Gesin getraumatiseer ná Richmond-plaasmoorde

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bejaarde egpaar wat op hul plaas in Richmond, KwaZulu-Natal aangeval is, se seun moes ʼn week in ʼn psigiatriese hospitaal spandeer ná sy ouers en broer gemartel en vermoor is.

Stefan Schutte (41) het Dinsdag aan die hooggeregshof in Pietermaritzburg gesê sy vrou en twee seuns het ook sielkundige behandeling benodig ná die moorde.

Ekard Schutte (72), sy vrou Elizabeth (66) en hul seun Luts (33) is in Maart 2014 herhaaldelik met ʼn skerp voorwerp gesteek, hul kele is afgesny en hul liggame aan die brand gesteek nadat petrol oor hulle uitgegooi is.

Stefan het van Duitsland na Suid-Afrika gevlieg vir sy pa se 73ste verjaarsdag.

Hy het Dinsdag getuig ter verswaring van vonnis vir die drie skuldiges.

Zanokuhle Madima (19), Siphloihle Ngubane (20) en Lucikuhle Khoza (18) het al drie skuldig gepleit op die moorde en diefstal. Madima het erken dat hy die aanval beplan en uitgevoer het.

Elizabeth was weg toe die mans haar man aangeval het. Toe sy opdaag, het hulle haar gegryp en haar mond toegebind en die kluis se sleutel geëis. Ondanks die feit dat sy haar samewerking gegee het, is sy ook doodgesteek.

Die mans word Woensdag gevonnis.

Koos Marais van die KwaZulu-Natalse Landbou-unie het aan die hof gesê gierigheid en die persepsie dat boere geld en vuurwapens het, tesame met hul weerloosheid as ʼn gevolg van isolasie, is die hoofredes vir aanvalle op boere, hul gesinne en werkers.

As ʼn gevolg van gereelde plaasaanvalle verkoop boere nie meer produkte op hul plase nie. Marais sê plaasaanvalle berokken die land baie skade en laat lewenskoste styg. Vaardige boere emigreer en produksievlakke daal wat tot tekorte lei en die land moet dan duur betaal vir kos wat ingevoer word.

Lees ook:
Richmond-plaasmoorde: Man vir waarneming gestuur
Richmond-plaasmoord: Drie beken skuld op gru-moorde
Richmond-plaasmoorde: Vier weer in hof
Vier in hof oor Richmond-plaasmoorde
Verdagtes in hof vir Richmond-plaasmoorde
Polisiekommissaris “bly” oor arrestasies ná Richmond-plaasmoorde
AfriForum: ‘Gru-moorde kan toegeskryf word aan regering se stilswye’
Richmond-plaasmoorde: Oorledenes se name bekend
Richmond-plaasmoorde: Gesin se liggame aan die brand gesteek
Plaasmoord: Bejaardes en seun doodgeslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Trippie ·

Indien dit my ouers was, of enige persoon na aan my, sou ek sekerlik ook moes gaan vir behandeling, ek dink ek sou wou wraak neem. Kyk net die ouderdomme van die drie rotters !

Baie sterkte aan Stefan en gesin. Ons dra julle op in gebed aan ons Hemelse Vader vir krag, onderskraging en vertroosting.

Johann ·

Dankie Trippie, jy tree vir my en elke leser in by ons Vader, met jou gebed.

Johann ·

‘n Vraag wat ontstaan wanneer ek sulke berigte lees. Hoe is dit moontlik dat ‘n negentienjarige ‘n “suksesvolle” moord kan beplan?

Daar moet mos ‘n mag wees wat opleiding aan hierdie gewentenlose sadiste verskaf, om te moor en sodoende iemand se taak uit te voer, om die boere van hul wettige grond te verdryf.
Wie gee die opdragte?

Ek stel voor dat die Landbou-unie ‘n ondersoek loods na daardie onbekende derde mag.

Trippie ·

Ek is 100% met jou op die een – ek glo daar is ‘n derde mag betrokke.

Fritzoos. ·

Ons sal nou sien hoe ernstig die regstelsel is om plaasmoorde te stop. Dit vir my meer haatsmoord as enigeiets anders.

Dan ·

Fritzoos, met jou kommentaar: “Ons sal nou sien hoe ernstig die regstelsel is om plaasmoorde te stop”, bevestig jy in wat se droomwêreld jy leef. Die plaasmoorde gaan onverpoos voort, waarom sal hierdie spesifieke geval nou skielik die situasie verander? Die hoofleier van hierdie groep moordenaars is deur die vermoordes soos ‘n eie kind in hul huis grootgemaak, hulle het hul oor hom ontferm en hom vertrou – en die prys betaal.

pop ·

Begin om die staat te dagvaar vir miljoene< elke keer as daar n moord is. Sal nie ons geliefdes terugbring maar sal baie gou stopgesit word deur die staat, dit kan julle weet.

Susan ·

Wat regtig gaan help is die DOODSTRAF. In die Midde Ooste vat hulle nonsens nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.