Gesin op kleinhoewe aangeval, vroue verkrag

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Drie gewapende aanvallers het verlede Vrydag op ʼn gesin se kleinhoewe in Zwartkop, Muldersdrift, toegeslaan. Hulle het die pa van die gesin vasgebind en sy vrou en twee dogters verkrag.

Konst. Boitumelo Sehloho, woordvoerder van die Muldersdrift-polisie, sê die drie aanvallers het die aand met vuurwapens die huis binnegegaan en ʼn 73-jarige man, die pa van die gesin, beveel om op die grond te lê. Hulle het sy hande en bene vasgebind.

“Die aanvallers het geld van die man geëis. Toe hy nie vir hulle geld kon gee nie, het hulle hom begin slaan,” vertel Sehloho. Hulle het die man deursoek en sy selfoon gekry en gevat.

Sehloho sê die aanvallers het daarna die man se 46-jarige vrou en twee dogters, onderskeidelik 15 en 11 jaar oud, na ʼn ander kamer van die huis geneem en verkrag.

Volgens Sehloho is die verdagtes tussen 21 en 35 jaar oud. Hulle het ná die aanval gevlug en is steeds op vrye voet.

“Ons doen ʼn beroep op die gemeenskap van Muldersdrift om op die uitkyk te wees vir die verdagtes. Hulle is gewapen en uiters gevaarlik,” sê Sehloho.

Lt.kol. Mankontsho Setlhare, die Muldersdrift-polisiestasie se bevelvoerder, waarsku inwoners teen huisrooftogte, wat met geweld gepaardgaan. Dít het sedert die begin van Julie skerp in die omgewing toegeneem. Talle huisroofgevalle is die afgelope maand in Lindley, Zwartkop en Nooitgedacht in Muldersdrift aangemeld.

“Dit is gewoonlik drie tot ses verdagtes, met vuurwapens, wat die huise beroof. In al die voorvalle wat tot dusver aangemeld is, het die rowers met geweld die huise betree,” sê Setlhare.

Setlhare versoek ook inwoners om proaktief en te alle tye paraat te wees, asook die sekuriteit by hul huise op te skerp. Hy vra ook dat inwoners enige verdagte gedrag by die polisie aanmeld.

“Inwoners moet seker maak hul huise en motorhuise se deure is deurgaans gesluit. Moenie spaarsleutels onder deurmatte, potplante of ʼn ander baie algemene ligging bêre nie.”

Enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die aanvallers kan lei, kan die Muldersdrift-polisie by 011 4600/4641 bel of die polisie se misdaadnommer, 08600 10111, skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Alet ·

Dis nou tyd dat jy jou wapen dra soos jy jou selfoon byderhand het…te veel kom weg met moord !

Francois Le Cochon ·

Almal het nie vuurwapens, of wil dit he nie. Almal kan wel diefwering installeer met n alarm stelsel wat verbind is aan n gewapende reaksie eenheid. Baie mense kon al baie verdriet gespaar gewees het as hulle hul eie veiligheid belangrik geag het.

Misky ·

Die tydlyn maak nie lekker vir my sin nie. Gister was dit soos veldbrand op sosiale media versprei en die berig sê dit het reeds verlede Vrydag gebeur. Hoekom nou eers berig?

Juls ·

Verklarings by polisie kantoor, trauma en mediese behandeling vir gesin, media kry nie altyd die storie dadelik nie

Dr. Rhoshe ·

Kan iemand asseblief vir my verduidelik wanneer ons regering aanspreeklik gehou sal word vir die veiligheid van haar burgers. Ons moeders, dogters en susters is nie veilig nie en hul moordenaars en aanvallers loop vrylik tussen ons round. Ons is nêrens veilig nie, nie in ons huise, ons skole of op ons paaie nie, en die misdadigers kom weg met hul afskuwelike misdade. Ons kan die beste sekuriteitstelsel kry wat geld kan bied, maar hoe hou ons ons kinders veilig in die regte wêreld. Die regering wil weet hoekom die misdade nie aangemeld word nie, want dit is nutteloos om in ‘n situasie te sit waarin u die trauma moet herleef net vir die monster om ‘n vonnis van vyf jaar te kry.

Anoniem ·

Dit gaan nie gebeur nie. Behalwe as hulle sien dat onsself daaromtrent iets gaan doen. Ons kan kla tot ons blou word. Ons moet vir eens en altyd besef EN AAN ONSSELF ERKEN dat die aanvalle sal alleenlik ophou wanneer ons ophou om op ons louere te rus.

Jojo ·

Maklikste is net doodeenvoudig. Laat boere toestemming kry om hulle self te bewapen en te skiet… No questions asked… geregtigheid maar in eie hande neem want die gereg het nie geregtigheid nie. Enough is enough

Inkpot ·

Hoekom moet hulle eers toestemming kry?
As hulle moet vra vir toestemming gaan hulle dit nooit kry nie.

Cherokee ·

JôJô!!! Waarom moet boere toestemming vra om hulself te bewapen en te skiet? Die toestemming is outomaties deel van burgerregte. Nie net vir boere maar vir almal. Jy sien, onkunde speel ook ‘n rol.

Anton ·

Hoekom as n ANC lid vermoor word word die verdagte binne 48 uur opgespoor en gearesteer, maar met plaasmoorde kry hulle partymaal die verdagtes glad nie?

TRP ·

Ek raak so kwaad, noudat dit uiteintlik herken word dat hierdie ‘n realiteit is neem dit toe. Daardie arme dogters se lewens is verwoes en dit oor haat, hoe het hulle enigsins dit verdien? Ek raak verder kwaad dat ons weet hierdie dinge gebeur en steeds nie paraad is nie!! Skiet nou en verduidelik later man!

Rose ·

Ons moet na onsself omsien, die regering voel n veer, hoe meer plaasaanvalle, of hoe meer blanke besighede in die hek duik, hoe lekkerder kry hulle. Hulle saai net vrees sover hulle gaan, Malema moes al lankal in die bek geruk word, want dit is sy uitsprake wat hierdie haat aanwakker. Hoekom eerbiedig ons nog die regering se reels en regulasies? Hulle onderdane doen dit nie. Ons moet ons eie militere vleuel stig, soos wat die Anc destyds gedoen het.

Nozi ·

Stem 100% saam met jou. Hoe die malemmertjie nog op straat rond loop asof hy die wereld besit gaan my verstand heeltemal tebowe.

Vanessa ·

Dra jou vuurwapen by jou en gebruik hom wanneer jy jouself moet verdedig en sorg dat jou huis toegerus is met die nodige sekuriteit wat jou vroegtydig waarsku voordat hulle jou huis betree. Ons lewe in ‘n land waar misdadigers die hef in die hand het so ons moet op ons hoede wees!!!!!!!!

Andre ·

“no live matters until…” het ‘n bekende Suid Afrikaner gese. Ek sou graag vir die moeder en twee dogters net wil se “ probeer asseblief opstaan al is dit so moeilik en maak die wereld bewus hiervan in julle eie woorde want julle mag dalk net ‘n ommeswaai bewerkstellig. Dink en bid vir julle

Karinda ·

Dit is tyd dat elke slagoffer die President dagvaar – ons is geregtig op beskerming teen hierdie moordenaars. Dalk sal daar dan iets aan gedoen word as dit vir hom ongerieflik raak om op al die dagvaardigings te reageer.

popsa ·

NEE! Dít is waarvoor ons sal bid:
1 Konings 18:21, 38-39 – “En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie…”
“Daarop het die vuur van die HERE neergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek.
En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê: Die HERE, Hy is God, die HERE, Hy is God!

AmY ·

Hoe kry jy dit oor jou hart…. Nee, hulle het nie harte nie.
Ek hoop daai gesin kry intensiewe berading op die staat se onkoste.
Hoe die hel verkrag jy twee sulke jong kinders en hulle mamma?
Ek bid vanaand vir hulle.

Michael ·

Dit ruk hand uit, praat ,hoop en bid dat dit sal verander gaan nie help nie. Kry n wapen gelisensiëerd of nie en verdedig jouself want n blanke boer en sy gesin is n teiken in die vrot land van ons.

Kobus ·

Solank as ons “cool” is en “gorgious” en “awesome” en “fabulous” en “great” is en ons niks doen oor ons skole en ons universiteite nie;

En ons praat van “ons regering” en “ons president”;

En ons praat van mense wat terreur saai onder blankes as misdadigers en nie as terroriste nie;

En die moord van 90000 blankes gaan nog aan oppad na 100000

En 600000 blankes is in plakkerskampe;

En ons voel beter na ons hier op MM ons emosies uitgelaat het;

Gaan niks verander nie!
Is ons regtig bereid om iets te doen?

Helen ·

Die pa het seker nie n wapen nie……….ingee by die polisie om vernietig te word en nou word hy dalk met sy eie wapen aangehou. Ongelukkig n kwaal van die blankes……spyt kom te laat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.