Gesin helder oordag aangehou, beroof

rowersʼn Gesin is Dinsdag in hul huis in Heidelberg, Gauteng, deur drie gewapende mans aangehou en beroof.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 11:00 in Blesbokstraat in Jordaanpark plaasgevind. “Die gesin was in die huis toe die aanvallers, wat in ʼn wit BMW gery het, op hulle toegeslaan het,” het Tshilate gesê. “Die gesin se tuinier het buite die huis gewerk en die motorhuis se deur het oopgestaan.”

Tshilate het gesê die verdagtes het deur die motorhuis toegang tot die kombuisdeur gekry. “Die vrou en haar kinders was in die kombuis. Die man het hulle met ʼn vuurwapen aangehou en hulle in die eetkamer ingedwing.”

Die pa (52), wat in die slaapkamer was, het intussen die rumoer gehoor en ondersoek ingestel. Die aanvallers het ʼn vuurwapen op hom gerig en ook in die sitkamer in gedwing, waarna hulle die huis geplunder het.

Hulle het onder andere ʼn onbekende hoeveelheid kontant, selfone en juwele gesteel, voor hulle in die BMW gevlug het.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak. Hulle versoek enigiemand wat meer inligting oor die aanvallers het, of wat ʼn verdagte wit BMW sien, om die Heidelberg-polisiestasie by 016 341 2720 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trippie ·

Met respek gesê, dis mos niks meer snaaks dat Blankes helder oordag aangeval word nie. Dit gebeur 24/7.

Ek voeg ook by, dis ‘n wonderwerk hulle is nie gemartel of vir dood agtergelaat nie.

Die land in in sy … !

Mens kan net hoop en bid dat die gesin, veral die kinders, die trauma kan verwerk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.