Gesin op kleinhoewe oorval

(Argieffoto)

Vermeende rowers het Saterdag ʼn gesin in Port Elizabeth verras toe hulle ʼn skoot afgevuur het wat ʼn glasdeur in hul televisiekamer gebreek het.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het die gesin om 22:50 televisie gekyk toe een van die slagoffers ʼn onbekende man met ʼn balaklawa by die glasdeur opgemerk het. Terwyl die vrou haar man gewaarsku het, het die verdagte ʼn skoot afgevuur wat die glas gebreek het. Die aangrensende glasvenster het ook met die trefslag gebreek.

Die gesin woon glo in Theescombe wat aan die Kragga Kamma-wildpark in Port Elizabeth grens.

“Die drie verdagtes het die gesin beveel om op die vloer te lê, terwyl hulle vasgemaak is.”

Die mans het die huis deursoek en ʼn .38-rewolwer, juweliersware, ʼn beursie, kontant, drie selfone en ʼn skootrekenaar gebuit. Hulle het deur die gebreekte deur ontsnap.

Niemand het beserings tydens die voorval opgedoen nie.

Die polisie in Kabega Park ondersoek ʼn saak van huisroof.

“Ons moedig huiseienaars aan wat veral op kleinhoewes woonagtig is of afgesonder van hul bure woon om alarmstelsels te installeer, diefwering aan deure en vensters te plaas en kringtelevisie te installeer vir bykomende veiligheid,” het Naidu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Phillip ·

Dan leef ons ook in tronke en nog geld uithaal wat ons nie het nie

E ·

Presies mens het nie duisende rande om op sekuriteit te spandeer nie. En waarvoor betaal ons belasting? ‘n Burger moet weilig in sy eie land kan wees.

Casper ·

Ja .mnr Naidu gaan julle daarvoor betaal.Die .38 moes langs die man gelê het sodoende sou hy kon skiet die oomblik toe hulle die glasdeur stukkend skiet.

Pieter J ·

Casper ek stem saam. As die man se rewolwer sy enigste veiligheidsmaatreĕl was moes hy dit op sy persoon gehad het.

Persheks Adri ·

Ek lewe klaar in ‘n tronk as gevolg van misdadigers magtag man! Hoeveel meer van die snert moet ons nou hanteer? Gaan jy die mense help betaal vir die sekuriteit in en om jou huis? Dis nie 5 sent nie hoor

Elize ·

Hy kan maklik praat want sy sekuriteit word deur die belastingbetaler betaal. Hulle vertrou nie hul eie “our people” nie dis hoekom hulle sulke geweldige sekuriteit by hul huise het

Corrie ·

Wys mens net wat dink vandag se rowers van ons Polisie en regstelsel, geen vrees daarvoor nie. Moes daar nie ‘n klag van poging tot moord gewees het as iemand ‘n vuurwapen afvuur waar onskuldige mense beroof word en skote geskiet word nie …………………… wonder maar net. Miskien is dit die rede waarom die polisie of regstelsel nie gevrees word nie ……..

Prikkie ·

Ek stem saam met Casper oor die man se rewolwer, maar die oomblik as jy iemand raakskiet, al is dit ook ‘n gewapende inbreker, word jou WETTIGE vuurwapen ingeneem vir ballistiese toetse.

Nou ja, dan is jy met die wettige wapen ontwapen en totaal weerloos.

So wat bly nou vir ons wetsgehoorsame burgers oor?

Anoniem ·

Daar is nie woorde nie! Hoekom ? Daar moet ‘n opstoker/aanhitsing wees want dit hou net nie op nie.
Hierdie Regering moet beslis daadwerklik begin optree teen hul …………………………………
Baie dankbaar dat die gesin ongedeerd is, die trauma kan mens nie eers oor praat nie, want dit is iets wat mens nooit vergeet nie.

Frank ·

Ja kol Naidu, watse gemaksone het die SAP nie al in verval nie. Julle moedig ons aan om ons veiligheidmaatreels op te knap teen hoë koste.
En Jan Publiek moedig julle aan om julle werk te begin doen sodat ons in vrede en veiligheid kan begin woon.
Jy onthou nog, kol Naidu? Die werk waarvoor jy in die eerste plek aangestel is

Elinette ·

Servamus et Servimus bestaan nie meer in die SAPD nie. 80% van SAPD-lede is net in die mag omdat dit net nóg ‘n werk is, wat aan die einde van die maand ‘n salaris betaal. Die tyd toe mense by die Mag aangesluit het omdat hulle ‘n intense belangstelling en respek gehad het vir die Mag, die werk en die uniform, is lankal al verby.

Harley Davidson ·

En ook hulle vuurwapen byderhand te hou en die aanvalle met die nodige geweld te beëindig sou ek bygevoeg het by kol Naidoo se veiligheid maatreëls.

koos10 ·

Veiligheids hekke en sekuriteit behoort noodsaaklik te wees en nie ‘n luukse nie, en dan moet dit van belasting geeeis kan word!

Piet parys ·

Moedig die regering aan om hulle verdomde wette toe te pas en misdadigers op te spoor . toe te sluit . Regering doe mos niks aan misdadigers nie maar geen wonder nie want julle regeer die land

Frank John ·

Weet mense nie dat ons in SA in ‘n oorlog gewikkel is en dat hulle op die gevegsfront verdag en gereed moet wees. Dank God vir Sy beskerming, dit kon erger gewees het.

marius ·

Luister naidu . Gaan jy betaal vir die toerusting ? Gaan praat twak by jou hoed meester .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.