Gesin op Pta-kleinhoewe oorval, vasgebind

Die skuifdeur wat oopgebreek is. Foto: Verskaf

ʼn Gesin van ses is Woensdag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe buite Centurion aangeval en beroof in ʼn gebied waar daar tans hoë spanning heers weens dreigende onwettige grondgrypgevalle.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het Woensdag vanaf die kleinhoewe in die Knoppieslaagte tussen Olievenhoutbosch en Erasmia aan Maroela Media gesê die aanval het omstreeks 01:00 plaasgevind.

“Volgens die gesin het vyf gewapende verdagtes toegang tot die huis verkry deur ʼn glasskuifdeur oop te breek. ʼn Man en vrou, vermoedelik in hul 60’s, hul twee kinders, ʼn seun en dogter in hul laat 20’s, en twee laerskoolkinders, ʼn seun en ʼn meisie, bly in die huurhuis op die kleinhoewe waar die aanval plaasgevind het,” het hy gesê.

Die vyf verdagtes het die inwoners in afsonderlike kamers oorweldig en daar vasgebind terwyl hulle die huis geplunder het.

Die verdagtes was sowat ʼn uur en ʼn half in die huis doenig, waarna hulle na bewering op die toneel hul buit onder mekaar verdeel het.

Hulle het met onder meer geld, juwele, klere en selfone van die toneel gevlug en is steeds soek.

Volgens Cameron is die gesin getraumatiseerd, maar ongedeerd. “Die jong vrou is wel tydens die voorval aangerand. Sy kon omstreeks 02:20 daarin slaag om haarself te bevry, waarna sy hulp van AfriForum se buurtwag ontbied het.”

AfriForum staan die gesin by met berading.

Die Erasmia-polisie is na die toneel ontbied en ondersoek die voorval.

Kapt. Augustinah Selepe, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die ondersoekspan is steeds op die toneel en sal eers die presiese sake wat ondersoek word kan bevestig sodra die polisiebeamptes die saak registreer.

Cameron het gesê dit is in dié stadium moeilik om te sê of die voorval verband hou met onwettige grondgrypgevalle oor die naweek in die Olievenhoutbosch-omgewing.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat die aanval nie met die grondgrype verband hou nie, maar die moontlikheid kan egter nie uitgesluit word nie en sal met nadere ondersoek vasgestel kan word. Dit is egter belangrik om te weet dat die grondgrype in die gebied wel ʼn klimaat skep vir die verhoging van geweld,” het Cameron gesê.

Maroela Media het vroeër berig die Tshwane- en Johannesburg-metropolisie moes die afgelope naweek bontstaan toe chaos op verskeie plekke in Gauteng losgebars het nadat plakkers onwettig grond begin beset het.

In die omgewing van Olievenhoutbosch naby Rooihuiskraal en Blue Hill naby Midrand was die situasie veral gespanne nadat plakkers erwe begin uitmerk het. Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie (TMPD), het vroeër aan Maroela Media gesê daar is erwe “uitgedeel” aan enkelinge, maar geen strukture is glo opgerig nie.

Die metropolisie monitor steeds die situasie in die gebied en het voornemende plakkers gewaarsku dat die metropolisie binne die wet sal optree en plakkershutte sal verwyder.

Solly Msimanga, burgemeester van die Tshwane-metro, het ook sy stem teen onwettige grondgrype dik gemaak en gewaarsku dat die metro sal ingryp.

Msimanga het enigiemand wat onwettige grondbesetting sien of vermoed aangemoedig om onmiddellik die Tshwane-metropolisie by 012 358 7096/6 of die naaste polisiestasie in kennis te stel.

Die skuifdeur wat oopgebreek is. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jerry ·

Die mense is gelukkig om nog te lewe! Alle huisbewoners behoort ook veiligheidshekke aan te bring waar die slaapkamers van die res van die huis geskei word.

Ada ·

Ai gesin, ek is so jammer om te hoor van julle vreeslike trauma.
Ek dink aan julle en hoop die wonde – ook – sielkundig genees gou.

Johannes ·

Die ware begin van ons Boere se einde… maar ons bly steeds onderhandel, praatjies maak en petisies teken…

Joh. 3:16 ·

Ai Johannes wat wil jy hê die “Boervolk” moet doen? Dis nie ‘n oorlogsverklaring nie; die aanvalle is nie teen die hele volk nie, dis individue wat met misdaad geslaan word. Kom af aarde toe met jou oorlogsromanse en kyk realisties na die werklikheid. Dan kan jy dalk ophou om te simpatieseer met ‘n “Boervolk” wat laas nag rustig geslaap het en behoorlik egte simpatie toon aan die een huisgesin wat laas nag REGTIG, in die realiteit erg getraumatiseer is…

RM ·

Die Boervolk voel nie veilig nie, hulle voel bedreig nag en dag en is ERG getraumatiseer. Grondgrype in elke gebied verhoog die ervaring van geweld. Dit is eintlik verskriklik en kan nie gerationaliseer word nie.

Gestremde ·

Voel rerig jammer vir die mense op die kleinhoewe en wat met hulle gebeur het. Dit is egter net die begin. Dit wil voorkom asof hulle alreeds die gebied vir hulself toegeien het en ongelukkig gaan die kleinhoewe bewoners in daai omgewing nou probleme ondervind met misdaad. Die enigste manier om dit nou te bekamp is om van die grondbesetters ontslae te raak en hulle uit die gebied te dryf. Beter polisiëring gaan ook in die gebied moet plaasvind deur onder andere die SAP, weermag, burgerregte organisasies en gemeenskaporganisasies (CPF) anders gaan daar spoedig berigte wees van moord in daai gebied.

Nettie ·

WAT IS DIE DOEL van diefwering as dit aan die skuifdeur vasgemaak is en nie behoorlik in die vloerbedekking en aan die mure van die vertrek ingebed is nie? ‘n Skuifdeurslot is vir enige ervare inbreker kinderspeletjies om oop te breek!

LouE ·

Op die foto kan mens sien dat die stukke van die konsertina veiligheidsdeur daar hang. So die veiligheidsdeur het ook nie gehelp nie.

Se maar net ·

Julius Malema is mos die aanhitser wat verwag jy anders

adriana ·

HI Johannes – daar sal nooit ‘n einde aan ons boere wees nie.
Kwaad kan nooit oor goed oorwin nie.
Vasbyt – dit gaan nog eers baie slegter gaan voordat dit beter sal gaan.
Hoe moed. Kry net die geloof van ‘n mosterdsaadjie- dis moeilik maar glo vas daaraan en dan sal jy sommer beter ook voel.
Werk vir my.

Goofy ·

Ek wens mense wil ophou praat van Boere en Afrikaners as die “witmense” van die RSA. Wat van die wit Engelsprekende mense wat ook in hier woon. Tel hulle nie? Hulle word ook net so gehaat en gemoor soos die res van ons. Wanneer daar geroof, geplunder en gemoor word, vra hulle nie voor die tyd of jy Afrikaans of Engelssprekend is nie. As jou vel wit is word jy gehaat, ongeag watse taal jy praat. Ek is seker dat hierdie inbrekers nie eers gevra het” is julle Afrikaans of Engels”, voordat hulle ingebreek het nie. Dit is dus nie net “Boere” (wat dit ook al mag beteken), wat aangeval word nie, maar almal wat wit is.

Ons as witmense moet saamstaan en hierdie nonsense beveg. Ons gaan bogerol regkry as ons eers al die “so called Boere” (Afrikaners) wil onderskei van die res. Ons is almal wit. Ons is almal in dieselfde sinkende bootjie. As ons nie saam opstaan en ons stempel afdruk, en ons sê, sê nie gaan ons almal binnekort met niks sit nie. Of jy nou ‘n “Boer” is of nie.

Gatvol gereed ·

Die jong vrou is aangerand ? Julle bedoel seker verkrag. Want jul word verbied om dit te skryf. Maar statistiek bewys hul verkrag 9 uit 10 keer.

Karen van Zyl ·

Ek het my hoop op ons nuwe president gesit, gedink daar sal groot veranderinge wees maar daar is niks….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.