Gesin gehelp om TMPD-rampokkers aan te kla

Daleen du Plessis (AfriForum), Neels Groenewald, Yolande Groenewald en Thalitha de Jongh (AfriForum) (Foto verskaf)

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het gister vir Yolande en Neels Groenewald gehelp om strafregtelike klagtes van afpersing en korrupsie teen lede van die Tshwane-metropolisie (TMPD) aanhangig te maak. Dié klagtes is by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion gelê nadat die Groenewald-egpaar en hul minderjarige seun (14) op Maandagaand 22 Augustus na bewering deur ongeveer sewe TMPD-beamptes afgepers is om R12 000 aan hulle te betaal.

Die Groenewalds was laat in die nag op pad terug van ’n skoolfunksie in Pretoria toe hulle op die R21-afrit deur die groep beamptes afgetrek is.

Volgens Natasha Venter, adviseur by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het die beamptes gedreig dat hulle Neels (die bestuurder van die voertuig) sou toesluit en hom eers die Woensdag weer sou vrylaat. “Die beamptes het hierdie boodskap ook aan sy vrou en kind oorgedra wat in die pikdonker nag in die motor gesit en wag het. Dit was uiters traumaties vir hierdie familie om te hoor dat die ‘bende van beamptes’, waarvan geeneen sigbare naamplaatjies gedra het nie, Neels sou toesluit en dreig om hom vir twee dae aan te hou. Die vroulike beampte het ook blykbaar gesê dat sy Neels se gesin as ‘’n guns’ by hul huis sou aflaai nadat hulle hom in hegtenis geneem het.”

Dit is egter nie waar die traumatiese gebeure gestop het nie. Die beamptes het toe na bewering gesê dat as Neels ’n afkoopboete (“spot fine”) van R12 000 betaal, hulle hom sou laat gaan. Die vroulike beampte het na bewering geëis dat Neels onmiddellik R3 000 elektronies aan ’n sekere nommer oorbetaal om te verseker dat die ondersoek teen hom ‘verdwyn’. Daarna moes Neels na twee verskillende kitsbanke ry om die oorblywende R9 000 te onttrek en aan die beamptes te oorhandig. Toe eers het die beamptes sy lisensie vir hom teruggegee en kon hy en sy gesin huis toe gaan.

“Mense is te bang om saans te ry omdat diegene wat veronderstel is om ons veiligheid op die paaie te verseker hulself soos rampokkers gedra en deesdae die grootste gevaar vir motoriste inhou,” sê Venter. “Ek vermoed daar is baie min mense wat deesdae sal sê dat hulle gerus voel as hulle metropolisiebeamptes langs die pad sien en dit wek dikwels werklike vrees by motoriste as hulle afgetrek word – selfs al het hulle niks verkeerd gedoen nie. Die enigste manier hoe ons hierdie gedrag gaan stopsit, is deur mense soos die Groenewalds wat teen hierdie blatante afpersingstaktieke opstaan.”

Yolande sê dit was vir hulle belangrik om ʼn klag aanhangig te maak, want hulle voel dit kan nie meer só aangaan nie. “Die metropolisie het daardie aand ’n skrikbewind teen ons gevoer. Dit was traumaties vir ons almal, veral my seun. Dit is nie hoe polisiebeamptes moet optree nie en dit is nie hoe Suid-Afrikaanse burgers hanteer moet word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Sê Ook Maar Net ·

Hulle staan daagliks op dieselde plek en verpes veral groot trokke. Kan iemand sê of dit wettig is om voertuie daar af te trek? Ek is onder die indruk dat dit onwettig is om op ‘n snelweg stil te hou behalwe in ‘n noodgeval. Menigmaal moes voetuie voorkomende aksie uitvoer omdat ‘n voertuig van die pad getrek word deur die TMPD.

Perdeby ·

Jy kan by enige afrit staan en voertuie aftrek. Hulle staan elke dag by die Eeufees afrit asook by die Lanseria afrit.

Goldy ·

Begin ‘n voldiens versekering vir beskerming van mense tot privaatspeurders tot privaatvervolging en regsdiens, sodat enige lid beskerm kan word van voorkoming tot om seker te maak reg word geskied.

AmY ·

Hulle sal seker dan die bietjie geld wat ons het vat. Al is dit ons laaste R200 in die bank.

Pieter ·

Baie sterkte julle!

Met ons gebeur in December 2020… Selfde plek op Nelmapius tussen R21 en Botha Laan. Nag van hel wat my uiteindelik R6’000 gekos het. Vergeefs probeer opvolg en raporteer sonder enige sukses. Een van die groot redes hoekom ek nou al 8 maande in die buitelind sit en glad nie terug verlang na Suid Afrika nie.

Wendy ·

Afgetrek v wat? Hoekom moes hul n boete betaal ,vir watter oortreding, of is dt bloot nt om gekd te kry? Ds mos ongehoord , is hulle vervolg ,is hul ooit opgespoor

Henry ·

Ek het geen respek vir enige ene van hulle nie, Die spreek woord se ” you live by the sword , you die by the sword” Mense begin al lekker te kry , as een van hulle omkom

AmY ·

Ek weet nie wat gebeur as ek dalk saam iemand afgetrek moet word nie. Ek kry nie eens R9 000 ‘n maand nie.

Lillian ·

in bende in uniform! Kan jy glo, wel, eintlik moet dit ons nie verbaas nie! rubbish

Catherina ·

Disgusting. Why do we have to put up with all this corruption in this country and only the small fry are punished? Makes one weary of each other

BullsBabe ·

Ek wil diè “7 wonders van die wêreld” sien….wie is hulle?

Christiaan ·

Hi, ek is deel van die statistiek. Ek is op die N1 rigtin g Modimolle afgetrek deur vier TMPD beamptes . Ek is gevra of ek n vuurwapen het ? Ek het gesê ja en die beampte het gevra waar is hy ? My antwoord was , langs my op die sitplek. Hy het dadelik my wapen se lisensie gevra , wat ek aan hom oor handig het , en hy het ook gesê dat hy dit wapen moet inspekteur en sien of dit wettig myne is . Hy hy my versoek om uit te klim en gesê dat ek gearresteer word en ook my wapen konfiskeer omdat die wapen nie aan my as persoon was nie . Lang stories dat my wapens ook nou by my huis gekonfiskeer gaan word en dat ek aangekla word vir nalatigheid van hantering van n wapen . Ek was gesê die probleem kan wegraak as ek elke beampte R 3000.00 sal betaal met n Zapper masjien wat hy by hom gehad het . Ek en my vrou was in n toestand van angs en skok omdat hy nie my wapen aan my wou terug gee nie . Met mooi beloftes dat ek by n naaste bank n EFT sal doen , is ek laat gaan .Pasop ????????????

Jannie van Niekerk ·

Of ons dit nou wil weet of nie weet nie: solank die ANC , EFF, SAKP. COSATU en GOOD bestaan SAL daar korrupte polisie wees. Dar behoort ‘n staande wet te wees dat GEEN ondersteuner of lid van hierdie organisasies in die SAPD, SANW, Korrektiewe dienste of ENIGE sekuriteitsmaatskappy indiens geneem MAG word nie

Delia ·

Jannie jy loop met oogklappe as jy dink dis mense van slegs daardie partye. Oor die kleurgrense heen is daar korrupsie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.