Gesin in huis aangehou, pa vermoor

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: SAPD/Facebook)

Die polisie op Piet Retief, Mpumalanga, is op die spoor van vyf mans wat Maandag na bewering ʼn gesin in hul huis op die dorp oorval en die pa met jagmesse doodgekap het.

Volgens Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het die vyf mans teen 19:15 die gesin se huis betree. Hulle was met jagmesse gewapen.

“Die mans het die gesin as gyselaars in die huis aangehou. Hulle het die pa na buite gesleep terwyl die vrou en kind in die huis gehou is,” sê Mohlala.

“Die pa is toe glo deur die verdagtes met die jagmesse gekap totdat hy aan sy beserings beswyk het. Die verdagtes het die man se liggaam daarna glo in ’n nabygeleë rondawel gesleep en die gebou aan die brand gesteek. Hulle het daarna van die toneel gevlug.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en brandstigting en het ʼn grootskaalse soektog na die verdagtes van stapel gestuur.

Die identiteit van die vermoorde man is intussen deur sy familie bekend gemaak as Mxolisi Ndlela.

“Die motief vir sy moord is in hierdie stadium nie bekend nie, maar die moontlikheid dat die moordvoorval met heksery verband hou, kan nie uitgesluit word nie.”

Enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, kan die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Voel niks vir niemand en nie eens hul eie mense nie. Wreedaardige gebroedsels!!!

Hannelie

Gemors van die aarde.

Pieter

Apartheid misdaad teen die mensdom?
Nuwe Suid Afrika misdaad teen God se gesag en Gebooie.

Magda

Wat n verskriklike MANIER om te sterf. UNHUMAN SCUM waarmee ons moet bly.

Jaco

Our people is darem lelik met mekaar