Gesin op Centurion-kleinhoewe aangehou

Argieffoto

Argieffoto

Vier gewapende mans het Maandagaand ʼn gesin langer as 45 minute op ʼn kleinhoewe buite Pretoria aangehou en beroof.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die verdagtes het omstreeks 22:00 op die Vlakplaas-kleinhoewe in die Erasmia-omgewing, in die weste van Centurion, toegeslaan en ʼn 52-jarige man en sy gesin met vuurwapens aangehou.

“Die rowers het met ʼn bedrag geld, juwele en die huiseienaar se vuurwapen in die huiseienaar se motor, ʼn wit VW Polo, gevlug. Die motor is later verlate langs die M26-pad naby Erasmia opgespoor,” het Moloto gesê. Geen ernstige beserings is aangemeld nie.

Die Erasmia-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie het ʼn beroep op inwoners gedoen om na vore te kom met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan. Bel die Erasmia-polisiestasie by 012 370 1777.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jo jo ·

Ek weet nie waarheen ons land oppad is nie
net moord en roof

m ·

Dis wat gebeur as kriminele beskerm word. Hulle weet mos hulle kom niks oor nie so dit pla hulle nie om te steel nie…

Van ·

Nie eers die SAP weet waar om die fers te kry nie nie – hoe nog die publiek?!

Jade ·

Dis nou wat gebeur as Malema se hulle gaan nog nie die Witmense dood maak nie maar dit kom. Dis tyd dat daar intensief gebid en oorlogvoering gedoen word vir sy val en die beskerming van elke onskuldige in die land. Die mense moet begin terug baklei en nie meer wapens in kluise los nie. Daar is ‘n tyd vir vrede en ‘n tyd vir oorlog en soms is terug baklei al antwoord.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.