Gesin op Botrivier-plaas oorval

(Argieffoto: StatsSA)

ʼn Gesin is Dinsdagaand deur drie mans op ʼn plaas in die Botrivier-omgewing in die Wes-Kaap oorval en beroof.

Volgens ao. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, het ’n man en sy gesin omstreeks 21:00 die honde hoor blaf. Hy het die deur oopgemaak om te kyk waarom die honde blaf en is deur drie mans gekonfronteer.

“Die verdagtes het die man terug in die huis gestoot. Hulle het die familie vasgemaak en die huis geplunder. Hulle het met ʼn paar waardevolle besittings op die vlug geslaan,” het Swartbooi bevestig.

“Die gesin het ongedeerd van die voorval afgekom.”

Die polisie kan in hierdie stadium nog nie bevestig watter items presies gebuit is nie.

Die verdagtes het te voet gevlug en word sedertdien deur die polisie gesoek. Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie op Caledon het ʼn saak van huisroof aanhangig gemaak.

Enigiemand met meer inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming kan lei, kan die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Elize ·

Mens maak nooit maar nooit die deur in die aand oop nie. Wag binne gereed met jou vuurwapen

Frank ·

Ek verstaan ook nie. As die honde 21h00 die aand blaf en jy het die durf om uit te gaan om te gaan kyk (met ‘n vuurwapen in jou hand), kan jy mos nie oorval word nie?

Werner ·

Die mense wil maar net nie leer nie.Seker gedink dit sal nooit met hulle gebeur nie.

Harley Davidson ·

Die weskaap moet ‘n onafhanklike staat word sodat daadwerklike stappe geneem kan word om die misdaadprobleem te stop deur bevoegde goed opgeleide polisie.

tweeling ·

Jasper, onafhanklike status sal nie die probleem oplos nie. Daar is klaar hopeloos te veel mense in die weskaap wat bedel en die misdaad probleem vererger. Daar is nie genoeg werk vir almal in die weskaap nie dus word misdaad ‘n groter probleem. Die polisie is te bang om in die townships in die kaapse vlakte in te gaan, die bendes regeer daar. Jy kan ‘n goed opgeleide polisiemag hê soveel jy wil maar as jy nie die waarde sisteem van die bevolking kan verhoog nie sal jy nooit wen.

Cherokee ·

Baie interessante, sinvolle en praktiese kommentaar deur Robert, wat verder kyk as bloot die droom van selfbeskikking.

Harley Davidson ·

Hoekom sê jy dit is n droom as ek vir jou 3 maande terug gesê het terroriste gaan die winkel sentrum in jou provinsie roof en vernietig sou jy gesê het ek droom reg of verkeerd?

gatgogga ·

Daar is hopeloos te veel mense in die hele land, Robert, wat die misdaadprobleem orals vererger. As daar meer belangstelling vir onafhanklikheid was, kon ons nou-al iets daaraan begin doen het in die weskaap. Elke dag wat ons slaap, stuur die ANC meer en meer kaders om in die weskaap te kom vestig. Jy sal nooit die waardesisteem van die algemene bevolking kan verander nie – ons is nou eenmaal ‘n nasie van onnosel kriminele.
In die VSA kry jy state wat vrot is, en ander wat weer ‘n beter toekoms vir die long mense probeer bewerkstellig. Ons kan die weskaap draai, maar ons kan nie die hele land draai nie.

Harley Davidson ·

Ek stem 100% saam maar onder die ANC beheer van Suid-Afrika gaan dinge net vererger,kan jy dink wat die weskaap kan bereik onder onafhanklikheid. Hulle is tans die beste provinsie in Suid-Afrika maar gaan nogsteeds gebukkend onder ANC bewind,’n voorbeeld is die provinsie betaal jaarliks R 300 000 000 aan die regering om R 70 000 000 terug te kry vir onderhouding deur die staat ,die DA moet druk vir ‘n referendum en die mense moet besluit.

jou gewete ·

jy het ordentlike wette en wetstoepassing nodig met gepaste strawwe soos doodstraf. party mense het nie waardes, wil ook nie he nie, hoor nie. hulle moet VOEL

Elinette ·

HA-HA-HA-HA!!!!!!!!!!!!!!!! En met watter ‘army’ wil jy dít regkry?

Harley Davidson ·

Geen weermag ons is vredeliewende mense en moet die demokrasie tot on voordeel gebruik.

Elinette ·

Af-pootjie hier, dink jy VIR EEN OOMBLIK dat die ANC-regering ‘n onafhanklikheidsstatus aan die Wes-Kaap sal gee? Dink weer, ou maat!

Excalibur ·

Robert se stelling is nie heeltemal verkeerd nie maar Gatgogga beantwoord dit redelik akkuraat. Daar is altyd die positiewe wat die negatiewe troef soos aan die hand van die gesegdes: “n Vis begin vrot van die kop af ondertoe” (Pos: Jy kan met blitzkrieg aksie nog tenminste die lyf en stert red) en “n Glas word half gevul met drinkwater en die optimus sien dit as half vol en lus sy dors terwyl die pesimus sy hande vou en dit as half leeg beskou en net soos n lee blik n klomp geraas maak en n vloermoer gooi wat die glas omkantel en die bietjie water (hoop) is verlore. Die Wes Kaap het sy geite maar dit word nog uitstekend bestuur deur die DA. Voeg daarby die waterskaars Noord Kaap met sy Kalahari, Karoo, Boesmanland, Knersvlakte, Rigtersveld en Namaqualand en jy sal ‘n wonderwerk beleef van Hoop, Orde, Ekonomiese vooruitgang en Inklusiewe Demokrasie met Waardes. Ongelukkig is hierdie die ideologie wat die ANC wil vernietig en daarom die inflaks uit die ver Ooste & Noorde

Martin ·

Dit gaan my verstand te bowe dat in hierdie dag en tyd daar nogsteeds mense is wat die honde hoor blaf, en dan net buite toe gaan . Ons lees amper weekliks van dieselfde gevalle waar mense net eenvoudig nie paraat en voorbereid is vir ‘n Plaasaanval nie. Bly binne in jou huis en wees gewapen en gereed om jou gesin te beskerm. Skakel ook in by jou lokale Plaaswag strukture. Dit kan jou lewe red.

Aai ·

Seker het daai honde erger as normaal geblaf so dan moet jy weet.

JM ·

“Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.” ‘n Geykte sinnetjie in Suid-Afrika, want die polisie vee nog die slaap uit hul oë …

Hardekwas ·

Kan nie wees nie, want die saps het nog nie wakker geword nie..

Niklaas ·

As honde begin blaf, skort iets mos. Dan is dit nie wys om te gaan ondersoek instel nie. Ons moet dink soos aanvallers dink. Hul beplan die aanvalle deeglik.

Frank ·

Nee kyk, ek voel ook so, maar laat ek nou my mond oopmaak dan plaas MM nie my opinie nie. Dink ek moet my naam verander.

Prikkie ·

Eers was dit daar ver. Nou is dit sommer hier by ons in die Weskaap.

Ian ·

Dink dit ganie met jou gebeur nie….. Dink weer. Waarskuwings noual hoeveel keer al gegee oor deure oopmaak en veiligheidshekke ens.

Swerwer ·

Niemand en niks is meer veilig in hierdie land nie. Laat my so terugdink na my kinderdae daar in die Noorde van Suidwes. Veiligheid en paraadheid nogsteeds inge-ets in my lewenswyse.

Keith ·

There are so many measures that could be put in place to avoid being caught like this. A stand alone, cheap early-warning security light with alarm (which can’t be set off by dogs) OR a simple 1 or 2 camera cctv system linked to a laptop, or an old-type glass peephole in the door. I know of a few more practical ways to help prevent this, but the question will always remain:- Why do people still go outside , at night, to see whats happening ?

Pieter J ·

Dit is so jammer dat mense nie veiligheidsbewus is nie. Hierdie persoon het toe hy daardie deur oopgemaak het sy eie lewe sowel as die van sy gesin in groot gevaar gestel. Hulle kan baie dankbaar wees dat hulle nog leef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.