hy en sy vrou Dinsdagmiddag die brand aanskou het.

Symcox woon al vir 20 jaar in KwaZulu-Natal en het op sy Facebook-blad geskryf dat hy en sy vrou na die toneel uitgeroep is.

“Ons het ons daarheen gehaas, maar was te laat. Ons is saam met die polisie laaste van die toneel af en het [Woensdagoggend] met swaar harte wakker geword. ʼn Hele gesin is uitgewis. Dit is ʼn nag wat ek nooit weer wil oorhê nie,” het Symcox geskryf.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het vroeër aan Maroela Media gesê dat die gesin se huis vermoedelik aan die brand gesteek is. “Die motief is in dié stadium nog onduidelik,” het Zwane gesê.

Vier sake van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Motief? ·

Motief onduidelik????? Google “Genocide Watch” South Africa !!

Pieter ·

Hierdie saak behoort deur die media gedek word. VEEL erger as die sg doodskissaak.

Hendrik ·

“Die motief is op hierdie stadium onduidelik” Asseblief. Ons almal weet.

Pieta ·

Wie, volgense jou is “U volk”…Solank hierdie arogansie aanhou, so lank sal jou volk gestraf word.

Haan ·

Pieta, “U volk” verwys na die volk wat volgens die weë van die Here handel. Dit is nie n spesifieke uitverkorene volk nie. Ons Afrikaners was op n stadium een van die volke van die Here omdat ons n Godvresende volk was. Ek sukkel egter om te sien dat ons vandag nog “Sy volk” is. Maar ek glo wel dat ons weer eendag (nadat ons bietjie swaar gekry het) as “Sy volk” sal leef.

Piet ·

En so asof niemand n flenter om gee nie fits hierdie berig verby en geen bohaai word gemaak nie. In hierdie berig word dit ook maar teloops genoem. Watter diep gewortelde haat noop n persoon om n hele gesin dood te wurg en dan te verbrand? Hierdie is nie Jack the ripper se handewerk nie dis “maar net” nog n allerdaagse in SA. Dis die handewerk van die duiwel self en die wereldraad van kerke het niks tese nie. Hulle moet eerder die wereldraad van Satan genoem word.

Cherokee ·

Piet, dit word breinspoeling genoem. Nie opsetlik in hierdie geval maar terloops. Ons lees elke dag daarvan. Die eerste berigte het jy dadelik gelees. Later eers ander berigte an dan daardie. Nou is jy so gewoond daaraan want dit is ‘n groot persentasie van die nuus. Toe jy die eerste berig gelees het, het jy dadelik jou vrou daarvan vertel. En julle het daaroor gesels. Later het jy dit vir haar genoem en sy het nie eens geantwoord. Nou slaan jy van die berigte oor tot later. Dit is breinspoeling hetsy opsetlik of terloops.

Gatvol ·

Wat de hel????
Daar is nie eens enige iets daarvan in ander koerante of op freaking tv nie????
Beteken die dood van mense… by-gesê KINDERS, net mooi flippen ZERO????
As ‘n bus omslaan iewers in Peru, weet die hele wereld op CNN.
Wie de hel gee nuus deur na Internasionale kamers?
Wie keer dit???
Iets is aan die gang!!
Ons moet nou wakker word en seker maak CNN, BBC, FOX, SKY,….. almal moet hoor en weet WIT MENSE word vermoor!!!!
Plase gaan nou doodeenvoudig gevat word!!!
Wat de hel????!!!!
Ek wens alle wit mense kon Afrika verlaat en deure Sluit!!!!
Ek is gek oor my land, maar wragtig nie ten koste van my geliefdes se lewens nie!!
Iemand…. kry ‘n land wat ons paar wittes sal aanvaar…(‘ons’hoort mos nie hier in Afrika nie!!’)
Wie gaan dan belasting, eskom, universiteite, skole .. en, en , en betaal???
Swart mense van Suid Afrika:
Hou op ons haat.
Raak liewer bekommerd as ons NIE meer in hierdie land is.
Ken julle die res van Afrika??
Waardeer ons, want ons handjievol, dra almal in hierdie bleddie land.
Selfs onwettiges!
Stuur hierdie nuus van hierdie lieflike vermoorde familie en al die ander, die wereld in!!!
Die wereld nuus is oneerlik en oningelig!!
AMERIKA: hou op kla oor Trump!!!!
Daar is groter seerkry in hierdie gebroke wereld! !!
Mede Suid Afrikaners:
Moet asseblief nie net oor ons dierbare vermoorde Boere ween!!!
Ween oor elke lewe wat tog so kosbaar is!!!
Stuur die nuus na mense oorsee!!!

Spikkel ·

Wie het kontak met Media24 in Suid-Afrika? Is daar iemand wat hierdie berig kan versprei? Dit skree ten hemele!!

Andre ·

Hoe lank gaan daar nog stil gesit word terwyl ons uitgemoor word?

Belasting ·

So lank as wat ons nog ewe gullable bly belasting betaal

Mary ·

Ek sal sulke nuus versprei, wyd en syd, oral by elke print, digital, audio. Cc my net in by elke post

L ·

“Help nie” Ons volk moet hul bekeer terug na die Here dan sal Hy ons gebede weer verhoor God se Woord in Christus staan vas en Hy het gewaarsku ,dat dit die toestand sal wees ,soos dit vandag is as ons van Sy weg afwyk en dat Hy nie na so ‘n volk se gebede sal luister nie wees verigtig met jou woorde teen or God Hy is in die hemel (Die Almagtige) en jy is ‘n sterfling

LMF ·

Dit is hartverskeurend ek huil saam families en vriende. Maar tog fluit n voeltjie vir my. Dalk kyk ek teveel die crime kanaal maar waar is die mamma’s van die kinders? Ja slag my nou net iets krap aan my en tog wil ek hul kant van storie hoor en nee ek beskuldig niemand nie

Nita ·

Wreed barbaars. Piet vra wie is “ons volk?”. Dis almal wat kinders van die Lewende God is. En nou martelare is vir hul geloof.

Jj ·

Wie is die persoon wat buite gevind is? Kan wel inligting verskaf of selfs skuldig..

Petrus Potgieter ·

@LMF: Ek stem saam met jou – alles is nie pluis hier nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.