Gesin op pad na troue in gru-ongeluk, tweeling (5) sterf

Foto: Verskaf.

Die polisie in Namakgale buite Phalaborwa ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat drie mense Saterdag in ʼn motorongeluk dood is terwyl hul op pad was na ʼn troue.

Lt.kol. Moathse Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Saterdag op die R71 tussen Phalaborwa en Gravelotte plaasgevind.

“ʼn Toyota Etios was op dié pad net buite Namakgale toe die bestuurder van die motor beheer oor die motor verloor het en dit teen ʼn boom gebots het. Die gesin was op pad na ʼn troue in Nkowankowa buite Tzaneen.”

ʼn Tweeling, ʼn seun en ʼn meisie (5), en ʼn 46-jarige vrou is op slag dood. Vyf ander, onder wie die bestuurder, is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal gehaas.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Philip ·

Daar was dus agt mense in die kar, ‘n Etios is ‘n klein karretjie en beslis nie bedoel om agt mense te vervoer nie.

Vraagteken ·

Buitestander, ek neem aan jy was sarkasties? Indien jy nie was nie, dan verdien jou kommentaar geen reaksie nie.

Tanzie ·

@Buitenstander. Het jy al in ‘n Etios gery? Selfs net gesit? Eintlik enige normale voertuig? Dit is glad nie veilig om 8 mense in een voertuig te laat ry nie!! RIV

Vicky ·

En daai stukkie pad by Namakgale is n 60 / 80 zone.. wonne wat het Drywer gery as hy beheer verloor het

Realis ·

Vicky, ek het verby toneel gery Saterdag en dit het by Croc Ranch se hek gebeur,dus oop pad waar jy 120km mag ry………….of meer………….

Adri ·

Met 8 mense in ‘n Etios is dit te wagte dat die kar buite beheer kan raak.

Wagter ·

Reels geld nie op sekere paaie vir sekere mense nie, en daardie pad is een so n voorbeeld.

willie ·

Wat wil hulle ondersoek, tel net hoeveel mense/kinders in die motortjie!

Lee ·

Sjoe.. ons mense is darem wreed met komentaar en vinnig om iets te sè!
Ek weet daai pad is vol potholes so dis dalk niks te doen met spoed ni. Skaam my vi ons mense wat so vinnig kan oordeel.

Surien Ras ·

Ek stem. Ek verstom my altyd oor die vlak van oordeel onder my eie mense. Dis amper meer ontstellend as die ongeluk self.
Baie liefde en grace vir die naasbestaandes. xx

Philip ·

Niemand het geoordeel nie. Die realiteit is egter dat Suid Afrikaners hul nie veel steur aan padreels en regulasies nie, om te noem dat die voertuig oorlaai was is die realiteit en om mense daarop attent te maak kan dalk die gevolg he dat mense meer versigtig is en soortgelyke tragedies voorkom word. Hoekom moet die waarheid altyd vermy word, niemand baat tog daarby nie?

Moi gestel ·

Mooi gestel Philit. Polities korrektheid om oortreders te beskerm moet val.

Gesiggie ·

Sterkte aan die gesin se Familie… dit is so hartseer om te dink mense by die troue het vir hul gewag.. net om die skokkende nuus te hoor… wie kon n troue so geniet… My innige simpatie aan die mense wat gesterf het se gesin en geliefdes…

Johann ·

Veiligheids gordels moet deur alle insittendes voor en agter aangesit word volgens wet. Kinders tot en met 5 moet in veiligheids stoele wees. Geen sedan is met 8 gordels toegerus nie. Etios het slegs 4 veiligheids gordels. 2 voor en 2 agter. Derhalwe wettiglik mag daar slegs 4 persone in die voertuig wees ongeag of dit volwasse of kind is.
Dit uit die regs aspek van die voorval gesien.
Meegevoel vir famalie en vriende van oorledenis

Realisties ·

Of dit nou 8 volwassenes of 8 kinders was is dit geen verskoning nie.
Meeste passasiers vortuie het agter 3 sitplek gordels waarvan 1 van die 3 as ek dit reg het slegs vir babastoeltjies bedoel is, en voor net 2 dus voorsiening vir net 5 maximum. So daar was 3 ekstra persone in die voertuig wat volgens wet nie wettiglik daar gehoor het nie.

Andre ·

Presies die rede hoekom jy veiligheid en en pad hou vermoee bo aan jou lys het wanneer jy kar koop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.