Gesin ná kerk aangeval, man (70) koelbloedig vermoor

Argieffoto: Kent Williamson

Vyf mense is Sondag in hegtenis geneem in verband met die koelbloedige moord van ʼn 70-jarige man van Wolmaransstad in Noordwes.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die man was glo verlede Sondag op pad huis toe ná sonsondergebed by die plaaslike moskee toe hy deur die verdagtes agtervolg is.

Mokgwabone sê die verdagtes het op die gesin toegeslaan toe die man binne die huis ingegaan het.

“Hulle het die man, sy vrou en sy dogter na bewering met toue vasgemaak en geld van hulle gevra. Hulle het die man ná ʼn ruk vermoor deur hom met ʼn mes aan te val, waarna hy beswyk het,” sê Mokgwabone.

Die verdagtes het toe die man se vrou en sy dogter na ʼn kitsbank geneem en gedwing om geld te onttrek.

“Hulle het sy vrou en dogter daarna in die bosse langs die N12 in Wolmaransstad afgelaai en toe weggejaag,” sê Mokgwabone.

Die provinsiale kommissaris vir Noordwes, lt.genl. Baile Motswenyane, het die polisie geloof vir hul toewyding om reg en geregtigheid te laat geskied.

Die vyf verdagtes, almal tussen 27 en 49 jaar oud, verskyn Maandag in die Wolmaransstad-landdroshof op aanklag van moord, huisroof en ontvoering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

marous ·

Hoe gaan jy met jou lewe aan as so iets gebeur? Wat ‘n walg spul!

Rina ·

Ai dis hartseer, hy was n baie bekende en goeie mens vir almal in Wolmaransstad. Gaan virseker gemis word. Sterkte aan sy familie in die baie moeilike tyd.

John ·

Dis tyd dat ons begin oplet wat om ons aangaan. Die truspieel is daar. Gebruik dit. Die goeie ou dae is verby. Ons kerke word nou soos ORT bespied. Miskien is beter sekuriteit ook by kerke nodig ipv armes (self blootgestel) wat op Christen-gewetens vir ‘n aalmoes speel. Ons is geestelik en fisies onder beleg of ons dit nou wil glo of nie.

Danie ·

Dis baie hartseer! Sterkte aan die familie! Die persoon was n bekende sake man van Wollies en almal het hom geken!

Koos B ·

Dit klink net moontlik dat iets so wreed net in kan flieks kan gebeur.Sterkte daar ek weet net nie hoe julle dit gaan verwerk nie.

Gerhard Burger ·

Dit is nog ‘n tragiese voorval in ons gewonde Suid-Afrika! Ek wonder maar net op watter stadium redelike en bedreigde Suid-Afrikaners by die kantelposisie gaan kom om by wyse van eskalerende protes teen die voortgesette verwonding van hierdie land gaan opstaan? Die inhegtenisneming is darem een ligstraal. Nou met skuldigbevindings en behoorlike straftoemeting volg. Dan, ek wonder waar pas een van die klagtes wat gevoeg is, naamlik ‘Ontvoering’ nou eintlik in. Soos ek die artikel verstaan was die oorledene se vrou en dogter deur die rowers onder dwang uit die huis geneem. Hierdie handeling van die rowers stel eintlik ‘n misdryf van ‘Menseroof’.

Christo ·

Elke moord is tragies ongeag of dit ‘n Christen of soos in hierdie geval ‘n Moslem is.
Ek verwag egter beter verslaggewing van Maroela Media: daar is ‘n groot verskil tussen ‘n kerk en ‘n Moskee. In Islam is daar nie iets soos ‘n kerk of ‘n dominee nie, dit is ‘n Moskee en Imam. Moet asb nie christene se terme vir Islam gebruik nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.