Gesin leef in vrees ná aanhoudingsdrama

Argieffoto van Winterveld, noord van Pretoria. (Foto: Facebook)

’n Gesin van Pretoria in Gauteng leef in vrees nadat hulle ’n week gelede in die noorde van die stad voorgekeer, gedreig en ure lank in Winterveld aangehou is. Die egpaar en hul 12-jarige dogter is eindelik laat gaan nadat boosdoeners ál die gesin se geld uit hul bankrekenings onttrek het.

Die gesin is van R130 000 en ander besittings, waaronder hul selfone en ’n trouring, beroof.

Die gesin vermoed boonop dat die verdagtes nou deur middel van ’n app op hul gesteelde selfone moontlik toegang tot die sekerheidskameras in hul huis kon kry en hulle dophou.

Die ma, wat verkies om anoniem met Maroela Media te gesels, vertel dat haar man en dogter haar verlede Dinsdag gehelp het om pamflette vir haar werk – nie ver van Soshanguve, noord van Pretoria, nie – uit te deel.

“Dit was ’n lekker dag. Alles het goed gegaan,” onthou die ma.

Toe stap ’n jong man nader en druk ’n vuurwapen teen haar dogter se kop. Die man het die gesin beveel om in die ma se werksmotor te klim en die ma beveel om na Winterveld te ry. “Hy het vir my gesê waar om te ry, waar om te draai. Toe moet ons stop …”

In Winterveld gekom, het die man die gesin se pa aangesê om uit die motor te klim en na agter die motor te stap. Agt mans het in daardie stadium nader gestap.

“Ek het net vir my dogtertjie gesê ons het moeilikheid,” vertel die ma. Sy onthou dat sy in die truspieël kon sien hoe een van die mans ’n vuurwapen oorhaal en ’n skoot in die lug afvuur. Haar man het na die grond geval.

“Ek dog toe my man is doodgeskiet.”

Dit was genadiglik nié die geval nie. Die motor se deure is toe oopgeruk en ma en dogter is aangesê om uit die motor te klim. Die jong man wat die gesin aanvanklik in hul motor gedwing het, het onder meer die ma se handsak en trouring by haar geneem en dit aan die man gegee wat die skoot afgevuur het.

Die jong man het toe verdwyn.

Die ma is gevolglik aangesê om in haar bank se app in te teken. Sy vertel dat sy gebewe en gesukkel het om in te teken. Een van die mans het ’n vuurwapen in haar dogter se nek gedruk. Die een het haar drie keer teen die oor geklap en op die ma geskree om in te teken.

Die verdagtes het daarna die ma se banklimiete opgestoot en sy is gedwing om al haar geld van haar spaarrekening na gewone rekening oor te plaas. Vier van die mans is toe weg met haar bankkaarte om kontant te onttrek.

Vier mans het agtergebly en die gesin met vuurwapens aangehou. “Hulle was heeltyd op die fone. As die een by die OTM gesukkel het, het hulle vuurwapens op ons gerig en geskree om die regte pinnommers te gee.” Hulle het die korrekte pinnommers gehad.

“Hulle het ons drie en ’n halfuur aangehou totdat alles onttrek is.”

Die ma vertel dat sy deurgaans in Afrikaans gebid het. “My dogtertjie was in ’n toestand en het in ’n stadium gevra of hulle ons gaan doodmaak. Die een het vir haar geskree: ‘Voertsek!’

“Sy het begin huil en ek het vir haar gesê: ‘Sussa, raak kalm. Moenie huil nie.’ Maar ek was self in ’n toestand.”

Haar man is in ’n stadium aangesê om saam met die mans om die draai te loop. “Ek het vir my dogtertjie gesê as jy die skoot hoor, moenie skree nie. Gelukkig het daar geen skoot afgegaan nie.”

Een het later teruggekom en die dogter aangesê om na haar pa ’n entjie weg van die motor te gaan. “Ek het nie geweet of hulle my man keelaf gesny het nie. Ek kon nie sien nie,” verduidelik die ma tussendeur die trane aan Maroela Media.

Sy is genadiglik later ook aangesê om by haar gesin aan te sluit en te wag totdat hulle ’n skoot hoor voordat hulle in hul motor kan klim en wegry. Die skoot het nooit gekom nie. Hulle is egter later deur drie vroue in die omgewing tot by hul motor gehelp en die gesin het op die vlug geslaan.

“Op pad uit [Winterveld] het ons verkeerspolisie langs die pad gesien. Ons het by hulle stilgehou en vertel dat ons voorgekeer, gedreig en beroof is. Hulle het vir ons gesê daar is niks wat hulle kan doen nie. ‘Kom net hier uit.’”

Die gesin het ’n saak by die polisie aanhangig gemaak, maar leef intussen in vrees en sukkel om te slaap.

Dít omdat hulle Vrydag opgemerk het dat die sekerheidskamera in hul huis beweeg. Dié kameras word aangedryf deur ’n app op die gesinslede se selfone. “Ons vermoed nou dat hulle toegang het tot die kameras wat in ons huis inkyk.

“Ons weet nie wat hulle gesien het en of hulle weet waar ons woon nie. Ons is in hierdie stadium ongelooflik bang.”

Die gesin doen nou ’n beroep op lede van die gemeenskap om waaksaam te wees, veral in die noorde van Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Faraway ·

Banke moet met iets vorendag kom om te verhoed dat as jy gedwing word om in te teken jy n ekstra spesifieke nr kan intik na jou nommer wat jou selfoon netwerk in aksie sit om jou ligging te trace en polisie te ontbied presies waar jy is

Delia ·

Ek stem. Hoe word daar R130 000 uit jou rekening getrek en nerens gaan daar waarskuwingsligte af by die bank

Monize ·

Weet nie of dit “Fact of Fiction” is nie, maar ek het al gelees as jy jou pin nommer by ‘n ATM agterstevoor om in tik dan laat weet die bank die polisie daar is n gevaar by die ATM. Die ATM sal ook op die skerm wys daar is ‘n elektroniese fout en dus geen gelde kan gee nie. Gee dus jou bank nommer as 4321 in plek van 1234… Sal dit waardeer as ons dalk meer helderheid oor hierdie kan kry ????

Nicholaas ·

Ek dit ook al gehoor maar dit blykbaar glad nie die geval.

Piet ·

This urban legend is over a decade old and consistently makes it’s rounds on the Internet. Surprisingly, a lot of social media users care so much about this topic that they continually share this old tale with their friends, urging them to READ IT RIGHT AWAY!
The idea of ’emergency code’ for ATMs had been hatched some time ago and is obviously where the myth originated.

Piet ·

URBAN LEGEND. MM het nie my vorige plasing ge-like nie. Seker omdat dit in engels was.

Christine ·

Baie belangrik om ‘n daaglikse limiet op jou rekeninge te hê juis om diefstal uit jou rekeninge te bekamp.

Retha ·

Dis ‘n baie goeie idee maar onthou die adders is nog in beheer en sal ‘n stokkie voor dit steek, net soos die doodstraf ook nie op hierdie stadium sal terugkom terwyl die adders aan bewind is nie.

E ·

Mens moet oral in die land wkker en versigtig wees, nerens is mens veilig nie, dit is hartbrekend wat met hierdie mense gebeur het en al die slagoffers daar buite

Republikein in die Wes Kaap ·

Afstigting, vriende, afstigting. Net 20 000 vierkante km. Die tyd loop uit.

Chris dupreez ·

Waar bly die gesin, en hoekom doen jy bemarking in so plek. ? .

Jenny ·

Ek vermoed hulle is van dieselfde nasie as die rowers, daarom het hull gedink hulle is veilig. Dit kan selfs met blankes in blanke gebiede gebeur, misdaad vra nie watter velkleur jy is nie, dit gebeur met alle velkleur groepe.

Chris dupreez ·

Dit maak nie saak wie of wat dit is, dit is traumaties. Ek vra maar net , bedoel niks leliks.

Chris dupreez ·

Wat is die 2 negatiewe nou, wat is fout met my vra.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ons probeer vanuit ‘n beskaafde wêreld na oplossings soek. Die dag gaan kom wanneer ons alle wette sal moet ingnoreer, en die ekonomie opsetlik vernietig. Ja, dit gaan donker tye wees, maar dan kan ons nuwe oplossings vind te midde van die chaos. Niks verhoed ons om solank daaraan te werk nie.

Anna-marie ·

Jy praat 100% die waarheid. Ongelukkig sal alles in puin moet lê voordat daar sal oplossings kom.

Jacobus ·

Jy is 100% reg. Wie, hoe en wanneer weet ek net nie met rugstekers in ons midde nie.

Mariana ·

Geen vryheid meer nie, nie eers in jou eie huis nie. En al wat polisie doen is trek skouers op. Hoekom is hulle nog enigsins daar? Bly die gesin is ongedeerd maar hulle nagmerrie duur voort. Dis mos nie reg dat ons permanent in vrees moet lewe nie.

Rocco ·

Mens kan net kop skud oor wat wetsgehoorsame burgers van Suid Afrika moet deurgaan onder misdaad.
Cele, hoedman, kan nie kop skud nie, dan val sy hoed af!
Wanneer gaan jy wakker skrik, Ramaphosa

Anna-marie ·

Hoe meer die werklooshied en armoede toeneem, hoe meer sal sulke dinge gebeur. Daar is GEEN oplossing vir die misdaad nie.

Frank ·

Werkloosheid en armoede se voet. Honger en arm mense tree nie SO op nie en dit is pleinweg laegraadse misdadigers en skuim

Jacobus ·

Ek is bevrees jy is reg. Bewapen en beveilig jouself 24/7.

Nettie ·

Ek is so jammer waardeur julle en julle dogter is. Mag God Sy arms om julle sit. En mag jul dogtertjie veral weer herstel en vrede vind. Ek is so dankbaar julle al 3 leef!

Swerwer ·

Dankbaar dat die gesin leef. Maar asb bly weg van alle paaie en gebied wat naby die kommunis se woongebied is. Geen mens is meer enigsins veilig nie, maar moenie moeilikheid gaan soek deur in of naby hul woongebiede te beweeg nie.

Lourens CFG ·

Die mense wat die kameras ingesit het kan die kodes verander sodat hulle nie meer jou sisteem kan ingaan nie.
Doen dit a.s.a.p.
Sterkte.

miavos ·

Wit Suid-Afrikaners het alle rede om onveilig en vervolg te voel in ‘n land waar hulle al 4 eeue lank woon. Swart Afrikaners gun wit Afrikaners geen verblyfreg nie.

Jacobus ·

Plak solank al jou kameras se lense toe tot jy die kode op jou recorder kan verander.

Kattebol ·

Om daaglikse limiete op jou bankrekeninge te hê beteken niks as jy gedwing word om dit te verhoog nie. Dit word ook op jou bank app op jou foon gedoen. Miskien moet daardie funksie van alle bank apps verwyder word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.