Gesin glo Covid-inenting laat ma verlam

Jean van Vuuren (64) is tans in die Eugene Marais-hospitaal. Sy is heeltemal verlam en aan ’n ventilator gekoppel. (Foto: Verskaf)

Die familie van ʼn 64-jarige vrou van Brits in Noordwes glo die entstof wat sy teen Covid-19 ontvang het, is vir haar verlamming verantwoordelik.

Jean van Vuuren is sedert sy die entstof ontvang het ook aan ʼn ventilator in die kardiologiese intensiewesorgeenheid van die Eugene Marais-hospitaal in Pretoria gekoppel.

Jean se familie skryf haar toestand aan ʼn ernstige newe-effek van die Johnson & Johnson-entstof toe.

Volgens dr. Heidi Prinsloo, die internis wat Van Vuuren behandel, is dit hoogs waarskynlik dat dit wel die geval is.

Guillain-Barré-sindroom, wat al in uiterste gevalle met dié virus verbind is, is intussen ook by Jean gediagnoseer.

Jean se dogter, René, sê haar ma is op 11 Augustus by die Mediclinic Brits teen Covid-19 ingeënt.

“Sy ly aan osteoporose en is deur haar ortopeed versoek om die inenting te ontvang voor sy vandeesmaand ʼn operasie aan haar nek sou ondergaan.

“Sy was baie bang vir die inenting én die operasie.”

Volgens René het haar ma kort ná die inenting van prikkels in haar hande en voete gekla. Die familie het dit aanvanklik aan die osteoporose en agteruitgang van Jean se nektoestand toegeskryf.

“Daarna het sy begin om goed te laat val omdat die motoriese vaardighede in haar ledemate verswak het.

“Op 21 Augustus het sy self begin val omdat haar balans aangetas is.

“Vier dae later, op 24 Augustus, het sy vir my pa, Jackie, gesê dit voel asof sy op wolke loop. ʼn Paar uur later kon sy nie meer self loop nie. Sy het gebraak, haar spraak was onduidelik en sy was in skok.”

Jean van Vuuren by haar man, Jackie. (Foto: Verskaf)

René sê hulle het haar ma dadelik na die Eugene Marais-hospitaal gehaas omdat haar ortopeed daar geleë is.

“Teen dié tyd het ons gedink sy het dalk ʼn beroerte gehad.”

Prinsloo sê Jean se toestand is waarskynlik ʼn ekstreme geval met betrekking tot die ernstige newe-effekte wat weens die entstof kan ontstaan.

“Die simptome wat Jean sowat sewe dae ná die inenting ervaar het, is bestaande newe-effekte. Daar is ook ʼn bestaande verband tussen Covid-19 en Guillain-Barré-sindroom.

“Dit is egter ʼn ekstreme geval en moet mense nie afskrik om die entstof te ontvang nie. Die kanse dat jy ernstiger van die virus gaan siek word, is steeds baie hoër.”

Sy sê Jean se liggaam het ná afloop van die inenting ʼn oordrewe immuunreaksie gehad wat haar perifere senuweestelsel aangeval het.

“Die Guillain-Barré-sindroom vernietig die beskermende skede (miëlien) om die aksone van die senuweeselliggame (neurone).

“Die neurone kan dan nie meer boodskappe van die brein na die ledemate gelei nie en vandaar die verlamming. Die verlamming begin by die buitenste ledemate, soos tone, vingers, voete en hande en beweeg dan na binne. Pasiënte se asemhalingspiere word ook aangetas en daarom kan die pasiënte nie self asemhaal nie,” sê Prinsloo.

René sê haar ma se verlamming is van so ʼn aard dat sy nie eens haar oë kan knip nie. Boonop kan die herstelpad in ekstreme gevalle soos dié glo tot twee jaar duur en is daar geen waarborg dat ʼn pasiënt volkome sal herstel nie.

Jean was ná haar opname in die hospitaal in ʼn koma, maar het die afgelope week haar bewussyn herwin.

René sê daar is ʼn moontlikheid dat haar ma alles van voor af sal moet leer doen en nog lank in die hospitaal sal wees.

“Haar dokter het nog nie die langtermynprognose met ons bespreek nie. Vir nou bid ons vir elke dag se klein wonderwerkies.”

Die familie is tans besig om ʼn organisasie, The Jean van Vuuren Foundation, op die been te bring waar mense finansiële bydraes kan maak om Van Vuuren te help.

“Die geld sal deur onafhanklike ouditeure bestuur word om deursigtigheid te verseker.”

René sê die gesin is egter nie teen die entstof gekant nie.

Jackie het ook die inenting ontvang en slegs ligte newe-effekte ervaar. Hy het die virus in Januarie vanjaar opgedoen en was volgens René ernstig siek. Sy sê haar ma het nog nie die virus opgedoen nie.

Jean van Vuuren by haar dogters en kleinkinders. (Foto: Verskaf)

“Ons wil bewustheid onder mense kweek wat wel besluit om die entstof te kry. Maak seker van al die newe-effekte. As jy nie lekker voel ná jy die entstof ontvang het nie, gaan dokter toe.

“Daar word heeltyd na die normale newe-effekte soos hoofpyn en lyfseer verwys, maar mense moet weet daar is veel erger toestande wat weens die entstof kan ontstaan.

“Doen jou navorsing deeglik. Wees bewus van wat met jou kan gebeur.”

René meen dokters en ander medici moet hulself ook behoorlik van newe-effekte vergewis en hul pasiënte behoorlik oor moontlike nagevolge inlig.

Dr. Cloete Jansen van Vuuren, ʼn spesialis in die behandeling van oordraagbare siektes, het nie op Van Vuuren se geval spesifiek kommentaar gelewer nie, maar het aan Maroela Media gesê daar moet deeglik navorsing gedoen word voordat enige verband tussen siektetoestande of sterftes en die entstof getrek word.

Hy het ook bevestig dat Guillain-Barré-sindroom in uiterste gevalle met Covid-19 verbind is, maar nie tot ʼn ernstige mate met die entstof nie.

Jansen van Vuuren sê voorts daar is baie dinge wat in ag geneem moet word indien daar vermoed of beweer word dat die entstof ernstige newe-effekte of sterftes tot gevolg gehad het. Dit sluit in ʼn pasiënt se mediese geskiedenis.

“Die Covid-19-entstowwe het beslis newe-effekte. Dit is dieselfde newe-effekte wat jy met die Covid-19-infeksie sal ervaar, maar in ʼn baie ligter graad.

“Die entstof lei selde tot ernstige newe-effekte.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

114 Kommentare

Ilze ·

Natuurlik is dit as gevolg van die inenting. So jammer vir die gesin.

Dirk Mostert ·

Leuens! Miljoene gevalle van ernstige gevolge en 10,000de sterftes is reeds op rekord in die VSA, VK en Europa.

Martie ·

Hulle sal dit aan enige iets anders toeskryf as die entstof.

piet ·

Wel Martie, dis ‘n feit soos ‘n koei dat sy wel reeds sieklik is. So erg dat sy ‘n operassie hierdie maand moes ondergaan.

Martie Smartie ·

Mens moet ook onderskei tussen J & J en Pfizer. Die J & J dink ek is meer riskant.

Perdeby ·

Ek het J&J gehad en bietje newe effekte gehad direk na die inenting maar 7 dae daarna wil ek nie glo nie.

My2Sent ·

Dis baie hartseer. Hartseer gevalle soos hierdie is een van die groot redes hoekom die entstof nie verpligtend behoort te wees nie. Hierdie tipe newe-effek is wel raar (of so word ons wysgemaak), maar dit bly ‘n moontlikheid. Hoe kan daar dan verwag word dat mense geen keuse in die neem daarvan het nie. Vir dit, of teen dit, maar laat die keuse by die individu.

Belinda ·

beste van alles, mediese fondse dring daarop aan dat mens vir die spuit gaan, maar hulle dink ook nie aan die risikos wat veronde is met moontlike newe-effekte nie.

My2Sent ·

…en beperk waarskynlik nog die prosedures waarvoor hul bereid is om te betaal.

Hendrik ·

Mediese fondse wil hulle koste so laag moontlik hou. Hulle kies die opsie met die mkinste risiko, daarom beveel hulle die inentings aan.

Andre ·

Seker moes die regering eers instem om vir enige eise te betaal, want die vervaardigers is gevrywaar van eise. Betaal die belastingbetaler nie maar vir alles nie? Die fondse het sekerlik ‘n skuiwergat.

Willem ·

Ek is by Discovery, en kry gereeld eposse en SMS’e om te laat spuit, maar gaan kyk op hulle webtuiste (“Ask Discovery” – die “bot”) en dan sal jy sien dat sou jy spuit en jy newe effekte ervaar, dan sal hulle jou slegs bystaan met die moontlikheid van ‘n aansoek vir die fonds wat geskep is vir newe effekte. So eintlik sê hulle vir jou, “cheers” jy het dit geneem, jy is nou op jou eie.

Willem ·

My vraag is: “wat as dit ek is, wat as dit my oorkom”? Ja, die res van die wêreld voel ‘n veer vir my, maar dit is my ENIGSTE LEWE wat dan onoomkeerbaar verander het a.g.v. ‘n spuit waar daar nog geen langtermyn navorsing op gedoen is nie. Ek is nie ‘n proefkonyn nie.

Belinda ·

Natuurlik sal dit toegesmeer word en se dit is nie so nie. Ai dis sleg. Sterkte…

Aai ·

Wys my wat is nie nadelig vir ‘n mens?Inenting is baie veiliger as wat jy dalk eet of drink.

My2Sent ·

Jip, ek stem “Aai” – gelukkig het ek vrye keuse oor wat ek eet of drink en niemand verwyt my daaroor nie.

Andre ·

Waarom word vervaardigers dan gevrywaar van alle eise. Dis dalk net so veilig as om daardie polonie te ge-eet het.

Trotse Boervrou ·

Ek het ‘n keuse. Dit bly MY keuse om nie die entstof te ontvang nie. Indien ek Covid kry en sterf was dit my keuse. Indien ek die entstof ontvang en newe-effekte ontwikkel was dit NIE my keuse nie. EK SAL MY KEUSE UITOEFEN!

So bitter jammer vir Jean. Ons kan net bid vir haar en haar gesin. Wat doen die Regering nou vir haar?

Peter Pan ·

ja dis almal se keuse. Ek het al 2 jabs gekry en nog gesond.

Trotse Boervrou ·

Jou keuse Peter Pan. Ek is 100% daarmee dat dit jou keuse was en gaan jou nie anders probeer oortuig nie. Jy het die reg om te kies.

Perdeby ·

jy is heel te mal reg jy het ‘n keuse so jy hoef nie in te ent as jy nie wil nie. Niemand hou n vuurwapen tee jou kop nie.

D'Nele ·

Ek voel presies soos jy.. Dis stories soos die wat my keer om die entstof te kry…

So jammer vir die vrou en haar familie.. En glo, hoop en bid dat jy vinnig sal herstel.

Rudi ·

Stem. Meer en meer navorsing toon dat natuurlike immuniteit is die beste en meer langdurig. Ek het twee keer Covid gehad. Die eerste keer was sleg. Die tweede keer was ek net 3 dae siek (het ook die koei sappies gedrink). Nuwe date is ontstellend. Ek sit maar ook uit. Ek vrees nie. My lewe is in God se hande.

piet ·

Immuniteit word deur die liggaam opgebou. Alle immuniteit is natuurlik, maak nie saak hoe die liggaam se reaksie ge-trigger is om dit op te bou nie. Dit is wel so dat hoe meer jy blootgestel is aan die virus (‘n 2de keer, ens.) hetsy met of sonder ‘n verdere inenting, versterk dit jou immuniteit vir ‘n langer periode. Om dit duidelik te stel, ‘n verdere inenting oor ‘n verloop van tyd sal ook jou immuniteit verder versterk.

Andre ·

Seker gebruik Lize maar as plaaslike nuus om by die waarheid uit te kom. Jammer mense wil so graag kudde-diere wees.

Aai ·

Soos enige medikasie en voedsel ,wat ons drink het ook langtermyn probleme.

Elinette ·

Die woorde “newe-effekte” a.g.v. die vaksinasie is genoeg vir my om my by my oortuiging dat die vaksinasie, in my persoonlike geval, nie die aangewese ding is om te kry nie, te laat bly. Buiten dat die vaksinasie nie 100% vrywaring teen die siekte kan gee nie (jy kan stééds COVid-19 opdoen én dit versprei), begin ernstiger newe-effekte soos hierdie, al meer kop uitsteek.

annievantshwanie ·

Ek stem, en as jy die inenting gekry het gaan dit jou nie keer om in hospitaal te beland of dood te gaan nie, ek ken 2 mense wie die jab gehad het, daarna Covid gekry het, daarna op ventilators geplaas was en daarna gesterf het ook…so as ek sterf aan Covid is dit maar so, maar ek gaan nie dat iemand my n inenting gee om dan dalk te gaan sterf nie

Dirk Mostert ·

Na ventilators gesterf. Slaan na oor suurstof- vergiftiging (“oxygen poisoning”)

My2Sent ·

Want mense het mos ‘n reg om te weet, of stem jy nie saam? Dit is wêreldwyd deur wetenskaplikes al bewys om, onder andere, maar nie uitsluitlik, Guillain-Barré-sindroom, as ekstreme newe-effek tot gevolg te hê – dis nie net arme Maroela wat nou eweskielik die ding uit hulle duim suig nie. Inteendeel, toe jy toestemming gegee het om geënt te word, het jy ingestem dat jy bewus is van die rare, maar ekstreme moontlike newe-effekte. Het jy ingestem, alhoewel jy nie bewus was van waarna hul verwys nie? Ja, “ignorance is bliss”, maar ek verkies om te weet.

My2Sent ·

Net ter inligting, dit is deur die vervaardigers en wetenskaplikes al gevind om, onder andere, maar nie uitsluitlik, Guillain-Barré-sindroom, as ekstreme newe-effek tot gevolg te hê. Inteendeel, toe jy toestemming gegee het om geënt te word, het jy ingestem dat jy bewus is van die rare, maar ekstreme moontlike newe-effekte. Maar gelukkig het ek en jy steeds die reg om te besluit wat ons glo, of nie glo nie. Ons kan net hoop dit bly so.

Martie ·

Dit sal nooit bewys en herken word nie. Nooit. Net so ook indien mense wel in die hospitaal op ventilator beland selfs na volle vaksinering nie.
Dit sal beteken die entstof is onveilig en dan gaan minder mense dit vat.

Skappie ·

Sterkte aan Jean, mag jy heeltemal gesond word. Sterkte ook aan haar gesin, met die pad wat vir hulle vorentoe wag.

Juliet ·

Dieselfde het gebeur met ‘n man van Mbombela in Mpumalanga, soek op Youtube: “Man sê hy is verlam na Pfizer inenting”…. so nie net J&J nie. Op die VAERS stats is daar baie meer gevalle van neurologiese skade.

Jack Russ1 ·

Net oor die VAERS stats “The reports may contain information that is incomplete, inaccurate, coincidental, or unverifiable”

Dirk Mostert ·

“incomplete”in die sin dat na raming skaars 1% van gevalle gerapporteer word. Dokters is nie verplig om te rapporteer nie.

Jack Russ1 ·

Dankie vir die uitbreiding oor ïncomplete”, sal jy ons ook inlig hoe “inaccurate”, “coincidental” en “unverifiable” die stelling beinvloed

Marthie ·

Baie sleg wat met die vrou gebeur het. Maar perspektief is ook nodig. Die J&J vaccine het 100 gevalle onder 13 miljoen in die VSA veroorsaak. Jou immuunsisteem gaan in “overdrive” en val dan homself aan. Covid self veroorsaak meer gevalle van die sindroom as die vaksines self. Die gewone jaarlikse griep inspuiting verhoog ook jou kanse op die sindroom.
“It is not the first time a vaccine has been associated with a risk of Guillain Barré syndrome. The CDC points out that swine flu vaccination in the 1970s was linked to a small rise in cases of the disorder(roughly one extra case per 100 000 people vaccinated).
Additionally, the seasonal influenza (flu) shot is also associated with around one to two additional cases for every 1 million vaccine shots administered.

My2Sent ·

Nee ek stem, maar ek verkies om nie die kans te vat nie. Dit klink alles goed en wel en ‘n heeltemal aanvaarbare risiko…wanneer dit met iemand anders gebeur. Hopelik bly dit my reg om te besluit watter risiko’s vir my aanvaarbaar is en watter nie.

Cherokee ·

Glo die Bybel.
En wat betref die inenting,
daar sal ‘n ‘merk’ uitgereik word aan die mense wat dit ontvang het. ‘n ‘Merk’ wat nodig sal wees om te kan koop en verkoop. Om te kan werk en geld te kan verdien. Daar word gepraat van ‘n ‘covid-paspoort’ of iets in dier voege.

piet ·

Jy het reeds baie merke. ID, bestuurslisensie, bankkaarte, sertifikate vir die en daai, ensovoorts.

Barney ·

Om te sê hierdie newe-effekte is skaars is bog praat. Hoekom? Want daar is duisende al gerapporteer in die VK en die VSA. Hoeveel meer mense moet verlam word of sterf voor die inenting gestaak word?

Jack Russ1 ·

Draai ook jou vraag net om – Hoeveel meer mense moet sterf voor die inenting gevat word?

Nicolaas ·

100%, daar word al hoe meer in die “mainstream media” berig hieroor soos die tyd aangaan en dit is dié waarvan ons weet.

piet ·

Ligte newe-effekte soos ‘n effense hoofpyntjie is nie so skaars nie maar ERNSTIGE newe-effekte is uiters skaars. As duisende mense verlam word of sterf as gevolg van die inenting self sou ons definitief nou al geweet het want biljoene mense is al ingeent.

Gerhard ·

Daar is al 4 biljoen inetings gedoen. As mense net berigte lees wat teen die inenting is kry jy n baie verwronge beeld van hoeveel ernstige newe effekte daar is. Ek se nie gevalle waar enstige newe effekte is moet geignoreer word nie. Maar jy moet dit in perspektief sien. As jy aanvaar daar is n miljoen gerapporteerde gevalle is dit 0.25% van mense wat al ingeent is wat ernstige newe effekte getoon het (en nie noodwendig daarvan dood is nie). Die sterftes van covid is baie meer as dit.

Tiptol ·

Presies Gerhard, dit gaan oor perspektief. Soos jy sê die hele wêreld ent in.

Willem ·

Ek stem 100% met jou saam dat perspektief nodig is, maar nou is my vraag aan jou: wat as JY in daardie 0.25% syfer val en jou word verlam a.g.v die inenting. Gestel JY is die enigste broodwinner, en nou kan jy nie jou besluit omkeer nie, en jy kan ook nie meer vir jou gesin voorsien nie… Is die statistiek dan aanvaarbaar vir jou? Dink baie helder oor my stelling voor jy (jouself) daarop antwoord.
Hierdie is nie ‘n TV speletjie waar jy net die “rooi knop” druk en jy het weer ‘n lewe nie! Dit is JOU LEWE, jou enigste een waarmee jy dobbel.

piet ·

Daar’s ‘n baie groter kans om verlam te word as jy wel die virus kry as hierdie uiters rare gevalle van verlamming weens die inenting self. Inentings verminder jou kans om die virus te kry en moontlik verlam te raak

piet ·

1 miljoen van 4 biljoen is 0.025% maar daar is verseker nie 1 miljoen gevalle van ERNSTIGE newe-effekte nie. Kom ons skat dit ruim op 100000. Dan is dit 0,0025%.

piet ·

1 Miljoen van 4 triljoen (billion) is 0.025% maar daar is verseker nie soveel ERNSTIGE gevalle van newe-effekte nie. Kom ons skat dit baie ruim op 100000 dan is dit 0.0025%, Dan moet jy verder in gedagte hou dat nie al die mense wat ernstige newe-effekte opdoen gaan dood nie, inteendeel……

Toy ·

Dit is verseker die inenting. My seun het so 2 jaar terug die Guilliam Barre gehad en die noodgevalle dr het hom gevra het hy ‘n griepinspuiting gehad, wat dit ook trigger.

Ek sal nie vir die inenting gaan nie, klaar.

annievantshwanie ·

Ek het n vriendin wie Guillain-Barré-sindroom gekry het agv Covid, so in my opinie is dit nie net in uiterste gevalle nie – sy is 36 en sal eers hopenlik na 6 maande weer volle funksie kan he van haar ledemate…..so kom vertel my nou dat dit nie n lewendige virus is wat hul jou gee nie – ek sal die heel laaste mens op aarde wees wat die inenting sal kry

Lourens CFG ·

Die inspuiting “leer” jou selle blykbaar om die covid “strain” te vervaarding en dan maak jou liggaam self die teenliggame. (Of so sê die laboratorium in Cambridge.)

Fred ·

Dankie Maroela Media, trots op julle, julle is die enigste nuusblad oor in SA wat die moet het om alle kante van Covid-inentings stories te publiseer.

Andre ·

Tog eienaardig dat hulle nou wêreldwyd waarsku dat kinders simptome soortgelyk aan polio opdoen. Wonder hoeveel vam hulle was net in aanraking met gespuite mense.

Linda ·

Het die dokter geluister wat hy sê? Hy se die nagevolge hou verband met Covid 19 en nie die intenting nie. Maar die vrou het nooit Covid 19 gehad nie. So wat is die gemene deler hier? Dis nie rocket science nie, is dit?

Madeleine ·

Ek vra steeds
Hoekom word ons ingeeent v n virus waarvan meer as 90%mense herstel??

piet ·

Die enigste probleem met daai stelling is dat ons nie weet wat die langtermyn-gevolge van Covid is as jy wel daarvan herstel nie. So in hierdie stadium kan jy die “herstel” in hakkies skryf. Dokters het al gewaarsku dat die siekte jou organe aantas en alhoewel jy nou mag “herstel” kan die siekte blywende skade veroorsaak wat jou later gaan ry. Beter om glad nie die virus te kry nie en inenting verminder jou kanse om Covid te kry.

piet ·

so jy reken as so 1200000 van ons bevolking doodgaan aan die siekte is dit oukei?

Thom ·

Waarom ent ons vir polio ? Nie al die kinders gaan daarvan dood nie en volwassenes word nie eers baie siek daarvan nie .

Hendrik ·

Die VSA Centre for disease control berig die volgende oor ernstige entstof simptome:
“Serious Safety Problems Are Rare – To date, the systems in place to monitor the safety of these vaccines have found only two serious types of health problems after vaccination, both of which are rare. These are anaphylaxis and thrombosis with thrombocytopenia syndrome (TTS) after vaccination with J&J/Janssen COVID-19 Vaccine.”

Danie ·

Ons kan dankbaar wees dat sosiale media nie in die tyd van polio bestaan het nie want dan het ons nou nog miljoene aan die dood af gestaan. Ek wonder of die meerderheid mens weet dat meer as 2 miljoen kinders gebruik was om die poloi proewe op te toets. Dit sodat ons vandag ons kinders te spuit sonder om 2 keer oor dit te dink.

Gerhard ·

Ek wonder hoeveel keer vra mense in die hospitaal wat in die drip is wat hulle kry. Watse pille word voorgeskryf as hulle dokter toe gaan?

Esme ·

Ek lees die artikel en is met afgryse vervul. Die media promofeer die inenting tot in lengte van dae. Ek was vroeer by my huisdokter en is uitgevra oor my inenting status. Daar is ‘n paar vrae wat by my ontstaan. (1) Is Jean van Vuuren en haar gesin ingelig aangaande moontlike newe-effekte voordat sy ge’vaksineer’ is? (2) Ek neem aan dat die Department van Gesondheid, die Mediese Raad, die mediese praktisyn en Regering verantwoordelikheid sal aanvaar vir alle mediese kostes vir die pasient; (3) Ek neem ook aan dat die Departement van Gesondheid, die Mediese Raad, die mediese praktisyn en Regering die gesin en pasient sal vergoed vir pyn en lyding. (4) Ek glo en vertrou dat die pasient se internis nie nou, soos Dr Susan Vosloo gedreig sal word, met kanselasie van haar regte as mediese praktisyn by die Mediese Raad nie.
Hoe kan die President, die Minister van Gesondheid, die Regering en die WGO daarop aandring dat individue ‘n eksperimentele inenting moet ontvang?

Dirk Mostert ·

Entstofvervaardigers is gevrywaar van eise en vervolging deur wetgewing wat globaal byna tegelyk aangeneem is. Is dit nie georkestreerde konkeling nie?

piet ·

Dis mos nie ‘n geheim dat daar wel newe-effekte kan wees nie? Dis medikasie en enige medikasie kan newe-effekte he. Daar is ‘n mate van risiko as jy enige medikasie neem soos daar ook maar ‘n risiko is met enige iets wat jy doen. So nee, niemand kan aanspreeklik gehou word nie.

piet ·

Vir interessantheid het ek gou gaan kyk welke ernstige newe-effekte (daar is baie minder ernstige newe-effekte) daar is vir die ou common disprintjie wat ons al van toentertyd af gebruik. Eish, gevaarlike goed die disprin, lyk gevaarliker as die vax…..

Dirk Mostert ·

Dr. Janse van Vuuren, daar moes eerder vooraf navorsing oor die newe-effekte van die entstof gedoen gewees het. Nie navorsing om verskonings te soek vir die reeds baie bekende newe-effekte nie. Vir die familie om te beweer hulle het niks teen die entstof nie, is soos om jou ma se moordenaar te vergewe.

piet ·

Wel haar man is amper dood aan Covid so hy weet hoe belangrik dit is om wel die entstof te neem.

Thom ·

@piet __ Dirk wil nie die waarheid hoor nie , dit pas nie sy vooroordeel en balhorigheid nie .

Jacobus ·

Wat maak mens nou? Jou laat inent en hoop nie jy is een van die sg “statistical outliers” nie. Dit sou gehelp het as die regering nie soveel stof opskop van ontkenning oor probleme nie. Nou word denkende mense geteister omdat hulle versigtig is!!!

piet ·

Jy is nie “versigtig” as jy nie die entstof neem nie. Die sindroom is baie meer ‘n waarskynlike gevolg as jy wel Covid opdoen (veral as jy Covid in ‘n ernstige graad kry) as wat jy die sindroom sal kry van die inenting self. Siende dat inenting jou kanse verminder om Covid in die eerste plek te kry (en ook nie so ernstig nie), is dit steeds die beter opsie. Dink ‘n bietjie wat ek hier geskryf het, jy’s mos ‘n denkende man.

Thom ·

Die entstowwe is waaragtig gevaarlik ! My buurvrou se kleinseun het Julian-Barré sindroom gekry 2 jaar voordat sy geënt is __ dit is voorwaar ‘n moontlikheid !

piet ·

Ek het ook ‘n verlammende sindroom ontwikkel toe ek eendag te veel geneem het by ‘n Franse bar.

jou gewete ·

dit kan tog nie wees nie, ons hoor dan 20 keer n dag hoe veilig die weksien is en dat niemand nog iets oorgekom het nie, net ligte newe effekte. nous daar nog n dr in moeilikheid oor uilatings teen weksien

piet ·

5.34 Biljoen (5 340 000 000) dosisse is al toegedien. Dis nogal BAIE en lyk vir my heel veilig oor die algemeen………..

Jason ·

What complications can osteoporosis cause?
“osteoporosis can lead to paralysis”
“Bone fractures, particularly in the spine or hip, are the most serious complications of osteoporosis. Hip fractures often are caused by a fall and can result in disability and even an increased risk of death within the first year after the injury. In some cases, spinal fractures can occur even if you haven’t fallen.”

piet ·

Yes and she has it so severely that she was actually due for an operation before Covid intervened. Maybe the vax just accelerated the commencement of the paralytic state somehow, it was bound to happen in any case it seems. This is not a healthy woman. It’s a bit of a catch 22 situation when the patient is already suffering from a serious illness but I’m sure the doctors weigh up the risks involved and make the best informed decision they can at the time.

piet ·

Dit wil voorkom of omtrent al hierdie baie ernstige gevalle verband hou met ‘n bestaande, onderliggende siekte. Hierdie mense gaan altyd in ‘n hoer risikogroep val vir komplikasies met enige medikasie. As ek byvoorbeeld aan hoe bloeddruk ly, verhoog my risiko dat daar iets fout kan gaan met narkose vir ‘n operasie. So dis altyd risikos wat opgeweeg moet word. Inenting ‘n groter kans vir newe-effekte met so ‘n pasient. So ent jy ‘n reeds sieklike persoon in of nie? In hierdie geval was die dokter van mening dat dit fataal sou wees as sy Covid kry in haar toestand en het die inenting aanbeveel wat haar risiko sou verlaag om Covid te kry.

Martie ·

Ek dink daar is nog baie meer sulke gevalle.
Natuurlik sal dit aan enige iets anders toegeskryf word as die entstof.
Daai entstof kom nie naby my nie.

piet ·

Jy kan egter nie ontken dat sy reeds sieklik was nie en dit verhoog haar risiko vir enige medikasie (ook die entstof). Ten spyte hiervan het die dokter steeds die inent aanbeveel want as sy Covid kry, is die gevaar nog groter dat sy kan doodgaan. Die risiko’s word opgeweeg ongelukkig is sy nou een van die uiters rare gevalle wat nie so lekker uitgewerk het nie.

Jack ·

Ja ons kan baie lank gesels oor watter dood jy verkies covid of vaksiene. As jy onwetend covid onderlede het wat nie deur die vaksien toediener getoets word as deel van protokol nie kan jy ernstig siek word na inent.

piet ·

Jack, ek het gehoor (ek dink dit was op die radio) waar dieselfde situasie aan die dokter gestel is. Sy antwoord was dat as jy ingeent word terwyl jy Covid onderlede het, niks sal gebeur nie behalwe dat die vaksiene dan oneffektief sal wees. End dis redelik logies dink ek, die inenting gee nie vir jou Covid nie m.a.w. jy toets nie positief vir Covid onmiddelik na die inenting nie.

Hannes ·

“uiterste gevalle”, “Die entstof lei selde tot ernstige newe-effekte.”… Stellig nie! My moeder het J&J inenting ontvang, ongeveer 3 maande later Covid opgedoen , 7 weke na sy getoets is vir Covid het my moeder dieselfde newe effekte as Jean begin toon. Vrydag het dit vererger en sy is in die hospitaal opgeneem, Saterdag ontslaan “ Slipped disc” en Sondag is sy in ons huis oorlede. Ons het vermoed dit was ‘n beroerte agv bloedklonte, sy het nog nooit bloed verdunning medisyne benodig nie. Die inentings newe-effekte word nie ge monitor of verbind met die inentings nie!

piet ·

Newe-effekte presenteer binne ‘n week na inenting so kan nie dit wees nie. Jou moeder is oorlede aan die gevolge van Covid maande later, nie die inenting nie. Sterkte met die verlies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.