Gesin met siek kinders by kampterrein gered

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ʼn Gesin met twee siek kinders is Sondag na veiligheid gebring nadat hulle by die Bergrivier-kampterrein op Hankey in die Oos-Kaap vasgekeer was.

Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) was die gesin en ander kampeerders by die kampterrein vasgekeer nadat sowat 125mm reën Saterdagaand geval het en die hoofroete oorspoel was. Die kampterrein is langs die Bergrivier sowat 30km van Port Elizabeth.

Die NSRI het ʼn reddingspan ontbied om die polisie, wat reeds op die toneel was, by te staan. Talle kampeerders het aangedui dat hulle bereid was om by die kampterrein te wag totdat die water sak. Die NSRI het ʼn gesin met twee siek kinders oor die rivier gehelp. Die twee kinders, ʼn 18 maande oue babadogtertjie en driejarige seuntjie, was ontwater en het koors en diarree gehad. Die kinders is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Volgens die NSRI is die babadogtertjie reeds uit die hospitaal ontslaan. Die seuntjie word steeds in die hospitaal behandel, maar behoort binnekort ontslaan te word.

Die NSRI het vuurmaakhout, drinkwater en ander toerusting aan die oorblywende kampeerders verskaf. Die tou wat oor die rivier gespan is om die gesin te red, is deur die NSRI agtergelaat in geval dit nodig sou wees om nog mense van die kampterrein te ontruim.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Aan alle reddingswerkers hetsy nooddienste, dokters, ambulanse, helikoptervlieëniers, te veel om op te noem: Dankie jul onbaatsugtige opofferings wat geen TYD, plek of gevaar ken nie. Dit kan nie altyd maklik wees op die tonele waar jul moet werk.
Julle is UITGESOEKTE mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.