Gesin in huis vermoor

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Gesin van De Aar in die Noord-Kaap is dood in hul huis aangetref.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê Glenwill Makaleni (40), sy vrou Gladys (38) en hul 10-jarige seun Gladwill, se liggame is vroeg Saterdagoggend in hul huis in Montana gevind.

Volgens Tawana was die huis, in Caroluspoortweg, van binne gesluit en moes die polisie die diefwering afsny om in te kom. “Die gesinslede is almal met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.”

Tawana het gesê die polisie is ontbied nadat ʼn familielid nie die gesin in die hande kon kry nie en by die huis opgedaag het. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie.” Volgens berigte het die egpaar se dogter by ʼn familielid oorgeslaap.

Die polisie het ʼn beroep gedoen op enigiemand wat inligting oor die voorval het, om die ondersoekbeampte, kapt. Kobus Nel, te kontak by 072 563 3366 of 053 632 9800. “Enige inligting sal as vertroulik hanteer word,” het Tawana gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Marianne ·

ONS INNIGE SIMPATIE AAN FAMILIE EN VRIENDE VAN DIE OORLEDENES.
Nog ‘n sinnelose moord! Waar gaan dit alles eindig? Die doodstraf gaan tog nie her-ingestel word nie, dan sit 70% van die land se Hoog geplaasdes in kook water.
Dis tyd dat families die wet in die hande neem en geregtigheid laat geskied….
Waar is mense regte heen? Gee daardie regte aan mense wat IETS KAN DOEN!

Bertus ·

Ek stem. Is daar niks of niemand Wat kan help vir n referendum oor die doodstraf her ingestel kan kry nie? Moet ons sit en kyk hoe almal vermoor word en die moordenaars kom skotvry? Help SA. Asb.

Buitestander ·

Geen veiligheds matreël help regtig nie as ons getroue bewaarder Jesus Christus “ons reder en verlosster” nie daarin is nie.
Tevergeefs wag die wagters op die mure!

Skybird ·

Tragies ja ! Klink vir my na selfmoord familie uitwissing – polisie moes inbreek om lyke te vind, perseel was van binne gesluit

Veritas ·

Skybird, ek glo nie daar is sprake van selfmoord nie. Die gesinslede is met ‘n skerp voorwerp gesteek. Nie regtig nie die aangewese manier om selfmoord te pleeg nie. Dit wil ook voorkom of die moordwapen nie gevind is nie anders sou die polisiewoordvoerder sekerlik nie die term ‘skerp voorwerp’ gebruik het nie maar ‘mes’, ‘assegaai’ ens.

Gert Nel ·

FOEMIE WAAR KOM ONS ANTWOORDE VANDAAN. ONS MOET MAAR NET OPKYK DAAR SAL HULP VANDAAN KRY. DIT IS NOU IN N PAAR JAAR SE TYD WAT JY 2 SEUNS VERLOOR EN NOU NOG HUL GESIN OOK. MY OUD KOLEGA AL WAT EK KAN SE IS STERKTE VIR JOU EN JOU FAMILIE EN SKOONFAMILIE. GOD SLAAP NIE EEN OOMBLIK NIE.

snoefie ·

pasop daarvoor julle wens mense. wense word nie dikwels waar nie. maar wanneer jou wens waar word kan jy nie huil en se dit werk net eenkant toe nie.

Tinktinkie ·

Verduidelik asb. ‘n Gesin v De Aar is in hul huis in Montana dood aangetref???
Sterkte vir d familie wat deur d tragedie geraak is.

Law & Order ·

Iemand (ek hoop nie dis familie nie) het n sleutel van huis gehad. Die walglike daad gepleeg en toegesluit en lekker tyd gaan het by Platform sodat hy/sy daar gesien kon word.
Vir my lyk dit onwaarskynlik dat dit n man was want geen melding word gemaak van seksuele aanranding.
Wonder of iets gesteel was? Indien nie, is dit waarskynlik iemand wie sou baat uit hul dood. Dis so sad…… maar die polisie nie so stupid as wat ons dink nie.

Skybird ·

Veritas,
Klink logies, maar as ń persoon sy doelwit wil beruik, word gebruik gemaak van enige iets tot beskikking, die polisie meld “skerp voorwerp ” moontlik vergeet om te defineer, maar duidelik genoem die perseel was van “BINNE “gesluit! Tensy Superman betrokke was. , Komminsence.

Jo-Anne Joubert ·

Dis al waaroor se nuus deesdae gaan … Die een geweld op die ander ene en dit verbeter nie!!! Bring die doodstraf en als terug dan sal ons land sekerlik reg kom!!!!

Johan Miny ·

Engelse vertaling is regtig swak. Met direkte vertaling verloor ‘n mens die draad van die storie.

Ses Plaas of Seks Plaas ·

Ek het uit De Aar getrek toe ek agterkom dat die plek vol demone is. Hoe anders verduidelk mens die feit dat opvoeders hul soos kinders gedra voor hul leerders in nagklubs??? Hier praat ek van Sekondere skool juffies. Hul nie eens skaam om liters drank te koop ten aan skoue van leerders. [Ek noem onderwys omdat n opvoeder betrokke is] dink jul ooit dat skoliere hul sal respekteer.
Ter stawing hiervan nog n voorbeeld van onprofessionele gedrag. Daar is n Outoilet ding in De Aar. Dis meer kinders wat site gebruik maar raai wie word meeste genoem??? Mense sal praat as jy jou sleg gedra. En baie van wat gese word van die opvoeders maak sin!!!! Die teerste is dat hul uit ander dorpe kom om ons dorp korrup en sleg te maak.

donkie kar ·

Jy slaan die spyker oppie kop. Ekt ook al gesien hoe hierdie juffrouens optree. My vrou het my skoons verbied en ek moes van hulle blok op FB. Hoe op Aarde respekteer leerders so n onnie. Mens word mos groot!!!! A nee A !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.