Gesin moet opdok ná werker ontlasting moes drink

Chris Leicester, wat aangekla is saam met sy ouers, Maria en Harry Leicester, verlaat die Springs-landdroshof. Foto: Dimpho Maja/ANA

ʼn Gesin van Endicott naby Springs aan die Oos-Rand moet R200 000 skadevergoeding aan ʼn werknemer betaal nadat hulle hom die k-woord genoem het en hom gedwing het om ontlasting te drink.

Harry Leicester, sy vrou, Maria, en hul seun, Chris, is Maandag in gelykheidshof, wat in die Springs-landdroshof gesit het, skuldig bevind aan haatspraak en dat hulle die werknemer, Joseph Mona, se grondwetlike reg op menswaardigheid en gelykheid geskend het en hom emosionele en sielkundige lyding veroorsaak het.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het in Mei verlede jaar die gelykheidshof genader nadat die skokvoorval onder sy aandag gekom het. Harry, Maria en Chris is in verband met die voorval aangekla van crimen injuria, ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Mona het vir die Leicester-gesin op hul kleinhoewe in Endicott gewerk toe die voorval in Desember 2017 plaasgevind het. Die drie het hom glo een aand wakker gemaak omdat hy vergeet het om die septiese tenk af te skakel.

Volgens die MRK het die drie hom herhaaldelik die k-woord genoem en daarna ontlasting uit die rioolmangat geskep en hom gedwing om dit te drink. Die drie het Mona daarna in die rioolgat ingedwing en dit met ʼn sinkplaat toegemaak waar hy byna verdrink het. “[Mona] kon daarin slaag om homself uit die rioolgat uit te trek aan die pyp wat gebruik word om ontlasting uit die mangat te dreineer,” sê die MRK in ʼn verklaring.

Landdros Pravina Lazarus het Maandag in haar uitspraak gesê dit is duidelik dat Mona aan die laagste vorm van vernedering onderwerp is en uiters onmenslik behandel is. Sy het dit gestel dat Mona slegter as ʼn dier behandel is en dat dit onuitwisbare skade aan sy menswees en selfwaarde aangerig het.

Volgens die MRK het Lazarus gelas dat die Leicester-gesin oor die tydperk van ʼn jaar skadevergoeding van R200 000 aan Mona betaal vir die emosionele en sielkundige lyding wat hy deurgemaak het. Dié bedrag sal in maandelikse paaiemente van R17 000 aan Mona betaal word.

Die drie beskuldigdes is ook opdrag gegee om ʼn geskrewe onvoorwaardelike verskoning aan Mona te rig – ʼn afskrif van die verskoning moet by die hof ingedien word.

Daar is ook gelas dat Harry, Maria en Chris ʼn drie maande lange program oor rasseverhoudinge deur die MRK voltooi. Hulle is ook verantwoordelik vir Mona se regskoste in die hofgeding.

Die strafregtelike saak rakende die aanklagte van ontvoering en aanranding teen die Leicester-gesin duur steeds voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Derick ·

Hoe siek kan n mens wees. Hulle moes hulle ook weg gestuur het vir sielkundige waarneming.

Johan ·

Sulke voorvalle kan ‘n mens nie sterk genoeg veroordeel nie. Die hele situasie is siek…

Jo-anne ·

Ek raak woedend as ek sukke goed lees! Ek weet daar gaan nou weer gesê word daar is meer aan die storie en en en ….. maar mens behandel nie mense so nie!!!! Dammit man BOU AAN DIE NASIE MOENIE AFBREEK NIE! Die regte manier is ‘n skriftelike waarskuwing! Volg prosudures! Hou op die wet in eie hande neem!

Wonder net ·

Bou nasie, watse nasie. Kom by. Daar is vir 25 jaar nie meer n nasie.

Danielle ·

Geen mens behoort so behandel te word nie! Hoop jy sal die regte hulp kan kry wat jou sal kan help Mr. Mona

Anoniem ·

Waar is die saak van poging tot moord nou? Daai vieslike water, of verdrinking kon ook die man se dood veroorsaak het.
Geen, maar geen mens doen dit aan ‘n ander nie. Hoe vergoed enige geld vir die wandaad?

STRAF ·

Hulle is te lig gestraf. Dit is skandelik hoe hulle Joseph behandel het.

Suzie ·

Dit is onmenslik, wreed en onverskoonbaar. Het hul enigsins ‘n gewete.

RooiSarie ·

daar het jy dit nou!
dis hierdie tipe aksies en mense wat maak dat ons gehaat word
die straf is hopeloos te lig, maar dankie tog dit het aan die lig gekom
dalk sal daar bietjie dieper gedelf word hier dalk is hy nie die enigste een

KL ·

Julle moet dieselfde doen as wat julle hom forseer het om te doen. Net vir my vreemd hoe die aanranding met die doel om ernstig te beseer is, maar 4 gewapendes wat mense van 80 vasbind en martel net huisbraak is.

Grens ·

Laat my wonder as mense sulke goed aanvang, hoe gaan dit in hulle huise……..??

KL ·

@Bolla, lees mooi, dié is aanranding met die doel om ernstig te beseer ne, maar laasweek waar n vrou herhaaldelik met n baksteen oor die kop geslaan is en vasgebind was, is net HuisRoof.

bolla ·

Huisroof is ‘n baie ernstiger misdaad as aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Geskok ·

Julle ek is regtig geskok…. nie oor wat met Mona gebeur het nie. Ek is geskok omdat die wit mens se straf nie swaar is nie.

Sê maar net 1 ·

Ja ek is ook geskok. Hoe kan wit mense so iets doen? Hul.maak dit moeiliker vir ons almal en gee alle witmense ‘n slegte naam

Bokkie ·

Dis ‘n rasistiese aanmerking. Maar ja party mense dink nie voordat hul iets se nie

TDW ·

Daar word nie gesê of die mense dit erken het nie.
Ek was as wit werkgewer al aangekla van vreeslike goed wat ek in my wildste drome nie eers sou kon uitdink nie. Daar moet ‘n erge straf wees vir mense wat goed opmaak.

Indien hierdie mense dit wel gedoen het het ek nie woorde nie, dis onmenslik en ek dink dan die straf is te lig.

Andie ·

O aarde, wat AS dit net opgemaakte stories is!? Ek kan nie dink dat dit waar kan wees nie!

Andrea ·

Dit was my eerste gedagte toe ek hierdie storie lees. Dit is so verregaande dat ek twyfel of dit waar is! Is daar bewyse? Hoe weet mens dis waar?

Din ·

Hulle kan enige storie op maak veral as hy nie sy sin kon kry nie,ek ken van sulke dinge.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

Jaaaaa…lekker betaal!
Die vonnis MOES NOG paar nulle by gehad het!
SIES,WÁT Ñ SKANDE EN KLAD OPI BLANKE SE NAAM EN INTEGRITEIT??

manuela ·

Die mense se gedrag is skokkend en dui op hul swak mentaliteit. Sulke mense behoort tronkstraf te kry

Bietjie baie ·

Liewe Vader. As hulle dom is moet hulle sukkel. Mense wat so siek is moet self in die rioolstelsel gegooi word en die hele trauma deurgaan. Wat jy saai sal jy maai. R200 000- kan nie regmaak vir wat hulle gedoen het nie. Wat se tipe mens doen dit aan iemand anders?

Mads ·

Sjoe amper te moeilik om te glo dat mense so iets kan doen.

Hoe kry mense dit reg om so iets te doen? Dis siek.

Wimpie Jansen van Vuuren ·

Mag die Woord van die Here hulle harte van klip oop breek, en die Here aan hulle ‘n hart van vlees gee!

MG ·

In par. 3 word daar gemeld dat die MRK in Mei verlede jaar die saak hof toe geneem het. In par. 4 staan daar dat die voorval verlede jaar Desember plaasgevind het?

Anja van der Merwe ·

Dagsê MG,

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Neville Fourie ·

Die voorval het in Desember 2017 plaasgevind en is in Mei 2018 verwys.

TDW ·

Nee MM julle moenie halwe berigte plaas nie. Hulle het onskuldig gepleit. Die regter het saamgestem dat daar ongeruimdhede is in die man se getuienis, maar dit af gemaak as onbelangrik. Dis nodig om die volle prentjie weer te gee. Ek glo ons sien hier nog wit mense wat onskuldig aangekla is. Ek glo verseker nie hulle het die man laat riool drink nie en hom nog minder in die riool gestamp.
Hulle was dalk slegte werkgewers, het moontlik hom die k woord genoem, moontlik baklei oor die riool pomp,maar die res is ‘n fabrikasie uitgedink deur die eff. Ok ek weet julle gaan hierdie nie plaas nie, maar ek smeek julle plaas die volle storie.

Anja van der Merwe ·

Dagsê TDW

Dankie vir jou kommentaar. Die gelykheidshof het bevind dat die drie beskuldigdes wel Mona se grondwetlike reg op menswaardigheid en gelykheid geskend het deur hom herhaaldelik die k-woord te noem en hom te dwing om ontlasting te drink. Op grond van dié bevinding is daar beslis dat die beskuldigdes skadevergoeding van R200 000 aan Mona moet betaal. Soos die berig meld, duur die strafregtelike saak rakende die aanklagte van ontvoering en aanranding teen die drie beskuldigdes steeds voort. Hulle is dus nog nie skuldig bevind óf vrygespreek op die aanklagte nie aangesien die saak nog nie afgehandel is nie. Sodra die strafregtelike saak afgehandel is, sal Maroela Media ook daaroor berig. Hoop dit klaar die verwarring op.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Jepetto ·

Dis hoekom die EFF en so baie swatmense wittes haat dis oor dit wat ons nou hier lees . Ek lees baie negatiewe komentaar .Dit wil my voorkom dat baie mense nie weet wat DEMOKRASIE beteken nie.Party mense sal so doodgaan en nooit verander nie

Oujongvrou ·

Gans te ligte straf. Moes in die tronk gegooi gewees het en almal daar moes in kennis gestel gewees het wat hulle gedoen het.

TDW ·

Die regter het gesê dat daar ongeruimdhede in sy storie was, maar dat dit onbelangrik is. Die EFF het hom gehelp om die saak te maak. In hierdie twee sinne kan ons presies sien wat gaan aan.

NooiNooi ·

Verduidelik net vir my, hoe is dit aanranding met die doel om ernstig te beseer, maar om gemartel te word op n plaas is “huisbraak” om met n baksteen geslaan te word, is “huisbraak”? Die is siek, gans te lig gestraf.

Natascha ·

Dit is siek, deur dit word al ons wittes onder die rasisme kamp geskeer. Nee mense behandel almal soos jy behandel wil word. Hoe kan jy respek verwag as jy nie respek toon nie??

Sharon Pool ·

Die saak is skokkend walglik. Wat is die werklike waarheid? Geen mens sal ontlasting eet nie. Dis ongeloofbaar. Net omdat iemand so iets se” maak dit nie waar nie.

jakes ·

Ek dink dat n boete is nie voldoende nie, beskaafde mense doen nie sulke walglike goed nie. Hulle gee Springs n slegte naam. Sies!!!

Regskundige ·

Ai mense, julle jaag julle self op hol met die sg. “te ligte straf”! Lees asb die berig weer, veral die laaste sin, wat vanself spreek… Hierdie was slegs die verrigtinge in die GELYKHEIDSHOF, wat nie dieselfde bevoegdhede as ‘n KRIMINELE HOF/STRAFHOF het nie. Hierdie was ‘n skadevergoedingsbevel weens aantasting van iemand se menswaardigheid en emosionele skade. Die strafsake op kriminele aanklagte en toepaslike VONNISSE na skuldigbevinding volg nog! Hierdie tipe optrede in die voorval teenoor enige persoon kan nie geduld word nie en elke verskillende tipe regsaksie sal in die toepaslike hof of forum hanteer word.

Pieter ·

Beteken dit dus dat die oortreders nog nie skuldig bevind is nie, maar reeds skadevergoeding moet betaal? Wat sou van hierdie skadevergoeding word indien hulle dan moontlik onskuldig bevind sou word?
Ek sou dink dat die strafsaak eers sou finaliseer en die saak bewys word alvorens skadevergoeding ens bepaal kan word?

Jacques ·

Geagte Mnr Regskundige. In die Coligne saak was daar een ooggetuie, wat gelieg het.
Watter getuienis is in die saak?

Emma ·

ek wens iemand wil die mense wat diere mishandel so toe sluit, ek moes 3 honde uit n pit toilet uit haal want mense het gedink dis snaaks…

Dries du Toit ·

Niemand kan die Coligny uitspraak regverdig nie. Alle aanduidings is dat die uitspraak duidelik politieke vooroordeel was. Daar was een enkele getuie wat dan nog erken het hy het gelieg.Hopelik sal dit reg gestel word op appél

SjN ·

Wat hulle gedoen het is beslis nie reg en menslik nie maar ek dink dit is nie die eerste keer dat hy vergeet het om die tenk af te skakel nie, dit was seker deel van sy plig aangesien hy volgens berig daar gebly het. Wonder in watter straat is die hoewe gelee?

Pieter ·

Die MRK sal geloofwaardig wees die dag as hul besluit om ook op te tree teen nie-wittes wat hul skuldig maak aan laster, mooddreigemente, ens. Gewoonte oortrders loop vry rond sonder vervolging.

Johanna Botha ·

Ag nee man wie doen dit aan iemand anders ….vieslik !

Wie-sê-dis-waar ·

Rowers het ons 70-jarige buurman jare terug vagebind en beroof. Hy was n wewenaar. Hul het in hof staan en lieg dat hy hulle betaal het om vrydagaande daar te slaap. Net so die kleuterskool eienaar in mpumalanga wat daarvan beskuldig is dat sy kinders ontlasting gegee het- vals beskuldig deur n werker wat afhedank is.

Riana ·

Kan nie dink dat in die storm van rassehaat witmense nogsteeds sulke twak aanvang nie! Volwassenheid en integriteit het jy of jy het dit nie…. dis nie moeilik om op die vlak van die meerderheid te daal en mense te verneder en verniel… nee man… waar kom trotsheid vir jou menswees in! Huis skoonmaak begin by jou….

Elvira ·

Groot groot skande dat hierdie mense Mnr Mona so verneder het. Hulle het na my mening te lig hiervan afgekom. Geld kan nie regmaak wat hulle gedoen het nie.

Stan ·

Nee kyk, wat die situasie betref is dit skokkend, maar wat gebeur met plaasaanvalle waar mense met n strykyster in die gesig en lyf gebrand word, mense se voete geboor word en en en……. Die wéreld het net n siek plek geword!!!

Jax ·

Tronk toe en hou hulle daar. Ons samelewing kan doen sonder die drie!

Andrea ·

Hemel mense, glo julle dit regtig? Was daar getuies, bewyse soos rioolwater met ecoli besmet wat uit sy maag gepomp is? As dit waar is, is dit siek, maar ek dink dis n leuen.

Rina ·

Ek glo nie ‘n woord wat die klaer se nie, dis opgemaak om net nog ‘n blanke te wys hulle is in beheer. Sorry

Andre ·

Kan die plaasmoordenaars ook gelas word om die families van diegene wie hul vermoor en gemartel het vergoeding te betaal?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.