Gesin in winkel ‘verneder’ oor kinders se slaapklere

Die slaapklere wat die dogters gedra het. Foto: Audrey Swart via Facebook.

Die slaapklere wat die dogters gedra het. Foto: Audrey Swart via Facebook.

ʼn Ma van Glenharvie het haar na sosiale media gewend om haar misnoeë uit te spreek teen Pick n Pay in Westonaria, wat haar en haar twee dogtertjies glo nie wou toelaat om hul inkopies te voltooi nie, omdat die kinders slaapklere aangehad het.

Audrey Swart het aan Maroela Media gesê haar twee dogtertjies, onderskeidelik agt en 11 jaar oud, het Woensdagaand vroeër as gewoonlik hul slaapklere aangetrek. “Die weer was baie swaar en ons het vir die dogtertjies gesê om sommer lekker vroeg te bad. Ons is toe net vinnig Pick n Pay toe vir brood en melk.”

Volgens Swart is sy, haar man en hul kinders omstreeks 19:20 saam na die winkel toe. “Ons het klaar broodrolletjies gekry en ek was op pad na die suiwelafdeling toe ʼn vrou van Pick n Pay na ons toe aangestap kom. Sy het net gesê ‘good evening’ en ʼn papier onder ons neuse gehou. Ek moes self lees wat daarop geskryf staan.”

Swart het gesê die nota het aangedui dat kinders blykbaar nie in die winkel mag wees met slaapklere aan nie. “Ek het toe maar die kinders gevat en begin uitloop. My dogtertjies was bang en skaam. Hulle het nie geweet hoekom kyk almal nou vir ons nie. Die manier wat sy dit gedoen het, het ons regtig soos skurke laat voel,” het sy gesê.

“Die dogters was saam met ons die winkel in omdat hulle baie bang is vir die swaar weer en weerlig. Dit is seker die tweede keer in hulle lewe wat ons hulle toelaat om met hulle slaapklere winkel toe te gaan.”

Swart het na die voorval ʼn inskrywing op die Krugersdorp Community Forum Facebook-blad geplaas om ander mense te waarsku oor die Pick n Pay se reël. “Ek wil regtig nie baklei of iets nie. Ek het my man nog nooit so kwaad of ongelukkig oor iets gesien nie. Ek het amper nie gisteraand geslaap nie omdat ek weet my dogtertjies voel nog steeds sleg. My oudste kan al verstaan en het gevra hoekom sy nie haar slaapklere mag aanhê nie.”

Swart beweer nadat hulle die winkel verlaat het, het ʼn seuntjie, van ongeveer drie jaar oud, die winkel ingekom met nagklere aan. “Ek kan nie met sekerheid sê of hulle daardie gesin ook gevra het om te loop nie,” het sy gesê. Swart het aanvanklik gesê haar man sou vandag die bestuurder van die winkel oor die aangeleentheid gaan spreek, maar het later gesê sy is nie seker of hy nog beplan om dit te doen nie.

Dan Booysen, die bestuurder van die Pick n Pay in Westonaria, het by navraag aan Maroela Media gesê ʼn plakkaat is wel op die deur geplak wat aandui kinders mag nie met slaapklere aan in die winkel wees nie.

Swart beweer hulle het nie die plakkaat gesien het nie, anders sou hulle nie ingegaan het nie. Swart het ook gesê Booysen “was nog altyd vriendelik” en dit dra juis daartoe by dat die hele ervaring vir hulle so sleg was.

Volgens Booysen pas baie winkels in die omtrek dieselfde reël toe. Hy het gesê hy is bewus van Swart se Facebook-inskrywing en het intussen na beeldmateriaal van die voorval gekyk. Hy het gesê die seuntjie, wat na bewering na die Swart-gesin die winkel in sy japon binnegekom het, kan nie op die beeldmateriaal gesien word nie. Hy het wel op die beeldmateriaal gesien hoe die vrou die nota vir die Swart-gesin neem.

Booysen het aan Maroela Media gesê hy het die Krugersdorp Community Forum Facebook-blad verlaat, omdat hy nie moddergooiery wil betrokke raak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

218 Kommentare

Bennie ·

Belaglik verby Pick en Pay gaan julle nou alle klante se kleredrag bekyk en stop as hulle onvanpas aangetrek is in julle boeke ?

Antoinette ·

Wat gebeur as GROOTMENSE dit doen?! Net Mooi NIKS nie. In ons Pick en Pay het ek hulle al gesien met pajamas, japon en pantoffels aan.

Petra ·

Hulle verlies! Nou koop ek ook nie meer daar nie. Hulle skiet hulleself in die voet

anne ·

daar is geldige rede hiervoor….dit maak die tellers moeg en traag, o…jammer hul is alreeds. dit is so lagwekkend dit maak my siek voel. van al die veranderings in ons land is hierdie reel darm wragtig die mees eenvoudigste ooit.

Johann ·

Wat is die ouderdomsperk vir babas en tieners met slaapklere?

elize naude ·

ek sal nie my 11jarige dogter in pajamas gaan inkopies doen nie…

C ·

Almal in Westonaria moet dalk ‘n optog P’nP toe hou in hul PJ’s. Sommer die Ma, Pa, Kiddies en die Bediende. Doen dit sommer vir ‘n week lank en betoog teen hierdie stupid reel. #ppstupidrulemustfall!!!!

Wilma ·

In vakansiedorpe gaan doen die mense inkopies met hulle swembroeke aan. Sommige goedgeboude en minder goedgeboude dames dra hulle bikinis en draai net ‘n handdoek om. ‘n Bikini is mos maar eintlik dieselfde as ‘n panty en ‘n bra. Die kinders en mans loop sonder handdoeke. Wees bly die mense besoek nie die winkel kaalstert nie. Daar is dames wat so gewaagd aantrek dat slaapklere dalk meer gepas sou gewees het. Hierdie reël is kleinlik.

ekke ·

Ai, ek loop in my slaap, moet ek seker nou in my jeans gaan slaap vir ingeval en by PnP in loop.

Corrie ·

So wat sou die rede wees vir die reël? En geld dit vir die moderne tendens om met pantoffels winkel toe te gaan.

Joanie ·

Wil ek ook weet. Is dit ‘n brand gevaar of terrorisme bedreiging?

Cheree ·

That is far beyond pathetic,humiliating and obsurd!!!How dare they!Were those kids a threat in any way!My blood is boiling!My daughter is 8 and also now & then runs into the shop with
me in her Pj’s from time to time for an emergancy stop after certain hours.If those are seriously
company rules then why does that not abide to other PicknPays around SA.Thank goodness I do not live there,I WOULD have made the manager apologise to my kids!!!

Philip ·

Dis tog seker maar hoe mens van kleins af kinders opvoeding leer, beskaafdheid? Trek vir hulle reg aan vir die regte geleentheid, mens gaan met slaap klere of pantoffels winkels toe nie. As hulle bang was vir die weer, pa en ma was mos daar? Crocs….aanvaarbaar net in sekere areas….lol

henda ·

Belaglik ek kan nie glo daar is so n reel nie! Mense gee dan nie eers meer om of hulle ordentlik geklee na n winkel toe gaan nie maar nou wil hulle n bohaai maak oor kinders met slaapklere.

Vicky ·

Ag asb almal wat kla oor kinders wat met pj’s winkel toe gaan moet groot word. Ek bad my kind al 5 uur in die middag en ja ek gaan winkel toe met haar en “so what about it”.

Lollie ·

Goeie genugtig dis darem verskriklik dat n mens nie sommer net na n winkel in n haas kan gaan nie. Hulle is eder bereid om klante te verloor. Dis ridiculous!!

marlene ·

Dit is nou absoluut belaglik! Hulle gaan beslis nie budget maak op hierdie manier nie!
Klomp nonsens –

charlene ·

En nog `n rede hoekom ek NIKS by `n Pick n Pay sal koop nie!!! Dit wys net alle Pcik n Pay winkels gee niks om vir klante!! Ek hoop julle sal nooit weer daar iets gaan koop nie. Nee dankie ek verkies Spar, dan weet ek darm ek gaan nie vrot vleis koop nie! En ek dink hulle slaap klere is oulik. Dis netjies, mooi en lekker warm. Damm niks wys mos nie. Jy en jou kiddies moet julle nie aan die kleinlikheid steur nie.

Balkie ·

Watter simpel reël is dit pick a pay? Swak swak swak. Stel kinders in nagklere jul in gevaar? Sies man. SIES.

Le Roux ·

Hoe belaglik. Is die “reël net van toepassing op kinders ?

Chris ·

Dit is so belaglik, My seuntjie het ook al paar mal saam my winkel toe gery met sy nag klere, veral in die winter tye wat dit koud en reenirig is en hy vroeer bad as gewoonlik. In teendeel ek was al verskeie kere in PnP en ander winkelsentrums en grootmense aangetref met slaapklere of n japon aan, wat maak dit dan anders van die kinders,

Tanya ·

Ek is verslae! Eerste keer dat ek so iets belaglik hoor. Dit het my al baie oorgekom dat ek, nadat my kinders gebad en pj’s aan het besef ek kort dringend iets by die winkels. Moet ek maw hul eers weer uit- en aantrek net om 5 min in n winkel te spandeer???? Ek sien niks fout met wat hierdie dogtertjies aangehad het daardie tyd van die aand nie. Soms laat mens se omstandighede jou nie anders toe as om jou jong kinders saam te neem nie. Die ma was immers nog na alles ordentlik en het uitgestap op versoek. Duidelik maar hierdie Pick n Pay te veel geld as hulle besigheid weg wys oor pajamas!!!!

Beitjie ·

Mnr Booysen, as daar ‘n boemelaar instap met sy sente en sy verslonsde klere……gaan jy daardie honger mens ook uit jou winkel uitjaag…….
Dit is vir my regtig ‘n absoluut belaglike reel.

Alida ·

Mens gaan nie winkel toe met slaapklere nie. Die kinders (8 en 11 jaar) is nie meer babas of peuters nie. Is julle verbaas dat almal julle aanstaar? Ek het onlangs in ‘n winkel teen ‘n volwasse vrou vasgeloop met PEP se winterslaapklere. Sy het seker gedink dit is ‘n sweetpak. Ek het presies dieselfde en daarop staan “sleep tight”. Genugtig mense word wakker.

Le Roux ·

Wees bly sy het klere aangehad. Vat n “chill pil”. Daar is erger dinge in die lewe as om met slaapklere shopping te doen.

LM ·

Rerig waar?Daar is niks fout daarmee nie hulle is kinders of is jy nou eintlik die kind?

Francois le Cochon ·

@Alida. Toe ek die berig lees, het ek geweet al die kommentaar gaan in die guns van P’n P wees.
Maar was ek verbaas om te sien dat die mense die vrou se kant vat. Jy is doodreg. Leer jou kinders van kleins af reg. JY GAAN NIE MET JOU SLAAPKLERE INKOPIES DOEN NIE. So eenvoudig soos dit. Dit gaan als oor opvoeding, en respek vir ander opgevoedes.

Se iets ·

Regtig Alida

DIS KINDERS en as dit n groot mens is wat maak dit saak, hulle gaan nie na n modeparade toe nie. Maak jy jou hare neals en als wanneer jy gou n brood en melk gaan koop? Seriously dalk moet jy n bietjie wakker skrik

Anne ·

Rome brand en mense baklei oor kinders wat met pj’s winkel toe gaan ?

elize naude ·

ditto… ń 11jarige hoort nie met pajamas in n winkelsentrum nie… en ook al trek ander hulle nog so simpel aan…

sproete ·

nou wat maak dit saak waar sy haar klere koop? kyk jy neer op mense wat PEP klere dra.Ek het ook al met nag klere winkel toe gegaan.my pa se mos reeds my nag klere is my werks klere. en baie mens love hul nag klere en ek is 1 van daai mense

Aloma pretorius ·

Stem saam Alida, miskien is dit juis oor die slaapklere, pick & pay verkoop ook slaap klere wat dalk net so lyk

Acca ·

Ek sal sommer met my slaapklere gaan en kyk of hulle my gaan stop. Wat van die jong mense wat partykeer amper is aan het nie en die mense wat sê klere so vuil is dat jy nie eens langs hom wil loop nie. Hulle sal niks aan hulle doen nie want dan kan jy dalk.net rassities wees die ma moes dadelik die raskaart gespeel het want hulle sou dit gedin het.

LM ·

Dis rerig nie nodig om rassisties te wees nie,dit gaan net oor hoe sleg die situasie hanteer is en dat dit belaglik is dat jou kind nie met slaapklere in PnP mag wees nie.Dis swak karakter om so te wil dink oor alles in vandag se tyd,ons moet probeer die groter mens wees of hoe?

elize naude ·

@ dennis & LM
alida het haar standpunt met die nodige respek geuiter, wat mens van julle beledigende noot kan aflei nie… juis dit maak die verskil of mens opgevoed is of nie…
mense wat meen iemand is verkramp omdat die persoon nie in pajamas gaan inkopies doen nie het blykbaar nog nie van die woord respek gehoor nie…

Lucy ·

Dis belaglik – hulle het duidelik nog nie by ander pick n pay winkels ingestap op ‘n saterdag of sondag oggend om te sien hoeveel volwasse dames nog met hulle slap klere rondloop. dis totaal onaanvaarbaar. WIE IS HULLE OM VIR JOU TE SE WAT JY MAG EN NIE MAG AANTREK NIE.

Francois le Cochon ·

@Lucy. As jy nie goeie oordeel het nie, dan kan P’nP vir jou besluit, veral as die meeste van P’nP se klante ordentlik geklee is soos opgevoede mense.

sani ·

Belaglik !!! Pick n Pay verkoop dan self slaapklere in van hulle klereafdelings. Wat van mense wat nie kaste vol klere het nie. Waarvoor die reel?

Ouvrou ·

Wat van sogenaamde, “dowes” wat binne P&P kaartjies met handgebare op aan kliënte probeer afsmeer. Hulle het nie toestemming van die bestuur nie en is baie opdringerig. Hoekom word kinders verjaag maar nie hierdie mense nie

Liza Human ·

Dis die eerste wat ek van so `n reel hoor. Dis nie asof `n vrou met `n deurskynende nighty daar
instap nie! Belaglik verby!

cynthia ·

ag dit is niks nie het nou die dag n pa gesien by die garage met sy dogterjie wat net n swembad jassie aangehad het wat oop was jy kon duidelik sien die kind het niks onder aan gehad nie, tenmiste het die dogters darem slaapklere aangehad wat hulle bedek het

Kerneels ·

Ek was meer as 10 jaar laas in Pick’ n Pay oor hulle met my ombeskof was oor brood prys verskil het by kan register. Hulle hou daarvan om mense in openbaar te verneder.

Rina Coetzee ·

Ag nee…face the music, Mnr Booysen!! Wat op dees aarde is fout met kinders in hul nagklere, sekerlik skoongeskrop voor hulle dit aangetrek het? Of verwag jy (en die ander winkeleienaars in die “omtrek”) dat die ouers hulle alleen by die huis moes los? Kom ek sê nou vir jou, as ek daardie twee ouers was, het ek nie weer ‘n sent by jou winkel spandeer nie! Het jy ook ‘n probleem met die straatveër of konstruksiewerker wat gou oppad huistoe by jou winkel stop vir ‘n brood of melk? Verduidelik asb net vir my die rede agter hierdie reël, want hierdie ouma verstaan nou niks meer nie!

piet pille ·

Stem volkome saam met Rina. Beste raad boikot daardie P&P.

Wilma ·

Ek sal ook bitter graag soos Rina wil weet wat is die “rede” agter hierdie reel. Kan Maroela Media DIT asb vir ons by P&Pay uitvind?

DS ·

Regtig belaglik! Wat van tieners wat se onderklere te aanskoue van almal by hulle klere uitsteek (ons koop immers kos hier en dit is genoeg om enige normale mens naar te maak) word hulle ook PnP verbied?? En ook soos voorheen genoem wat van ons voetslepende pantoffel generasie – laaste toe ek gekyk het was pantoffels by die nagklere afdeling beskikbaar! My vraag is net wat is die motivering agter hierdie reel van PnP??

Lee ·

Dis wragtig belaglik. Ek kry die kinders verskriklik jammer. Pick & Pay is nie wat hulle was nie. Ons ondersteun hulle ook gladnie meer nie. Spar is 100% beter. Kinders is kinders. Wat van party vrouens wat als uithang en klere nie gepas is om eers by die huis te dra nie. Hoekom mag hulle in die winkel ingaan. Swak Pick & Pay hoop julle verloor miljoene kliente.

Adre Jacobs ·

Dis Kinders en wat is fout met hulle slaapklere Hel dis nie asof hulle NAAK in winkel in is nie Wees menslik ASSEBLIEF .Ek kan nie sien dat daar fout is daar mee nie.

hoekom? ·

Ek sal verstaan indien die reël toegepas word teen volwassenes wat inkopies in hul slaapklere wou doen, maar nie klein kinders nie? Aan die ander kant, ek sal nou wel ook nie my kinders in hul slaapklere winkels toe neem nie…

Marinda ·

Belaglik. Wees bly die kinders het klere aan. Hulle kry nog steeds hulle geld ongeag hoe jy lyk as jy na n winkel gaan. As Pick n Pay se bestuur/werkers dan dink hulle is beter as ander dan sien hulle my ook nooit weer nie. Ons mense wat daar koop betaal hulle salarisse.

Carina ·

Ag nee regtig. Dis nou kinderlik! Ek kan regtig nie insien hoe kinders met nagklere aan enige fisiese of emosionele skade kan rig nie. Ek sal eerder se vandag se tieners met hul kort hempies en broekies is n probleem, maar nagklere?! Nee regtig, belaglik verby.

Se Net ·

Ek wil geaag vir Alida vra of sy n mamma is. Ons bad graag ons kinders vroeg en soms moet ons almal maar gou winkel toe om iets te gaan koop. In SA kan jy nie waag om jou kinders alleen in die kar te los nie. Ons sien baie kinders met nag klere aan in die winkels. As nagklere so n groot issue is vir Pick n pay en party mense, wil ek graag weet hoekom daar nie so groot bohaai gemaak word oor jong mense wat oopsie broekies aan het of klere wat skaars toe maak? Party groot mense dra dit ook. Ek koop ook niks meer by pick n pay nie. Pic n pay julle is so belaglik oor onskuldige kinders in nag klere. Se Net…

Se iets ·

Ek kan vir julle se hoekom daar niks gedoen word aan die jong meisies wat ontrend niks aan het nie dit is mos “mode”vir die man om na hulle te kyk en dink dit is nice maar SLAAP KLERE op kinders is n sonde in sy oe seker. Ek sou daai man mooi vertel het wat ek van hom gedink het en ook sy personeel wat daai papiertjie kom swaai het. Jong weet jy vandag se mense……………….

elize naude ·

mens los NOOIT kinders in jou kar nie!!! hier in duitsland hoef mens nie bang te wees nie, nogtans sal jy as ouer geboet word…ek sal my kinders nie so blootstel met pajamas aan nie…

Lila ·

My liewe aarde.. dit is baie kleinlik en belaglik.. kinders is mos kinders man! Hul verkoop dan slaapklere in hul winkels se klereafdelings.. hoekom sit hul dan nie sommer ‘n bord buite die winkel op dat geen overalls en boemelaars en armes en prostitute of die wat soos dit voorkom ook nie hul winkels mag besoek nie..
Geld het nie n voorkoms of kleur nie!

Moet mens dan nou begin suits en snyerspakke na hul winkels dra.. eks seker nie eers Woolies sal kapsie maak teen daai uitrustings nie! Deesdae se kinderslaapklere lyk beter as van die speelkleertjies wat ons gehad het as kinders!

elize naude ·

as ń winkel onderklere verkoop gaan jy dan ook dieselfde argument hê?

Madelyn Benson ·

So ruk terug het Spar met hulle Angry Birds stickers mense aangemoedig om op ‘n Sondag pajamas aan te trek om sodoende ekstra stickers te kon kry. SPAR TIEN HOERA’S VIR JULLE

Anneline ·

Ek het nog nooit van so n belaglike rëeling gehoor nie. Dit is absurd. Gaan hulle nou begin mense voorkeer as hulle nie netjies genoeg aangetrek is vir die PnP ae standaard nie of is dit net vir kinder slaapklere?

Annelize ·

Hier word van twee dogterjies gepraat, 8jaar en 11jaar. Nie van twee vrouens wat in ‘n deurskynende “next to nothing” daar ingewals het nie. Obviously kan jy mos nou nie ‘n kind en ‘n volwassene oor dieselfde kam skeer nie.

Johan ·

Moenie kla as jy nie jou kinders ordentlik kan aantrek nie.

ontstoke ·

Watse nonsens is dit!?! Slaapklere is klere!!!! Dis kinders! Al is daar 100 plakate op is daar absoluut niks verkeerd met n kind wat winkel toe gaan saam sy ouers met slaapklere nie!!! Eks sommer intsteld oor PNP se kleinlikheid!!!!!

Net ek ·

Kom ons almal daag daar op met ons “pajamas” kan net te lekker wees.

Hein ·

Weet jy my mond hang oop so geskok is ek !!

Watse skade kan daai kinders nou doen in Nagklere ?

Pick@Pay are you guys serious ? Or do you make to much money that Rules like this can be put in place ??

Will i am ·

Die hele parlement sit vol met slaapklere aan. Gister weer gesien hoe sit hulle en slaap.

Sterretjie ·

Hoekom word die vroue wat van die gym af kom met hul amper niks aan klere en vol sweet toe gelaat?

Laurika ·

Nou wil ek weet, wat van die mense wat nie kan lees nie? Ek het by ons Binnelandse Sake in Vanderbijlpark die sekuriteits vrou gesien IN UNIFORM nogal, wat met pantoffels loop. Niks fout met haar voete nie, seker net moeg omdat sy so spekvet is.

Kobus 4e ·

Get a life, its for free. Jy kan darem die kinders se nagklere sien, op die foto. Daar is volwasse dames wie se klere die helfte minder lap is as die kinders se klere op die foto, Gaan jy hulle vra of hulle daarmee kerk toe gaan?

Jj ·

Ek is jammer. Ek stem saam dat pajamas onvanpas is. Maar net vir volwassenes. Komaan. Dis kinders wat na 7 uit is. Dis ‘n goeie ma wat haar kinders vroeg bad. En nie hulle in die motor los nie of alleen by die huis nie. En is dit ‘n pnp reël of is dit net een individu se reël.

E.K. - wil ook maar net noem... ·

Simpel reaksie van winkel, maar regtig ma, die een kind is al elf. Ek weet darem regtig nie. Hoekom hul dan nie maar tuis laat nie? Ek sou as elfjarige GLAD nie wou met pajamas winkel toe gaan nie, weet mos skoolmaats wat my dalk sou sien sou my sprt en so. Nee wat, voor jul my stenig, ek was nei daar en weet dus nie regtig hoe die winkel opgetree het nie maar as dit so was en so erg was, sies vir hulle maar ma, nee wat, dink ook maar aan hoe jou kinders voel.

Oupa Neels ·

Moet nie aanstoot gee aan mede kopers nie. Trek hulle ordentlik aan. Of trek n sweetpak bo oor aan.

Jo-Anne ·

So plek sal my nie weer sien nie!! Nou wat van die klomp swart mense wat met slippers na winkels soos Pick n Pay en Spar, ens gaan??? Daar is rerig niks fout met kinders wat in nagklere is nie …. n Plek se meeste besigheid is by die mense wat kinders het en behandel my kinders soos skurke en ek sal nooit weer by jou besigheid doen nie!!

Swak Pick n Pay!!!! Swak

Delicia ·

Wel ek sal beslis nie Pick n pay weer ondersteun en ek koop elke dag daar omtrent. My seun is 2 en partykeer sal hy ook in nagklere wees as ons vinnig moet inglip om iets te koop. En my toon is seergemaak, so ek kan net met slippers loop. So nou gaan ek vertel word om te loop daaroor??? Daardie Pick n pay ken nie my man nie. Julle behoort julle te skaam Pick n pay, kinders kan julle nog oorsien. As dit n volwassene was, is dit n ander saak. Dink bietjie oor julle dom reëls!!!

Annelize ·

Ek is ander Annelize en was nog nooit ‘n slaapklere buite die huis mamma nie, maar ek dink die hele situasie is swak hanteer deur P&P. Ek sien ook eerder klein kindertjies in mooi en gepaste slaapklere, as party van die klere wat grootmense dra. Solank ons net nie ons kinders leer om nog steeds slaapklere te dra winkels toe, wanneer hulle groot is. Madelyn, by ons Spar was dit te oulik om die kinders in hulle mooi nagklere te sien vir die Angry Birds. Pick en Pay moet leer om mense waardig te behandel. Veral kinders kan vinnig vernedering aanvoel en dit is moeilik om dit teen te staan. Wat sal Pick en Pay doen met ‘n Mamma wat geen keuse het om haar siek kind in nagklere saam te vat winkel toe, want sy het nie iemand om na haar kind te kyk nie. Nee wat, ons laat te veel dinge toe wat nie eens belangrik is nie. P & P moet liefs konsentreer op belangriker dinge.

elize naude ·

goeie genade mens sleep nie n siek kind na n winkelsentrum om gaan inkopies doen nie…

Anne ·

Elize dalk moet jy stadiger met die snedige opmerkings, miskien moes die ma winkel toe en daar was niemand anders om na die kinders om te sien nie. Ten minste het sy hulle nie alleen by die huis gelos nie!

Annelize ·

Elize, as jy my kommentaar weer lees, sal dit jou kommentaar korrigeer. As ‘n mamma nie iemand het om na haar siek kind te kyk en sy moet winkel toe gaan, gaan sy haar siek kind in nagklere saamvat en nie alleen by die huis los nie. Die punt wat hier gemaak word, is……sal P&P hierdie mamma ook aanvat oor haar siek kind se nagklere.

Jean ·

Dis belaglik, boikot die P&P, hoekom mag bouers met vuil overalls oral ingaan maar klein kindertjies nie met pajamas nie? Dis ‘n skande, wat maak ‘n kind se kleredrag saak? En bedelaars, mag hulle niks daar koop met hulle stukkende klere nie? BELAGLIK, het nog nooit sulke gemors gehoor nie.

ansie ·

Alida jou kommentaar is daar….ht jy kinders? Hulle was aangestaar NA die nota aan hul gegee was..ek glo nie enigiemand sou een opgemerk ht wat hul aangehad ht as dt ni vir daai stupid nota was. Ten minste het hulle klere aangehad.

Dante ·

Dalk is die reël juis ingestel om kinders te beskerm. Nie alle kinders besit mooi, ordentlik en gepaste nagklere nie. Dit kan ongewensde aandag uitlok, maar ongelukkig moet die reëls deurlopend toegepas word. Ek dink nie dit was Pick n Pay se intensie om spesifiek hierdie gesin te teiken nie.

#pajamas must fall ·

Kom ons maak ‘n amptelike Pajamas dag. Dan gaan ons almal P&P toe met pajamas.

Griet ·

Lol! Ek stem. My kind se skool het volgende week pajama dag. Dan gaan al die kinders in hul pj’s skool toe. Al 1100 van hulle.

Anoniem ·

Slaap klere aan kinders word nie toegelaat nie, maar groot mense mag loop en brood rolle, vrugte ens eet? Ek het nou al hoeveel keer verby mense geloop veral in Brits P&P waar mans loop en solank smul aan hulle brood rolle? Hoe is dit aanvaarbaar? Ag nee man P&P kry julle prioriteite reg!!!

Piet ·

Wow, waarna toe gaan die wereld. Nooit gedink die dag sal kom dat “Mense” sal stry oor slaapklere.

Lindie ·

Maar as daai selfde kinders gelok word met stikeez en ma moet koop is hulle goed genoeg. Gaan vlieg P&P dit is kinders. Julle moet groot word.

Nakkie ·

Dis vir my baie snaaks, want verlede week was ek in Pick n Pay Doornkloof en daar was ‘n hele gesin – ma, pa en twee dogters in hul slaapklere. Niemand het iets gesê nie. Dis dalk net daai winkel, want dis beslis nie ‘n P n P reël as ek dit so kyk nie.

johann barnard ·

Party mans en vrouens se onderklere steek dan uit.

Alki ·

OOOOO sal dit liewer nie waag om in my shortie pajamas te gaan shop nie. Sal sowaar toegelsuit word dis virseker hahaha

SeNet ·

In hierdie situasie kan ek niks daarme verkeerd vind nie en voel die optrede van PnP was onvanpas, nie die kleredrag nie. Die feit dat dit nagklere is en nie vulger of onvanpas vir mede klante nie maak dit net meer skokkend. So ook die natbroeke wat dink daar is iets mee verkeerd, wat so lekker bek kan uitspoel daaroor met die kommentaar wat hulle lewer….regtig – kan julle eerder wakker skrik- of moet ons dit op ‘n nota skryf en julle dit in die hand stop voor julle bykom? Kyk bietjie hoe kan party GROOT mense in Walmart rondloop!

Frieda ·

Dis eerste wat ek dit hoor. By ons mall Matlosana het hul soms fliek waar almal nagklere mag aantrek. (Winter tye). En daai jong kinders selfs groot mense loop die hele mall vol. Nog nie gehoor dat pic a pay. Iemand uit gejaag het nie.

Santie ·

Ek verstaan heeltemal dat klein kindertjies soms moet vroeg bad en dan kom mamma en pappa later die aand agter die melk is op. Dan gaan boet en sus sommer gou saam in hul jamies. Ons het dit ook gedoen toe ons kiddies klein was . My kinders is ook nou 8 (seun) en 11 (meisie) en hulle het albei op eie stoom begin weier om in hul slaapklere êrens uit te klim op omtrent so 6 jaar . Hulle het op hul eie besef slaapklere is nie bedoel vir buite jou huis nie. 8 en 11 is wraggies net te groot!!!!!

Frank ·

Soms het kinders beter oordeel as volwassenes Santie. (Ek keur pnp se stupid reel glad nie goed nie maar soos jy gaan dit vir my oor die waardes/beginsels/respek/opvoeding)

Piet Pompies ·

Op die fotos kan gesien word dat die slaapklere glad nie ondraaglik is nie, so ek verstaan nie die reel. Dit lyk of gesonde oordeel eerder ‘n problem kan wees.

Joey Kemp ·

Man dis sommer twak…Van wanneer af kan n winkel besluit wat sy kliente mag of nie mag draft nie…duidelik maak hulle genoeg wins as hulle.kan kies en keur hoe hulle kliente aangetrek moet wees.

SNEL ·

So hartseer dat in plaas van n warm verwelkoming kry julle so koue skouer. As alles toe en bedek is; wat is dan tog die fout. Hierdie is nou regtig die dam onder die eend uitruk en dis n skande dat n bestuurder met sy simpel reëls kinders wat klere aangehad het wat alles mooi toemaak en bedek nou so sleg, skaam en ongemaklik laat voel. Hoop jy gee die ouers kruideniersware vir n jaar vir jou swak gedrag mnr Bootse en om nie die kinders se speelgoed bederfies te vergeet nie. Jy sal diep moet krap om die gesin weer welkom te laat voel in jou winkel en as jy die saak nie reg hanteer nie gaan jy ander gereelde kliente ook verloor.

Cindy ·

Dis vir my helemal belaglik…. so ruk trug met die Angry Bird premosie by Spar het hulle gese as kinders met hulle slaap klere kom kry hulle dubble stickers en tokens. so wat maak Pick n Pay so spesiaal. dis kinders…. Nee kyk nie net is hulle pateties as dit by diens en by die tille kom nie maar wil my voorkom die management is ook dik deer die blare. dis net kinders…

blommie ·

Dis belaglik, vakansie gangers loop in ons mall’s rond met bikini’s, soms n kortbroek of n handoek om. Dis kinders!! Genade.

Hendrikb ·

Dem. daardie P&P het seker sy eie reels. Hulle bekoort dan ook nie nagklere, bra’s onderbtoeke of panties op die rakke uit testal nie.
Hulle kan baie baie bly wees dis bie studente wat daar koop nie.

Maria ·

Ek sou dit verloor as dit met my moes gebeur het. Daai vrou of al pick n pay se mense sou hul koppe ingedruk het waar hul nie graag wil nie. Die pick n pay moet dit try. Sal mooi vir hul se wat ek dink van die saak. Daar is baie kere wat ek met my nag klere en slippers iets gaan koop as ek my man moet kry en ek het iets vergeet. En toe ek swanger was het ek parmenent met slippers geloop want my voete was baie geswel kon nie skoen aan kry nie. .

Daniel ·

Hou reëls reëls, veral as jy dit gebreek het. As jy verkeerd was moet mens sit nou deesdae as “vernedering” bestempel as iemand jou tereg gewys het?

Monrek ·

Ek sal defnitief my geld elders vat.. ‘n kind met nagklere gan nie skielik ‘n barbaar word omdat daai kind nagklere aanhet nie.. wat dan van gewone “Casual” klere, of evening wear en sulke goed???

Wees eerder bly dat die kinders klere aanhet en nie kaal ingehardloop kom nie..

Ek kan nie glo mense kan so wees nie.. daai reel was defnitief opgestel deur iemand wat nie kinders het nie.

Yolandi ·

Dit klink vir my meer of iemand by daai spesifieke PnP n issue het met kinders in slaapklere… hoekom sien ons dit nie by ander PnP’s nie?Normale gesonde mense met kinders sien niks fout daarmee nie. van Wanneer af het ‘n winkel enige se oor wat jy as persoon mag aantrek in die publiek? Dis belaglik. As die bestuurder nie hou van mans met lang hare nie, gee dit hulle die reg om n plakaat op te sit wat lees: “geen mans met lang hare”? Of “geen oorgewig kliente” of”geen kinders in slaapklere”? Julle los n bitter smaak in n mens se mond

Landiq ·

Oh my word – ek is “dumb struck”! As die ou wil moun oor pj’s – nooi ek jou met graagte uit na bela bela in vakansie seisoen. Mense oud en jonk met met bikini’s aan, speedo’s, hemp en amper broekie en niemad kyk jou skeef aan of jaag jou weg ni. Each one to its own. Daai is sommer ‘n belaglike reel. :-/

Wilna ·

Mens gaan nie met slaapklere winkel en restaurant toe nie. Ag en elf jariges is nie meer babas nie

natz ·

In Piet Retief mag jong meisies wat van die Riet danse afkom, sonder enige bedekking en onderklere in Pick a Pay rondloop, indien jy kla omdat dit mense ongemaklik maak, word jy afgejak en bloot gese “dit is kultruele drag”. My seun het nie geweet waar om sy kop te sit nie. Dit is belaglik!

C ·

Ek dink daai Pnp is gemors en soek aandag! Los ons mamma’s se kinders uit !!!

lynette ·

Kyk ek wil nie oor die saak redeneer nie, ek het nooit my kinders uitgeneem met pajamas aan nie maar glo elkeen kan self besluit. Wat my egter verbaas is die vele mense wat se hulle sien ander grootmense of dra self nagklere na die mall. Weet nie waar hulle bly nie, maar ek het dit nog nooit gesien nie!!!

Maret ·

Ag asseblief!!!! Ek sien daagliks volwasse mense in PnP wat dink satyn bokser slaap broeke is kortbroeke. En dat dit mode is oom soos tant Stienie met krullers in die kop en pantoffels aan winkels toe te gaan. As hulle konsekwent wil wees moet hulle ‘n “dress code” daar stel vir almal. Wat van semi formeel. Kyk of julle dan nog enige kliënte oor het. PnP staan dan as ‘ n gesins winkel bekend!?

Chrissy ·

oink oink….. ai dit is kinders en nou gaan almal aan oor leer jou kinders dat jy nie nagklere winkels toe gaan nie…… 11 en 8 is nog kinders, as hulle oor 13 was sou ek saam gestem het, vandag se samelewing wil die kinders ryp druk voor hulle tyd,

ek ondersteun nie Pik en betaal nie, vir jare al nie, en wanneer ek soontoe moet gaan, wil my gesin nie eens saam met my gaan nie, elke keer is daar iets wat my rooi laat sien. die laast was net na n voet operasie toe n tannie haar vol trollie bo-oor my voet stoot met n spoek, ek was op krukke en in gips, haar response “i did not see” ek moes terug hospitaal toe om die skade weer te herstel……… Checkers, spar, President hyper enige tyd…..

Se Net ·

As Pick n Pay hoofkantoor nie dadelik ietrs omtrent hierdie “reel” doen nie en hierdie familie in die publiek jammer se nie, vat ek van vandag af my besighied na Spar en Checkers! Genade tog. Hoe belagklik is dit! (So tot ons hoor hoe Pick n Pay dit hanteer is ek nie meer hulle klient nie)

Diamore ·

Ek as n “shopper” kyk glad nie snaaks na n kind wat hom/haar pj’s aan het nie, dit pla my glad nie en dit is glad nie onsmaaklik om te koop nie…. wat my pla is girls wat hulle name weggooi en geen respek vir hul lywe het nie, en die ou wat kom vra of ek sy goed kan betaal. Maak ‘n plan eerder met daai en los die mammas wat hul kids na 19:00 in n winkel vat met pjs aan….

Soen ·

Ek koop al lank nie meer daar nie want hulle laat jou soos n gek in rye staan al wil jy net een ding koop. Dis by alle takke in die land waar ek al was so.

Margaret ·

Dis belaglik! Dis klein kindertjies… hoe kan hulle so kleinlik wees? Wonder wat hulle gaan doen as almal op eendag besluit om nagklere Pick en Pay toe te dra.. gaan hulle dan bereid wees om daai eendag geen winste te maak nie en dit oor kleredrag! Hulle arrogansie is verstommend!

Maria van Dieweeck ·

Daar is groot fout met mense wat n probleem het met kinders in nagklere. (11 jaar oud en n blote kind!!) Soos mense hier tekere gaan is een te veel. Kan PnP asb verduidelik?

Hannelie ·

Weeee jy….. en hier dog ek Pick ‘n Pay is ‘n winkel vir die gesin… wat omgee vir kinders .. duidelik nie…. weet hulle dis kinders wat in die verleentheid gestel was en nie net ouens nie…wat gaan dit aan daai kinders se menswees doen…. ek hoop regtig hulle PnP skaam hulle oor die gebeur…. sien man… daar is regte prosedures… of het hulle nie meer menslikheid nie… soek net die geld…vergeet van die mense wat dit moet bring!!!!!

foxi ·

Ai ai tog! Al die bohaai oor slaapklere…….vandag se kinderklere kan jy nie regtig onderskei tussen pj’s en speelkkere nie. Plaas ppay eerder hul werkers dophou by die toonbanke/tellers.
Daar word gechat en gechat. Jy moet maar net jou beurt afwag. En dit is n HELSE JOB om die kruideniersware in te pak……oh tog….daardie traaaagheid! En dan wil hulle kla oor kinders met slaapkkere aan! Kry beter sieninge met beter positiewe dinge wat saakmaak!

maaiki ·

My maggies nou het ek als gehoor. Daardie kinders se nagklere maak meer toe as sommige ander mense se kinders van die selfde ouderdom.

Sorika ·

Hulle “brand watch” die nagklere nou. Shame arme kindertjies gaan seker nou almal “designer nighties” moet kry! Nee wat PNP julle strokies is te lig om te lees, julle tellers is onvriendelik en stadig verby. Ek ry verby PNP en koop veel eerder by Spar diens is uitstekend en die bestuurders gaan uit hulle pad om jou te groet en almal is vriendelik. Miskien moet die student nou begin betoog “PNP must fall”

Fransa Burger ·

Eks nie ten gunste van volwassenes wat met slaapklere winkel toe gaan nie, maar hierdie is regtig belaglik! In Bloemfontein kry jy afslag by SPAR as jy op n sekere dag on jou pajamas gaan. Dink hulle noem dit pajama- Sunday of so iets..

Wilma ·

Nee kyk, nou het ek alles gehoor! Bly om van Sorika te hoor dat sy ook die probleem by P&Pay ondervind soos ek dit kronies ondervind, nl. die onvriendelike, “stadig verby” tellers. Dog dis net ek wat “haastig van geaardheid is”. Ek probeer hard ‘n geselsie met die mense aanknoop, maar 99% kere pure verniet! Pleks vra die bestuur DIE mense om maar te gaan! En dan items waarvan daar nie ‘n prys op die rak is nie, en jy die naaste P&Pay personeellid nader vir hulp , en hul jou gange vêr verwys opsoek na die naaste “scanner”, dryf my teen die mure uit. Moet my dalk permanent uit P&Pay uit dryf! Ek hoop van harte Maroela Media gee al hierdie misnoëe deur aan P&Pay.

Frank ·

Ons is maar net ‘n doodgewone christelike family met een van die waardes wat ons geleer is om nie met slaapklere in openbaar rond te loop nie. Bo en behalwe dit sal ek wragtig nie MY dogter toegelaat het om met slaapklere in openbaar te loop en dalk die aandag van ‘n pedofiel te trek nie.

Terloops. Net omdat “ander mense” dit of dat doen is NIE ‘n maatstaaf of regverdiging of watookal vir ‘n mens se EIE waardestelsel nie en dit geld vir alles, oor stopstrate ry omdat taxi’s dit doen, drink en bestuur omdat almal dit doen en watookal.

Frank ·

MY kommentaar is oor die beginsel en familie waardes van 9 – 11 jarige dogters in nagklere in openbaar en sover dit Pnp se reel en toepassing daarvan aangaan is ek beslis daarteen gekant.

Lolapot ·

Jy speel seker? ‘n Goeie Christelike familie sê jy. Mynmagtig alert the press daar is nuwe wenteling in geloof. Dis nou onchristelik om in jou pj’s te loop in die publiek. En dan wonder mense hoekom daar so baie mense is wat wegdryf van geloof. Dis agv hierdie argaiese ansoluut verspotte benadering.

Retha/ ·

Ek het nuus vir jou Frank, seuns word ook gemolesteer. Pedofiele bekyk seuns net so graag as meisies. En ons gewone dag klere is dikwels kaler as nagklere. Ek het eerder beswaar teen die klein kindertjies wat so lekker kaal loop op die strande, want hulle is nog klein word gesê. Gun ons kinders hulle pajamas, grootwees is ‘n leeftyd lank!

vermeende ·

Man kyk, as ek daar naby gebly het dan sou ek nou gaan brood koop het in my PJ’s en n horde kinders saam gevat in PJ’s.
My voorstel is, as jy weer gaan inkopies doen laai sommer pj’s in jou waaintjie en los dit net by die till.
As kinders in hulle nagklere nie welkom is nie dan moet hulle geen kinder produkte verkoop nie en veral nie PJ’s nie.

esther du toit ·

Pick & Pay verwar hulself seker met Walmart’s in Amerika! Daar sien jy omtrent spektakels. Julle monde sal oophang!

Nicolene ·

Ek stem saam dat die manier waarop die situasie hanteer is nie reg is nie.
Dis interessant dat soveel winkels die reel oor slaapklere het. Ek sou dit in ‘n positiewe lig sien. Mens loop nie in jou slaapklere rond nie. Dis net ordentlik om dit nie te doen nie. Vir dieselfde rede dat mens nie kaalbolyf winkel toe gaan nie, of in jou bikinie, wat eintlik maar net onderklere is.
Slaapklere is vir jou slaapkamer. Hoekom sou mens met so ‘n private deel van jou klerekas in die openbaar wil verskyn?
Dit laat my dink aan ‘n padda wat stadig in ‘n pot water al hoe warmer word.
Hoekom sê ek dit? Ons bly in Kanada en die padda hier is al dood.

Theo Kleynhans ·

Is dit nie n normale afrikaner ding om ons kids in n winkel in te vat met nities nie…
Ek doen dit baie en bly in n top area in Durban noord nog nooit eers n skewe kyk gehad nie…
Dit is swak Pick and pay.

Jaco Gericke ·

Ek glo dit nie. Net in laas week het n vrou haar baba geborsvoed in n ketting winkel! ALLES WAS ONTBLOOT. Nou kla hulle oor kiddies in pajamas!!!!! SIMPEL GOED

Heleen ·

Hier in Warmbad sien mens gereeld vakansiegangers met swemklere en kaalvoet in PickaPay. Groot dames met klein bikinis!

Marie-louise ·

PnP julle is belaglik met julle stupid reel… Gits… Word wakker. Tenminste het sy haar kinders nie alleen tuis of in die motor gelos nie. 100% vir jou mamma.. Ek het al self met my slippers gou ‘n melkie gaan koop daai tyd vani aand… Die nuwe suid afrika loop helder oordag met hille nagklere in ons mall rond…. Dan praat ek van die mammas… Nie eers die kinders nie….

Neilia ·

Ohk, laat ek reg verstaan nagklere is uit ? Maar jong meisiekinders watvshorts aantrek wat lyk of jy regdeur kan sien en daai help my fris lyk hemde wat mans dra is in ? Hahahaha pick en pay verstaan jy nou mooi as julle my ooit so briefie gee gaan julle beslis n menapause tantrum kry en glo my as ek se i do not go silently. En wat is so hoogmoedig aan pick en pay ? Laat my dink aan die mense wat by Woolworths koop , lekker neus in die lig, ek lag vir julle want ek koop kontant en betaal nie my vleis in paaiemente af.

Ella ·

Die ding is…..
En waar trek mens die streep?
Want sien Slaapklere is slaapklere ,
Net soos onderklere nie swemklere is nie, al is party swemklere meer uitlokkend as onderklere.

Carolus ·

Nou begin die gemiddelde I.K. van P&P se werkers deurslaan na die bestuurders toe, Dan Booysen het jy nog nooit as n volwassene in jou tuin rondgeloop met jou nagklere aan waar almal jou kan sien nie?

Antie ·

PnP is jaloers omdat hulle nie sulke mooi pajamas het om te verkoop nie, vandaar die reel. :)

GenoegIsGenoeg ·

Onaanvaarbaar, maar om hier onder mekaar te kla gaan GEEN verskil maak nie. ALMAL van julle wat hieroor onsteld is, gaan kla NOU op Pick n Pay se Facebook en Twitter blaaie. Ek het sopas begin maar dit sal help as julle almal ook sal. Laat julle reaksie hierop hulle soos n vloed tref, en mag geregtigheid geskied vir wat aan daardie familie gedoen is. Laat hul kliente regoor die land hiervoor hoor, nie net ons wat Maroela Media lees en onder mekaar ophef maak nie. Hulle het hierdie familie in die publiek verneder, en hulle verdien dus niks minder terug nie. As ons niks doen nie is dit more my of jou familie waarvoor niemand n stand vat nie.

Netek ·

Die hele probleem hier onder die kommentaar sien ek die stywe lippies en perfekte ouers wil kom NONSENS praat oor respek en opvoedibg en en en. Nou terwyl julle sulke kenners is in die veld, neem ek aan julle is ook voor in die kerk en skinder altyd oor almal?? Lol waarheid maak seer ne. Pick n Pay behoort hulle te skaam oor die optrede. O ja en al ons perfekte ouers …… gaan blaas doppies saam met Pick n Pay se simpel reel. Bo blink en onder stink……dis hoe julle is. Los die ouers uit, hulle het niks verkeerd gedoen nie.

Alida ·

Aan almal wat my met klippe gooi. Ek het 4 kinders wat geleer is om ordentlik aan te trek in die openbaat en baie bly om te sien dat dit wat ek hulle geleer het oordra aan my kleinkinders. Mens trek vir jouself aan. Maar as die kommentators hierbo so min van hulself dink gaan uit in n stertriem as dit jou gelukkig maak.

Rissie ·

Alida, ek stem 100% saam! Hulle kan soveel klippe gooi as wat hulle wil, op die ou einde van die dag gaan dit oor waardes… Leer jou kind van kleins af wat is reg en verkeerd. Ek ondersteun al die ondernemings met dieselfde beleid, want as die ouers hulle kinders nie die basiese waardes kan leer nie waar gaan ons eindig??

Magaretha ·

Mense raak te gou op hol oor niks. Daar is n rede vir die reels. In die tyd wat ons leef met pedofiele oral is dit belangrik dat die kinders wel geklee is in die publiek. Op watter oudedom sal die kinders leer mens trek aan vir die okasie? Die ma kon mos eers winkel toe gegaan het en dan die kinders laat bad het.

ek ·

Moet mens nou jou kinders in “suit en tie” opdress net om pick n pay toe te gan???

Gerhard ·

Ai, ek slaap sonder ‘n draad klere aan, sal defnitief nie mag ingaan nie!!!

Gideon ·

Ek bestuur n plaaslike Spar en dit is algemeen dat grootmense en kinders in pj’s winkel toe kom. Ons vind niks daarmee fout nie…inteendeel die kliente is gemaklik en n gemaklike klient spandeer meer in jou winkel. Ons speel selfs musiek waarvan die area se inwoners hou….verkoop waarvan hulle hou….en gesels te lekker saam…..dis belaglik om kliente te dikteer op hul kleredrag…..alle winkels verkoop die selle produkte…..dis die diens wat verskil.

Ansie ·

Ek het laasweek agter vrou by pnp in die ry gestaan. Haar hele kop was vol rollers en sy het pantoffels aangehad. Dis skandalig. Kindertjies is ander saak

Lizettet ·

Agge nee, regtig! Was dit nou nodig. Die kinders is geklee.

Durban inwoner ·

In Durban op die Suidkus kom die hele familie met net hul swembroeke aan shopping doen in PicknPay. Die vrou met net ñ sherong om haar heupe. Die vet boep pens man sonder ñ hemp. Die dogtertjies met bikini wat die een boudjie uithang, Hoekom word hulle nie uitgejaag nie.
PicknPay ons wag op ñ antwoord

Ria Fourie ·

So 2 weke terug was ek in PnP Kolonade op n Donderdag so teen 13h00. My oe het amper uit my kop geval toe n thirty something swart dame deur die winkel slof met haar nagklere en pantoffels. Niemand het eers boe of ba gese nie. Nou wat nou??? Wat goed is vir kinders in pajamas moet dan mos ook goed wees vir volwassenes? Ag nee PnPay

Poplap ·

Viva comrade viva. We will not rest until this agent insurgent has been demobalised. Viva PJ’s Viva

Karen ·

Nee kyk dit is belaglik!!!! Solank jy nie kaal in die winkel loop nie maak dit werklik nie saak wat jy aan het nie. Jou geld is so goed soos die volgende een sin!!! Bestuur Pick a Pay ‘n supermark of ‘n mode salon???? Ek verstaan dat elke besgheid die reg van toegan voorbehou, maar die reel is belaglik en onvanpas. Kinders in nagklere is nie ‘n bom nie en gaan niemand skade doen nie. This is discrimination against children!!

Nico ·

As dit Pick&Pay se reels is boikot ek vanaf vandag ENIGE Pick&Pay. Nou steur Pick&Pay hulle aan kinders se kleredrag terwyl hulle eie werknemers nie weet wat die woord klientediens beteken nie.Hoekom moet die verbruiker hierdie belaglike twak opvreet? Ek hoop die spesifieke Pick&Pay speel binnekort bankrot. Dan sal almal seker welkom wees om in speedo’s en Crocks te kom inkopies doen by Pick&Pay.

Randie ·

Absolute snert! As ek elke dag met albei my kinders geklee in PJ’s na Pnp Cycad toe sou gaan vir n jaar, sal die squeezas en personeel steeds vriendelik smile en groet van die kookkos rakke, tot die bakkery, tot by die slaghuis! Almal altyd vriendelik, geen oordeel op grond van my kids se klere nie. Absoluut malligheid daai man!

LekkerGelag ·

Lekker lag ek nou. LW dit is nie ‘n ‘Pick ‘n Pay’ reël nie, dit is aan daardie SPESIFIEKE winkel gekoppel. Deesdae kan niemand meer lees en begrip toon van wat gelees word nie, skim net so en besluit self wat jy daarin ‘lees’. #HatersGonnaHate

Willem ·

Ek was gereeld daar by daardie winkel. Daar was nog NOOIT kennisgewings op oor nagklere nie. Tragies dat ‘n besigheid SO kan lieg.

Rve ·

Eerstens moet mense versigtig wees om pnp te stenig oor een bestuurder by een winkel wat so belaglike reël maak. Ek het al by verskeie pnp winkels gekom waar kinders met hulle pj’s in die winkel loop en niemand knip ‘n oog daaroor nie. Tweedens beweer die dame dat ‘n werkgewer met ‘n nota na haar toe gekom het en dus nie luidkeels voor ander mense haar verneder het nie. As mense hulle dus aangegluur het soos sy beweer was dit moontlik oor sy ‘n bohaai opgeskop het daaroor. ‘n saak het altyd 3 kante. Dit alles gesê, is dit belaglik om so ‘n reël te hê. Meeste kinders nagklere is baie meer bedeesd as grootmense se slaap klere, en ek kan elk geval nie verstaan hoe ‘n winkel ‘n “dress code” Van die aard kan hê nie.

2 soet meisiekinders! ·

Aan die 2 meisiekinders: dankie dat julle mooi sort was,reeds gebad her en na ma en pa geluister her toe hulle gesê het jul moet hou winkel toe gaan! Julle her niks verkeerd gedoen nie, en jul ma en pa ook nie! Ek is baie jammer die vrou het julle laat sleg voel, sy het verkeerd opgetree. Moenie verder sleg voel daaroor nie ASB, mense het verskillende idees oor wat reg is,en party mens glo net húlle is reg, en dat hulle maar lelik mag wees met die res van ons! Ek dink eerder SY moet skaamkry, om dat sy 2 pragtige meisies hartseer gemaak het! Xx

gert ·

Gaan almal na p n pay toe met jullr nagklere en kyk of hulle so n magdom mense sal stop om in te gaan.

Antoinette de Greeff ·

Eerder n kind met pajamas as n vrou met n kop vol rollers en dalk nog pantoffels ook. Het PnP die definisie van kind ook bygesit.

Marian ·

Wow, een van die dae word kaalvoete belet en moet jy optof?!?!? Dit is nou belaglik rerig. Hoekom word nagklere verbied by kinders, as jy na die foto kyk is dit ordentlik , wat is die rede vir dit?

Mads ·

Eerstens wens ek almal wat klippe gooi wil ophou. Elke liewe berig is daar NEGATIEWE opmerkings. As jy nie in die mense se skoene staan nie, hou op kritiseer. Soms loop mense met pantoffels om mediese redes. Daar is ALTYD ‘n rede vir ‘n gedrag. Slaapklere is net soos enige ander klere, KLERE. As jou ligaam bedek is, en jy gemaklik is daarmee, dra dit. Die is boonop kinders. Duidelik is die “besigheids” aspek verskuif na die uiterlike. Dis verregaande. As jy in by die see op vakansie is, is dit geensins snaaks om kaalvoet te loop in ‘n winkel met jou swemklere aan nie. Ek kan geen rede sien hoekom die nou so groot issue geword het nie. Miskien kan Pick & Pay die werklike rede gee vir dit. Mens maak tog seker reels met ‘n rede.

Francois ·

Nadat ek deur al die vorige kommentaar en aanmerkings gelees het is dit duidelik dat sekere mense ‘n “better than though” houding te toon stel. En dit is nog al die jare een van die groot probleme onder blanke Suid-Afrikaners wat aanstellerig is en neersien op hul medemens, vir welke rede ookal.
Elke mens en elke gesin het hul eie waardes en normes en dit is niemand se besigheid om aan enigeen voor te skryf oor hoe hulle moet aantrek. Daar is wel sekere perke wanneer jy kerk toe gaan of na ‘n dinee of selfs na sekere restaurante, maar die perke is welbekend en mense dra kennis dat reg van toegang voorbehou word in die gevalle.
Maar vir sekere van die respondente hier soos Alida om so uit te vaar teen kinders wat vroegaand gou saam met hul ouers inkopies gaan doen in hul nagklere is verregaande.
Hou jou by jou eie selfgestelde staandaarde en los ander mense om te doen soos wat hulle goed dink. Die beginsel hier is om jou neus uit ander mense se sake te hou wat niks met jou uit te waai het nie.
Dit is absoluut onaanvaarbaar dat ‘n gesinskettingwinkel so onvanpas opgetree het teenoor die gesin. Indien dit ‘n korporatiewe voorskrif was (wat blyk dat nie so is nie) sou almal kennis gedra het daarvan.
Die saak moet defnitief aangespreek word met PnP se hoofbestuur en ‘n openbare verskoning moet aan die gesin gegee word.

daan ·

Moet nie weer daar koop nie ek koop lankal by n ander groep baie beter diens ook, laat hul goed vrot op die rakke

Johan Geldenhuys ·

Het hulle n reel van vrouens wat sit en borsvoed in die openbaar ?

Nannie ·

Pick & Pay se diens hier by ons net so vervalle. Wag tot 10 min om n prys te gaan soek en dan kry jy so afgewaterde “SORRY” van die bestuurder af.

Jessica Fourie ·

Ek en my kinders sal winkel toe gaan met waat ook al klere ons aan het. Wat gaan Pick n Pay doen my arresteer omdat my kinders pajamas dra. Pick n Pay is belaglik!!!

Lindie ·

Gedoriewaar al die winkels in Oklahoma USA (Ponca city) sal bankkrot wees …. Want dit is die algae end “dress code” vir 95% van die mense daar

PJ Mamma ·

Kinders klaar gebad oor die weer. Pappa kan nie sy vrou en kinders alleen by die huis los nie, want dis te gevaarlik. Jy kan hulle nie in die kar los nie, want dis gevaarlik. Jy kan hulle nie in Pick ‘n Pay invat nie, want hulle is nie reg aangetrek nie. Mense, dit raak belaglik….

E.K. (vra net) ·

O tog – kry die video van PnP – sekerlik is daar een. Dan kan mens nou regtig sien hoe en wat gebeur het. Ek persoonlik sou NOOIT dat my kinders in slaapklere saam met my winkels toe gaan nie – nie eers met ‘n kamerjas bo-oor nie regtig waar. En veral nie as die dogtertjie al elf is nie – my kind sou ook NOOIT ooit dit wou doen nie, die weet ek! Dis maar hoe EK voel – as ander anders voel, wel laat hulle maar vir my is dit nie reg nie en soos ek sê veral nie as die netjie al elf is nie.Nee wat, klink of PnP dit nie reg hanteer het nie maar soos party darem hier tekere gaan? En vir net brood en melk kon die pa dan mos maar tuigebly het met die kinders? Of kon die pa dan nie maar alleen die twee items gaan koop het nie??

Erika Kruger ·

Dis netjies en skoon en mooi. As dit nou ‘n 16jarige meisietjie is wat in ‘n kort en deurskynende nagrokkie loop sal ek se daar trek jy die lyn. Dit het met baie mense al gebeur dat jy iets kort en gou winkel toe moet jaag. Ek sien geen fout met wat sy gedoen het nie. sy het nie haar kinders in die kar gelos of by die huis nie.

Cornelia ·

Alida en Elize Naude , julle alewige snedige opmerkings op elke beriggewings
wat MM plaas, laat mens wonder wat julle nou eintlik met julle negatiewe kommentaar
wil bereik.
Francois, ek stem met jou saam, dit is klein kinders, nie volwassenes.
As so iets myself en my kleinkind moes oorkom, sou ek Pick ‘n Pay se Hoofbestuur ook genader het.

G ·

Haha, en hier dog ek dis net ek wat vir Alida en kie. wil sê om minder bitterbek deur die lewe te gaan.

Ruby ·

Swak PnP swak!

Pleks julle konsentreer op julle kassieres wat praat dat die spoeg klap terwyl sy ‘n kliënt se goed oplui.

Ek moes al my stem ‘n paar keer dik maak om diens te kry.

As ek in daardie area gebly het, het ek verseker julle geboikot. Gaan bietjie kyk by ons PnP…..

Pat ·

Ek sal graag Pick ‘n Pay se terugvoer wil hoor. Eerstens oor hoe hulle so reel regverdig en tweedens hoe hulle dit op kinders van toepassing maak. Ek gaan vanmiddag kyk of ons Pick ‘n Pay ook so reel het.

Liza ·

Ek wonder nou net, PnP verbied kinders met ordentlike slaapklere aan maar wat van die jong meisies wat se klere so kort en styf sit en nog deurskyn ook, soms hang als nog uit ook, hulle word toegelaat. En dan loop hul so helder oor dag in die besige winkels. Hierdie kinders was in die aand, vinnig daar, moes hul nou eers gaan opdress voor hul winkel toe mag gaan. Om nie eens te praat van die jong seuns wat se broeke op die kniee hang sodat almal hul boxers kan sien uithang nie. Mense sê en noem van opvoeding van kinders om nie so winkel toe te gaan, waar is daardie meisies en seuns se opvoeding???? En as daar nou ‘n noodgeval was moes die kinders ook eers ander klere gaan aantrek. Dis ook nie asof die kinders elke dag in hul slaapklere winkel toe gaan nie. En nee my kinders gaan nie sommer in PJ’s winkel toe nie, maar as hul dit klaar aan het en ons moet gou gaan, gaan ek verseker nie eers dat hul ander klere aantrek nie. En as PnP nou wil kieskeuring wees oor wie hul geld daar spandeer, daar is ander winkels ook. Jul diens of nee wag daar is geen diens is in elk geval pateties. Lui eerder jul personeel ordentlik op in customer service en los onskuldige kinders in slaapklere uit.

Moira ·

Pathetic and petty. PnP this is ridiculous. Spend time training your Cashiers and staff.
Good bye PnPray!!

Denise ·

Hierdie slaapklere storie is nou regtig belaglik het die Pick n pay mense niks beter om te doen as om hulle op te hou met iets wat van geen belang is nie ????

SAARTJIE ·

AG ASB TOG. DAAI LYK DAN MEER SOOS SWEETPAKKE AS PAJAMAS. DIS SO BELAGLIK. EK SOU OOK SOMMER ‘N DRAAI RY NA ‘N CHECKERS OF IETS EERDER AS PICK ‘N PAY. HUL IS INELKGEVAL BAIE DUURDER.

Belinda Matthee ·

Saartjie, eintlik is nie een van die twee duurder as die ander een nie. Ek doen maandelikse surveys en wanneer jy die spesiale aanbiedinge met mekaar uitkanselleer kos die goed presies dieselfde. Een week goedkoper of duurder by een en die ander week duurder of goedkoper by die ander een

Nina ·

Dis vir my LAGWEKKEND dat die Afrikaner als en almal wil boikot oor snert! Het mense net geen selfrespek meer oor nie? 11 jaar oud is al ‘n jong dametjie, en my 11 jarige meisiekind sal DOOD van skaam as ek haar in slaapklere winkel toe vat! SLAAPKLERE. Dit hoort in jou huis, nie in die publiek nie. Mens gaan nie by jou voordeur uit in SLAAPKLERE nie; punt. Hemel, wat het van basiese opvoeding en maniere geword?

Retha/ ·

Ek het nuus vir jou Frank, seuns word ook gemolesteer. Pedofiele bekyk seuns net so graag as meisies. En ons gewone dag klere is dikwels kaler as nagklere. Ek het eerder beswaar teen die klein kindertjies wat so lekker kaal loop op die strande, want hulle is nog klein word gesê. Gun ons kinders hulle pajamas, grootwees is ‘n leeftyd lank!

Elsabe Janse van Rensburg ·

Wel kom ons almal staan gou gou in ñ kringetjie en klap hande vir Pick & Pay Westonaria en die sentrum waar jul geleë want idioties en belaglik is eerlikwaar nou na ñ nuwe vlak geneem. As n kind wat skoon gebad is met skoon pajamas in die aand nie welkom dan is die motor werktuigkundige die paneel klopper die tuinier die konstruksie werker wat gou op pad huis toe by pick & pay moet ingaan vir ñ aankopie seker ook nie welkom. Ons moet maar almal meer ons plaaslike en gemeenskaps kafees ondersteun Groot ketting winkels het duidelik nie ons geld nodig.

Sonia van Niekerk Maharaj ·

Dit is belaglik. Gaan koop van nou af by ‘n ander winkel. Wat maak dit saak wat hulle dra solank al die belangrike plekke toe is. Is Pick and Pay nou te formeel vir ons?

Lollapot ·

Klip in die bos – maar hoe is dit nou anders as mense wat KAALVOET in die winkel loop? Is daar reëls vir dit ook?

Drieka ·

Dit is nou regtig baie kleinlik. Ek wil net gou iets se. Ek bly in ‘n klein dorpie en ons het nou ook die geval gehad maar dit was ons Ackermans winkel. Ek en my sister loop met ‘n trollie in die winkel in en ons kinders daar binne in. Die bestuurder van die winkel loop na ons toe en se vir ons ons mag nie met ‘n trollie in die winkel wees nie. As jou kind rond hol in die winkel of dalk gesteel word dan is dit nie haar problem nie maar sy skreeu baie vining op jou kind om hom/haar te gedra. Hulle is pleinweg net kinderlik.

Leandrie ·

ek is geskok, ek is self n ouer en bad my kind al 5 uur in die middag en ek dink dit is belaglik om met so iets vorendag te kom, miskien moet hulle minder fokus op klante se kleredrag en meer aandag gee op tellers wat so stadig is en sit en gaap voor klante. Pick n Pay julle sal veroorsaak dat klante nie meer by julle wil koop nie. wat vir my so verbasend is dat hulle so ophef maak oor kinders in nag klere, maar daar word niks gedoen as studente hul klere voor die media uit trek en naak in die publiek rond loop nie.??? dit is sulke goed wat ‘n mens negatief maak..

Janet ·

Sjoe, kinders met pajamadrag word verbied maar vroue met leggings aan wat bitter min aan die verbeelding oorlaat is toelaatbaar? Wonder maar net.

Trish ·

Ek spandeer letterlik duisende rande maandeliks by Pick & Pay … maar nie een dooie sent meer nie .. geen verskoning vanaf Pick & Pay sal goed genoeg wees vir die vernedering wat die gesin deurgemaak het. Totsien s

Belinda Matthee ·

Ek gaan nie kommentaar lewer op PNP se reels nie want net soos jou huis moet hulle ook sekere reels in plek he. Ek wil egter vra hoe laat jy jou elf jarige dogtertjie met haar pajamas winkels toe gaan. Wat ander mense dra en waarin hulle shopping doen is nie jou probleem of besigheid nie. Gaan jy met jou swemklere kerk toe? Vra net

barend ·

soos jou kinders groot gemaak word so sal hulle redineer as hulle ouer word,daar is n tyd en plek vir alles .kyk net hoe gaan mense kerk toe maar as daai selfde mense uitgaan word dit opgetof ,en wat van die winkel trollies wat oornag “”prams”” geword het groot kinders word nou rond gestoot in trollies .kan die winkels nie maar n reel in bring dat geen kinders in supermarkte toe gelaat word nie veral drank winkels se maar net

Rika ·

Dit is belaglik verby! My kleindogter bly by my en wanneer ek haar 5 uur in die middae na werk gaan haal by die kleuterskool, is sy VUIL verby en kaalvoet! En ek gaan telkens eers vinning winkel toe voor ons huis toe gaan. Verwag julle dat sy, en EK, eers moet huis toe, gaan bad, skoon aantrek en hare kam voor ons die belangrike winkel mag besoek? Ek is doodseker die vrou se kinders was baie skoner en netjieser as wat ek al baie ander mense in winkels gesien het, kaalvoet, kortbroekies, noem maar op. Of is vuil en onvanpas geklee beter as skoon nagklere? En die enigste verskil tussen baie van vandag se “nagklere” en sweetpakke is die prentjies op die materiaal. Ek dink ek moet ook maar pnp vermy, net nou word my vuil kleindogter ook die deur gewys….

ME ·

Wonderlik – baie dankie P&P dat iemand nog probeer om die samelewing op te voed! Jammer mamma dat julle ongemaklik gevoel het. Leer asb van die situasie en plaas dit dan agter julle.

MercMan ·

HAHAHAHA! Hulle kan bly wees dit was nie ek nie. EK loop self met my Mickey Muis Slippers rond as ek van die werk afkom. Dan wil ek nie eers praat van my Paysley Japon nie … As hulle wil PJ’s verban moet hulle asb crocs ook verban omdat dit lelik is. Ek het ook ‘n paar voorstelle wat die dame met daardie nota kan maak die dag wat sy my voorkeer met so ‘n versoek.

Marilize ·

Dis hoekom my kind nie slaapklere het en eenvoudig in sy jean of broek en tshirt slaap ?

Mamma van 3 girls ·

Ek love #mysparlyttelton #pnp het ook nie eers meer al my huis goed nie my girls 2, 4 en 10 ook al in hul pj’s saam winkel toe nou eers bly dat ek nie daar meer koop nie hulle diens is vrot spar baie nice mense

Mike de Beer ·

Dit is twee onskuldige kindertjies. As dit die ma was wat met haar nagklere gaan inkopies doen dan is dit iets anders!

Noxthefox ·

Wat van die Mamma’s wat soms direk van die GYM reguit na die sogenaamde top winkel(volgens hulle syfers)gou daar stop in GYMKLERE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!1
VRA MAAR NET!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Leon Meiring ·

Hahahaha ja Pick and Pay dit kan net julle wees met sulke belaglike spellings, Viva Pick a Pay

Vissie ·

Dit is uiters belaglik man!!!In my liewe lewe!MENSE KOM BY, KLERE IS KLERE!!!Ek dink daar buite is ander goed belangriker as klere!!!As jy PNP toe gaan, gaan jy nie na ‘n modeparade toe nie!Dit is ook maar net kinders!!

Vienna ·

Wearing gym gear is totally different from
wearing sleepwear to any shop/mall.
What sort of a mother are you, they are little girls.
Maybe ‘only in Westonaria’
That’s why they have the board in the window.
Won’t see anyone wearing sleepwear in Bedfordview.
Good on you P&P !

Se net ·

Ek haal my hoed af vir daardie ouers, want hulle het hulle kinders saam met hulle gevat, ander ouers los hulle kinders by die huis en in die motors, wat as iets met hulle daar moet gebeur, dink bietjie, die lewe is siek daar buite, my kids kan elke dag met hulle pajamas saam my kom shopping doen, solank hulle net veilig by my is. Spar nie problem met slap klere nie, ondersteun spar eerder.

RK ·

Ek verstaan eerlik nie waarom mense so gal braak net omdat ‘n winkel heel billike reels afdwing nie. Wat is verkeerd daarmee om te vereis dat mense betaamlik aantrek in die publiek? En ja, ek weet daar is baie mense wie se klere nie veel aan die verbeelding oorlaat nie en dis volgens my ook onbetaamlik.

Punt is, as jy gaan werk word daar van jou verwag om in ‘n sekere manier geklee te wees, as jy kerk toe gaan dan word daar verwag dat jy in ‘n sekere manier geklee sal wees, ens. Dit gaan oor respek, nie net vir ander maar ook vir jouself. Die lyn moet iewers getrek word.

As jy kinders toelaat om dit te doen dan gaan daar steeds die wees wat se hul val onder die verpligte ouderdom net om weg te kom daarmee. Daarom die reel van glad nie. Dis nie so moeilik nie en nie soveel moeite om te sorg dat almal betaamlik geklee is nie.

Los die nagklere en swemklere vir waar en wanneer dit wel betaamlik is. Net omdat mens iets kan doen maak dit nie aanvaarbaar nie.

E.K. - ek sê net!(alweer!) ·

Dalk het P’nPay dit nie reg hanteer nie, ek was nie daar en weet nie presies hoe en wat wie en wat gesê is nie. Maar 1. my kinders sou NOOIT met naglklere winkels toe gaan nie – my keuse. 2. Ek hardloop nie soos ‘n skaap agter ander aan nie en gaan beslis nou nie HIEROOR skielik vir PNPay boikot nie. as hulle die naaste winkel is op daardie spesifieke oomblik wat ek inkopies wil doen, sal ek daar koop. 3.Dis my keuse en dit gaan oor gerief vir my; wat gebeur het is ‘n saak tussen die winkel en die kliënt. 4. Dis soos ‘n skool wat ‘n kind laat aantree oor kleredrag en nou boikot EK die skool; of ‘n apteek is ongeskik teenoor iemand anders nou boikot EK hulle- kan talle voorbeelde noem. Belaglik, regtigwaar…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.