Gesin op Rustenburg-kleinhoewe oorval

Die Scheepers-gesin. Foto: Verskaf

Die Scheepers-gesin. Foto: Verskaf

“Die Here was saam met ons in die huis. As Hy nie daar was nie, sou ek vandag dood gewees het.”

Só het Zach Scheepers (30) vertel nadat vyf gewapende rowers die gesin se huis op ʼn kleinhoewe buite Rustenburg in Noordwes binnegekom en op hulle losgebrand het.

Zach het aan Maroela Media vertel hoe hy Dinsdag omstreeks 01:00 wakker geword het toe hulle chihuahua-hondjie in die kamer begin blaf het. “Toe ek my oë oopmaak, het ek net die wit lig van ʼn flits en ʼn pistool wat op my gerig is, gesien,” het hy gesê.

Voordat hy nog kon regop sit, het die hond die rower aan sy broek gegryp en hy het die hond probeer wegskop. In die proses het die rower ʼn skoot afgevuur wat Zach se vrou, Brigette, langs hom in die bed getref het. Zach kon daarin slaag om sy 9 mm-pistool langs hom te gryp en het twee skote op die rower afgevuur.

“Met die eerste skoot het hy geval en die tweede skoot het bo-oor hom gegaan. Hy het regop gespring en uit die kamer gehardloop en aanhou in ons rigting skiet soos hy gehardloop het,” het Zach gesê. Van buite kon Zach ook hoor hoe nog rowers op die huis losbrand.

Zach het uit die kamer gehardloop en dadelik sy sewejarige seun en agtjarige dogter uit hul kamers gaan haal en na die hoofslaapkamer gebring. “In die kamer het my vrou teen die kas gesit en vir my gesê sy is geskiet. Die hele tyd kon ons skote hoor afgaan soos hulle aanhou skiet het, seker om te verhoed dat ek agter hulle aangaan,” het hy gesê.

Zach het in die gang agter ʼn muur gehurk sodat hy kon dophou as iemand weer in die gang afkom en met sy selfoon hulp ontbied. “Binne minute was van ons vriende en bure daar met vuurwapens en honde en omtrent tien minute ná hulle het die polisie ook daar aangekom,” het hy gesê.

Volgens Zach het die skote wat in die kamer afgevuur is deur die muur in sy dogter se kamer gedring. “Die een is ʼn duim of twee bokant haar kop deur die muur en die ander een is net onder haar lyfie deur die muur in die matras en toe in die vloer in. Dit het haar net-net gemis. Die Here was daar.”

Brigette is gelukkig nie ernstig beseer nie. Volgens Zach het die koeël haar in haar boud getref en is weer by haar rug uit. Sy moes steke kry om die wond te heg, maar is nie gehospitaliseer nie.

Hulle het later gesien dat die rowers ʼn sloot onder die elektriese heining deur gegrawe het, stokke gebruik het om die heining op te lig en die gloeilampe van die buiteligte uitgedraai het. Hulle het daarna een van vensterrame en glas uitgehaal, die diefwering afgebreek en ʼn veiligheidshek na die res van die huis oopgebreek om die slaapkamers te bereik. Die gesin se twee Duitse pointers is ook gif ingegee, maar albei het gelukkig oorleef.

“Ek het nou vir my ʼn tronk gebou. Ons het nog veiligheidshekke opgesit, groot spreiligte buite, ons het die elektriese heining verbeter sodat die alarm afgaan as iemand dit oplig, daar is sensors op die deure en ons twee kinders slaap nou saam met ons in die kamer. Dis maar wat ʼn ou moet doen om veilig te wees,” het hy gesê.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê die polisie is op soek na vyf verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Charlotte ·

Ek dank die Here dat HY die gesin beskerm het!!! God is Groot!!!! Hartseer dat ons so in tronke moet leef. Ons het immers gewerk vir wat ons besit wat so van ons gesteel word…..Hierdie land gaan ten gronde agv asemdiewe wat te sleg is om te werk.

Lenie Grant ·

Ek stem saam Charlotte. Ek besef ons is nie meer n Christelike land nie, maar die Bybel sê as mens nie WERK nie, mag jy nie eet nie. Ongelukkig ken ons ‘mense’ ook nie meer die woord PRODUKTIWITEIT nie. Is n groot woord hahaha

tamboti ·

Ek is baie bly Zach dat julle nie erger seer gekry het nie, jammer oor al die trauma. Jammer jou hondjie kon nie vroeer blaf nie.

DPJ ·

Dit is ‘n beslite God in gryp anders was die hele gesin vandag oorlede.

Irene ·

Doe baie diewe moordenaars en verkragters wat nog rondloop in sa

Gesiggie ·

Ek kry so n snak na my asem…. God se Engel was om jul, jul beskerm teen die bose” God het jul as gesin toe gevou in sy arms, sodat niks of niemand jul leed kon aandoen… voorwaar n wonderwerk, nie almal kry die geleentheid.. dit is n getuienis om te lewer. Jul foto skep so n pragtigge beeld.. van n Liefdevolle gesin. En die arm hondjie wat sy bes probeer het om die rower te keer… hy verdien n medalje.. so beskerm hul ook die vir wie hul ief is. Zach ,Brigette en kinders so dankbaar dat jul beskerm was en dat jul nie ernstigge beseer is nie, … Dit is nie maklik om oor so iets te kom, maar met God se Engel in en om jul … sal jul OK wees. Sterkte aan jul.

Theresa ·

Al is dit nou soos ‘n “tronk” – jy as pa het nou regtig als menslik moontlik gedoen om dit nog meer veilig te maak. Vertrou maar alle ore minder met gesin se bewegings. Die dae is verby om mense van mense wat ons ken te vertrou. DIe ou wat so onskuldig staan en luister na als, is regtig meestal bewys as die nuusdraer vir die kwaaddoener. Vir watter redes ookal. DIs ongelukkig so.
Mag hierdie gesin gou herstel van die onnodige trauma.
Waar kan hul ‘n eis insit vir trauma bestuur en kostes? Enige iemand al van so ‘n fonds gehoor, asb?

Frik ·

Die feit dat Zach se 9mm byderhand was het ook n groot rol gespeel dat hulle nie erger beseer of gedood is nie.Sterkte.

Suzette ·

Frik net wat ek vroeer gese het. As hulle skielik op ‘n jongman wat paraat is afkom hol hulle dat hulle klein word. Hulle het duidelik hulle “jisse” gesien hier. ‘n Parate boer en ‘n Groot God. Hierdie klomp idiote moet maar weer die geskiedenis van die Slag van Bloedrivier gaan lees. Sterkte aan die Scheepers familie baie dankbaar julle het die aanval oorleef.

INge ·

Ek is so bly dat almal ok is. Ek sou presies dieselfde gedoen het! Ek sal nie dat my kinders alleen slaap nie!

Lynet ·

ALLE EER AAN GOD. Sterkte met die truama wat julle deur gemaak het. Gelukkig is julle nog as gesin saam. Kom ons almal gaan op ons kniee en vra GOD om ons toe te vou in sy beskerming en liefde. AMEN

CAB ·

So dankbaar hulle is veilig. Ons ook 2 jaar terug aangeval my kinders slaap van daaraf in ons kamer met slote OP. Daar is niks erger as OM wakker TE word met inbrekers met wapens langs jou bed, EK Sal nooit kan die prentjie vergeet hoe hulle ons bekruip het. Sterkte aan julle EN gaan vir berading so gou as moontlik.

Corlene Vogel ·

My ouers is ook geskiet en aangeval deur 6 met vuurwapens op plaas buite Rustenburg. Hulle het my pa 3 keer geskiet en die skok van die gebeure is groter as die aanval self. Hulle bly nie meer op die plaas nie. Huur dit nou uit. Hulle bly sommer in n ander dorp. Was baie erg op ons almal.

Meloney ·

Ek is bly die Here het hierdie gesin beskerm en dat Hy in hul huis was … ek wonder net waar was Hy dan toe soveel ander mense op hul plase met pangas doodgekap is? Wat van die ou weerlose mense wat elke Sondag kerk toe gegaan het, sopkombuise in die dorp beman het en die gemeenskap bygestaan het, in liefde? Waar was Hy op daardie oomblik dan? Nee wat. Ek dink dit is bloot good timing dat hierdie man wakker geword het en sy vuurwapen in die hande kon kry … op die regte tyd.

Theresa B ·

So dankbaar dat God sy hand oor julle gehou het. Baie bly almal sal ok wees. Jy is ‘n pa en man 1000. Om soveel moeite weereens te doen om jou gesin te beskerm. Moenie te veel inligting in die media versprei oor wat jy gedoen het om alles meer veilig te maak nie. Hierdie arrogante spul is altyd ‘n mens een voor en vind bitter vinnig uit wat waar gedoen is.

Nadia Verster ·

Dit gaan my verstand te bowe wat die booswigte alles sal doen om in te kom! Ek is stomgeslaan. Mens kan net op die Here vertrou en daagliks bid vir Sy beskerming in hierdie land van ons.

andre de kegel ·

als julle die diewe vat julle kan maar een ding doen die doodstraf terug aanneem en hulle ophang waar al die mense dat kan sien hoop da het dan beter sal kom

andre de kegel ·

ek lees ook ek es ook katoliek ons geloof ook in die HEER mar ons denk nu die HEER he sy oe gesluit hoop HY sal se terug oopmaak en julle beskerm

Flippie ·

In 1992 het ek vir JA in dir referenfum gestem. Want ek was moeg vir die geweld, moeg vir kampe doen moeg om muishpnd te wees. Ek het uitgesien na vry wees. Ek wou bydra tot nuwe bedeling.

Nou 24 jaar later besef ek dat ek ‘n verkriklike four begaan het. Van vryheid is daar geen sprake nie. Ons moet meer paraat wees as die in dir tagtiger en vroeë negentigs. Dit was veiliger want ons veiligheid was gegrond op ‘n parate en opgeleide weermag en polisiemag. Ons was deur die weermag bewapem en het weermag kommunikasie op elke plaas gehad.

Die polisie het my vuurwapen gekonfiskeer na insident op my plaas waar ek ‘n waarskuwing sal oor moes afvuur om ‘n lewensgevaarlike situasie te ontlont. En nou kan ek nie die wapen terug kry nie.

Hoekom moet ons ons inkerker in sekuriteitsbastions. Wat is die lekker daaraan om so te lewe. Ek wens ek kan die klok 24 jsar terug draai. Ek sal dan gekies het om die gewapende stryd voort te sit want dit was beter as wat ons nou het. Baie beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.