Gesin in rou ná seun (15) se skielike dood

Jerry Goddard. Foto: Facebook

Jerry Goddard. Foto: Facebook

Toe Jerry Goddard (15), ʼn gr. 9-leerder van Bloemfontein, Dinsdagmiddag by sy ouma se huis weg is, het hy gesê hy sal haar “eendag” weer sien. Ure later het sy die skoknuus van sy dood gekry.

“Jerry was my sonstraal. Hy sou altyd uit sy pad gaan om iets vir iemand anders te doen. As ek nou my oë toemaak, sien ek hom nog hier voor my staan. Ek dink nie [sy dood] is iets wat ek ooit sal verwerk nie,” het Aletta Lindeque, Jerry se ouma, Donderdag aan Maroela Media gesê.

Lindeque vertel Jerry, ʼn leerder van Hoërskool Sand du Plessis, het Dinsdagmiddag oudergewoonte by haar gekuier terwyl sy ouers by die werk was. Volgens haar was Jerry stiller as gewoonlik en het nie gelag en grappies gemaak soos altyd nie. “Ek het hom gevra wat fout is, maar hy het gesê niks. Hy was nooit regtig ʼn kind wat oor sy gevoelens gepraat het nie, maar hy het ook nie uitermatig ontsteld gelyk nie,” het sy gesê.

“Later het hy gesê hy gaan nou huis toe en ek het hom gevra, ‘nou wanneer sien Oumie jou weer? Kom jy môre weer na my toe?’ Hy het geantwoord, ‘Ek weet nie, Oumie. Jy sal my eendag weer sien.’”

Omstreeks 16:00 die middag het Jerry se stiefpa en ʼn buurseun op sy liggaam in die motorhuis van die gesin se huis in Wilgehof afgekom waar hy na bewering homself opgehang het.

“Daar is soveel vrae. Toe hy my gegroet het, sou ek nooit kon dink dat dit sou gebeur nie. Ek dink nie ons sal ooit weet wat die oorsaak was nie. Die rede hiervoor is saam met hom weg,” het Lindeque hartseer gesê. Sy het gesê dit is veral Jerry se ma, Maggie, wat dit baie moeilik hanteer. “Sy vra ook hoekom, hoekom, hoekom. Sy is bitter, bitter hartseer.”

Volgens Lindeque was Jerry betrokke by baie sportsoorte by die skool en ʼn vriendelike kind wat altyd gelag het. “Ek weet van geen kinders wat Jerry by die skool gespot het of iets anders wat fout was nie. Ons moet ons seker maar hierby berus. Dit help nie om nou vinger te wys nie. Maar ek dink nie dit is iets wat jy ooit regtig kan verwerk nie.”

ʼn Gedenkdiens sal na verwagting volgende week Vrydag vir Jerry gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Sjoe ·

Sjoe Ouma en ouers, baie sterkte, geen woorde kan die eina wegvat of beter maak nie. Weet maar net jul is in ons gebede, pragtige seun…….. legio moontlikhede – jul besluit om te berus is kosbaar vir hom / sy nagedagtenis.

Trappies ·

Sterkte aan die familie.
Ons dogter is ook so weg 6 jaar terug en daar is nogsteeds vrae.

MissDemeanor ·

Ek is so jammer om te hoor van julle verlies 6 jaar gelede, ook die verlies van Jerry se familie nou. Dit is nie maklik om ‘n tiener te wees nie. Mens se kop is so deurmekaar, en vir party mense is dit dalk net erger as vir ander. Ek dink byna elke dag aan ‘n outjie wat in my klas was op skool in Graad 11, al was dit 18 jaar gelede. Hy het net eendag huis toe gegaan en homself met ‘n haelgeweer geskiet. Almal was onkant gevang. Maar in al die jare wat hy saam ons op skool was is hy nooit na enige iemand se verjaarsdag partytjie genooi nie. Hy is voordurent ge-terg en sy familie was bitter arm, hy het gesukkel met skoolwerk…. Ek wens so hy kon net ‘n rukkie uithou. Maar dit was alles net te veel vir hom.

Susan ·

My innige simpatie aan die Ouma en Sy Ouers. Kan myself nie indink hoe julle moet voel nie mag die Here julle hier deur dra nou en die jare wat voorlê. ?

Laurika ·

En hy was so ‘n mooi seun…. My kosbare seun is nou 17 jaar oud en ek gaan nie eers probeer om myself in sy familie se skoene te plaas nie. Dit is so uiters hartseer ek weet nie eers wat om te sê nie, want niks wat ek nou sê gaan die familie help om beter te voel oor wat gebeur het nie, maar weet net uit my hart dat ek bitter, bitter jammer is vir dit wat julle nou deurmaak.

Sons ·

Dit is so vreeslik hartseer! Vir my seun wat sy maat was is dit net so erg en kan niemand dink waarom hy dit gedoen het nie… Ek dink aan mamma en res van familie in hierdie moeilike tyd. Alle sterkte aan julle

Ansie ·

Ai, Tannie Aletta en ouers. Dis verskriklik. Onthou dat daar ook nie altyd ‘n enkele oorsaak is vir selfdood nie. Depressie is ‘n siekte wat sommige mense goed kan wegsteek. Mag julle die antwoorde kry waarna julle soek, en ook berusting. MM, dit sal goed wees as julle kontakdetails vir SADAG onder aan die berig kan plaas, dit help dalk net iemand wat die berig lees.

Christine ·

Ai dis verskriklik hartseer, ek is ook ‘n Ouma en baie baie lief vir my kleinkinders. Sorry Ouma en Ouers ek bid net dat Jesus julle sal vertroos en eendag die antwoorde kry op al die vrae. Sterkte in hierdie donker tyd, bid vir julle

VANNA ·

Ai dit is hartverskeurend. Baie sterkte aan ouma, ouers, familie en vriende. Net God kan jul die moeilike tydperk help. Hou jul in my gebede :(

Leon ·

Ai dit is so hartseer, nog so jonk. Ek is self daar deur en glad nie lekker nie.. en die pyn gaan net nie weg nie, daar te veel vrae, te min antwoorde. Ek het myself n copy van Dood,waar is jou angel deur David Niebuhr gedownload daai tyd.. baie gehelp, want dis presies hoe ek gevoel het. Baie sterkte aan almal wat geraak word

Lienkie ·

Ouma en ouers, ons innige simpatie vir julle, mag Liewe Jesus jul vertroos in hierdie bitter tyd. Ons gebede is met julle.

Hannelie ·

Ai dis so hartseer, veral vir sy ouma wat dalk die laaste een was wat hom gesien het. Jul sal baie vrae hê, maar onthou daar is nie altyd antwoorde….berus daarin. Ek weet waarvan ek praat, ons as familie is ook daardeur. Niks sal ooit weer dieselfde wees nie. Hy was so jonk en so ‘n pragtige kind. Sterkte aan sy familie. Mag Jesus jul vertroos in hierdie hartseertyd.

Louna ·

Baie Sterkte aan die familie mag God julle troos ek is ook so deur n moeilike tyd .

Louna ·

Baie Sterkte aan die familie mag God julle troos ek is ook so deur n moeilike tyd.

Landi ·

Ag nee. So sit ek vandag en dink aan my broer. Dit is sy verjaarsdag vandag, maar ongelukkig het hy ook besluit die wereld is nie vir hom nie. Ek het maar deur die jare geleer om van die vrae te vergeet en net die mooi te onthou. ‘n Mens leer om met dit saam te leef maar vergeet nie. Baie sterkte aan die familie en vriende in die ogelooflike moeilike tyd. Mag God by julle wees.

Leonie ·

Ons innige simpatie aan die familie in hierdie verskriklike moeilike tyd xx

Catryn ·

Sterkte aan Jerry se geliefdes – mag Hy julle troos in die moeilike tyd

Stacia ·

Ouers wees asb ten alle tye op hoogte van u kinders se doen en late. Kinders is baie geheimsinig en deel nie altyd openlik met ouers nie. Leer ken u kind beter en identifiseer vroeë simptome van Depressie in kinders. Sterkte aan ouma, ouers en familie selfs skool maatjies. My dogter was met hom in dieselfde klas en getuig van die goeie in Jerry.

Cynthia-Mare Brand Gouws ·

My hart gaan uit na sy ouers en geliefdes, ek ken hul pyn, ekt my seun ,Rynhardt op 5 Jun 2013 ,op dieselfde wyse verloor..dit is die seerste seer ooit, net God kan mens hierdeur dra.Jerry , was in my kleindogter se klas, sy verwerk dit baie moeilik.Die seer word met tyd sagter, die gemis en verlange egter net meer en meer.,sterkte aan sy gesin..,

Annetjie ·

My innige simpatie sterkte aan die familie. Dis baie hartseer net Desember lees ek van n Dogter Katelyn Nicole Davis wat haarself ook opgehang het in Amerika maar dit gelife stream het…..Ai dit breek my hart – sulke jong pragtige kinders….Sterkte veral aan die Mamma xxx

E.K. ·

Kan iemand wat hul ken dalk die “Gedagte vir die dag” van vandag, 17 Maart, op Maroela se webwerf vir die gesin aanstuur – dis so mooi en ek is seker dit sal iets beteken vir hulle.

diane van graan ·

so bitter hartseer en wat almal se maak dit nie makliker nie. al wat ek kan se dit word beter
maar gaan nooit verby. sterkte en ek bid vir julle dat julle een dag op n slag krag kry om deur die
donker tye te kom
Diane

Niki ·

Ai so hartseer..ons innige meegevoel aan die familie en vriende..kan nie dink dat so mooi seun ook nou weg is nie..ons moet meer begin openlik wees met ons kids en hulle probeer maak praat as iets lyk of daar fout is..ons kan lewens red so…

Johan ·

Ãitogggg…wat ‘n terugslag…daar is nèt nie woorde nie…mag ons dierbare VADER julle omvou in SY liefdevolle vertroosting…sterkte aan Oums,Moekie & familie…????⚓⛵⚓??

Elsabé Smith ·

Dit is die seerste seer wat daar is. My kind is nou byna 9 maande weg, sy eie lewe geneem. Jy kan eers verstaan wanneer jy self deur dit gaan. My gebed is dat NIEMAND moet verstaan nie….want dit beteken dat jou kind sy lewe geneem het. Baie sterkte….dit is nie ‘n maklike pad nie. Kry Christelike berader. Ekself is nou by Griefshare…

Celine ·

Ek is regtig jme oor jerry hy was n baie goeie vriend.maar hy is ni weg ni hy sal altyd in ons hatjies wees… Baie sterkte jerry se mamma en pappa.

Stukkende Hart ·

Ek kan net my kop skud….sommige mense wat in dieselfde asem se jammer en tog n vinger wys….geen geen ouer sal toe kyk indien hulle n probleem waar geneem het nie. Jy kan hoe openlik wees of hulle bewus maak van depresie dit help soms nie. My seun het ook besluit hy doen dieselfde op kersdag. Dit is die seerste seer wat oor mens se lewe kom. Geen iemand wat daar deur is sal dit verstaan nie. Behalwe die vrae is daar nog skuld gevoelens ook so glo my los maar die vinger wys, Dit is hel vir die ouers en familie. Kan net se sterkte

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.