Gesin ná kerk op Vrystaat-plaas aangeval

Boere van die omgewing tydens die soektog na die verdagtes. Foto: Verskaf

ʼn Vrystaatse gesin is Sondagoggend op hul plaas in die Bothaville-omgewing aangeval, kort nadat hulle van die kerk af teruggekeer het.

Johan du Plessis, Bothaville se landelike veiligheidskoördineerder, het Maandag aan Maroela Media gesê Gerrie en Annatjie Labuschagne, hul dogter en kleindogter het teen 10:40 van die kerk af teruggekeer.

Volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het drie verdagtes hulle ingewag. “Mnr. Labuschagne was besig om sy voertuig in die motorhuis in te trek toe die drie verdagtes hom oorval het. Hulle het hom met ʼn stuk yster oor die kop geslaan. Hy het sy bewussyn verloor en op die grond geval,” het Thakeng gesê.

Die rowers het Annatjie in die huis in gedwing waar hulle haar handsak en beursie gevat het. “Die verdagtes het op kontant in die kluis aangedring. Die vrou het die kluis oopgesluit, die pistool gegryp en op die verdagtes geskiet, waarna die mans op vlug geslaan het.”

Die egpaar se tienerkleindogter was elders in die huis tydens die voorval. Sy het dadelik hulp van die plaaslike veiligheidsnetwerk ontbied toe sy die skote gehoor het.

Du Plessis het gesê alle veiligheidsnetwerke is teen 10:50 geaktiveer en ʼn volskaalse soektog na die verdagtes is deur die polisie en talle boere in die omgewing van stapel gestuur.

Gerrie is met ʼn ernstige hoofbesering na ʼn hospitaal in Bloemfontein gehaas waar hy steeds behandel word. Die vroue is getraumatiseerd, maar ongedeerd.

Een verdagte is kort ná die aanval, sowat 300 m van die huis af, in die veld aangetref. Hy het ʼn skietwond aan sy skouer gehad en is onder polisiebewaking na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die polisie, die polisie se honde-eenheid, lugvleuel en boere van die gemeenskap het tot en met 21:00 na die ander twee verdagtes gesoek, maar moes die soektog weens swak sigbaarheid beëindig.

ʼn Vierde verdagte, glo ʼn plaaswerker, is ná die voorval vir ondervraging ingeneem, waarna hy in hegtenis geneem is.

Die verdagtes moet binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die soektog na die ander twee verdagtes duur voort. Die polisie het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om kapt. Motlhabane van die Bothaville-speurtak by 082 466 7923 te bel as hulle enige verdagte persone opmerk.

Genl.maj. Lerato Molale, bevelvoerder van die Welkom-polisiegroepering, het die inhegtenisnemings toegeskryf aan die suksesvolle samewerking tussen boere van die omgewing en die Bothaville-polisie. Molale het al die betrokkenes vir hul optrede en samewerking geprys.

Du Plessis het ook al die betrokkenes bedank. Hy het spesiaal die bestuurder van die Spar op Bothaville bedank wat water aan al die rolspelers tydens die urelange soektog verskaf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Ludwig ·

Baie dankie aan almal se hulp asook SPAR se donasie van water! Word opreg waardeer .

Veronica ·

n Vierde verdagte . . . glo n paaswerker?
I rest my case

JO ·

Die meneeertjie wat in die skouer geskiet het moet maar sing soos ‘n kanarie wie die ander skuimpies is.!!!!

Elisabeth Kruger ·

Annetjie ons salueer jou, vinnig gedink en nogal raakgeskiet.

Andrea ·

Mevrou, wel gedaan!! Bly jy en jou kinders is fisies ongedeerd. Baie sterkte vir julle, hoop jou man herstel vinnig.

PJC ·

Hierdie is ń vrou so na my hart net jammer hulle was nie reeds bewapen toe hulle op die plaas aangekom het nie. Deesdae kan ń mens liewer sonder jou bybel kerk toe gaan maar nie sonder jou wapen nie.

zoom zoom ·

Die vrou is ‘n heldin. Bly sy het lop gehou en die wapen opgeneem om hulle te verwilder. Sterkte met jou man .

bokka ·

Ai hoe vreeslik as GOD gaan se,gaan weg van my ek het jou nooit geken nie

Spook ·

Beloning vir besoek aan die spookhuis. Ek is die enigste spook.

Realis ·

WAARVAN PRAAT JY? Die mense het van die kerk af gekom en is aangeval. Mens begin al hoe meer mense sien HALLUSINEER op kommentaar kolomme. Elke tweedie Pieteie preek en haal goed aan wat glad nie van toepassing is op die artikel nie? Het ons nasie in ‘n BESWYMING ingegaan om die werklikheid mis te kyk?

Spook ·

Realis slaan jou woordeboek na. Spook en gees is dieselfde ding.

Chris W ·

Ek hou van daai tannie!Sy is ‘n heldin.Sterkte en ons vertrou u man gaan volkome en spoedig herstel.

Liendempers ·

Welgedaan Tannie! Sou ek ooit in so situasie wees, hoop ek dat ek ook so sal kop hou. Alle beterskap vir die Oom. Sterkte vir Tannie en die kinders. Welgedaan ookaan diekleindogter.

Anoniem ·

Só maak ‘n boervrou! Goed so Mevrou, jý is ‘n heldin en ‘n inspirasie!

Pieter ·

Nou gaan hulle seker aangekla word omdat sy toegang tot die kluis gehad het waar die wapen was.

Ronel ·

OFM het nou berig dat die pistool in die tannie se handsak was. Sy wou die kluis se sleutel uit haar handsak haal en toe pluk sy die pistool uit. SLim en vinnig gedink tannie!!

Jan ·

Ja Hennie, vra ek ook – en die antwoord is omdat paraatheid te veel moeite is vir baie mense. En veral as jy ‘n groot pistool het eder as die meer praktiese kompakte modelle moet mens mooi dink wat jy aantrek sodat jy ‘n holster kan dra, die pistool moenie nie wys nie, die ding raak swaar etc. etc.

Maar gelukkig is hierdie verhaal die rare uitsondering met ‘n positiewe uitkoms vir die slagoffers – daarvoor is ons dankbaar.

Dirk01 ·

Wragtig hier is pieter nou weer soos elke ander geval waar suksesvolle boer n aanval verhinder of sy familie se lewe gered het, kom hy met .hulle gaan nou seker aangekla word . Puik optrede onder geweldige trauma en druk . Boere dra julle wapens ten alle tye by julle asb . Die wapens moet gedra word in die geval weereens n boer met wapen in die kluis wat wys op n kommer wekkende ignorering met wat boere tans gebeur .

Boervrou ·

Welgedaan Mevrou. Ek dra ook my wapen elke sekonde van die dag saam met my. En snags slaap ek met my wapen. Paraad moet ons wees, maar as die skrik kom hou nie almal kop nie. Ek is besonder trots op jou Mevrou. Dit is duidelik dat jy goed opgelei is en geestelik ook voorbereid was. Dit is belangrik dat ons mense veral vrouens opleiding ontvang in hierdie dinge. Ek vertrou dat jou man volkome sal herstel en dat julle genoegsame berading sal kry.
Aan die gene wat so baie te sê het oor aankla (dis normal – daar is n wapen afgevuur en n peroon het seer gekry – die hof sal beslis dit was self verdediging) en maak nie saak waar haar wapen was nie – sy het dit reg en goed gebruik. Bid eder dat julle self nie in daardie situasie gaan beland nie want jy het slegs n split deel van n sekonde tyd om te besluit wat om te doen. En dan kan jy nie redekawel soos hier nie – jy moet doen.

Dirk01 ·

Boervrou fantasties korrekte deur dink te kommentaar wat is soos dit is……….bly paraat en hou kop alle .sterkte en bly mense moed gee met jou opinie

Andre ·

Los dit wat gaan gebeur vir die betrokkenes en wens sterkte vir hulle toe.
Andre

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.