Gesin ná plaasaanval: ‘Ons gaan nêrens heen nie’

Ludwig Uys en sy vrou Melanie (Foto: Facebook)

“Ons is lief vir ons land en gaan beslis nie ons land of ons huis verlaat ná wat met ons gebeur het nie.”

Só sê Melanie Uys nadat sy, haar man, Ludwig, en hul drie jong kinders Vrydagaand op hul plaas buite Wellington in die Wes-Kaap aangeval is. Die gesin is omstreeks 20:45 by hul braaiplek deur vyf gewapende mans oorval en aangerand. Dis nie bekend hoe die mans toegang gekry het tot die plaas nie.

Die gesin het in ‘n verklaring gesê Ludwig se linkerknie is op drie plekke gebreek en ’n regterrib gekraak toe hy en die aanvallers in ’n struweling betrokke geraak het. “Melanie het die voordeur probeer toedruk om te keer dat die mans in die huis kom, maar sy is in die proses in haar regterbors en linkerhand met ’n mes gesteek,” lui die verklaring.

Die aanvallers het kontant geëis by die egpaar. Hulle het die gesin in hul instapkluis toegemaak en gevlug met huishoudelike items en juweliersware. Melanie kon daarin slaag om die kluis van binne oop te maak en hulp te ontbied.

Luidens die verklaring is Ludwig Maandag geopereer en sal hy waarskynlik die naweek uit die hospitaal ontslaan word. “Hy herstel tans goed. Die kinders ontvang berading en onder omstandighede gaan dit ook goed met hulle.”

Intussen sê Melanie dat dié voorval hulle nie verbitterd gelaat het nie. “Dit was nie ons land se mense wat dit gedoen het nie.

“Ons bly in ’n ongelooflike land en ’n ongelooflike area met wonderlike mense vir wie ons lief is. Ons gaan nêrens heen nie en ons gaan nie toelaat dat die voorval ons onderkry nie,” sê sy.

Sy het die personeel van Stellenbosch Mediclinic bedank vir hul vriendelike, professionele diens. Die gesin is ook dankbaar vir familie, vriende en bure se ondersteuning.

“Hier woon regtig wonderlike mense in ons gemeenskap. Ons wil daarop fokus. Ons is gelukkig in ons huis en gaan nie wegtrek nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Amelia ·

So praat ‘n regte trotse Afrikaner mens Melanie. Sjoe dit laat ‘n mens se bors sommer so uitstaan van trots. Almal moet net saamstaan. Dit is julle grond – julle land, bly daar.

wonder ·

Ons Dank die Hemelse Vader dat jy en jou gesin bespaar is (DIE KEER) sou jy nog so gevoel het as hulle jou man en kinders se lewens gevat het. Iets om oor te dink Melanie?????????????

Trek Ferreira ·

Miskien moet julle julle kinders vra of hulle kans sien vir nog trauma .. ek verstaan dit is julle land soos dit myne ook is, maar die hemele weet julle kan bly wees dat julle lewendig anderkant uitgekom het … sterkte . maar asb .. skerp OF julle sekerheid op OF TREK!

Al ·

Die wêreld is oral vol gevare en trauma en boosheid.
Terroriste, reeksmoordenaars, verkragters, pedofiele en skoolboelies wat in skole losbrand op ander leerlinge.

Stuiwer ·

Did maklik om vir mense te sê hulle moet trek, as jy nie self in hulle skoene staan nie. Dié gesin is dapper om na hul plaas terug te keer. Ek hoop die misdadigers word gevang.

Al ·

Sy dra ñ goeie voorbeeld van ñ sterk Afrikanervrou.
Dit moet nie aldag maklik wees nie, maar ons moet ons veggees terugkry.
Ons is dit aan ons voorsate verskuldig wat soveel vir ons opgeoffer het.
Mag God se genade, beskerming en seën op jul rus.
Alle sterkte vorentoe – ek bid daagliks vir die veiligheid van boere en hul gesinne.

Johann ·

Elkeen se eie keuse oor hoe jy so iets verwerk. Wat ek net oplet is dat due aanvalle verdoesel word as roof… erge aanranding, nie noodwendig moord nie.. RAMPARRPOZA lieg. Bloot n opmerking, ondersteun my gedagte dat elke aanval deel is van n groter plan.

Yster ·

Ongelukkig trek die skurke ook nie. Moet net nie enige waardevolle items en wapens in jou kluis bere nie. As jy enige wapens oor het. So nie kry baie gou een. Want hulle gaan terug kom.

Chris Ws ·

Ek is trots op die’ mense!Ek het my braai area so gemaak dat ek bitter moeilik verras kan word terwyl ek staan en braai .My vrou sit heeltyd naby in algehele donkerte onsigbaar en hou heeltyd ook dop met haar 357 by haar.Ek dra myne 24/7.Skerp ligte verlig die hele area deeglik om ons.Sodra die vleisies gaar is gaan eet ons binnenshuis agter geslote deure.Ons bly in ‘n pragtige land maar dis lankaal nie meer Disney World nie.

Yankee ·

Braai terwyl vrou in donkerte met vuurwapen wagstaan?? Wie wil nou so lewe!! Nie ek nie!!

Al ·

Ek het jare terug ñ kommentaar op sosiale media gelees.
Hul wag dat die boere in hul gemaksone is, soos om bv brandewyn en coke te drink en te braai.
Weet nie of dit wel waar is nie.

AW ·

Who are / is responsible to teach and empower the farmers about:

“Defensible Space”

“Situational Crime Prevention (SCP)”

“Crime Prevention Through Environmental Design (CPTED)”

When it comes to farm security??

DA BO ·

Dankie aan ons Hemelsr vader dat ons kinders die een na die ander die land verlaat. Hulle het klein kindertjies en hierdie is helaas nie n land waar jy hulle kan in rus en vrede groot kry nie. Ons oues sit maar hier want mens verplant nie n ou boom maklik nie. Maar dit lyk vir ons helaas ook of die tyd uitloop.?

Jerry ·

Wanneer so iets met n persoon gebeur, het die oumense gepraat van n voorbode wat as n waarskuwing dien en nie ligtelik opgevat moet word nie! Ek glo en vertrou dat julle die volgende keer meer paraat sal wees en nie weer so sleg tweede gaan kom nie.

Johan H. ·

Jou yster. Ek gaan ok nerens. Die is my land as jy dit nie laaik nie. Pak jou goedjies en kongo toe mr die krimeneel.

Sandra ·

Sy vrou hou nie wag nie. Dit is bloot baie slim om dit te doen want jy is wanneer jy gewapen is ook meer daarop gefokus dat iets kan gebeur. Die beste stuurman sit gewoonlik aan die wal sê die spreekwoord.

Koos de Meyer. ·

Ek stem met Chris. Deesdae kan jy nie sonder ‘n wapen wees nie. Hulle moet ‘n groot verrassing kry as hulle probeer om aan te val.

@Yankee ·

Dis nie lewe nie, dis oorlewing.
Mens kan sien die gesin weet hoe om te leef en is gelukkig. Ek verstaan dat uit ‘n beradings oogpunt dit ook tot voordeel van die kinders is om positiewe sterk standpunt in te neem.

RG ·

As ek na die foto van my groot ouma kyk na sy uit die konsentrasie kamp gekom het, weet ek sy sou nie wou hê haar agter kleinkinders moet beleef wat ons nou beleef nie. Hulle het geveg vir ‘n beter toekoms vir hul kinders en klein kinders. Daardie toekoms het nie realiseer nie. Ons oues sal hier vasbyt tot ons ons koppe neerlê, maar die kinders moet gaan. Ek wil nie hê my klein kinders moet oorleef nie, hulle moet kan lewe, in veiligheid.

SLEGS n REISEGER ·

Ek is ook lief vir my land en my mense. Maar ek sal nie my kinders se lewe en toekoms in gevaar sit omdat ek my “voorsate of voorvaders” iets skuld nie.
Ek leef gelukkig nie vir my voorvaders of vir n stuk grond nie – ek is maar slegs n reiseger in hierdie wêreld tot n beter wereld kom.

LouE ·

Kyk net hoe eenders is die fotos van die twee egpare wat aangeval is. Een in Limpopo en die ander in Matjiesfontein. Twee berigte uit mekaar. Dis asof ons in ‘n worsmasjien is – dit gebeur met almal. Jy moet net jou kans afwag. Die frekwensie waarteen die aanvalle gebeur kan nie meer toevallig wees nie.

Engela de Klerk ·

Ek verstaan hierdie man en vrou hoe hulle NOU voel, maar terug by daardie plaashuis sal dit NOOIT weer dieselfde wees nie. Hulle is gelukkig, hulle leef albei. Dis nie die geval met elke plaasaanval nie. Hulle is ook dapper deur te sê dit gaan goed met hul kinders, maar sulke trauma vat BAIE lank vir ‘n kind om te verwerk. Dis nie lekker vir my om dit te sê nie, maar ek is dankbaar ons is 24 jaar gelede weg uit Suid-Afrika. Nou kommer ek net my oor soveel geliefdes steeds daar en van hulle ook boere.

Boerboel ·

Ek het laaankal vertrek. Die vrees en angs in my kinders se oe kon ek nie verdra nie. Sielkundige berading na traumatiese ervarings het hulle nie veel gehelp nie. Na 6 maande in ons skoon, veilige nuwe land hoor my 10jarige dogter klappers en vuurwerke. Beangs hol sy weg, dog dis alweer pistool skote. Dit het lank geneem om te herstel. Vandag, 9jr later floreer hulle en SA is n vae herinnering aan n nagmerrie. Mense wat hul spruite is so n misdadige land grootmaak is skuldig aan kriminele nalatigheid. Lafaards wat eerder in hul eie beddens vermoor wil word as om dit self op te maak. SA is nie meer julle land nie en ek kry diegene wat nie kan emigreer nie baie jammer. Die wat nie wil nie, selfs nie eers ter wille van hul kinders se toekoms nie is nie waardig om ouers genoem te word nie. Basta!

wonder ·

Amen stem saam, die Land behoort nie meer aan die ware Suid-Afrikaners nie!!!!!!!!!!!!!
DIS TYD OM TE GAAN

Elsa ·

Jy is ‘n vrou so na my hart Melanie en ek is baie trots op jou. Ons land se blankes is hopeloos te verbitterd en te negatief en almal wil net trek. Ek glo nog al die jare dat niks met my sal gebeur as dit nie God se wil is nie, want iewers in die Bybel het ek geleer dat ‘n mens se hele lewe en selfs die dag van ons sterfte al voor geboorte deur God bepaal is en net HY weet wat elkeen van ons se lot is. Dit laat my nogal wonder oor die mense wat so die land verlaat. As mens se sterfdag dan reeds bepaal is, dan kan mens mos nie daar verbykom nie en dieselfde lot wat ons in SA sou tref, sal dan mos ook met ons oorsee gebeur. Miskien het ek die kat aan die stert beet, maar ek weier om ‘n lewe van vrees te lewe en gaan maar net aan en leef vir elke dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.