Gesin hospitaal toe weens ‘onbekende infeksie’

Argieffoto (Foto: Unsplash)

’n Gesin van Jeppe’s Reef in Mpumalanga is byna uitgewis nadat hulle die afgelope naweek weens ’n ‘onbekende infeksie’ siek geword het. ’n Nege maande oue baba in die gesin het weens dié siekte omgekom.

Die seuntjie het saam met sy 23-jarige tante en broers en susters gewoon, onder wie ’n vierjarige meisie en twee seuns van ses en sewe jaar oud.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het die vyf gesinslede Saterdag geëet, waarna hulle almal siek geword het.

“Die gesinslede het kort ná die ete simptome van diarree, naarheid en maagpyn getoon. Hulle is in die Shongwe-hospitaal opgeneem, waar die baba oorlede is,” sê Mohlala.

“Die tante is nog dieselfde dag uit die hospitaal ontslaan, terwyl die kinders steeds in die hospitaal is.”

Dit is in hierdie stadium nie bekend wat die oorsaak van die baba se dood is en of dit moontlik ’n infeksie kon wees nie.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, die polisiekommissaris in Mpumalanga, het mense gewaarsku om versigtig te wees wanneer dit kom by kos wat hulle by die huis eet, asook op die kos se vervaldatums te let.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

E ·

Dit is net snaaks dat die baba van 9 maande dieselfde kos sou eet as al die ander. Kinders van 9 maande kan nog nie alles eet nie. Maar as dit dalk pap was wat hulle geeet het?

Daisy ·

‘n Paar jaar gelede het ons bure se tuinier sampioene gepluk, gekook en ge-eet. Hy en ‘n vriend is toe ook oorlede aan ‘n sogenaamde infeksie. Pasop wat mens eet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.