Gesin ontsnap vlammehel op Pta-kleinhoewe

Die brandende huis op 'n kleinhoewe in die ooste van Pretoria. Foto: Netcare 911

Die brandende huis op ‘n kleinhoewe in die ooste van Pretoria. Foto: Netcare 911

Die Tshwane-nooddienste is op ʼn toneel op ʼn kleinhoewe in die ooste van Pretoria waar ʼn brand Donderdagoggend in ʼn grasdakhuis uitgebreek het.

Agt familielede kon ongeskonde ontsnap minute voor die hele huis in ligte laaie was.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het die brand omstreeks 06:00 by die huis in Moreletapark, uitbreiding 34, uitgebreek.

“Dit is nie dadelik bekend wat die brand veroorsaak het nie. Paramedici van Netcare 911 het elke familielid bygestaan en gelukkig het niemand mediese behandeling nodig gehad nie,” het sy gesê.

Brandbestryders was teen 10:00 steeds besig om die brand in bedwang te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Theresa B ·

Grote griet – ek huil my morsdood! So bly almal is ongedeerd, maar ai die skade??!!

Stoney ·

Ai so bly almal is ongedeerd. Groot skade maar jou lewe is belangriker as die aardse. Sterkte, hoop die versekering sal vergoed vir al die skade.

ANDRE ·

Grasdak huise is vir my soooo mooi , en dit ruik altyd vir my lekker met die gras en die hout , maaar………..ek bang die tipe ding.(kan maar met eninge huis gebeur) Gelukkig het niemand seergekry nie.

Oompie ·

Versekering vervang jou besittings. Dit is die persoonlike goed wat vir altyd weg is wat n leemte laat. Fotos. Erfgoed.

Dewald ·

Ek huil my dood as my grasdak huis moet vlam vat,Sterkte daar vir julle

pop ·

Al my goed is op n “hard-drife” (sorry julle puriste)Ek het ook n noodtassie. en dis daarin. Maar nouja die meubel erfstukke is a ander perd. My hart huil altyd as ek so-iets sien. N mens werk hard aan jou tuiste. Sterkte vir hulle almal

Gesiggie ·

Dit is baie hartseer, maar Ja n lewe kan nie vervang word, maar aardse goed wel…so jammer vir die gesin wat moes sien hoe hul huis brand…mag als gou weer beter gaan…so bly jul is veilig…

Gideon ·

Grasdakhuise is seker een van die mees onveiligste dakke wat daar is!! Ek kan nie glo dat dit toegelaat word dat mense so bou nie! Afgesien daarvan dat bure se eiendom ook deur so hewige brand in die slag kan bly is daar ook ‘n gesondheids gevaar wat ek glo baie mense nie van bewus is nie!
Ek ken iemand wat vir jare ‘n grasdak woning gehad het, en die persoon het bitter lelike long probleem ontwikkel vsn swamme in die longe en die Dr het dit aan die grasdak toegeskryf

Gideon ·

Grasdakhuise is seker een van die mees onveiligste dakke wat daar is!! Ek kan nie glo dat dit toegelaat word dat mense so bou nie! Afgesien daarvan dat bure se eiendom ook deur so hewige brand in die slag kan bly is daar ook ‘n gesondheids gevaar wat ek glo baie mense nie van bewus is nie!
Ek ken iemand wat vir jare ‘n grasdak woning gehad het, en die persoon het bitter lelike long probleem ontwikkel vsn swamme in die longe en die Dr het dit aan die grasdak toegeskryf.
Maroela kan julle nie asb navorsing daaroor doen en dan berig nie!

Christiaan ·

Ai, baie hartseer, my pa het daardie huis met sy eie hande gebou en ons het baie gelukkige jare daar gebly…. Bly almal is veilig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.