Gesin ontvang doodsdreigemente ná pa twee inbrekers doodskiet

Foto: Verskaf.

Die Pretorianer wat Saterdag twee rowers op sy erf doodgeskiet het se gesin is erg getraumatiseer ná hulle Maandag boonop ook doodsdreigemente ontvang het.

Die pa het sy gesin beskerm toe een aanvaller met sy gesin in hul motor probeer wegjaag het en ʼn ander verdagte herhaaldelik teen die motor waarin sy gesin was, vasgejaag het.

Kapt. Dave Miller, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn saak van intimidasie is Maandag by die Garsfontein-polisiestasie aanhangig gemaak deur die huiseienaar.

Johann Jacobs, die gesin se prokureur van JJR Inc.-prokureursgroep, het aan Maroela Media gesê ʼn groep van tussen 10 en 12 mense het Maandagoggend buite die gesin se huis bymekaargedrom en dreigemente geskree, onder meer “Ons weet waar jy bly! Ons gaan jou doodmaak!”.

ʼn Sekuriteitswag het by die toneel opgedaag en die huiseienaar het hom gevra om die polisie te verwittig. Daarna het die groep mense glo uiteen beweeg.

Volgens Jacobs is daar nou 24 uur per dag ʼn voertuig met wagte buite die huis en ontvang die gesin, met kinders wat nog op skool is, berading.

Foto: Verskaf.

“My kliënt het deurentyd uit selfverdediging opgetree. Ons wil hê die ondersoek moet sy loop neem,” het Jacobs gesê.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het laat Saterdagmiddag in Lynnwood Ridge plaasgevind. “Die gesin het by die huis gekom en agtergekom die voorste hek is oop en daar staan ʼn vreemde silwer voertuig in hul oprit naby die motorhuis,” het Miller vroeër gesê.

Die man het uit die voertuig geklim en gaan ondersoek instel. Een verdagte het verby hom gehardloop.

“Die man het probeer om die verdagte wat verby hom gehardloop het te vang, maar die verdagte het hom ontduik en terug in die huis gehardloop. Intussen kon ʼn tweede verdagte daarin slaag om verby die man te kom en in die voertuig, met die man se gesin steeds daarin, te spring.”

Dié verdagte het probeer om in trurat weg te jaag, maar het volgens Miller “gelukkig” teen die muur vasgery en kon nie verder beweeg nie.

“Die pa het na die voertuig gehardloop en daar probeer help en in die proses is die verdagte doodgeskiet.”

Verskeie huishoudelike items is in die verdagtes se motor aangetref. Foto: Verskaf.

Intussen het die tweede verdagte in die boosdoeners se wegkommotor gespring en herhaaldelik teen die gesin se voertuig, wat die oprit versper het met die gesin steeds binne-in, vasgery.

“Die verdagte kon nie daarin slaag om by die oprit uit te ry nie. Hy het weer die pa probeer aanval en die man het homself weer verdedig.” Die tweede verdagte is ook in die proses doodgeskiet.

In dié stadium word daar geen klagtes teen die man ondersoek nie. Die polisie ondersoek wel ʼn saak van huisroof.

Verskeie huishoudelike items is in die verdagtes se motor aangetref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Charmaine ·

Dankue hulle het beskrrming kan n mens dani jou gesin beskerm nie !!!!! Sterkte aan die familie GOD BESKERM JULLE ?

Al ·

Die dag wanneer jy doodsdreigemente kry deur die regte ding te doen om jouself en jou gesin beskerm,is daar drasties iets verkeerd met ons samelewing.

TDW ·

Ek kan dit nie glo nie, en tog is dit so, en nie net met hiérdie mense nie, maar met enige iemand wat daaraan dink om ‘n misdadiger seer te maak. Ek kan niks anders doen as om kop in verbystering te skud. Sterkte aan hierdie gesin wat nou trauma op trauma beleef.

Han ·

Vir die intimideerders is reg verkeerd en verkeerd reg! Daar bestaan by hulle geen regverdige en rasionele denke nie. In Jesaja 5:20 staan die volgende: “Ellende wag vir dié wat sleg goed noem en goed sleg, wat van duisternis lig maak en van lig duisternis, wat bitter soet noem en soet bitter.”

CdT ·

Daai wat jy noem Han is die direkte gevolge van die 2 gedeeltes. Prediker 4:14. Want daardie een het uit die gevangenis uitgegaan om koning te word, alhoewel hy as ’n arme(slaaf) in die koninkryk van die ander gebore was.
Prediker 10:16. Ellende wag vir die land waarvan ‘n slaaf koning is en waar amptenare vroeg in die dag begin feesvier.

Eish ·

Skokkend! Die media moet hom liefs daarvan weerhou om identifiseerbare foto’s te plaas ten einde te verhoed dat slagoffers, weer slagoffers word.

Ad ·

Net in SA mag jy jou nie verdedig as jy wit is. As jy wel aangeval word of terug baklei kom betoog hulle met dreigemente.

So volgens meerderheid mag mens dan niks doen nie en hulle speel regter wanneer hulle by jou kom.

Hierdie wys net weer ONS IS NIE WELKOM HIER NIE!

KG ·

Nou sulke goed maak my woedend en magteloos voel. Die gesin het niks verkeerd gedoen nie. Die pa het net sy gesin beskerm, maar nou word hulle gedreig. Die denkwyse van party mense gaan my verstand te bowe.

Dis so bitter onregverdig wat in die land aan die gebeur is en die regering wil nie erkenning gee aan die massiewe probleem wat op hande is nie!!!

Buks van der Linde ·

Ek voel dieselfde as KG. Sal enige pa, maak nie saak watter kleur ookal, nie dieselfde gedoen het as dit sy familie en kinders was nie?

anton ·

Dit is te belaglik vir woorde!!!
So hulle reken dat hulle maar enige misdaad kan doen teen ons en ons moet net stilbly en elke keer die ander wang draai.
Die arrogansie van die mense gaan mens se verstand te bowe!!!

kas ·

As die omstandighede anders was sou hulle dieselfde gedoen het.Ek kan nie sien wat die man verkeerd gedoen het nie.Is dit verkeerd om noodweer toe te pas as jou of jou gesin se lewens ingevaar is.

Theresa B ·

Amazing – Die boewe mag doen wat hulle wil (soos altyd) met alles waarvoor ons hard werk. Nou wonder ek maar net waar kry “die ander” nou die gesin se inligting om hulle te dreig??!!

anton ·

Dalk kry hulle die inligting by Netwerk 24 of Pta news se redakteurs en verslaggewers.
Beslis nie by MM nie.

Judge Dredd ·

Waarskynlik familie/vriende/kollegas van die kriminele en het geweet wat hulle doen.

kas ·

Nog ‘n vraag.Hoe het hulle geweet waar die gesin bly?Sou hierdie mense nie dieselfde gedoen het as hulle geliefdes in gevaar verkeer het nie?

Johan ·

Eerste verdagte? Die SAPS?
Tweede verdagte? Ander huiswerkers van die area. Die wat geskiet is, kom intimideer hulle vir antwoorde.
En ja, media kan ‘n rol speel – dalk nie in die geval nie.

JJ ·

en só gaan elke liewe ding “rassisties” raak en jy gaan gedreig word met die dood al verdedig jy jouself.

Ag Asseblief Tog ·

Johan gebruik jou gesonde verstand as jy so iets het. Die foto’s dadelik deur media versprei. So dit vat nie baie om uit te pluis waar die mense woon nie. Plus, die huishulp en tuinwerkers in daardie omgewing het gepraat. So hou op om die Polisie die skuld te wil gee vir alles. Kom by!!!!!!

Danie ·

Die misdadigers mag doen wat hulle wil (wat doodmaak insluit) en daar mag geen haan daarna kraai nie. Verdedig jy jouself en die misdadigers sterf dit word jy met die dood gedreig. Duidelik regeer misdadigers hier.

Frank ·

Nou wonder ek…
Waar kry die ‘betogers’ die huis se adres?
Net die polisie sou die adres hê…
Hmmmm

Theresa ·

Bostelegraaf. Eeue oud en word steeds met groot sukses gebruik. Hierdie geval is egter ‘n “eye opener” want als het baie vining op mekaar gebeur. Informante moet gevang word. Wens elke onwelkome mens wat daar by hul huis gaan droogmaak was gearresteer net daar op die plek vir intimidasie. Waarom was dit nie gedoen nie? 12 mense wat dreigende goed skreeu kon maklik deur 12 polisiemanne tot ordentlikheid gedwing geword het – en net daar gearresteer word?

liamari ·

Die man verdedig sy gesin. En nou mobiliseer ‘n klomp mense teen hom. Dis weer die geval van ‘n wit man wat swart mans doodgeskiet het. Maak nie saak dat hierdie swart mans kriminele is nie, dit word geregverdig. Dis ongelooflik kommerwekkend dat soveel mense misdade teen blankes goedkeur.

die wit wolf ·

Die comrades hou nie daarvan as slagoffers van swart misdaad terug veg nie – easy targets is veel maklikker!

Laurika ·

Ek verstaan nie – hulle noem dit street justice, die skuldige word sommer daar in die straat deur die hele gemeentskap dood geslaan met ‘n sambok omdat hy by iemand se huis ingebreek het – maar wanneer ons in self verdediging optree is dit verkeerd. Die arme familie.

Liezl ·

En nou is die prokureur se naam ook bekend gemaak! OOOH NOOOO!!!!

GM ·

O jinne, regtig! Moes die pa dan nou mooi vir die verdagte gesê het: Wag net ‘n bietjie, dan trek ek die motor vir jou weg, sodat jy kan ry? Die verdagte het herhaaldelik teen die motor vasgery waarin die gesin nog was. Hul kon beseer word. Het die verdagte homself daaroor bekommer? Of die ander een wat met hul wou wegjaag? Die ou sou nog sy ‘vriend’ daar gelos het ook om alleen die ‘music’ te ‘face’. Dit wys jou net…

Linda ·

Dit is die waarheid dat ons Regering beheer oor misdadigers verloor het en dat misdadigers ons land nou beheer. Daarom immigreer ons mense by die hope na ander lande toe waar hul meer veilig kan voel en waar Regerings n land behoorlik kan beheer !!!

Cherokee ·

Niemand immigreer na ander lande nie, Linda. Dit is nie eens moontlik nie. Hulle emigreer.

Bert ·

As ek iemand met die dood dreig word ek sumier in hegtenis geneem, was daar enige arrestasies?

Hoe ver is ons nou al as bewese misdadigers openlik verdedig word deur hul vriende en familie, ek sou my doodskaam as van my familie lede betrap word by ‘n misdaad.

Skokkend ·

Presies as jy iemand met die dood dreig (en jy is wit) dan word jy in hegtenis geneem . hier het ‘n GROEP mense ‘n man en sy gesin so gedreig dat HY SY FAMILIE LANDUIT Gestuur het ..MAAR dit word toegelaat omdat die oortreders van die regte KLEUR Is. Ken hulle ooit die inbrekers wat die mense aangeval het? En hoe op aarde kan jy die kant van inbrekers vat teen ‘n PA wat sy gesin teen GEWAPENDE rowers beskerm het?? NEEWAT die land se regstelsel is in sy dinges in .. die man se familie is reeds oorsee, hy sal ook seker binnekort MOET VLUG vir die kriminele massas wat hom wil kom doodmaak . .. EN DIE REGERING EN POLISIE LAAT DIT TOE.

Anni ·

Laat gerus maar jul tuinhulp en huishulp ondersoek. Lyk vir my of hulle, of die bure sn reg rondom julle dan hier betrokke is!!?

Andrea ·

Presies! Dis my gedagte ook. Deel van die hele misdaad- en intimidasiesituasie. Ek stel voor die buurt se huis-en tuinwerkers en hul familie en vriende word bietjie van nader bekyk. As net een v hierdie mense geïdentifiseer kan word, kan n klag teen hom/haar gelê word. Dit moet nie net gelos word nie, want dan raak dit die status quo.

Ampie ·

Baie geluk Mnr X met jou goeie terugvegpoging en jou gesin se beskerming. Knap gedaan.

marius ·

Dankie Stephen jy is so reg …die dame wil nie die waarheid sien nie soos n klomp verligtes…
Dieselfde gebeur in Amerika onder die liberals ,eerder vermoor word as om te erken daar is n aanslag op alle blankes !!

TDW ·

Hierdie is wat ek nou noem “black entitlement”
Ek sou graag wou hê die polisie moet die dreigers se vingerafdrukke vat, miskien kan hulle ook ondersoek word vir ander sake. Gelukkig is die meeste swartmense nie so nie. Net die ANC en die EFF.

Mia Joubert ·

Die misdade is beplan of “vat ‘n kans”, gewoonlik met tragiese nagevolge. Moenie sommer kwaad raak vir goeie SAPD lede wat onder baie moeilike omstandige probeer om hulle beste werk te lewer. Wys liewer vinger na organisasies wat wanorde en wetteloosheid aanmoedig, en hierdies werk vir jou en bly in jou straat en buurt. Sterkte vir die gesin

Francois ·

Is daar nie video opname van die mense wat buite die huis gedemonstreer het nie ?
Dan kan jy hulle ID.

Tania ·

Dit is baie hartseer dat ons in so wereld moet leef. Die arme ou het net sy eie gesin beskerm.

Johan van der Westhuizen ·

Weereens word dit bewys dat daar gediskrimineer word teen die vreedeliewende mens in SA, jy mag nie eers meer jouself en jou gesin beskerm nie! Skiet die rower, dan word daar teen jou betoog! MAW jy mag nie meer jou geliefdes en jouself beskerm nie, want jy is wit! So gaan lè maar en aanvaar maar jou lot! Ek dink nie so nie, kom maar julle, ons sal julle wys! Laat daar nou iets gebeur met die man omdat hy sy gesin beskerm het! Julle sal nie weet hoe om die nagevolge te hanteen nie! I dare you!

Pav ·

As malema doodsdreigement kry is daar sap wagte. Waar is die ou se sap wagte.

Reguit ·

Niemand in Azanië gaan hierdie tipe “African Justice” vryspring nie. Daarom is emigrasie die beste opsie.

frikkie ·

Ek het ook al sulke dreigemente gekry. Ek antwoord hulle dan. KOM TRY .

Driekie ·

Duidelik is die ‘betogers’ familie en vriende van die oorledenes…

Wonder ·

Nou wonder ek, hoekom val ons mense nou mekaar aan oor die geleentheid! Dit gaan oor die mense wat met die doodgedreig is. En hier “slaan” julle mekaar amper “dood” daaroor.
O ja, onthou net ‘n taal is ‘n kommunikasie “tool”.

Ore ·

Kom manne,kom ons mobiliseer en stig ‘n waakspan vir die man wat nie geskroom het om teen die boewe op te tree nie.Ons kan skofte werk en 24 uur wagstaan,gewapen natuurlik

Wilma ·

Gemeenskappe moet saamstaan ma nee te veel kriminele families

Elize Louw ·

Maroela Media – Ek wil graag by julle weet van wanneer af is ‘n rower en moordenaar ‘n “BOOSDOENER”????? , hoekom altyd die versagtende woord gebruik vir gewapende rowers, skelms, en moordenaars.

David ·

Van die betogers moes dalk deel in die buit, nou is hulle ongelukkig omdat die roof gefnuik is.

At ·

Stem Frikkie, (kom try), ons moet ophou kruip en slapgat wees.

Griet ·

Waarom word daar geen opvolg stories oor hierdie insident deur MM gedoen nie. Ons moet dit in ander koerante lees?!?!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.