Gesin glo met strykysters op kleinhoewe gebrand

Argieffoto: Nico Strydom

Die polisie het ʼn reusesoektog van stapel gestuur nadat ʼn gesin van drie Maandag wreedaardig in hul huis op ʼn kleinhoewe in Westonaria in Gauteng aangeval is.

Sers. Linkie Lefakane, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Maandag omstreeks 19:00 plaasgevind.

Drift Reaction-veiligheidsmaatskappy het in ʼn verklaring gesê die voorval het plaasgevind toe die man, vermoedelik 50 jaar oud, by die huis aangekom het en deur vyf aanvallers, van wie vier klapmusse gedra het, aangeval is.

“Die man is in die huis ingeneem waar hy, sy vrou en hul 25-jarige dogter vasgebind is met hul eie tou,” lui die verklaring.

Luidens die verklaring het die aanvallers een van elk van die slagoffers se ore met ʼn vuurwarm strykyster gebrand. Die aanval het glo ongeveer drie uur lank geduur.

Volgens Drift Reaction was een van die aanvallers wat ʼn klapmus aangehad het bekend aan die gesin en het hy ingetree en verseker dat hulle nie vermoor word nie. “Die familie is erg getraumatiseer.”

Lefakane het gesê nadat die gesin se hande en voete vasgebind is, het die aanvallers geld geëis. “Die slagoffers het vir hulle gesê hulle het nie geld nie. Een van die verdagtes het toe ʼn oproep gemaak en nadat hy afgelui het vir een van die ouers gevra om hom na die slaapkamer te vat waar die kluis was,” het Lefakane gesê.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het die voorval ook aan Maroela Media bevestig. Volgens Müller het die aanvallers van die toneel gevlug met vuurwapens, selfone, skootrekenaars en elektroniese toebehore.

Die aanvallers het van die toneel gevlug in die gesin se Land Rover Freelander met die nommerplaat LLX310GP.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan die Bekkersdal-polisie bel by 011 755 000 of Stop Misdaad by 0860 010 111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Skokkend ·

GLO?? Sal die mense dan jok ofhulleself op hulle rue brand met ‘n strykyster? Het julle die fotos gesien? Dit is HORRIFIC, maar dit is net gewone crime op witmense .. want swartmense word ook aangeval . ek worder DEUR WIE?? Terwyl liberale en die regering in ontkenning is sal daar nooit teen misdaad in SA opgetree word nie VERAL nie waar ‘n witmens die SLAGOFFER Is nie.

jean ·

En die menere in die land en die buiteland leef in la-la land……hier gebeur mos nie sulke dinge…..

Duncan Potgieter ·

Hoop hulle het eerste vir CR laat weet – hy moet dadelik vir die UN laat weet daar is wel honderde plaasaanvalle en moorde in SA.
Vertrou hulle vang die aanvallers gou en hang hulle in die openbaar voor die stadsaal van Westonaria.
Ons bid vir die familie.

Anoniem ·

Huisroof!!!….. aag asseblief aanranding met due doel huisroof poging tot moord om mense met strykyster te brand . Sterkte aan die familie . Hou jul oog op JESUS gevestig !!!!!

Perd ·

Se ek ook, n plathand in n kfc drive-thru is “poging tot moord” maar inbraak, vasbind, 3ure martel en met strykysters brand, is “huisroof” . Dis rassehaat en hatecrime.

Anoniem ·

Wat ‘n agterbakse en lafhartige DAAD ! Julle sal eendag by God moet verantwoording doen en weet verseker dit sal erger wees as ‘n WARM STRYKYSTER se PYN ???

Nel ·

Huistoof!!!! Liewe genade!!! Poging tot moord, aanrading tot die ergste graad!!!

Tokkolos ·

NEEEEEEEEEEEEEEE
EK KAN NIE MEER NIE
almal wat geld bedel
Afriforum atlas7 volk something en hvl ander
KOM ONS MAAK S.A. BETER
Regtig ek kan niks doen buiten elke dag tot my GOD te bid
Maar wie kan 24 7 ons oppas
En ons gaan bly suffer want die government voel n veer vir ons
Baie dankbaar hul leef maar soveel skade aan die siel klaar gedoen
Nee ek het nie n idee wat ons kan doen nie
Net my GOD alleen sal weet
Amen

Wonder ·

Huisroof….? Is dit al? Genade een van hulle word in n kis gedruk en dan is die klagte poging tot moord! en straf is swaar. Maar om iemand te brand met n warm strykyster is niks?? Regtig, die regering moet bykom!

christa ·

dis nou veronderstel om mense met geleerdheid te wees, en hulle weet nie die verskil tussen huisroof en poging tot moord nie.

Jacques ·

Huisroof ????? Soos die regering se aanhangers heel dag en al dag “DEMAND” DEMAND ek ook nou trastiese optrede , want ons boere wat ons kos produseer word elke dag vermoor en NIKS word gedoen nie . Daar word net te min gedoen van die regering se kant af om daadwerklik n verskil te maak . Sterkte aan die familie .

Kiewiet ·

Ek se weer, al die boere in die land moet ten alle tye hulle vuurwapens by hulle dra. Dag en Nag . Julle sien en lees dat daar elke dag aanvalle is op Boere. So waar jy ookal gaan dra jou vuurwapen by jou jy gaan hom nodig kry.

Haan ·

Vuurwapen dra is die eerste stap. Daarnaas is professionele opleiding die volgende uiters belangrike stap

IK ·

Ek het laas nag na donker by die huis aangekom en met gelaaide pistool in my hand voort beweeg.

Oom Kalahari ·

Hier word’n gesin van hul vrye reg ontneem, vasgebind en gemartel, maar dit is net huisroof. Aanranding met doel om ernstig te beseer, roof met verswarrende omstandighede, voertuig diefstal, In besit van ongeregistreede vuurwapens en ammunisie, onregmatige betreding op privaat eiendom en poging tot moord. Is hierdie gesin deur Min Bheki Cele besoek en is daar vir hul Trauma behandeling en medies aangebied deur die regering soos ander slagoffers wat dit ontvang. Syerkte aan dir familie en hoop jul kan hierdie trauma en letsels wat dit laat verwerk. Afriforum moet ook van hierdie aangeleentheid bewus gemaak word en aanteken wat baie se en bewys oor ware gebeure in land.

Sarie ·

Wil net weet wanneer hou hulle op om ons mense so dood en seer te maak

waarheid ·

Weet Tito dit al?
Laat weet hom!
Ramaparra gaan dit nie vir hom se nie!

Alida ·

Ag asb Tito bestuur die geld. Kom tog by. Cele en CR moet iets doen

corne ·

Net huisroof maar hulle ook aangerand.O ja seker omdat hulle wit is

Brutus ·

Dit hou net nie op nie dit raak erger by
die dag , wat seg Sisulu en CR, stuur hul die daaglikse berigte want dit lyk nie of hul in die land woon nie, en pass dit aan na die buite wereld ook sodat hul kan sien dat die plaas aanvalle nie ophou nie.

Marteling ·

Van wanneer af is marteling, wat ‘n “war crime” is volgens internationale wetgewing, gewone roof!?!?

Estelle ·

En weereens… een van die aanvallers was aan hulle bekend. Mooi geweet ook dat die kluis in die slaapkamer is. Nee dankie, ek werk dan liewer soos nou my hande vlenters, lyk maar ietwat grof en nie so mooi gemanikuur soos die res nie, maar ten minste is my huis en wat daarin aangaan nie algemene kennis nie.

GP ·

Stem heeltemal saam met jou, ons doen as vir jare ons eie huis werk.
Oorsee doen omtrent almal dit, hoekom kan ons nie ook nie?

Koos de Meyer. ·

Hierdie dinge maak mens woedend. Inside information want een het gebel om te hoor waar die kluis is. In die stad waar ons bly dra my seun vuurwapen derentyd vuurwapen by hom. Ons het bullteriers, elektriese heining en nog meer. Selfs in die stad moet jy elke minuut waaksaam wees want ons leef in ‘n siek, anargieke land. Ons bly in tronke en die kriminele loop buite rond.

Yankee ·

En raai elke Amerikaner wat die land wil besoek, AF. Vandag weer. Bly weg, don’t go there , never!!

Alwyn ·

Gebruik die geleentheid om met familie en vriende oorsee hierdie gruwels te deel.Hulle sal dit verder versprei en sodoende veroorsaak dat die wereld deur sosiale media kennis neem.Gebruik een van die vyf skakels direk onder die opskrif van die artikel.

jakes ·

Die lafhartige afskuwelike daad is tiperend van die nuwe SA. Die land is lankal oor die afgrond en enige regdenkende mens moet toeriste afraai om SA te besoek. Dit sal nie beter raak nie, eerder erger, Misdaad is n stokperdjie in SA want wet en orde het hier n vloekwoord geword.

Anita ·

Simpel vraag: wie is gebel voordat bende geëis het om na kluis in slaapkamer gevat te word?
Hierdie voorval is soos 99,9% ander beslis nie bloot huisroof nie, maar deel van onophoudelike lae profiel oorlog.

Pegasus ·

Huisroof my agterwereld!!! Dit is slegs die vergoeding, dit is verseker nie die motief nie. Nou wie sou hulle dan gebel het om uit te vind waar die kluis is? Dit kan net iemand wees wat in die huis werk of gewerk het.

Anoniem ·

Stuur asb foto’s van die brandwonde aan die Prez, Lindiwe Sisulu en Trump (en die res van die buiteland.

Stuiwer ·

Anoniem het bedoel dat daar foto’s geneem moet word en dat dit gestuur word na die mense wat hy genoem het om bewustheid te skep van wat in SA aangaan.

die wit wolf ·

Die hoof opskrif sou Anders gelees het indien die man se Vuurwapen by hom was – soos dit hoort en nie in die kluis opgesluit nie! Wie loop nog ongewapen rond? Die man kon die situasie binne die eerste paar sekondes verander het in plaas daarvan word die hele gesin 3 ure lank gemartel! Ek het nie simpatie vir mense wat in so gevaarlikke land woon en geen voorsorg maatreels tref nie !

Theresa ·

Hoop die speurders sal die nommers wat een vd skuim van die aarde gebel het nagaan sodra die vloekstene opgespoor word. Klink na informant wat geweet het waar die kluis is.
HUISBRAAK; ROOF; MARTELING dis meer waarvoor die vieslike goed opgesluit kan word. Hoop iemand brand hul oortjies vir hul ook – wreed!

Stuiwer ·

Bietjie meer as net huisroof! Wat van aanranding? Of is dit aanvaarbaar om mense met ‘n strykyster te brand?

Jan ·

GLO..? Nee wat Maroela Media
Ek glo julle is dalk gebalanseerd en betroubaar.
Skaam julle!
Hierdie mense is verwoes!
Wat GLO julle?
Glo julle dat hulle dalk in die hospitaal opgeneem is?
Kry julle feite reg en rapporteer feitelik die res sal dan GLO!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.