Gesin in ‘finansiële verknorsing’ ná moord op tronkbewaarder

Jean-Claude Uithaler, Khawulelani Gqunta en Sinethemba Mfihlo is skuldig bevind op die moord van Quinton Williams (Foto: Raahil Sain/ANA)

WAARSKUWING: Besonderhede in hierdie berig is nie geskik vir kinders of sensitiewe lesers nie.

Die voormalige vrou van ʼn tronkbewaarder wat grusaam vermoor is, het Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth getuig oor die trauma en finansiële probleme wat sy ondergaan het ná Quinton Williams se afsterwe.

Elize Marais het ter verswaring van vonnisoplegging getuig. Sy het gesê sy en haar vier dogters is getraumatiseer omdat Williams in daardie stadium die enigste broodwinner was. Alhoewel die egpaar reeds geskei was, het hulle steeds saam gebly ter wille van die vier dogters.

Marais het gesê dit was “finansieel verwoestend” en haar sussie moes help om kos te koop en water- en ligterekeninge te betaal vir die gesin. “Dit was finansieel baie moeilik vir ons. Ek moes tot 2016 wag voor ek van sy pensioengeld ontvang het.”

Williams is in Junie 2014 dood weens kopbeserings. Al die bene in sy skedel het verskeie frakture opgedoen. Hy het 30 meswonde opgedoen, insluitend wonde aan sy longe en niere. Sy aanvallers het ook gepoog om hom te kastreer.

Jean-Claude Uithaler (20), Khawulelani Gqunta (19) en Sinethemba Mfihlo (19) is vroeër skuldig bevind op aanklag van moord met voorbedagte rade en roof.

Williams was in Junie 2014 nie aan diens nie en op pad huis toe van ʼn kroeg in Booysenspark. Die groep jong mans, gewapen met messe, het hom agtervolg. Hulle het hom gepootjie, geld geëis en hom met bakstene en klippe aangeval. Hulle het ook ʼn onbekende bedrag kontant en ʼn paar tekkies van Williams gesteel.

Marais het gesê een van haar dogters het in graad 9 skool verlaat omdat haar geestesgesondheid verswak het ná haar pa se afsterwe.

Regter Irma Schoeman sal na verwagting die mans op 1 November vonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Pieter C ·

As ek my somme reg maak dan was die een ou 15 en die ander 2 was 14 jaar oud toe hulle die moorde gepleeg het, want dis 5 jaar terug en hulle is nou 20 en 19
Dis verskriklik om op daardie ouderdom al so wreed te wees!!!!

Geregtigheid ·

En dan word hulle nog in die hof verdedig om hulle onskuld te bewys……….

Maljan ·

Hoekom duur die saak 5 jaar? Chris Hart, Penny Sparrow en Vicky Momberg se sake was vinnig afgehandel.

JR ·

Die regstelsel moet hesien word dit het die gesin in die steek gelaat dit is hartseer hulle is gewetenlose moordenaars hoekom was die 14 en 15 jarige nie in die skool of hulle behoort by hul ouers te wees besig met skoolwerk want die ouers los die kinders om op straat rond te loop vir kwaadgeld

Hartseer ·

Tyd dat ouers van minderjariges ook aan die pen ry en verantwoordelik gehou word hoekom kinders nie by die skool is nie.

Doodstraf ·

Ag julle, hou tog asb OP SANIK oor die doodstraf – dit sal in ons lewe NOOIT weer ingestel word nie anders sal die swartes in die minderheid wees en die blankes weer regeer. Die laaste oorblywendes sal in ‘n museum gehou moet word sodat ons kinders se kinders darem ‘n idee kan hê hoe ‘hulle’ gelyk het.

Armand ·

Dit mag so wees, maar dit bly steeds die straf wat moordenaars verdien volgens die Bybel. Volgens die Woord van God behoort ons die kwaad onder ons uit te roei, sodat sulke tipe misdaad kan stop. Dis juis omdat die kwaad nié uitgeroei word nie dat dit net aangaan en aangaan en aangaan.

katrien ·

2014 en ons is nou al in 2019 … only in South Africa !!!!
Sterkte aan die vrou en haar kinders. Kan my die trauma en hartseer net indink …

Mtubatuba Inwoner ·

Regtig waar kinders wat sulke goed doen??? Wat het in hulle lewe verkeerd gegaan om iets so wreed te doen.

Michael P ·

Ja wat kan mens se as jy op 13 en 14 sulke wreede moorde pleeg. Op 13 en 14 moet jy nog kis karre bou en boom huise bou en dan jou huis werk doen werk in die tannie langsaan se tuin vir extra sak geld. Ai lank lank gelede. Wat het van die mensdom geword?

Staan saam ·

Michael, ons lewe in die laaste dae. Die Bybel voorspel dat die mense boos gaan word en dat dit baie erg gaan word. Ons sal moet waak op alle vlakke – oor ons geestelike en liggaamlike, om staande te bly. En dan moet ons bid vir genade en beskerming, want satan is los in ons land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.